HYDEAWAY - Dinki se Spoegblok

Home

Blogs January to July 2009

Blogs July to December 2008

Blogs January to July 2008

Blogs July to December 2007

Blogs January to June 2007

Thu, 27 Jan 2011 15:20:19 +0200:Wat ek die minste sal mis ...



... op ons mini-vakansie is die bemodderde jeans waarmee ek en Firn heeldag rondloop.


Tue, 25 Jan 2011 20:16:31 +0200:Firn en skool 'ens'



Ek is moeg verby. Dus pleeg ek 'n bietjie plagiaat en vertel hoe Firn haar skool vandag beskryf (slegs uittreksels):
Hi almal
Vir wiskunde vandag het ek geleer van hoe om 'n heel te kry as 'n persent daarvan bekend is. Dit was bietjie moeilik maar ek het dit onder die knie gekry. Vandag het ek ses foute uit 35 somme. Die eerste een was Roman Numerals wat heeltemal met my weggehardloop het... 19 1526 het ek gesê, toe was dit regtig 1776. Net so effentjies verkeerd. :-) Ek gaan more weer na die Numerals kyk voor ek begin en sien waar het ek verkeerd geloop, vanaand is ek net te moeg vir wiskunde. Dis bes gedoen met 'n vars brein.
Fout nommer twee: Ek het nie die probleem te mooi gelees nie. So dit was agterlosig. Baie agterlosig.
...
So, bietjie erg agterlosig vandag met die wiskunde en moet twee lesse weer gaan soek.
Hier is my Prentice Hall en gedigte vir vandag. Ek vrek oor Shakespeare, ek dink ek gaan sien of ons enige van sy dramas het en hulle lees as ek mag.
Vandag het ek ook met Dancer op die halter gewerk - sy kom baie mooi aan en sal nou mooi vorentoe stap saammet my; met Thunder op die halter gewerk - halter is hy fine, maar as ek die "bum rope" opsit dan skrik die arme perdjie hom boeglam en hy wil sommer weghardloop, maar no hard feelings, toe dit oor was het ek en hy saam op die gras gelê en droom (um... in skooltyd, maar dit was so lekker :-) ); Buzz-Off op al die perde gesit; wond olie op Siobhanny se been gesit; vir Achilles ge-lunge en afgespuit; saammet Daddy Balfour toe gery om Buzz-Off en halsbande en 'n buikgord te gaan soek, 'n hoofstuk vir Raintjie gelees, ens.
NOTA VAN DINKI: Die 'ens' sluit ook in: 'n Vers ge-insemineer sonder dat Mamma moes 'nag', drie keer perde kos gegee, Rain gehelp met haar hasie se hokkie, 'n koei wat nie kan opstaan nie gaan versorg, twee koeie in die stal gesit voor die reen kom ...


Tue, 25 Jan 2011 12:39:02 +0200:Inspeksie!



Brett se semen-konsultant, wat ook 'n internasionale beoordeelaar is, het gister na die Fries-versies kom kyk.
"I am super-impressed", was sy kommentaar.
Ek is lekker chuffed met myself!


Sat, 22 Jan 2011 20:29:33 +0200:It's official



... Jon het vandag versigtig gemeet, en Raintjie is nou ook langer as ek.


Fri, 21 Jan 2011 19:05:21 +0200:Ons girls



Ek ken baie mans, my eie inkluis, wat hard en lang ure werk. Maar ek wonder soms of hulle soveel honderde verskillende dinge soos ons girls moet doen?
Vier-uur vanoggend was ek voor my rekenaar en nog voordat ek om 05:20 uitgegaan het buitekant toe, het ek 'n bondel wasgoed in die masjien gehad, en laasaand se laaste koppies in die skottelgoedwasser.
Behalwe vir die roetinewerkies het ek ook die bottelkalfies ontwurm en 'n hele spul van hulle Vitamiene A en Multimin gespuit. Groep 3 van die Holsteins deur die drukgang gesit - en hulle is vrek groot, hulle wissel van die ligste enetjie op net so oor die 400 kg tot die swaarste (9050, ek vergeet vir die oomblik haar naam) op 612 kg. Vir Pandy ge'tag', want sy't haar tag afgegooi en die werkers herken haar nie. Vir ElitesPetite gespuit, want ek dink sy't longontsteking. Vir Annie ge-insemineer. Sekergemaak die bouery van die nuwe werkershuise verloop vlot.
Die 'wetenskap-eksperimente' in die yskas uitgepak en weggegooi. Firn se hare saggies gekam nadat dit gewas is. Vir Rain medisyne vir haar sinusinfeksie gegee. 'n Tropiese slaai vir middagete gemaak. Vir Jon gehelp aandete kook. Raintjie se hare gevleg. Oor skool ge'nag'. Kruideniersware uitgepak.
En dan moet ek nog byse dat ek 'n man het wat glad nie bang is om in die huis te help nie: Jon het vandag, benewens 'n vol dag se werk, ook ontbyt en aandete gekook, 'n bietjie skottelgoed gewas, en kruideniersware gekoop.
Hoe cope die girls wat al die huis-dinge alleen moet aanpak?


Mon, 17 Jan 2011 20:16:01 +0200:Firn se skooldag



So beskryf Firn haar skooldag:
Hi All
Math new concept was adding integers like in the following equation: (-6) + (+6) = 0. Pretty easy especially since it was introduced with a number line.
Attached please find my Hot Gates for today - El Alamein and Saint Helena.
Non-formal-school-stuff: Rain and I wandered about with a stethoscope listening to the hearts of Muffin (extremely rapid because she is a small animal and lives shorter), Hope (deep and regular), Becca (very odd), Whiskey (swishy), and ourselves (took us forever just to find our heartbeats). Rain wants to listen to Peggy Sue the chicken's heart, and I want to compare Babe's to Blinkers's and Dancer's to Siobhan's.
Then I rode out on Skye, which was a bit disastrous since Thunder got ideas in his head and made a fuss, and since he's her baby Skye was a bit rattled but she didn't buck or bolt or anything so we got home in one piece. I also lunged Achilles and watered him, and lunged and rode Siobhan. She was very lazy and stubborn but I discovered a cut on her right hindleg, she wasn't lame but it might be making her feel a little out of sorts. She improved towards the end of the ride though, started carrying her head at an acceptable angle instead of sticking it up in the air like she wanted to rear.
En so lyk haar opsomming oor St Helena:
St Helena

Exile of Napoleon Bonaparte, 1815, and imprisonment of Boers, 1900

This little island has throughout its history been peaceful. Famous for flax and the liberation of slaves, St Helena changed hands peacefully between the British Easy India Company and the British Crown. However, this was the place of Napoleon’s exile after his great defeat at Waterloo. He was sent to Longwood House, Saint Helena, in 1815, and remained here until his death in 1821. One wonders what the great conqueror thought of his exile on this little island. Whether he lusted for the excitement of war, when he was noticed and seen and loved as a great general, or was glad for peace to pervade his life at last after his lifetime of battles.
In 1900 Saint Helena was once more prison, this time to 6000 Boers. That these six thousand men, farmers and fathers both, are mentioned as an afterthought following the single Napoleon, says a lot. About Napoleon or about the strangeness of man’s perception of other men, I cannot guess.


Sun, 16 Jan 2011 19:49:52 +0200:More wil ek ...



... vir Pnumping, Hilda, Spot On, Bokmakierie en Nooientjie vroegoggend Scourguard ent - hulle is almal 6 weke van kalf en genadiglik is daar niemand wat voor 6 ge-insemineer moet word nie.
... seker maak dat Rain haar Saxon Maths Middle School Placement Exam klaarmaak, sodat ons kan weet in watter jaar om haar te plaas. Sy is nou amper 12 en dit is tyd vir baie formele Wiskunde!
... vroeg genoeg wegkom dorp toe dat ek ons klere by die Wishy-Washy kan afgooi om gestryk te word, biblioteek toe kan gaan en betyds kan wees vir ballet.
... die huis aan die kant kry voor ek dorp toe moet gaan.
... twee werkers wat Dinsdag op hulle verlofsiklus gaan, se lone uitwerk.
... vir Primrose en Olive, 60 dae van kalf, opdroog.
... vir Jon herinner om sy kosblikkie saam te neem werk toe. Ek is op 'n mission om hom van take-aways te speen.
... vir myself kan se dat daar nog net 2 daggies oor is voor Aletta in die huis kom werk. Ek is nou 'n week sonder enige hulp (behalwe vir Jon en die dogtertjies, wat meer as hulle deel doen) en dit gaan woes om tussen skool en boer die huis leefbaar te hou.


Sat, 15 Jan 2011 20:32:45 +0200:Hoendertjies en eiertjies



Ons Boschveldertjies, aan die begin van die lente aangekoop vir vliegbeheer, het begin eiertjies le oralsoor, en vanoggend ontdek ons 'n nes met nege eiertjies in 'n kalfiehok.
Dit blyk dat verskillende hoendertjies daar nes maak, want gister was daar ses eiertjies. Onmiddellik beraam die dogtertjies 'n plan: die nege eiertjies word met handskoene opgetel en onder 'n broeis veerpootjie gesit.
Ons kan nie wag om die klein-klein veerpootjie met haar yslike Boschvelder-kuikentjies te sien nie!
Gaan goed met mens en dier. Ek en Jon net moeg weens nog 'n middernagtelike 'sonde met die werkers' - hierdie keer moes Jon letterlik in die middel van die nag Balfour polisiestasie toe ry oor 'n vals beskuldiging oor 'n gesteelde ring.
Raintjie ry weer heelwat perd en het vandag gecanter en gespring met Skye, en ook op Arwen gery. Baie goeie nuus!


Fri, 14 Jan 2011 20:25:53 +0200:The Soft Life



Did you know: Meer mense in die wereld gaan dood van oorvoeding as van ondervoeding?
Daar is blykbaar op 'n stadium deur my skoonmense se bure na hulle verwys as "The Spartan Hydes" en ek is eintlik trots dat hierdie benaming ook op ons van toepassing kon wees.
The Soft Life is nie goed vir 'n mens nie. Jon se ma-hulle is my inspirasie: Tom Hyde word hierdie jaar 80, en hy en Pixie bedryf 'n inheemse kwekery op 'n craft route sonder enige hulp. Hy sny wandelpaaie op die naburige wildreservaat en bied mandjie-vleg werkswinkels aan. Hy verbou sy eie groente en verkoop die oorskot aan supermarkte, en boer met koejawels. Nie omdat hy moet nie, maar omdat hy wil.


Thu, 13 Jan 2011 16:42:48 +0200:Farewell



Farewell to Jacobe, Jeans, Jenibelle, Spotties and Suiker, the first five Holstein heifers to return to Brett at about 7 months pregnant.
We'll miss you terribly!
Hallo to the newest batch of 22 beautiful little heifers!


Mon, 10 Jan 2011 22:11:22 +0200:Poegaai



Bheki bedank sonder kennis, Alec AWOL, Joseph siek ... Dinki poegaai!


Sun, 09 Jan 2011 20:11:03 +0200:What we've achieved



Van al die baie dinge wat ons die naweek reggekry het - 200 Jerseys slenkdalkoors ge-ent, 200 Jerseys geweeg, 2/3 bosluis-opgietmiddel gegooi, ek en Firn weer 'n bulkalfie (Baywatch s'n) getrek, bo en behalwe al die gewone werke, was die belangrikste hierdie:
Ons het dit sowaar reggekry om op 'n Sondagoggend kerk toe te gaan. Ek het altyd gedink mens kan nie melk en kerk nie, maar vanoggend was daar 'n spesiale lofprysingsdiens wat 'n vriend by die NG Kerk in Balfour aangebied het, en ons kon so 08:30 op die plaas wegkom. En ek moes net een keer opstaan uit die diens om 'n telefoonoproep plaas toe te maak!


Fri, 07 Jan 2011 20:36:17 +0200:Middernagtelike SMS'e en bacto's



Om 02:39 verlede nag kry ek van Jonas: "Please forgive me about what I am going to write I am not coming back".
Dit nadat Thahane en Sonnyboy en moontlik Thulani ons in die afgelope maand verlaat het. Genadiglik word ek wakker, sien die SMS is van Jonas, wat met verlof is, aanvaar dis 'n drunken please call me, ignoreer die SMS en slaap verder. Lees dit eers vanoggend skuins voor 5. Net om later van hom te verneem dat sy vrou dit (vermoedelik in 'n woedebui) gestuur het.
Ek hou toe maar in elk geval weer 'n vergadering met die mees senior van ons 11 (of is dit nou 12) werkers en luister geduldig na hulle griewe. En kastreer sommer 'n paar bulletjies for good measure.
Ons kry ons melkresultate terug, en ons bacto's vir die twee tenks le op 12 en 15. Beter kry mens omtrent nie! Lekker om sulke resultate na ons melkkoper toe aan te stuur.
Firntjie-boel geen skool vandag gedoen nie; 'n perdryles hier by ons en daarna na drie ander lesse met Kevin. Sy't "NAMPO-legs" vanaand na al die perdry.
Ek't tussen 04:40 en 12:30 seker vir 'n totaal van 10 minute lank gesit; ek is poegaai verby.


Wed, 05 Jan 2011 18:50:21 +0200:Roetine ... of nie?



Ek hou van roetine - en koeie ook! Die melkery, waar alles elke dag op dieselfde tyd op dieselfde manier moet gebeur, pas my dus goed.
Maar ... ek hou ook van kreatief wees, en twee roetine-skooldae in 'n ry is genoeg! Dus het die girls se skool vandag bestaan uit 'Alice in Wonderland' kyk. Gister het Firn al begin oplees oor die movie en die akteurs, en dit het haar 'n ronde twee ure besig gehou - in haar vrye tyd! Die plan was dat sy 'n kort biografie oor Johnny Depp sou skryf, en die Mad Hatter was een van haar gunsteling-karakters in die movie, maar sy is geinspireer tot 'n kort storie, en dus gaan ons liewers daarvoor.
Raintjie het 'n paar sketse gemaak, en 'n kort opsomming geskryf, wat min-of-meer so gaan:
My favourite characters: The White Queen and Alice.
Why: The White Queen is kind, gentle, and ballet-like. Alice is half-crazy, completely bonkers and imaginative. She can also be very funny, when completely serious.
My favourite parts of the movie: When Alice and the Jabberwocky started fighting. The Mad Hatter's Dance. When Alice returns to her world.


Tue, 04 Jan 2011 19:45:56 +0200:Ek kan ...



Ek kan elke oggend, winter en somer, 05:00 buitekant wees om solank oop te sluit en 'n melktenk aan te skakel, sodat ek my melk teen 'n verlies kan verkoop.
Ek kan dink my dag is klaar - sien gister se blog - en dan 22:00 in die gietende reen 'n vers help om te kalf.
Ek kan 23:00 die vers se klein bulkalfie sy bies gee, en die volgende oggend 04:30 opstaan en tot 19:00 werk.
Ek kan 'n koei wat haar tiende kalfie op ons plaas gehad het, vir die sewende keer red van melkkoors en haar opdroog en genadebrood laat eet, al trek ek self swaar.
Ek kan vir 'n paar nagte in 'n ry om 21:00, 24:00 en 04:00 na 'n siek dier gaan kyk.
Ek kan by 'n dier sit en huil en saam met haar bly totdat sy doodgaan.
Ek kan 'n kalf trek totdat my arms nie meer kan nie, dan 'n vers insemineer totdat my arms REGTIG nie meer kan nie, en dan twee dogtertjies se hare vleg.
Ek kan elke Kersdag en elke Nuwejaarsdag werk.
Ek kan loop totdat my voete brand van uitputting.
Ek kan 'n pasgebore kalfie leer bottel drink totdat my rug wil afbreek.
Ek kan spuit en dip en weeg en meet, elke liewe Saterdag, totdat die son my kaiings gebrand het.
Maar ek kan dit nie hanteer as werkers net verdwyn, om nooit weer terug te keer nie!


Mon, 03 Jan 2011 20:27:39 +0200:In die begin



Twee-en-tagtig kalfies is in 2010 op Hydeaway Farm gebore; hierdie jaar, dink ek, mik ons vir 100. Ice Cream, 'n blinde koei, het haar vierde kalfie vroeg vanoggend gehad - 'n versie wat ons die eerste drie woorde in die Bybel as naam gegee het. Ons sal haar melk as "Ginnie", afgelei uit "Begin".
Die girls het geesdriftig afgeskop met skool; ons het vanmiddag in die biblioteek rondgesnuffel en interessante boeke uitgeneem, en die hele gesin het by die Wimpy vir milkshakes ontmoet.
Behalwe vir Jon se bakkie wat in 'n stukkende toestand by Autoren afgelaai is, als-in-als 'n goeie dag.


Sun, 02 Jan 2011 20:01:14 +0200:Slenkdal en Skool



Dankie tog! Al die Holsteins, behalwe Groep 13, wat nog te jonk is, is teen Slenkdalkoors ge-ent. 150 is in September ge-ent, en 100 vandag. Nou nog 200 Jerseys, wat Saterdag ge-ent gaan word. En dan die drie-dag stywesiekte, waarvoor liewe Onderstepoort nog nie entstof beskikbaar het nie ...
More begin ons skool, en ons het vandag 'n lang-lang beplanningsvergadering gehou. Elke dogtertjie moes 'n skedule voorle en motiveer, en ek en Jon het goed- en afgekeur. Ons het vakke gekies vir die eerste drie maande van die jaar, en die dogtertjies het elk 'n rooster uitgewerk - wat natuurlik nie in yster gegiet is nie, want ons kombineer sommer die hele spektrum van tuisskool-benaderings.


Sat, 01 Jan 2011 20:13:36 +0200:Net nog 'n dag?



Dis 'n scenario waamee baie suiwelboere sekerlik sal kan identifiseer: melkkoorskoei vroegoggend; 'n brunch-braai vir die werkers om hulle almal nugter en op die plaas te hou; 'n benoude buurvrou - help, ek is met vakansie en my werker wil loop - maar die werker sal in sy toestand nie eers 2 meter reguit kan loop nie!
Voeg by: Skye se vulletjie, Thunder, hardloop dwarsdeur ons groot elektriese hek, en jy't nog 'n normale Nuwejaarsdag op Hydeaway Farm.
Ek en Jon praat vanoggend oor 2010: begin met die Hydeaway Superbug wat onder ons kalfies gemaai het; toe die gesukkel met die hoogs-gespanne Holsteins wat nie wil dragtig word nie, totdat ons 'n spesiale KI-stasie vir hulle gebou het; 3 van die Holsteins wat in een week doodgaan, en werker-moleste left, right and centre. Not to mention die melkprys wat in November op 'n gemiddeld van R2.78 per liter was, en Desember s'n wil ek nie eers uitwerk nie!
"Dit was 'n rowwe jaar", se ek vir Jon. "Maar", se Jon, "ons was almal so gesond hierdie jaar."
Wyse woorde.



Dis 'n scenario waamee baie suiwelboere sekerlik sal kan identifiseer: melkkoorskoei vroegoggend; 'n brunch-braai vir die werkers om hulle almal nugter en op die plaas te hou; 'n benoude buurvrou - help, ek is met vakansie en my werker wil loop - maar die werker sal in sy toestand nie eers 2 meter reguit kan loop nie!

Voeg by: Skye se vulletjie, Thunder, hardloop dwarsdeur ons groot elektriese hek, en jy't nog 'n normale Nuwejaarsdag op Hydeaway Farm.

Ek en Jon praat vanoggend oor 2010: begin met die Hydeaway Superbug wat onder ons kalfies gemaai het; toe die gesukkel met die hoogs-gespanne Holsteins wat nie wil dragtig word nie, totdat ons 'n spesiale KI-stasie vir hulle gebou het; 3 van die Holsteins wat in een week doodgaan, en werker-moleste left, right and centre. Not to mention die melkprys wat in November op 'n gemiddeld van R2.78 per liter was, en Desember s'n wil ek nie eers uitwerk nie!

"Dit was 'n rowwe jaar", se ek vir Jon. "Maar", se Jon, "ons was almal so gesond hierdie jaar."

Wyse woorde.



Tue, 14 Sep 2010 17:08:16 +0200:Net bulkalwers



Ek weet nie hoekom nie. 'n Jong bul is veronderstel om meer verse te gooi. Sexed semen teen R900 per strooitjie, hier kom ons!
Beach (so genoem omdat Bruinie haar gehad het die dag toe ons van Oos-Londen af teruggekom het) het vanmiddag (genadiglik in die kalfkamp) 'n bulkalfie gehad net toe Firn en Achilles besig wat om te canter sonder 'n gebok. Daar was dus net een naam vir hom: Breakthru (volle naam: No Bucking Breakthrough).
Het vandag 'n ekstra werker gehad, en dus het ek net koeie en klein kalfies walkabout gedoen, heat spotting in Groepe 1 tot 5, 9111 (Witch) geKI. Res van die tyd stoei ek met die BTW. O ja, en by ons amper-bure se Arabier-stoet ingeloer sodat Firn vir Bel-Rock en Bel-Jazz kon vryf en bewonder.


Mon, 13 Sep 2010 18:26:55 +0200:Inspirasie



Gaan kyk gerus Hachiko - A Dog's Story. Jon het gekla oor die stadige tempo; ek sien 'n paar resensies se die storie had nie genoeg om die lyf vir 'n vollengte fliek nie.
Maar ek het my verlustig in:
- die eerste movie wat ek van begin tot einde klaar kyk sedert Twilight, 'n hele paar maande gelede; - Richard Gere. Ai, hy is nie net mooi om na te kyk nie, maar daar was nog altyd vir my 'n gentleness en 'n hint of vulnerability daar wat ek totaal onweerstaanbaar vind; - die aktrise wat sy vrou in die movie speel - ek vergeet vir die oomblik haar naam - understated en net great; - die musiek; net absoluut amazing. Ek sou graag vir my die CD van die klankbaan wou koop; die mooiste, mooiste klaviermusiek; - die fotografie, stunning verby; - die 20 puppies en 3 groot honde wat "Hachiko" gespeel het; - en dan natuurlik die amazing ware verhaal van die hond se toegewydheid, en die professor (wat toevallig die Akita-ras gered het, met Hachiko) se besonderse band met sy hond.
En natuurlik het ons al vier 'n hele paar trane gestort.
Inspirasie nommer 2: Firn doen vir 'n geskiedenis-taak 'n uiteensetting van Christopher Torr se briljante song "Hot Gates" soos gesing deur Laurika Rauch. Vandag was sy besig met "Dunkirk, Dover, Normandy" en is die storie van Dunkirk nie ook amazing nie?
Sulke goed wat mens dra deur 'n verdere trumult met die werkers; Thahane nog AWOL, nou vir die derde dag (so ek kan hom afdank, sal baie mooi daaroor moet dink) en 'n verdere nare vervolg op Bheki se moleste.


Sat, 11 Sep 2010 18:27:02 +0200:Ten spyte van ...



'n "Please Call Me" 6-uur vanoggend, en dis nog my inle-tot-06:30 oggend ook: "Miesies, Michael het ons gemoer ... hard gemoer".
Ek verswyg liewers die tranedal en trumulte van vroegoggend. Thahane ook nie terug soos hy belowe het nie. Maar ek en Jon is sleepvoet drukgang toe om 60 verse te weeg, skofhoogte meet, ent (BoviShield4, Supavax, RB51, ons laaste kosbare dooie Slenkdalkoorsentstof), KAMARS opsit (dis 'n heat spotting hulp wat rooi word as 'n vers geklim word). Dis nou nadat ek en Aletta ook die 30-of-so bottelkalfies hulle bottels gegee het en 'n paar ge-ent het.
Uiteindelik sit ons net 40 verse deur voor middagete en ons kruip huis toe.
En nog 'n ten spyte van ... Post Toasties moes erens in die veld gekalf het, en die kalfie kan ons nerens kry nie - veral dalk omdat Firn nie vir Skye of Arwen kan ry en gaan soek nie.
Heelmiddag gewerk aan die liewe BTW wat einde van die maand in moet wees - beide plaas en Jon se besigheid, so dis 'n hoe berg fakture. Dankie vir Jon wat Raintjie puppy training toe geneem het.
Nou gaan ons maar ons sorge buite in 'n braaivleisvuur verdrink, en more stoei ons voort.


Fri, 10 Sep 2010 18:16:47 +0200:Oor die driveway-duikertjie en Excess Milk



Daaroor melk ek nog. En as ek net geweet het hoe, op hierdie verdekselse blikbrein, het ek aksenttekens op 'daaroor' se 'a's' gesit ook.
Ten spyte van 'n sogenaamde melksurplus, die melkprys wat met 10c per liter geval het, en 'n kwota van 900 liter per dag, met 'n weggee-prys van R1.60 per liter vir die surplus (en wie kan nou onder sulke omstandighede melk?), ten spyte van wat melkprodusente die 'bleak summer' noem wat wag, ten spyte van dit alles melk ons nog.
Op pad heat spotting toe vanoggend sien ek haar - die klein grys duikertjie so een-derde op in ons driveway. Ons kyk mekaar oorbluf aan, en toe gebeur die wonderwerk: sy wei rustig aan terwyl ek my in haar beauty verloor. Ek pak die heat spot in Groep 1 tot 5 van die Friesies - in elk geval 'n gunsteling werk - ligvoets aan.
'n Paar dae gelede kalf Elites Petite 'n klein bulletjie. In ekonomiese terme 'n verlies, mens kan Jersey bulkalfies nie eers verniet weggegee kry nie. Maar op Hydeaway Farm is hy God se skepping en ons pas hom mooi op. Gisteroggend vroeg le hy plat-plat, met 'n koue mond. "He's going to die," se ek vir Jonas. "But I'm going to give him a shot of antibiotics, a shot of cortisone. Because I'm going to try anyway. And I'm going to give him something for pain, out of pity."
Die eerste wonderwerk gebeur toe hy kort daarna sy hele bottel opdrink. Ons draai hom in komberse toe en sit hom voor die garage in die son. En 'n rukkie daarna kom hy op wankelrige beentjies orent.
Niks, niks in finansiele terme nie. Maar my hart sing heeldag, oor God se groot liefde vir hierdie ou klein mannetjie, wat teruggekom het na ons toe.
Vandag sien ek nog 'n wonderwerk: Babeica lyk olik en ek stres, want sy's Firn s'n en Firn "perd" met Kevin, heeldag. Rondom middagete spuit ek haar Fenyl en Predef, want sy's na aan kalf. En met Start of Milking trek ek en Job die ou klein bulletjie. Na sovele kalwings is dit nog simply amazing om te sien. Babeica het swaargekry en klein mannetjie drink sommer terwyl sy le, aan 'n uitsteekspeen. En nou-nou net is sy op en sy eet al haar kos.
Op ons plaas loop daar sovele rond wat net deur genade deurgetrek is: Anemay onlangs - ek het haar 300 ml Calcitad in 3 dae gespuit, Firn het haar gedrup, Jon het haar 500 ml Glucalmag onderhuids gegee. En nou is sy springlewendig en sy GOOI.
Die ouens wat nou nog melk, julle moet ons watch. Niks gaan ons onderkry nie; ons is die vasbyters, die bittereinders ...


Thu, 05 Aug 2010 19:08:06 +0200:Siekies



Besig hier, want Firn is verkoue en Rain het 'n baie nare boonste lugweg infeksie (antibiotika en die werke). Ek pamperlang hulle; Rain het 'n koeiklokkie om my mee nader te lok; ek was amper heeldag in die huis en 'on call'.
Gelukkig is daar net 1 werker met verlof, en Job kon vanoggend vir my instaan, ook twee versies KI terwyl ons by die dok was.
Ek't twee siekerige koeie behandel - Nijinski en Corne - Firn se perde-take oorgeneem, en 1 versie geKI. Verder ete en drinke en medisyne aangedra na die siekes.


Wed, 04 Aug 2010 06:07:36 +0200:My lewe by die drukgang



Donderdag was dit ons pas-gespeende Jerseytjies: weeg en ent. Vrydag was dit so 120 koeie en verse se dragtigheid. Saterdag was dit 60 Holsteins. Maandag nog 20 Holsteins. En vandag koeie ent voor kalwing:
Babeica, Kulula, Ballerina, Miracle en Postoasties - almal 6 weke van kalf, kry Scourguard. Beach, Kiske, Boeremeisie, Indigo en Ocean, almal 3 weke van kalf, kry Multimin en Vitamiene A.
Ook ek en Job by die drukgang, om vir 9078 (Stoutstert, Brett s'n) te KI.
En ons bereik gister vir die eerste keer 'n melkproduksie van oor die 1000 liter per dag; 1007 liter, om presies te wees.
Ons het ook die geleentheid om 'n goeie, maar klein, Jerseykudde van so 39 koeie en verse (18 in melk), te 'leen' vir 'n jaar, terwyl die eienaar besluit wat om te doen. Maar dan sal ons ons melkportaal MOET vergroot, en dringend ook, so ons wik-en-weeg nog ...
Groot skrik oor middagete: eers sien ek ons het net 23 sakke Pasturelak (ons koeie se konsentraat in die melkstal, sal blitsvinnig moet bestel), en ons water is klaar, en dit neem ten minste 30 minute om water by die melkstal te kry; ons moet oor 40 minute begin melk. Never a dull moment!


Mon, 02 Aug 2010 19:57:39 +0200:Names not numbers



Al die beeste het name; ook die Holsteins, al werk ons eintlik, op Brett se versoek, op nommers.
Vandag het ek en Rain en die werkers groep 9, die "F" groep, of tweede jongste groep op die plaas, deur die drukgang gesit. Geweeg, gemeet (dis nou skofhoogte), Clout gegooi, OneShotUltra ge-ent. Rain moes vir skool die verskil tussen hulle vorige en huidige gewig uitwerk, dieselfde met die hoogte, die huidige gewig en hoogte neerskryf, en vir my hulle name uitlees - Frankie, Faylinn, Frederica, Flick, Florris, Freya, Fransina, Fleure, Frances, Full Moon, Fluffy, Faith like potatoes, Forever, Fey, Fabulous, Fabienne, Flavia, Firn's Mohawk, Fuzzy Tummy, en Fayre.
Daar was ook "Gone", wat uit groep 10 ontsnap het, en Elizabeth, uit groep 8 na 'n kleiner groep geskuif omdat sy klein is.
Firn het afgekry; sy is so uitgeput na gister se stres met Skye (heelwat beter vandag), en sy het Vrydag heeloggend by die drukgang gewerk (Dr Louis het 120 koeie en verse vir dragtigheid ondersoek), asook Saterdagoggend (groepe 6,7 en 8 deur die drukgang gesit).
Klein Grethe, ons heel kleinste Holstein, is siek, asook Onderstebo, 'n Jerseyossie. Ek't hulle gespuit, asook Beauty en Dimanda, wat vandag beter voel as gister.
Rain moes vir my die bakkie na die skuur agteruitry, heel moeilik, en sy't haar Wiskunde klaargemaak. Dus is ek tevrede met die dag se skool.
Firn't al haar skool klaargemaak, asook 'n bietjie van more s'n, want more is sy heeldag uit saam met Kevin, aan die perde leer.
... en hier sluit ek af ... ons swyg maar liewers oor vanmiddag se sirkus!


Mon, 02 Aug 2010 15:44:36 +0200:Ek skryf baie.....


blogs in my kop, maar by die rekenaar kom dit nie uit nie. Dalk omdat ek nie tyd het nie, dalk omdat ek nie gewone vandag-het-ek-dit-en-dat blogs wil skryf nie.
Maar ek wil so graag 'n rekord van ons wel en wee op Hydeaway Farm he, en daarom probeer ek tog weer.
Rain ... het vanoggend vir ons plaatkoekies vir ontbyt gebak, haar puntskoene gestoom en geoefen, en op die oomblik is sy by haar (ek dink) 33 hoenders. Ons vee-arts beveel hoenders aan vir vliegbeheer vir die somer (ja, ons beplan al daaraan, het al slenkdalkoors begin ent), en ek was vanoggend by www.boschveld.co.za, het 'n navraag daar gelos, wil sommer 'n klomp werfhoenders koop.
Firn ... is aan die skryf, soos gewoonlik, wanneer sy nie met haar perde doenig is nie. Kevin't Vrydag vir haar gese sy doen goed met Achilles en "excellent" met die merries; sy is ongelooflik dedicated en ons vier perde het werklik 'n koniklike lewe (sien haar blog vir besonderhede).
Jon ... hoor ek hammer in die werkswinkel. Hy't vanoggend vroeg vir my ingestaan, en nou doen hy allerhande onderhoudswerkies.
Ek ... hardloop my dood! Met 198 Jerseys en 195 Holsteins op die plaas, leef, asem en slaap ek die boerdery. Maar dis nog steeds vir my heerlik, al is die affe soms meer as die oppe. Ek lees Terry Pratchett se Unseen Academicals, ek spandeer elke moontlike 'af' oomblikkie met my gesin (insluitend my hond) en ek beplan en skeduleer vir 'n vale - ons werkerskorps het nou na 10 uitgebrei, en dis 'n uitdaging om almal produktief aan die gang te hou.
Vanoggend het ek ... 'n klein bietjie laatgele (net na 6 opgestaan), en ek, Firn en Aletta het die 26 Jerseykalfies wat bottel drink, gevoer, geweeg en teen bosluise behandel - want die lente is sterk op pad. Vir Beauty en Dimanda - twee melkkoeie met swak aptyt - in die drukgang gesit en gespuit, 'n kort vergadering met die werkers gehou, al die behandelings in die rekenaar ingesleutel, vir Rain gehelp met haar balletskoene.
Vanmiddag ... het glad nie uitgewerk soos beplan nie. Ek wou 'n hoop Admin doen, en Firn sou vir ons ander drie 'n rydemonstrasie op Skye hou, op die arena wat ons onlangs vir haar 'gebou' het. Maar Skye had 'n probleem: lyk vir ons sy is styf. Firn stres haar byna dood, ek bel vir arme Kevin wakker, en ek, Firn en Kevin spandeer amper heelmiddag in ondersoek, diagnoseer, en behandel.
Vir Capuccino in die drukgang gesit en Excenel gespuit - 'n fantastiese antibiotikum met geen melkonttrekking nie - en teen Capu se 30+ liter per dag beslis die moeite werd. Heat spotting by die Friese gaan doen met Apollo agterna, en vanaand op die stoep gebraai, ons vier gesellig rondom die vuur, maar met Firn decidedly subdued van bekommernis oor Skye.
Dis amper agtuur; Jon is klaar in die bed, en ek gaan nou bad en in die bed spring met Unseen Academicals en Angus Buchan se "A farmer's year".
Night-night.


Mon, 01 Mar 2010 19:21:30 +0200:Jammer!



Ek is jammer ek blog so min - vreeslik baie het gebeur - die KI-kursus; Blommie se dood en post mortem, Firn se verjaarsdag en MML workshop, die Lipizzaners Sondag; Bontrok wat stadig beter word; 3-dag stywesiekte; Skye se besering, Hopey se besering; drie versies in 'n ry: Chasse, Borina, en Lady Lizanne.
Ek sou graag van alles wou vertel.
Maar dis nou 19:20; ek het 04:30 opgestaan, en ek moet nog die dogtertjies se Wiskunde nasien!
Jammer, liewe lesers ...



Ek is jammer ek blog so min - vreeslik baie het gebeur - die KI-kursus; Blommie se dood en post mortem, Firn se verjaarsdag en MML workshop, die Lipizzaners Sondag; Bontrok wat stadig beter word; 3-dag stywesiekte; Skye se besering, Hopey se besering; drie versies in 'n ry: Chasse, Borina, en Lady Lizanne.

Ek sou graag van alles wou vertel.

Maar dis nou 19:20; ek het 04:30 opgestaan, en ek moet nog die dogtertjies se Wiskunde nasien!

Jammer, liewe lesers ...



Sun, 21 Feb 2010 16:40:39 +0200:Blog: 6 Februarie 2010


Sat, 13 Feb 2010 12:13:17 +0200:Valentynsdag


Love stinks!
Minnesota - Nothing says "I love you" like a half-mile nearly-kilometre wide heart made out of manure.
A southern Minnesota man created the Valentine's Day gift for his wife of 37 years in their farm field about 19km southwest of Albert Lea.
Bruce Andersland told the Alberta Lea Tribune that he started the project with his tractor and manure spreader on Wednesday and finished on Thursday.
His wife, Beth, says it's the biggest and most original Valentine she has ever received.
She says some people might think it's gross, but she says it's cute and "Why not do something fun with what you got?"
- AP


Love stinks!

Minnesota - Nothing says "I love you" like a half-mile nearly-kilometre wide heart made out of manure.

A southern Minnesota man created the Valentine's Day gift for his wife of 37 years in their farm field about 19km southwest of Albert Lea.

Bruce Andersland told the Alberta Lea Tribune that he started the project with his tractor and manure spreader on Wednesday and finished on Thursday.

His wife, Beth, says it's the biggest and most original Valentine she has ever received.

She says some people might think it's gross, but she says it's cute and "Why not do something fun with what you got?"

- AP



Wed, 10 Feb 2010 17:49:23 +0200:31 Januarie 2010



Die dag het sommer baie vroeg vir my begin - ek was wakker van 23:30 tot 01:30 terwyl ek vir Jon, wat Reserviste gewerk het, gewag het. Om die tyd te verwyl, het ek 'n hele berg admin gedoen.
Net na 05:00 weer uit die huis gesluip, om dadelik op Rita te gaan check. Voel haar ore, en hulle is koud. En wat 'n oggend daarna: Rita 100 cc Calcitad en 10 cc Predef. Ice Cream lyk of sy koliek het; ek spuit haar Fenyl vir die pyn. Odile is sommer erg siek; sy's so drie maande oud en sy kry Advocin, Kyrophos en Tioctan. Mysti hoes en sy kry Excenel. Asterix hoes ook; hy kry 'n dubbele dosis Nuflor.
Ek, Jon en Firn ent die koeie wat hierdie week ge-ent moes word: Line en Nooientjie is drie weke van kalf en kry Multimin en Vit A. Mrs X is ses weke van kalf en kry Scourguard. Bonaventure, Merry, Mariska, Sunday en Greebo kry 0.5 cc Multimin.
Na ontbyt kon ek gelukkig 'n vinnige uiltjie knip; en daarna die yslike taak van Firn se hare was en kam. Ook 8 kalfies kry middagete-bottels - en 'n hele 29 drink twee keer per dag bottel. Aletta is op verlof en ek wil nie vir Paulus, wat vir haar instaan, deurmekaar maak nie, maar as sy terug is sal ek links-en-regs moet begin speen.
Firn ry lank op Skye en op Achilles, genadiglik kom Constance en Jabu, wat vir 24 uur op verlof was, betyds en sober terug, ek ontdek twee damme in die 'unchartered territory' waar die kalfies wei, en hoor klein jakkalsies blaf in 'n jakkalsgat.
Voeg by dat ek en Jon 'n klomp Accounting gedoen kry, en jy't nog 'n besige dag.



Die dag het sommer baie vroeg vir my begin - ek was wakker van 23:30 tot 01:30 terwyl ek vir Jon, wat Reserviste gewerk het, gewag het. Om die tyd te verwyl, het ek 'n hele berg admin gedoen.

Net na 05:00 weer uit die huis gesluip, om dadelik op Rita te gaan check. Voel haar ore, en hulle is koud. En wat 'n oggend daarna: Rita 100 cc Calcitad en 10 cc Predef. Ice Cream lyk of sy koliek het; ek spuit haar Fenyl vir die pyn. Odile is sommer erg siek; sy's so drie maande oud en sy kry Advocin, Kyrophos en Tioctan. Mysti hoes en sy kry Excenel. Asterix hoes ook; hy kry 'n dubbele dosis Nuflor.

Ek, Jon en Firn ent die koeie wat hierdie week ge-ent moes word: Line en Nooientjie is drie weke van kalf en kry Multimin en Vit A. Mrs X is ses weke van kalf en kry Scourguard. Bonaventure, Merry, Mariska, Sunday en Greebo kry 0.5 cc Multimin.

Na ontbyt kon ek gelukkig 'n vinnige uiltjie knip; en daarna die yslike taak van Firn se hare was en kam. Ook 8 kalfies kry middagete-bottels - en 'n hele 29 drink twee keer per dag bottel. Aletta is op verlof en ek wil nie vir Paulus, wat vir haar instaan, deurmekaar maak nie, maar as sy terug is sal ek links-en-regs moet begin speen.

Firn ry lank op Skye en op Achilles, genadiglik kom Constance en Jabu, wat vir 24 uur op verlof was, betyds en sober terug, ek ontdek twee damme in die 'unchartered territory' waar die kalfies wei, en hoor klein jakkalsies blaf in 'n jakkalsgat.

Voeg by dat ek en Jon 'n klomp Accounting gedoen kry, en jy't nog 'n besige dag.



Sat, 30 Jan 2010 20:15:47 +0200:Op my kniee



Of liewer, al biddende op 'n drafstap, dis wat Hydeaway Farm aan my doen!
"Ag asseblief", bid ek, op 'n drafstap op pad na die kalfkamp, waar die blindes ook bly, "moenie dat Rita haar kalfie te veel mis nie, en dankie vir die wonderwerk van Bontrok".
"Miesies, Grieta hy't gekalf", 'please call' Bheki my Donderdagoggend nog voor melktyd. "Maar ons melk dan nog vir Grieta", antwoord ek ontsteld. (Op Hydeaway Farm, touch wood, kalf die koeie nie in die emmer nie - dit beteken ons droog hulle op 60 dae voor kalftyd - soms makliker gese as gedaan om reg te kry). "Nee, die anner een, Miesies" paai Bheki. Dus Rita, die groot blinde, wat wel op opstoomvoeding was.
Dit is aaklig om die blindes se kalfies weg te neem, want hulle soek hulle soms lank, en dis naar om te aanskou. Dus neem ons die versie - Rhoswen, Wallies vir Roos (ons gaan deur 'n Walliese stadium) sommer dadelik tydens oggendmelking weg. Maar Henrietta kalf ook, ons doop die verskalfie "Tannie Hennah", en Rita steel vir klein Hennah in die oggend. Genadiglik soek sy nie vreeslik daardie aand nie. En interessant genoeg, het Rita en Henrietta ook verlede jaar op dieselfde dag - 8 Februarie 2009, check daardie ICP's!!* - gekalf.
Ek gaan kyk in die rekenaar en onthou: verlede jaar het Rita baie ernstige melkkoors gehad, so erg dat Firn vir haar 'n drup moes insit. En op dieselfde dag wat sy gekalf het, eet Rita nie haar kos op by middagmelking nie. Ek besluit dadelik dat sy 100 cc kalsium en 10 cc kortisoon moet kry, en Jon spuit haar daar en dan.
Ons sukkel met 'n baie nare diarreekiem, en arme klein Sunday, nog nie eers een week oud nie, het vandag begin. Hy kry dus antibiotika en baie TLC, en ons hou hom weg van Bonaventure, Mariska, Hennah, en Rhoswen.
Brett het Vrydag nog 20 verse afgelaai. Ons het dus nou 119 van sy verse, en hulle hou ons goed besig. Een het 'n seer ogie, nog een wil nie brood eet nie, nog een het hardnekkige ligte diarree, en een het arriveer met 'n seer knie.
Tussen-in beveg ons nog 'n maatskappy wat aansoek doen vir prospekteerregte op ons plaas en by 'n paar van ons bure, en weens my regsagtergrond rus baie van die werk op my skouers. En Jon bou verwoed aan 'n groter elektriese heining om al die Holsteinversies te akkommodeer. Firn het vandag 4.8 ure in die saal deurgebring, het sy uitgewerk, en Rain het saam met 'n maatjie na die Vaaldam gaan kyk. Dus het ek en Jon tegnies 'n 'date' gehad van 09:00 tot 12:00; van die 'date' het daar weinig gekom, want ons was altwee te besig.
Maar tog, boer ons lekker en gelukkig hier op Hydeaway Farm.
*"ICP" staan vir "Inter Calving Period"; mens probeer dit 365 dae kry, sodat 'n koei vir ongeveer 300 dae per jaar gemelk word.


Thu, 28 Jan 2010 20:11:30 +0200:Kom ons vergader ...



... om 04:30 elke oggend, se ek vir Jon. Ons kom net eenvoudig nie by alles uit wat bespreek moet word nie. Nou hoop ons om soggens 'n rustige halfuurtjie oor 'n koppie tee te spandeer, voor almal op die plaas begin skarrel.
Ons het 'n produktiewe week gehad sover - vandag al die gespeende Jersey'tjies, behalwe die wat al by die bul loop, deur die drukgang gesit en geweeg en ontwurm. Ook 20 verse RB51 (teen brusselose) ge-ent. En 'n paar hulle Duovax-boosters gespuit. En Autumn haar derde behandeling gegee - sy's 'n versie van omtrent so 8 maande en ek dink sy het galsiek.
Vir skool het die dogtertjies al hulle mylpale vir die week bereik, en more is hulle rustiger, met Firn wat "Free reading" doen na haar ryles by Kevin, en Rain wat "Baking and Crafts" doen. Sy beplan om vir ons roomys te maak - lekker!
Firn het vanaand vir ons 'n presentation gedoen oor haar "Current Events" vir vandag. Ons is ingeteken op 'n koerant vir Laerskole (sien www.learnthenews.com) wat twee maal per week uitkom. Op 'n Dinsdag lees Firn die stories, en e-mail vir my 'n opsomming van elke storie. En op 'n Donderdag doen sy 'n voorlegging, na aandete, aan die hele gesin, en wys ook vir ons op 'n wereldkaart waar elke storie afspeel. Ek het ook ingeteken op die Zoeloe-weergawe van die koerantjie, wat ek vir die werkers wil begin gee.
Met die ballet gaan dit baie goed. Ek't gisteraand 'n SMS van die balletjuffrou gekry, waarin sy vertel dat sy nie kan glo hoe hoog Firn werk by die barre nie, en dat Rain 'n natural is. Dit gaan goed met Rain by die Majors, al is sy meer as twee jaar jonger as die ander dogtertjies, wat meestal in Graad 8 in die skool is. Raintjie geniet ook haar teaching op 'n Woensdag baie, en sy help regtig goed, siende dat sy verlede jaar ook Pre-Primary geteach het, en dus die werk goed ken.
Ons het vandag glorious sunshine gehad en ek het net lekker gewerk. Ek sien ook hulle vertel dat El Nino besig is om swakker te word, so ons hoop vir 'n rerige goeie seisoen met genoeg gras vir die winter.


Tue, 26 Jan 2010 20:34:03 +0200 Tue, 26 Jan 2010 20:44:30 +0200:Om 'n koei te verloor "Ek het 'n boer sien dans in die Karoo"



Nee, nie Bontrok nie. Sy is gestabiliseer, en dit gaan goed met haar. Elavicki Elite's 168 (Elite, hier by ons) is Saterdagnag dood, vermoedelik omdat sy gesukkel het om te kalf. Ons het haar as 'n vers gekoop op 24 Junie 2005. Ek is verskriklik hartseer - ons het die kalfie ook verloor.
My tannie Hennah - my pa se suster - het die naweek by ons gekuier en ons almal het dit verskriklik geniet. Sondagmiddag, op pad na 'n piekniek, het Aletta ons geroep. Rain se koei, Summer Swallow, het in die veld gekalf. Net daar het ons 5 mense, plus Skye, ons planne verander en gaan piekniek hou by Swallow en haar splinternuwe bulkalfie, wat Tannie Hennah "Sunday's Child" gedoop het.



Ek dink altyd aan Lize Beekman se liedjie, en dan is ek minder in die versoeking om te kla oor die modder en die nat.
Ons vier Hydes is BESIG! Na 'n meer rustige Desember vir Jon, lui sy telefoon nou weer onophoudelik en is hy woes aan die hardloop. En dinge gaan nie stadiger hier op Hydeaway Farm nie, maar ons geniet dit.
Gisteroggend was Indigo baie siek, met 'n koors van 40.1 en melk wat met 8 liter geval het. Ons het haar gespuit, en baie TLC gegee. Sy kry vier maal per dag kos, en slaap in ons gemaklike koeihospitaal waar ek tot laat saans en weer vroeg soggens vir haar gaan kuier, en waar sy nie kan natreen nie. Vanoggend was sy sommer stukke beter; haar melk was met 5 liter op, haar koors was 38, en sy't al haar kos ge-eet.
Die drie diarree-kalfies, Baie Ver, Rufus, en Blodwyn, is beter. Rufus is heeltemal gesond en Blodwyn en Baie Ver voel ook beter. Ek gee wel nog vroeg soggens en net voor slapenstyd saans vir hulle elektroliete, en dan kry hulle ook 1 liter melk 3 maal per dag.
Vanoggend het ons al die bottelkalfies geweeg, en hulle het ook hulle maandelikse ontwurming gekry. Ons drie girls het vir Rain drie tutu's en twee romantiese balletrokkies by Vida gaan leen - ek wil 'n paar mooi foto's vir Rain se balletblog hier langsaan by De Hoek Country Lodge (sien http://dehoekcountrylodge.co.za/) neem.
Vanmiddag het ek vir twee ure lank die voer van die Jerseys en die Holsteins ge'supervise', met 'n clipboard om notas te maak oor hoe die oorskakeling na die restbrot vorder. Ek verander amper elke dag die hoeveelhede, en dit verg nogal kophou.
Met al hierdie doenighede het ek eers na aandete (deur Rain gekook) by my admin uitgekom, en nou is ek te moeg vir Wiskunde nasien.
More is nog 'n dag ...


Thu, 21 Jan 2010 18:05:36 +0200:Harmonie ... of nie?



Ek voel soos 'n orkesdirigent wat 'n hele simfonie-orkes in harmonie moet laat speel.
Gaan lees gerus Firn se blog oor haar rowwe oggend. Tussen Firn coach met Bonadventure se trek ("wag nou, Firn, moenie oorhaastig wees nie, wag vir 'n kontraksie" en "hoe voel die stres, Firn") moes ek ook Rain se onvergenoegdheid oor Constance wat haar kamer regpak, hanteer, asook Bheki wat sy hand lelik gesny het, na Constance se spatare kyk en belowe om haar dokter toe te neem, Jabu 'n nuwe stoof belowe ("Miesies, myne het so 'poef' opgeblaas"). Ook vir Paulus sy "Piellies vir die piles" gee wat ons gisteraand vir hom op versoek gekoop het, EN vir hom verduidelik wat 'n mens met 'n setpil moet doen ...
Voeg by 20 HUGE Friese deur die drukgang sit in die reen, op twee maniere weeg, hoogte meet, ontwurmingsmuti vir Firn optrek, geen selfoonsein, Rain se Wiskunde, die verse leer Restbrot eet, drie kalfies (Rufus, Baie Ver, en Blodwynn) met diarree, Gift se vrotpootjie, en teen 15:30 was ek al heeltemal uitgeput.
Nodeloos om te se, het Firn geen formele skool vandag gedoen nie, maar hoeveel het sy nie geleer nie! Rain het haar Wiskunde gedoen, Dinsdag se "Stories of the ballet" klaargemaak, en hard gewerk om haar kamer netjies te maak. Ek het ook al my tradisionele Donderdagmiddagwerke (Stocktake, Shoplist, Check Bank Accounts) klaargekry, en Firn se kookbeurt waargeneem.
Wat 'n dag!


Tue, 19 Jan 2010 20:13:15 +0200:Besoekers



Soos Firn, is ek 'n verskriklike introvert en hoe groter ons boerdery word, hoe meer besoekers en aflewerings is daar. Elke tweede dag word melk getrek; so af en toe is daar ander bestuurders maar as Amos kom, glimlag ek breed, want ek en hy is groot pelle.
Meadow se tegniese adviseur was vandag hier en hy kom nie weg nie, want ek het soveel vrae. Afgri se 12 ton trok het gister verkeerde voer afgelewer (en ek het nie mooi gekyk nie; dis my fout), en vasgesit dat Michael-van-Karen-langsaan hom met hulle groot trekker moes kom uitsleep. Vandag bid ons TEEN reen, want die Afgri-trok moes weer kom, om die vrag om te ruil. En genadiglik begin dit reen eers nadat die trok hier was.
Voeg daarby die besoek van Oom Piet Vark (eintlik hou ons baie van hom, hy bestuur 'n varkplaas en dus die naam) om ons onttrekkingsmelk vir die varke te kom oplaai, en jy't 'n besige dag.
Wipplank gery met Bontrok vandag: het 05:30 melkkoors gediagnoseer en Jon spuit haar 100 cc Calcitad. Oggend in die stal eet sy helfte van haar kragvoer brunch alles, middag niks en aand in die stal weer alles!
Skool het goed gegaan vandag; arme Raintjie het net raas gekry omdat sy nie genoeg Wiskunde gedoen het nie. Firn het alles klaargehad by 11:15, en ver op Skye gaan ry.
Ek en Jon dink aan maniere om meer tyd saam te spandeer - oorweeg dit selfs om 04:00 op te staan, dan het ons 'n uurtjie saam voordat ek begin werk.
More kom ons eerste Restbrot-aflewering. Brett dring daarop aan vir sy verse; dis 'n berg werk en ek hou niks van die ouens wat die trokke bestuur nie. Die kampie vir die brood is nog nie reg nie. Jon gaan 06:00 ons braaivleisvuur aansteek, daar by die werkplek, en begin draad span. Hou duimvas die weer speel saam!


Tue, 19 Jan 2010 10:37:46 +0200:The Pasture ~ Robert Frost



Robert Frost is een van my gunsteling-digters. Ons ken mos almal "Stopping by Woods", maar hierdie een is ook verskriklik charming:
The Pasture
I'm going out to clean the pasture spring; I'll only stop to rake the leaves away (And wait to watch the clear water, I may): I shan't be gone long - You come too.
I'm going out to fetch the little calf That's standing by the mother. It's too young, It totters when she licks it with her tongue. I shan't be gone long - You come too.
>From "Complete Poems of Robert Frost", 1916


Tue, 19 Jan 2010 06:33:18 +0200:Bontrok



Bontrok (geregistreer as Manhu MMP May) is die bont koei op ons nuwe webwerf. Gaan kyk gerus - en laat weet my wat julle dink - http://hydeawayfarm.co.za.
Verlede jaar, nadat sy vir Bronwen (een van ons skoukalfies) gehad het, is Bontrok amper dood en Dr Louis het gese sy moet nooit weer kalf nie. Maar soos dinge maar gebeur op 'n suiwelplaas, word koeie dragtig en ek paniek al vandat ons haar 67 dae gelede opgedroog het, oor Bontrok wat weer moet kalf.
Nou het sy verlede Dinsdag gekalf, en van toe af ry ek eers wipplank. Elke aand buitekant voor ek gaan slaap, om op Bontrok te gaan check. Elke oggend vroeg-vroeg, 'n hele ruk voor melktyd, weer buitekant om na haar te gaan kyk. En nou is sy siek, en ons is nie seker wat sy makeer nie. Het haar nou al behandel vir melkkoors, penisillien gespuit, vitamines, kortisoon. Piep haar op; sy slaap in die koeihospitaal as dit reen, sy kry vier maal per dag kragvoer.
Ek is verskriklik lief vir haar (al hou sy nie baie van my nie; ek het al te veel naalde in haar gedruk), en ek voel maar 'n bietjie goor.
Skool het goed gegaan vandag; Firn het al haar werkies gedoen; Rain is besig met 'n groot Aardrykskunde-projek waarvoor sy baie moeite gedoen het. En nou sit Jon en Rain en gesels oor deling, waarmee sy vandag in Wiskunde 'n bietjie gesukkel het, en daarna gaan ek lees vir die gesin. Dan na Bontrok gaan kyk, en hoop sy is more beter.
Gaan kyk ook binnekort op Rain se balletblog - hulle eerste "Major" klas was vandag, en ek dink dit het besonder goed met haar gegaan.


Fri, 15 Jan 2010 17:22:50 +0200:Weg!



Eintlik het dit alles begin met 'n mot wat in my vroegoggend-tee beland het. Sien, ek word Honger en Dors wakker en begin my dag met 'n koppie swart rooibostee-met-heuning en 'n gesondheidsbeskuit.
"Dis nou eers vyfuur, gaan maak vir jou nog 'n koppie tee", se Jon. Maar ek is haastig om na Bontrok te gaan kyk - tog so bang vir melkkoors - en is uit sonder my tee.
Volgende het Flower, Firn se border collie, verstrengel geraak in my rekenaardrade en my pragtige vaas vol pienk rose, 'n geskenk van 'n vriendin, omgeruk - water my hele lessenaar en rekenaar vol, en my kosbare vaas aan skerwe.
In my haas om terug te kom na 'n vars koppie tee, kyk ek in oggendwalkabout nie na die twee versies wat in die tuin om die huis bly nie. Carrie en Cyfm (eintlik reregistreer as Hydeaway Can't You Find Your Mum") is een van ons beste koeie, Elavicki Corne's Elite, se kind en kleinkind, en word gegroom vir skoukalfies, dus bly hulle in die tuin.
Maar hier net na sewe begin my gewete my pla, en ek begin hulle soek. Kry hulle nerens nie. Ten einde laaste lei ek af dat hulle gisteroggend uit die tuin ontsnap het, saam met die ander versies gaan wei het, en nooit teruggekom het nie. Aletta het versuim om hulle gisteraand kos te gee, en hulle is dus nooit vermis nie.
Firn spring op Skye, ek en Jon spring altwee in ons bakkies, en Aletta, met 'n skuldige gewete, hol hier weg na die 'unchartered territory' waar die versies in die dag wei. Genadiglik vind ons die twee stouterds daar.
Net terug, met my oggendroetine wat op sy kop staan, en Aletta kom rapporteer dat Greebo nie mooi drink nie. Ai tog! Ek het die drie diarreekalfies nou al vir langer as 'n week vyf maal per dag bottel gegee, en dis woes uitputtend. Het net gedink ek kan nou 'n bietjie minder gee.
Net daarna kom Jabu aangehol: Bontes het weereens 'n deel van die melkmasjien stukkend geskop.
Dit het alles voor 09:00 in die oggend gebeur, en vir die res van die dag was ek stokflou!


Thu, 14 Jan 2010 18:48:13 +0200:Happy Birthday, Hope



Hope, Hopey, of, volgens Jon, "Hopey-Soapy-With-A-Ropey" of, "WaarKryJyAlDaaiLelik", Firn se windhondtefie, is vandag 'n hele 3 jaar oud. Vanoggend, toe ek van walkabout af kom, het ons drie girls al vir haar "Happy Birthday To You" gesing, en vanaand het ons 'n honde-partytjie gehou, met tot Jon wat saamgesing het!
Rain en Firn het vir Hopey 'n koek gebak - koekmeel, bakpoeier, 2 eiers, melk, en hondepille, versier met Jogurt, en elke hond het 'n sny koek en 'n bakkie melk gekry - dit nadat daar drie kersies op die koek was, wat die dogtertjies vir Hopey help uitblaas het. Al ons honde is spesiaal, en Hope is spesiaal oor haar spoed en haar sagte geaardheid.
Nog 'n koei het vandag met die diarree-en-melkval simptome gepresenteer: Malmesbury (so genoem omdat ons in Malmesbury was toe sy gebore is). Ek hoop maar net ons het haar vroeg genoeg gevang - sy eet nog mooi. Het haar ontwurm en Rumix gegee vanoggend.
Nog drie kalfies hoes: Margot Fonteyn, Bakkiekant, en Bellow. Het hulle aldrie gespuit. Tiger en die drie diarree-kalfies - Happy, Merry, en Greebo, is beter.
Het vandag Groep 4 van die Friesies deur die drukgang gesit en geweeg op twee maniere, gemeet, teen bosluise behandel, en 9 Duovax ge-ent.
Firn is besig om ons webwerf oor te doen (sal julle laat weet as Jon dit 'live' gesit het), en sy het, met my toestemming, net Wiskunde en webontwerp vandag gedoen, in plaas van Literatuur en Ekonomie. Current Events moes sy ook doen, maar het nog nie haar terugvoer gekry nie, so weet nie of dit gedoen is nie. Haar "new concept" in Wiskunde is vermenigvuldig met desimale syfers, en sy sukkel 'n klein bietjie. Het Jon gevra om haar daarmee te help.
Rain geniet steeds haar Geskiedenis, haar vak vir vandag, en stretch baie pligsgetrou vroeg elke aand - sy kan nie wag vir Maandag, wanneer haar ballet begin nie.


Wed, 13 Jan 2010 19:05:44 +0200:'n Onproduktiewe dag



Die dag het goed genoeg begin - net na middernag het Jon teruggekom van reserviste-werk en ek't opgestaan om vir hom koffie te maak. Kort na 5 het ek op my tone uitgesluip buitentoe, en teen die tyd wat ons begin melk het, het die 3 diarree kalfies al hulle elektroliete gehad, en Baie Ver sy bottel bies.
Teruggesluip, baie verlig, want Jon en Firn (wat altyd baie rusteloos slaap as hy reserviste werk) slaap nog. En daarna het die wiele 'n bietjie afgeval - eers het ons gaan ontbyt eet in die dorp, ter viering van "So Not Back To School"; by die skool verbygery en baie vermakerig gevoel. Halfpad terug huis toe, vermoed ek ek het my selfoon by die restaurant gelos - halfpad terug restaurant toe, besef ek hy le by die huis. Dus het ons al in die rondte tussen huis en plaas gery.
Daarna vinnig die hoesendes gespuit, twee kalfies boosters ge-ent, twee gekastreer en toe rondgehardloop tussen die HHH's (Herd of Horrible Holsteins) om een armsalige ou versie in die drukgang te kry en te behandel vir 'n opgeswelde knie. Hulle het twee drade stukkend gehardloop en dit het ons L-A-N-K geneem om haar in die drukgang te kry.
Vanmiddag moes ons gaan registreer vir ballet, en daarna sit ons in die groot stad Heidelberg in 'n verkeersknoop vas - ons is naamlik biblioteek toe net toe die Hoerskool uitkom. Skaars tuis, of 'n ander suiwelboer en 'n medisyne-verteenwoordiger daag op en gesels 'n uur lank.
Firn het haar skool klaargemaak, behalwe vir Wiskunde, wat die dogtertjies afgegee is weens die "Not Back To School" vieringe. Ek en Rain het weer nie by spelling uitgekom nie.
Baie frustrerend. Ek hoop ek kry more meer gedoen.


Tue, 12 Jan 2010 18:23:52 +0200:Hoepoes



Ek hou al 'n hele rukkie 'n hoepoe in ons tuin dop - so jammer vir hom, want ek sien altyd net die een. Eintlik al 'n gebedjie opgestuur dat hy tog 'n maatjie sal kry. En vanmiddag sien ek toe werklik hy't 'n maatjie gekry!
Bontrok het in die veld gekalf vanoggend. 'n Bulletjie wat Jon "Baie Ver" gedoop het. Dit het Jabulane 2 1/2 ure se geduld geneem om hulle terug te bring hierheen, en 'n hair-raising rit in die bakkie om vir haar haar Reviva te neem.
Firn het al haar skool vandag gedoen, maar ek en Rain het nie vandag by spelling uitgekom nie - met Bontrok wat gekalf het, 10 kalfies teen BVD ge-ent, en by die buurvrou tee gedrink.
Vier groterige kalfies is hoeserig - Ingrydd, Bunny Chow, Boesman, en Asterix. Ek't hulle vanoggend gespuit, hulle geskuif na 'n nuwe kamp, en vanmiddag is hulle beter.


Mon, 11 Jan 2010 18:52:37 +0200:Tchaikovsky by die drukgang



Ek het die laaste twee dae heelwat tyd by die drukgang spandeer - gister kalfies getatoeer en klein, klein kalfies getag, vandag koeie ge-ent en behandel, en Groep 3 van die Friesies deurgesit en geweeg, op twee maniere, hoogte gemeet, en teen bosluise behandel.
Vanoggend het Firn my kom help - Rain het mastitis en moes antibiotika gespuit word, Olive, 6 weke van kalf, is ge-ent, Provita en Bokkie, 3 weke van kalf, het vitamienes gekry, en Mrs X, Terramycin, Bokmakierie en Summer Swallow, verlede week opgedroog, het vitamienes gekry en is ontwurm.
Ek, Firn, Joseph en Paulus is aan't spook met 'n koei, toe Tchaikovsky se Chinese Tea Dance uit die Nutcracker Suite skielik uit Joseph se sak emanate. Ek en Firn herken dit dadelik, loer vir mekaar, en begin omtrent histeries op die grond rondrol. Joseph is 'n uitstekende werker, maar mens sou dit nie se as jy hom sien nie - hy's supercool, met een oorring, 'n hangertjie, en dreadlocks. Tchaikovsky, by die drukgang, met Joseph, was net een te veel vir ons. Ek weet nie wat arme Joseph gedink het van ons twee giggelende girls nie ...
Ten spyte van al die plaasaktiwiteite - ook nog vir Blodwynn en Rufus voorkomend gespuit, vir Greebo, wat baie siek is, vir 9127 haar laaste dosis antibiotika gegee, en "Miesies, kom kyk, Bontes het bloed in haar melk", het ons weereens al ons skooldoelstellings behaal. Rain sukkel nog met haar spelling, maar sy werk baie hard en pligsgetrou en dit maak 'n reuse-verskil aan my.
Gisteraand het ons by Andre en Antoinette gaan eet - sommer hier 'n pot kerrie-en-rys gekook en saamgeneem daarheen, daarna moes ek siek kalfies bottelgee, en het eers 23:00 gaan slaap!
My grootste prestasie van die dag was om in die baalkamp op 'Chilles te ry - S-C-A-R-Y maar lekker.


Sat, 09 Jan 2010 18:34:11 +0200 Sat, 09 Jan 2010 18:41:20 +0200:Die Date Epidemie!



Firn het weereens by Marie-van-die-ryskool gaan uitry vir 'n swem in hulle dam met die perde. Sy het vir die tweede keer op 'n reun met die naam "Maskas" gery, en hulle twee kom baie goed oor die weg.
Raintjie het by Little Showcase gaan werk en 'n klomp presente toegedraai en kaartjies gemaak - dus haar "crafts" vir die week.
Sodoende was ek en Jon alleen bymekaar, van omtrent 08:00 tot so 11:30. En vir ons date het ons ... wait for it ... die weeklikse kruideniersware gaan koop, en darem toe ontbyt gaan eet by Four Seasons. Maar alhoewel dit toe al 10:00 was, was ek nog NIKS honger nie, want Jon het walkabout gedoen, en ons het gery voor kalfiemelkgeetyd. Al wat ek dus gedoen het was om honde kos te gee en 'n paar maal stal toe en terug te loop.
Na ontbyt was die date oor: ek het gaan kyk hoe die werkers aangaan met hulle take; die kruideniersware uitgepak, en daarna vir Firn, en toe vir Rain, gaan oplaai.
Gister se rustige skool was great. Firn het 'n uitputtende perdryles gehad, en daarna rustig gelees aan "The Age of Chivalry" en "Hereward the Wake" - of so-iets. Rain het heeldag gebak aan 'n baie ingewikkelde koek - tussen-in moes ons twee eiers gaan leen by die huis-met-27-border collies, en die middag was twee dogtertjies hier om te 'help'. Ons het hulle na aandete by hulle huis gaan aflaai, en 'n woerts-warts tee gedrink, want die ouers weet ons melk en gaan slaap vroeg ...



Daar is iets aan die broei met die koeie op Hydeaway Farm. Gister was Boeremeisie die nuwe casualty, en vandag is dit Grieta, die blinde koei. Het Dr Louis gister gebel; hy dink dis dalk lewerslak en nou ontwurm ons links en regs. Ons ontwurm wel gewoonlik ons koeie teen lewerslak, maar slegs wanneer ons hulle opdroog, omdat die ontwurming 'n erge val in melkproduksie veroorsaak.
Drie klein kalfies het diarree - Greebo, Merry Christmas, en Happy Birthday. Greebo is sommer sleg siek.
Bleddie Mooi, 'n groterige ossie, het galsiek.
9127 (of te wel "At the Back"), een van die nuwe Friesies, het bloed in haar urine en ons het haar tetrasikliene gespuit.
Bontes het gister gekalf. Bontes is ons logo-koei, maar sy sukkel om dragtig te raak en haar ICP (Inter Calving Period) is swak. Ons mik vir 365 dae; Bontes wikkel hier na 500 dae. Haar vorige versie is Firn se skouvers, "Baie Bly", want ek was regtig baie bly toe sy gebore was. Hierdie keer is dit weer 'n versie, en ek wou haar met alle geweld "Bleddie Bly" noem. Maar Firn skop vas: "Mamma, ek skou nie met 'n vloekwoord-kalf nie". Nou ja, ek het maar ingegee en sy heet nou "Blodwynn", klaarblyklik Wallies vir 'Blom'.
Ag, hou tog duimvas vir al die siek diere op Hydeaway Farm!


Thu, 07 Jan 2010 19:16:17 +0200:I should be ...



Ek het nie al my middagwerk klaargekry nie, en in plaas van voor die rekenaar sit, behoort ek ons weeklikse inkopielys (ten volle gerekenariseer, natuurlik) te voltooi. Maar nou het ek eers 'n blaaskansie nodig.
Weereens, ten spyte van bottelkalfies almal weeg, en die nuwe Friesies (Groep 5 en Groep 5a) deur die drukgang gesit, het ons al ons doelstellings met skool bereik! Ek het die bottelkalfies vroeg-vroeg geweeg, en na ontbyt het ons drie girls en die werkers Groep 5 en 5a deur die drukgang gesit, met die elektroniese skaal en die meetband geweeg, hulle skofhoogte gemeet, hulle teen bosluise behandel, almal ontwurm, en almal oor 3 maande (10 van hulle) teen lam-, spons- en miltsiekte ge-ent. Daarna moes ek elke behandeling in die rekenaar insleutel - het my amper so lank geneem soos die behandelings self.
Twee koeie is siek: Rain, wat onlangs gekalf het, en Jane, wat baie stadig beter word. Sy het NIKS melk nie, en ek is regtig bekommerd oor haar. Merry Christmas, die kalfie wat op 24/12/09 gebore is, het ook diarree.
More is 'n meer rustige skooldag - Rain gaan 'n koek bak, en Firn gaan na haar ryles net op haar bed le en lees. Rain doen wel Wiskunde; ons het saam besluit dat sy elke dag van die week sal Wiskunde doen, totdat sy ingehaal het tot by Gr 5.


Thu, 07 Jan 2010 09:37:47 +0200:Firn se skedule



Maandag: Maths; Science; Literature; Nature Study; Ballet Dinsdag: Maths; Literature; History; Biographical History; Current Events Woensdag: Maths; Literature; Geography; Map drill; Ballet; Art Donderdag: Maths; Literature; Economics; Current Events; Domestic Science (Cooking Supper) Vrydag: Horseriding lesson with Kevin; Prescribed reading and other literature



Maandag: Maths; Science; Literature; Nature Study; Ballet
Dinsdag: Maths; Literature; History; Biographical History; Current Events
Woensdag: Maths; Literature; Geography; Map drill; Ballet; Art
Donderdag: Maths; Literature; Economics; Current Events; Domestic Science (Cooking Supper)
Vrydag: Horseriding lesson with Kevin; Prescribed reading and other literature



Wed, 06 Jan 2010 19:23:12 +0200:Cabin fever & 'n ommeswaai



Gister was my sewende agtereenvolgende dag sonder om die plaas te verlaat, behalwe vir Firn op- en aflaai by Marie-van-die-ryskool. Na die trekker weereens gaan staan het, die krag afgegaan het, Jane nie wou opstaan nie, en die draad tussen ons en Piet Mielie gebreek het, en ek die werkers met die bakkie daarheen moes neem om reg te maak, het ons eers 11:15 by skool uitgekom, behalwe vir die dogtertjies se Wiskunde. Ek was dus reg om weg te hardloop.
Jon vertel altyd sy belangrikste werk op die plaas is om my bedanking af te weer, en omdat hy dit kon sien kom, is ons gisteraand Wiesenhof toe vir 'n rare uiteet. Dit was heerlik! Ons het stadig-stadig en proe-proe ge-eet, tussen die gesels en die kuier deur. Mens sou sweer ons vier het mekaar jare laas gesien, soos ons gelag en gesels het. En daarna was ek weer reg vir Hydeaway Farm.
Vandag was weer besig: al 8 my werkers was op die plaas, omdat Jabu 'n dag later op verlof wou gaan. Hy en Constance, wat in die huis vir my werk, trou, en hy soek die ekstra geldjies. Ek het dus die kans gebruik om 'n lang en volledige vergadering te hou, waarin ek sommer ons doelstellings vir 2010 op die plaas uitgespel het, en 'n klomp reels neergele het. Ek het geswyg oor ons lekkerste plan vir die werkers: ons wil 'n TV probeer bekom, sodat hulle die Wereldbeker Sokker kan kyk ...
En nou die ommekeer: ten spyte van gister se mini-krisisse, vandag se lang vergadering, waarna ek nog horings ook gebrand het, is ons skool nog op datum en glad nie ontspoor nie! Rain en Firn se Wiskunde-lesse is op datum en nagesien (geen foute by enige een van die twee vandag nie), en Rain gaan fluks, heeltemal onafhanklik, aan met haar Gr 5 Aardrykskunde, Balletgeskiedenis, en Nature Study. Sy doen selfs addisionele navorsing op die Internet! Ek is in die wolke; meteens is 'n swaar las van my skouers af. Nou kan alles so 'n bietjie rustiger by my gaan!
Ook nog baie opwindende nuus uit Rain se ballet-oord: Sy gaan Gr 4 EN Gr 5 ballet oorslaan, en direk "Majors" toe, en sy sal dus saam met Firn in die klas wees hierdie jaar. Die balletonderwyseres wil haar nou al begin slyp vir moontlike Universiteitstudies in ballet, en Rain is ekstaties. Ons het dit Sondag uitgevind, en Rain oefen solank die Gr 5-sillabus (wat Firn verlede jaar gedoen het) en veral haar pirouettes, want dit is omtrent die grootste tegniese sprong van Gr 3 tot die "Majors".


Mon, 04 Jan 2010 20:16:16 +0200:So far, so good



Ten spyte van Brett wat vandag 21 versies gebring het, Meadow wat 'n berg voer afgelewer het, oom Piet wat die onttrekkingsmelk vir sy varke kom haal het, en Firn wat saam met Marie-van-die-ryskool vir twee ure perdgery het op haar plaas, het ons al ons skooldoelstellings vir die dag bereik, en ek is nie min trots daarop nie!
Nog steeds twee baie siek koeie; nou Kiske (darem beter) en Jane (galsiek?). Rain het gister 'n bulletjie gehad - hom sommer Rufus gedoop want ek was haastig om die info in die rekenaar te kry.
Ek lees elke aand hardop vir die hele gesin - vandag het Firn so 'n stunning stuk gelees uit "The Lay of the Land" dat ek besluit het om dit voor te lees.
Hier volg 'n uittreksel uit die hoofstuk: "A cure for winter"
The prescription, then, should read:-- Rx
A small farm--of an acre or more,
A small income--of a thousand or more,
A small family--of four boys or more,
A real love of nature.
Sig. Morning and evening chores. The dose to be taken daily, as long as winter lasts.
This will cure.


Sat, 02 Jan 2010 19:24:16 +0200:Die Magic van Hydeaway Farm



Daar is baie soorte magic hier op Hydeaway Farm. Vanoggend het ek dit weer intens beleef - eers wanneer ek en Apollo vroeg gaan stap het op die plaas, en daarna weer terwyl ons Groep 2 van die Friesies deur die drukgang gesit het.
Maar eers die stappery: ek en Apollo het al hier by 04:45 op Curly gaan check, gesien sy is OK, tee-en-beskuit gehad, en by 05:30 was ons twee op pad, terwyl Jon vir my ingestaan het by die melkery.
Apollo het uitbundig tarentale gejaag op pad na ons dam toe. Ons het gisteraand 22 mm reen gehad, en die grond was nog papnat. Op die dam was daar twee bleshoenders en 'n paar eende - ek is nie seker watter soort nie. Die dam is die volste wat ek dit nog gesien het; die vlei staan sommer lekker onder die water. Ek het die stroom uit die dam gevolg na die volgende, kleiner dammetjie waar daar twee yellow-billed ducks geswem het, en vandaar na die wilgerboom op die suidelike grens van ons plaas. Daarvandaan ons lyndraad met Karen hier langsaan gevolg, en haar rooihartebeeste, met 'n kalfie, verras. Nog 'n duikertjie raakgeloop op pad na ons bos, en toe so 06:30 terug by die huis.
Ek en Jon het kondisietelling op Groep A gedoen - dis nou die koeie-in-melk, droe koeie, verse wat by die bul loop, bul, en groter ossies. En met Josh Groban in die agtergrond het ek, Firn, en die werkers sommer vinnig en maklik die gewoonlik wilde Friesies deur die drukgang gesit, geweeg, gemeet, en bosluisopgietmiddel gegooi.
Twee koeie is redelik siek - Anemay en Kiske, altwee met omgekrapte mae. En Koppiedraai wil al weer opblaas. Dit maak my sommer moedeloos ...


Fri, 01 Jan 2010 18:19:01 +0200:Ons is daardeur!



Kersfees, en Nuwejaar, met 6 werkers, sonder probleme!
Maar het ons nie beplan daaraan nie: ons groot strategie was om die werkers tussen melktye op die plaas te hou. Dus het ons op Kersdag en op Nuwejaarsdag die middel-werkies self gedoen: klein kalfies hulle middagetebottels gegee, en die koeie gaan haal om gemelk te word. Dit terwyl die werkers beide dae 'n braaivleis gehou het, deur ons gereel. Daar was vir elkeen pap, sous, 'n groot stuk beesvleis en 'n stukkie wors. En op Nuwejaarsdag het hulle ook roomys gekry. En natuurlik hulle gunsteling: Coke en Sprite.
Ek is altyd maar so 'n bietjie in twee geskeur oor die Feesdae. Natuurlik wil ek Jesus se geboorte vier, en my kinders se opgewondenheid geniet. Maar daar is ook altyd die stres oor die werkers, die diere se versorging, en al die werk wat op een-of-ander manier gedoen moet kom. Ek praat maar liewers glad nie oor die idiote wat vuurwerke oor die Nuwe Jaar afskiet en al wat hond of kat is verskrik nie.
Ek het darem gisteraand tot 21:30 wakker gebly om die maansverduistering te sien, en gelukkig was daar net een SMS in die middel-van-die-nag, dus was ek bright eyed en bushy tailed opstaantyd vanoggend. Firn het die jaar goed begin: Marie-van-die-ryskool het een van haar perde, Polka, gebring en 'n ver ent saam met haar op die plaas kom ry. Rain het vir Marie die mooiste perdjiekoek gebak. Arme Firn was net na middagete weer in die saal om die koeie in gietende reen te gaan haal, met ons ander drie in die bakkie vir morele ondersteuning. Rain het bestuur en goed gedoen.
'n Redelike rustige dag verder - die rekenaarskerm in die stal het net natgeword en die gees gegee, en Curly, wat gister 'n versie gehad het wat doodgebore was, het niks ge-eet in die stal vanaand nie. Ons vermoed melkkoors, en dus het sy 100 cc Calcitad en 10 cc Predef gekry. Ek sal haar maar gaan kyk net voor ek gaan slaap, en dan weer vroeg-vroeg more-oggend.
'n Vredevolle, vreugdevolle 2010 vir almal.


Wed, 30 Dec 2009 20:07:23 +0200:WCN



Jon is lief daarvoor om sy eie afkortings te maak: sy gunsteling is IDKT (Is Die Ketel Tukkend) en DDIC (Daai Dag Is Claar - ek vra om verskoning vir sy Afrikaans - hy het dit nie by my geleer nie). Maar deesdae is daar nog 'n gunsteling, naamlik 'WCN' oftewel What Crisis Next.
Vandag was so een by my. Brett bring more Friesversies en daar is heelwat werk vir die trekker voor hy arriveer. Maar die trekker vrek en dis my heel, heel slegste werk op die plaas; slegter as horings brand, ek moet die trekker met my bakkie sleep. Kyk, ek bestuur nie goed nie, en ek sleep nog slegter. Genadiglik het ons die trekker darem aan die gang gekry.
Dimanda, een van ons heel beste koeie, eet niks in die stal by oggendmelk nie. Ek spuit haar sommer Vitamien B, 'n lewerstimulant, iets om haar baarmoeder te laat saamtrek (sy't 15 dae terug gekalf), en dose haar met 'n energiedrankie en 'n eetlusstimulant.
Skaars terug in die huis, haastig om dorp toe te gaan om 'terug skool toe' goedjies te gaan koop, en ek kry 'n SMS van Job: "Mrs, Gift het klaar gekalf".
Skaars vir Gift en haar bulletjie, Greebo, uitgesorteer, of Aletta roep my: "Miesies, Koppiedraai is opgeblaas". Firn spuit haar penisillien direk in die rumen, ek gee haar bloatguard in, en uiteindelik is ons dorp toe.
Vroegoggend het ek, Firn en Aletta ook al die bottelkalfies geweeg, en almal ouer as 1 maand ontwurm.
Die hoogtepunt van die dag was 'n bietjie se ry op Achilles, en 'n lang bederf- en grooming-sessie vir hom daarna; hy't omtrent gekrul van plesier.


Tue, 29 Dec 2009 19:04:41 +0200:Julle moet beplan



My boyfriend van Universiteitsdae se pa het met skape en vleisbeeste naby Cradock geboer, en dit was sy slagspreuk. Ons simpele tieners het nie veel aandag daaraan gegee nie, maar vandag is dit die enigste manier hoe ek kan cope.
Dus het ek en Rain vandag haar skoolweek beplan: Maths, Spelling, en Bible elke dag, en dan die volgende vakke een maal per week: History, Geography, Ballet Stories, Nature Study, en Crafts and Baking. Verder lees ek elke aand na aandete hardop 'n boek vir die hele gesin, Jon inkluis (maar hy sukkel om wakker te bly vir die hele voorlesing; le plat op sy rug op die teelvloer en snork soms heerlik).
Raintjie het erg las van die sinus vandag gehad, en dus 'n klomp special treats gekry: Ontbyt by die Wimpy saam met Mamma en Daddy, terwyl Firn op 'n perdry-uitstappie by die ryskool was. Ek het vir haar 'n mani- en pedikuur gegee en haar naeltjies en toonnaeltjies geverf. Ons skoolbeplanning is gedoen terwyl ons fyntjies geteug het aan tee uit porseleinkoppies. So reg in Raintjie se kraal.
Behalwe vir Firn se uitstappie, moes sy ook op Skye 'n ossie wat verlore geraak het, gaan opspoor en terugbring, en het sy ook vir Arwen geskool.
Tussen die ontbyt by die Wimpy, en rondry om Firn te gaan op- en aflaai, het ek nie veel ekstra geboer vanoggend nie, maar darem 5 kalfies teen Brussellose ge-ent. Jon is hard aan't voorberei vir die volgende groep van 20 Holsteinverse wat Donderdag arriveer, en ons Holsteingetalle na 100 sal laat groei.


Mon, 28 Dec 2009 19:20:58 +0200:Spring maar weer in



Verskoning aan almal: my energie was te min vir blog! Maar nou staar 2010 my in die gesig; ek en Firn het vandag ons beplanning vir haar nuwe skooljaar gedoen, en die bloglus val my aan.
Opvang kan ek nie - daar het heeltemal te veel gebeur die afgelope ruk. Dus gaan ek maar aan asof daar nooit 'n vreeslike gaping in my skrywery was nie ...
Die dogtertjies het soos zombies om 07:15 wakker geword. Hulle het gister saam met 'n maatjie na 'Cinderella on Ice' gaan kyk. Ons moes vir Firn soontoe sleep, en uiteindelik was haar kommentaar dat dit 'out of this world' was. Voor en na die middagvertoning het hulle drietjies in die swembad geboer. Ons het die aand by die maatjie in Benoni ge-eet en eers 22:30 tuisgekom - hence die twee zombies wat ons vanoggend begroet het.
Ek't vandag ons Jersey-kalwers, almal van klaar gespeen tot net voor bul toe gaan (dus 52 van hulle) deur die drukgang gesit en geweeg, bosluismuti gegooi, en Firn het 10 ge-ent teen BVD en 10 teen die Clostridiums. Rain, wat regtig nie 'n plaasgirl is nie, se werk is om agter in die bakkie te sit en rekord te hou van alles. Daarna word elke behandeling in die rekenaar ingesleutel, en die groeigrafieke nagegaan om seker te maak die kalwers groei na wense.
Vanmiddag is 'n paar bottelkalfies Multimin gespuit (dit kry hulle op 1 week, 1 maand, en wanneer ek hulle begin speen), en drie kalfies wat nou gespeen gaan word het ook Supavax, teen spons- lam- en miltsiekte, gekry - want ons weet daar is Sponssiekte-kieme op ons plaas.
Ek gaan tog 'n bietjie probeer opvang oor elke lid van die gesin:
Met Jon gaan dit goed, soos altyd. Die weerlig het die afgelope ruk 'n bietjie baljaar hier by ons - beide die dogtertjies se rekenaars, ons elektriese hek, ons groot elektriese heining, ons alarmstelsel. Jon doen alles natuurlik self en hy is nou al 'n bietjie moeg vir al die vervangingswerk. Sy ander groot projek is die sementdam langs ons huis. Hy't hom heelgemaak Saterdag, en nou wil ons hom net toespan teen die honde (ons is bang hulle wil swem as ons nie hier is nie, en kan dan nie weer uitkom nie) voor ons hom volmaak en begin swem. Hy't nie nou verlof nie, maar sy telefoon is wel stiller, en die verkeer is heelwat beter, so dis 'n lekker ligpuntjie.
Firn het besluit dat sy heel moontlik nie meer - soos sy eintlik wou, vandat sy 5 jaar oud was - 'n vee-arts wil word nie. Sy wil liewer skryf, en 'iets met perde' doen. Ons het dit dus so aan Kevin oorgedra, en hy gaan nou weer een maal per week, in plaas van een maal elke tweede week, vir Firn kom lesgee. Sy is al die hele vakansie besig met ten minste twee van ons vier perde per dag, en sy gaan ook gereeld ry by die ryskool hier naby.
Rain het 'n baie opwindende Desember agter die rug. Op 14 Desember het sy alleen na haar ouma en oupa op 'n klein plasie net buite Oos-Londen gevlieg, en die 21ste Desember weer teruggekom. Jon se ma en pa is in hulle laat sewentigs, maar baie gesond en aktief. Hulle bedryf 'n klein inheemse kwekery op 'n Kunsroete, en Jon se pa boer ook met koejawels en groente. Dit alles met 'n enkele swart vrou wat een maal per week kom help - die res van die werk doen hulle, uit eie keuse, alles self. Terwyl Rain daar was het hulle twee maal gaan mossels uithaal, elke dag in die see geswem, by 'n Kunsmark hulle ware gaan verkoop, en vis gevang. Sy het floreer op Tom en Pixie (hulle wil nie Granny en Grandpa wees nie) se onverdeelde aandag, en hulle het hulle heel jongste kleinkind net so geniet. Ons drie hier op die plaas het ons dood verlang na haar, maar dit het haar die wereld se goed gedoen. Sy wil net ballet, en Ouma was 'n professionele ballerina wat ballet by UCT geswot het, so hulle tweetjies het 'n hond uit 'n bos gesels.
Met my gaan dit regtig baie goed. Ek het 'n hele paar 'hobby horses' op die oomblik: Eerstens het ek 'n stunning boek by die tuisskoolbib uitgeneem - 'Margin', met die subtitel 'Restoring Emotional, Physical, Financial, and Time Reserves to Overloaded Lives'. Met die 'physical reserves' doen ek goed - kry genoeg slaap, kry genoeg oefening, eet gesond. Maar met die ander het ek 'n hele klomp dinge geleer wat ek nou probeer toepas, veral die een oor genoeg rus kry. So het ek en Jon besluit ons werk nou 8 weke aan, twee dae af, en vir daardie twee dae gaan ons na ons gunsteling-gasteplaas 15 minute van hier. Ons volgende besoek, vroeg in Februarie, is reeds bespreek.
Intussen is ek en Firn ook deur die hele 'Twilight'-saga, die storie van die tienermeisie wat op die vegetariese vampier verliefraak. Ons twee het al vier die boeke gelees, naamlik 'Twilight', 'New Moon', 'Eclipse' en 'Breaking Dawn' en terwyl Rain by Tom en Pixie was, het ons ook die fliek van die eerste boek gekyk 'om seker te maak dis nie te rof vir Rain nie'. Lekker escapist stuff.
Ek het 2010 verklaar as 'Die Jaar van Rus' en 'Die Jaar van My Huwelik'. Drie van my goeie vriendinne is of geskei hierdie jaar, of staan op skei, en dit het my nogal hard geruk. Twee van hulle was 'n rukkie langer as ek en Jon getroud, seker so 16 of 17 jaar lank, en ek het net weer besef dat 'n mens altyd aan jou huwelik moet werk. Met ons dubbele beroepe en ons sterk fokus op ons kinders, spandeer ek en Jon bitter min tyd saam, en ek wil graag dit verander - meer op hom ook fokus, en meer tyd vir net ons twee saam.


Sat, 24 Oct 2009 09:51:31 +0200:Nogge Quote



You will find something more in woods than in books. Trees and stones will teach you that which you can never learn from masters.
~ St. Bernard



Fri, 23 Oct 2009 10:40:28 +0200:Quote



"To control and sort young people for the sake of institutional efficiency is to crush the human spirit."
-- Ron Miller


Fri, 09 Oct 2009 10:36:35 +0200:Quote



"Every student can learn, just not on the same day, or the same way."
-- George Evans


Sun, 04 Oct 2009 11:37:35 +0200:Balans en Prioriteite



Ek wens, ek wens vir 'n bloudruk wat my vertel: hierdie persentasie vir my huwelik, hierdie vir my kinders. Hierdie vir skool, hierdie vir plaas, hierdie vir gemeenskapsdiens, hierdie vir myself ...
Jon reken dit sou boring wees - maar Jon het daardie opwinding, die adrenalien van altyd 'n nuwe uitdaging, so nodig soos die suurstof wat hy inneem. Ek sou floreer op so 'n bloudruk.
Vind julle dit ook? Ek sien 'n leemte iewers, fokus hewig daarop, om net te vind dat ek dan nuwe gate skep op 'n ander plek. Kon ek my maar in tien stukkies verdeel, agt pote he soos 'n seekat, orals keer en orals help.
Steeds op dieselfde noot het ek my roetines heelwat verander hierdie week. In plaas van elke oggend walkabout, gesin se koffie-en-beskuit, honde kos gee, wasgoed was, tweede walkabout en kalfies bottel, met 'n goeie skoot melkstalbesoeke tussen-in, gaan dinge nou op Dinsdae, Vrydae, en Sondae anders werk. Op Dinsdag gaan ek toesig hou oor die voer van die droe koeie en die verse wat by die bul loop (almal 'n bietjie maer), terwyl die dogtertjies die honde moet kos gee. Vrydae doen ek 'n groot walkabout tot so net na ses, en dan hou ek en Jon 'n formele vergadering, met agenda en al, vir omtrent 'n uur. Kalfies melkgee bly dan Vrydae in die slag; Aletta doen dit alleen. Sondae doen Job vir my walkabout, en ek melk saam met Jabulane. Sodoende kom ek by meer vertakkings van die boerdery uit.
Die afgelope week het ons al die diere wat nog nie by die bul loop nie, Brett se Friesies ingesluit, deur die drukgang gesit en geweeg. Sommige is ge-ent, ander ontwurm. Alles is in die rekenaar ingesleutel en die groeigrafieke is nagegaan. Volgende week is die skoolvakansie verby, en dan konsentreer ons weer op skool.
En so van roetine verander gepraat, Firn se kunsklasse is verby (sien haar blog daaroor), en ek hoop om nou elke Dinsdagmiddag op die nasien van haar skoolwerk te konsentreer.
Bring daai seekatarms ...


Fri, 18 Sep 2009 19:47:45 +0200:Sprokie




Eendag was daar 'n klein dogtertjie met 'n koper krulkoppie en hartseer oë. Die dogtertjie was hartseer, want haar ma wou haar nie hê nie. Sien, haar ma het onverwags swanger geword toe sy al ses-en-veertig was, en die laaste ding waarvoor sy kans gesien het, was die verantwoordelikheid van 'n klein lewetjie, net toe haar enigste ander kind reg was om die huis te verlaat.

Die klein dogtertjie het met elke sel van haar wese geweet, selfs voordat sy gebore was, dat sy onwelkom was, en daarom was sy altyd hartseer. Maar tog het sy, soos kinders maar maak, groot geword en was sy later amper 'n vrou.


Die Donker Magte het, toe die klein dogtertjie amper die brose vrou was, 'n jong man na haar toe gestuur. Maar omdat niemand die amper-vrou ooit onvoorwaardelik liefgehad het nie, was sy blind, en kon sy nie sien dat die jong man deur die Donker Magte gestuur is nie.

Die jong man het soos 'n ridder gelyk, met 'n blink harnas en 'n netjies-gekamde blonde kuif. Die amper-vrou, wat haar hele lewe lank na liefde gesoek het, het sy obsessies met liefde verwar. Sy het gedink hy was regtig 'n ridder en met die jong man getrou.

Na 'n kort rukkie het die amper-vrou, wat toe in die brose vrou verander het, agtergekom dat die jong man nie regtig 'n ridder was nie. Maar omdat die nare jong man haar so seergemaak het met sy woordswaarde, en omdat haar ma nooit vir haar 'n skild daarteen gegee het nie, het die brose vrou geglo dat sy niks beter verdien het nie, en sy het by die nare man gebly, terwyl sy al hoe weerloser en broser geword het.

Die brose vrou wou baie graag haar eie kindjie gehad het, maar sy het geweet dat die nare man so 'n kindjie sou vermink, en daarom het die brose vrou baie hard gewerk om die gemis stil te maak, en het sy probeer om te vergeet van die verlange na haar eie kind.


Eendag het die Magte van die Lig weer 'n man na haar toe gestuur. Hy was nie so jonk nie, en hy het glad nie soos 'n ridder gelyk nie. Die sagte man was 'n bietjie oorgewig, so sy harnas het nie mooi gepas nie, en hy het nie eers dieselfde taal as die brose vrou gepraat nie. Maar sy oë was vol deernis, en sy hart was eg en rein. Hy het die brose vrou met sy hele hart liefgehad, en daarom het hy haar gered van die nare man wat deur die Donker Magte gestuur was.

Die brose vrou en die sagte man het getrou en baie drome gedroom: van kinders en diere en baie spasie. Hulle het hard gewerk en baie opgeoffer, en gou-gou het hulle grootste droom waar geword: hulle het twee pragtige klein dogtertjies gehad wat hulle kasteel met laggies en liefde gevul het.

Die brose vrou het 'n eed geneem dat haar twee dogtertjies nooit sou voel asof hulle nie welkom was in haar lewe nie, en daarom het sy haar hele hart en siel daarin gewerp om hulle elke oomblik van elke dag te laat weet hoe sy en die sagte man oor hulle gedroom en na hulle gehunker het, en hoe graag sy en die sagte man hulle wou hê.

Nadat die brose vrou en die sagte man nog gedroom en gewerk het, kon hulle hulle eie koninkryk koop. Dit was maar 'n klein koninkryk, met 'n bouvallige kasteel, maar die man en vrou en hulle kinders was gelukkig daar, en soos die brose vrou se drome waar geword het, drome van gelukkige kinders en honde die hele huis vol, perde en koeie wat wei en kalfies wat speel, het sy minder broos geraak.


Maar die Donker Magte was nog nie klaar met die brose vrou en haar sagte man nie, en hulle het mense gestuur om die bouvallige kasteel binne te val, honde te vergiftig en die kasteel se mense bang te maak.

Die sagte man was hartseer omdat hy nie sy kasteel se mense teen die Donker Magte kon beskerm nie, en die brose vrou en die sagte man het amper afgesien van hulle drome van 'n koninkryk. Na 'n tyd het die brose vrou en die sagte man agtergekom dat hulle, sonder dat hulle dit geweet het, mekaar sterk gemaak het deur hulle liefde, sterk genoeg om te kon vashou aan hulle droom van 'n koninkryk met kinders en diere.


Eendag het die Magte van die Lig die sagte man gestuur om vir die vrou 'n hond te koop. Die hond was liewer vir die vrou as vir enige iets anders, en hy het haar soos 'n skaduwee gevolg. En hoe meer die hond haar gevolg het, hoe meer het die vrou heel en sterk geword, maar daar was nog altyd 'n stille seer oor die klein dogtertjie met die koper krulhare en die hartseer oë wat nie wou verdwyn nie.

Dit het baie geld gekos om die koninkryk te bou, en die man moes die koninkryk elke oggend vroeg verlaat om op 'n ander plek geld te verdien, om eers teen donker weer tuis te kom. Die man het ook besluit om die Magte van die Lig te help om sy koninkryk, en ander koninkryke rondom hom, veiliger te maak, en dus het hy ook baie maal saans en soms dwarsdeur die nag daaraan gewerk. Wanneer hy tuis was, was hy baie moeg of besig om aan die koninkryk te bou, en hy en die vrou, wat ook baie besig was met die dogtertjies en die koninkryk, het mekaar baie min gesien en baie gemis.


Eendag het die Magte van die Lig vir die man laat agterkom dat die vrou alleen was en 'n perd nodig gehad het. Die man het die vrou gevra om vir haar 'n perd te gaan soek, en die vrou het een gevind by 'n wyse vrou en haar ridder, wat ook besig was om 'n koninkryk te bou.

Die perd was 'n groot, pikswart hings en 'n towerperd. Maar omdat die vrou nooit sorgelose kinderjare geken het nie, was sy blind en kon sy nie sien dat haar hings 'n towerperd was nie.

Omdat die vrou en haar man so groot gedroom het, was sy altyd besig om te werk aan haar drome en het sy bitter min tyd vir haarself gehad. Maar nadat die towerperd by hulle kom bly het, het die vrou elke dag, 'n paar keer 'n dag, 'n bietjie ek-tyd afgeknyp en dit by die towerperd spandeer. Die towerperd het twee keer per dag sy kragvoer handjiesvol-vir-handjiesvol uit haar hand gevreet, sonder om haar seer te maak, en elke aand net voor donker het die vrou hom gaan borsel. Hy het doodstil gestaan, terwyl sy saggies met hom gepraat en hom geborsel het.

Een aand, nadat die towerperd al baie dae in die vrou se koninkryk gewoon het, het die towerspreuk begin werk. Die vrou was besig om die towerperd te borsel en het 'n helder laggie agter haar gehoor. Sy het omgedraai, en agter haar het die klein dogtertjie met die koper krulkoppie gestaan. Maar haar oë was nie meer hartseer nie; 'n duisend liggies het in hulle rondgespeel. Toe die vrou haar hand uitsteek om aan die klein dogtertjie te raak, het sy gelag en vrolik weggehuppel oor die gras.

Elke keer wanneer die vrou daarna alleen na die towerperd gegaan het, het sy gewag vir die klein dogtertjie om te kom, en elke keer het sy gespanne in haar ogies gesoek vir die hartseer. Soms het die klein dogtertjie gekom, en soms nie, maar haar oë was nooit weer hartseer nie.


Wed, 09 Sep 2009 13:10:02 +0200:Quote



"Gratitude unlocks the fullness of life. It turns what we have into enough, and more. It turns denial into acceptance, chaos to order, confusion to clarity. It can turn a meal into a feast, a house into a home, a stranger into a friend. Gratitude makes sense of our past, brings peace for today, and creates a vision for tomorrow."
-- Melody Beattie



Tue, 01 Sep 2009 10:45:21 +0200:Quote



"We can never judge the lives of others, because each person knows only their own pain and renunciation. It's one thing to feel that you are on the right path, but it's another to think that yours is the only path."
-- Paulo Coelho, Brazilian novelist


Sun, 30 Aug 2009 14:03:12 +0200:Wat jy saai ...



Dit was Firn se naweek, hierdie een. Raintjie s'n kom nog, met die balleteksamen oor twee weke.
"Miesies," vertel Job my Vrydagaand "ek gaan nou vir Aletta vertel dat Baie Bly al in Pretoria was, en sy wat Aletta is, was nog nie eers daar nie."
Ons was pas terug van die Pretoria Skou, waar Firn en haar kalfie, Baie Bly, aan die Jeugskou deelgeneem het en triomfantelik teruggekom het as wenners van die Junior afdeling en ook algehele wenners.
Ek moes lag vir Job, wat as beloning vir al sy harde werk saamgeneem is skou toe - nie om te help met Baie Bly se oppas nie, nee, dit was Firn se werk, maar om te gaan kyk hoe Firn was, voorberei en skou.
Die skou het amper katastrofies begin toe ons in 'n paar slegte verkeersknope vasgesit het en 10 minute voor die eksamen eers daar aangekom het. Maar Firn het baie goed gedoen - as ek reg onthou, 100% vir die mondelinge eksamen, 17/20 vir was, 6/10 vir voorberei en 17/20 vir skoumanskap.
En Job was uitbundig bly toe Firn wen - het saam met my die arena binnegestorm en Firn 'n handdruk gegee; hy wou maar net vir almal wys dis SY plaas se kind wat gewen het!
Ons het skaars, so net voor donker, by die plaas ingedraai met Baie Bly agter in die horse box, toe Jon die blink idee kry: Firn was ingeskryf by die volgende dag se gymkhana op die ryskoolperdjie, Prinsie, wat ons altyd leen. Maar hoekom neem ons nie vir Skye nie, siende dat ons nou die horse box het?
"Ons moet eers vir Kevin vra", was Firn se baie voorspelbare antwoord, maar toe Kevin die groen lig gee, was daar aan haar geen keer nie.
En Skyecat het haar kant gebring; maklik gelaai, altwee kante, en maklik afgelaai. So mooi vir Firn geluister dat hulle tweede in die springkompetisie en eerste in die stap-en-galopresies gekom het.
Ek is verskriklik bly dat Firn so goed gedoen het - nie oor enige ander rede as dat sy dit verdien het nie. Sy het baie, baie koue wintersoggende met Baie Bly en Skye spandeer, toe die meeste ander kinders nog in die bed gele het.
Mooi so, Firn!


Thu, 27 Aug 2009 15:23:31 +0200:Dinki doen navorsing



... en dis wat ek kry:
Inability to Achieve the Work-Family Balance Both single and married mothers report that the balancing act of managing work and family issues is incredibly taxing and to some degree, unmanageable.

Persistent Difficulty in Fulfilling the Demands of Multiple Roles Even after an ´adjustment period¡ of a year most of the women surveyed felt that they were fulfilling their work, home, and social roles at a sub par rate; the median reported value across roles was 60% of optimal functioning level.

Easing the Transition to Employment This study also identified the types of support that foster successful integration. Satisfaction with child care arrangements was found to be highly instrumental to the success of maternal employment and increased rates of spousal participation in childcare and household work were linked to higher levels of functioning.
Research findings maintain that the equitable division of household labor is effective in achieving and maintaining the work-life balance. Employed mothers experience higher levels of satisfaction across work and family settings when their husbands and partners fairly contribute to family and household responsibilities.

The demands of what one expert calls "role-overload" can leave a working mother feeling overwhelmed, stressed out and anxious if she's not careful. And consistently having too much to do in too little time can anger and depress her, rendering her of little use to anyone, especially herself.

With so much at stake, experts advise working mothers, regardless of their marital status, to guard their mental and physical health by striving for more balanced lives; to be more assertive about seeking support and asking for help,...
Women have always shouldered the lion's share of the responsibility for the home and hearth. And that situation didn't change much after the Women's Liberation Movement sent scores of women out in search of outside employment; their job and career duties were just tacked onto their list of things to do. "[Women] found they had fewer hours left for themselves than they'd had before," says Dr. Bennett.


Tue, 25 Aug 2009 19:19:22 +0200:Counting your blessings



Ek het myself net betyds gekeer, toe ek by Aletta wou kla so skuins voor 6 vanaand. Ek wou moan omdat dit al laat is en ek nog besig was om te werk, en nie met die koskook begin het nie, toe ek skielik wonder - dis na aan maandeinde, het Aletta dalk enigiets, behalwe mieliemeel en marogo, om te eet?
Ons werkers kry 'n kruideniersware-pakkie as deel van hulle besoldiging elke maand. Dit bestaan uit: 5 kg mieliemeel; 4 kg bevrore hoenderstukke; 100 teesakkies, 2 kg rys; 2 kg suiker; 1 bottel olie; 2 blikkies sardyne; 1 blikkie baked beans; 4 pakkies sop; 4 kg aartappels, en 500 g waspoeier. Dan deel die 7 (van wie daar altyd net 6, en soms net 5, op die plaas is) ook 300 teesakkies en 1.5 kg suiker per maand vir oggend- en middagtee, en 'n tamatiesousbottel melk en 3 brode met margarien 'on demand' per dag.
Dit is vrek baie moeite om al die shopping te doen, maar Jon se hy voel net beter omdat hy weet hulle ly ten minste nie honger nie.
Kom ons girls dink 'n bietjie anders aan daardie daaglikse 'drag' van koskook - vanaand by my huis was dit rump steak, mash, brokkoli en wortels. Hoe bly sou my werkers nie wees, as hulle dit kon kook en eet nie?


Mon, 24 Aug 2009 19:55:03 +0200:Weer Achilles



Hy het gerunnik vanoggend met eerste walkabout, toe hy my flitslig sien skyn. Ek was bly, want hy was OK.

Met tweede walkabout het ek vir hom 'n wortel gebring. Hy't gekom toe ek hom geroep het, maar hy wou die wortel nie he nie. Ek was bekommerd.

Na werkervergadering het die wortel nog op die grond gele. Ek het vir hom 'n klein bietjie kragvoer uit my hand gevoer; handjievol-vir-handjievol. Hy't baie daarvan gehou.

Firn het my gewys hoe om hom te borsel – eers die bodybrush vir die stof. Daarna die rubber curry comb. Toe die plastiese curry comb. Daarna weer die body brush en die mane comb. Terwyl ek hom geborsel het, het Firn hom vasgehou, en ons altwee (dis nou ek en Achilles) het ontspan. Achilles het opgehou om vir die merries te loer, en begin vreet aan die los baal in sy kamp.

Middagete het ek vir hom 'n suikerklontjie geneem (Kevin het gese: Net een suikerklontjie per dag). Hy't so 'n bietjie daaraan geknibbel, maar wou dit nie vreet nie. Ek't die oorblywende suikerklontjie vir Siobhan gegee. Ek en Firn het 'n swaar emmer vars water opgedra, want hy't al sy water opgedrink.

Na ballet het hy weer kragvoer uit my hande gevreet. Hy's mal daaroor, en ek moes net stadig, want ek is bang vir te vinnig vreet en koliek kry. Maar hy't sy nek so lank gestrek om by my uit te kom oor die draad, ek het vir die draad begin vrees!

Hy't teruggegalop in die rigting van die merries se kamp. Hy tel sy voete verskriklik hoog op en dis pragtig.

Net voor slapenstyd het ek hom hoor runnik.


Sun, 23 Aug 2009 19:14:18 +0200:Achilles



Vanaand se ek 'n baie spesiale gebedjie op vir Achilles, 'my' hings, dat hy rustig en veilig moet bly, sy eerste nag by ons op die plaas.
Ek kan nie wag om weer more by hom te wees, en hom te begin borsel nie.
En sommer 'n gebedjie vir al die diere, die hele wereld oor. Soos my gunsteling-tafelgebed lui, vir die 'small things that have no words.'
Hou oor hulle wag, Liewe Heer, hou hulle veilig.


Thu, 20 Aug 2009 20:14:25 +0200:Nog 3 slapies ...



Oor drie slapies kom 'n droom Hydeaway toe. Achilles is 'n pikswart hings. Sy pa is die ingevoerde Friesperd Dana Yvette (vir 'n foto, sien http://www.fpssa.co.za/images/dana.jpg) en sy ma is 50% Fries, 50% Pinto (swart-en-wit).
Achilles kom om vir Skye, en moontlik ook vir Arwen, te dek. Maar Achilles kom ook kyk of hy van my hou, en ek van hom. En as ons twee regkom, dan word hy myne! Ek en hy gaan koeie inspekteer en kalfies kyk ... Jon meen dan ry ons uit as A-pollo, A-chilles en A Mom.
Vir skool gaan ons 30 minute lank Stewardship doen, elke dag. Overgeset synde, ons drie girls gaan ons perde borsel en pamper.
Hoekom 'n perd? Want ek loop my voete deur agter die koeie en die kalfies aan. En al gee ek nie regtig om nie, sal 'n perd my wel baie tyd spaar. Ek sal meer na my diere kan kyk, in minder tyd. Maar meer nog as dit, ek hoop dit gaan my en die dogtertjies nog nader aan mekaar bring. Dis 'n langtydse droom van Firn - die ma-en-dogter op hulle perde in die veld. En DIS hoekom ons geld wat ons nie het nie, gaan spandeer op 'n droom ...
Mag ek ook ten laaste verduidelik, omdat iemand anders my gevra het "Hoekom nie 'n quad nie?" Want ek HAAT die stinkende raserige goed. Beslis nie op my plaas nie. Glad nie.
Roll on, Sunday!


Thu, 20 Aug 2009 19:56:16 +0200:The heart of homeschooling



Soms, net soms, is tuisskool nie oor boeke en kennis nie.
Tuisskool is dan oor drie girls rondom 'n stofie op 'n koue dag. Dis oor marshmallows braai, terwyl die vlamme in die stofie nog hoog brand. Dis oor 'n tea break met choc chip koekies, terwyl almal gelyk praat. Oor Kevin innooi vir koffie, in skooltyd, en perdestories uitruil.
Dis oor 'n impulsiewe aandete buite in die koue by die Wimpy, 'n vergadering oor 'n nuwe perd, 'n opgewonde gebabbel, nie 'n moment se stilte nie.
Oor Graad 1-grappe vertel in die bakkie op pad huis toe, oor lag dat die trane loop oor stories wat ons dertig jaar gelede laas gehoor het.
Dis oor die loutere vreugde van saamwees.


Wed, 19 Aug 2009 18:46:06 +0200:Grootkop?!



Agtien Augustus was 'n aaklige dag, maar tussendeur die aakligheid was daar twee ligpunte wat my vreeslik opgebeur het - eers'n e-pos van iemand wat saam met Jon werk, en ons baie prys vir hoe ons die dogtertjies grootmaak. Sy meen "Ek dink julle moet 'n boek uitbring oor die regte manier van kinders grootmaak want julle het definitief die regte resep beet." Dit laat mens omtrent op die wolke loop! En daarna nog 'n e-mail van 'n vriendin wat my ook woes prys.
Dit het my onwillekeurig laat dink oor die areas waar ek nog BAIE werk het, en hier is 'n paar van hulle (soos ons op Universiteit geleer het om in ons kontrakte te noem: "Including, but not limited to ...")
1. Ek neem myself, en die lewe, veels te ernstig op. Ek lag nie genoeg nie. Dankie tog vir Jon, wat heeldag en aldag grappies maak en terg en spot - met homself ook! Dit gee my weer die regte perspektief.
2. Vir my is die glas half leeg, en nie half vol nie, en ek weet dit is goor om met 'n negatiewe mens saam te leef. Dus veg ek hard om positief oor te kom, veral teenoor my gesin, al voel ek dalk nie so positief nie. As mens voorgee dat jy positief is en voel, 'fool' jy later jouself, en dan gaan dit sommer regtig goed met jou. Ek vertel altyd vir die dogtertjies hoe 'n positiewe mens jou kan oplig, en 'n negatiewe mens neerdrukkend kan wees.
3. Ek waag nie genoeg nie. Rain het onlangs die woord "humdrum" geleer, en 'n rukkie lank moes Jon aanmekaar hoor, "Daddy, why does Mom like a humdrum life?" "Boring" is fantasties, na my mening! Ek smag na verveling!
4. Om daarby aan te sluit: Ek is mal oor roetine, en as my roetine versteur word, is ek sommer omge-ellie. Jon, daareenteen, weet nooit hoe sy dag gaan uitdraai nie - daar is amper elke dag 'n klient met 'n krisis, soms klein, soms enorm, en ek weet net nie hoe hy dit doen nie. My dag moet tot op die minuut beplan word, verkieslik sommer 'n week voor die tyd, en as die lewe vir my 'n 'curve ball' gooi, groot of klein, 'suffer' ek.
5. Ek sukkel om my nie te onttrek as ek emosioneel goor voel nie. Ek sonder myself dan sommer af, en ek word baie stil. My EQ is vrotsleg. Elke keer weet ek, ek moes dit SIEN kom, maar dit tref my steeds onverhoeds.
6. Ek is nie verdraagsaam genoeg teenoor Jon se baie verpligtinge nie. Vir laat werk, rekenaarwerk, het ek nog nooit omgegee nie, want Jon word per uur betaal, en die plaas het daardie ekstra geldjies nodig. Maar die reserviste-werk, reserviste-vergaderings, Boerevereenigingbestuurs- en gewone vergaderings, Community Policing Forum vergaderings, Landelike Beskermingsvergaderings ... ek sukkel om vrede daarmee te maak. En as dit nog inmeng met my slaap, is ek eers grumpy! Maar ek weet hy doen dit omdat hy glo hy kan 'n verskil maak, eerstens aan ons, en tweedens aan sy gemeenskap, se lewenskwaliteit en ek ondersteun hom daarin.
Daar is nog 'n spul ander, maar vir nou is hierdie lysie genoeg! My bed en "Little House on the Prairie" wink, want Jon is by 'n Landelike Beskermingsvergadering, na gisteraand se Reserviste Vergadering, en ek is nie grumpy nie ...


Tue, 18 Aug 2009 17:52:03 +0200:20 Qualities of Genius



Gaan kyk gerus na:
http://www.happychild.org.uk/acc/tpr/gtm/0299your.htm
Maar vir die wat nie kans het nie, hierdie inspireer my:
The 20 qualities of genius (as defined by Tony Buzan and Raymond Keene in Buzan's Book of Genius) :
1. Vision
2. Desire
3. Faith
4. Commitment
5. Planning
6. Persistence
7. Learning from mistakes
8. Subject knowledge
9. Mental literacy
10. Imagination
11. Positive attitude
12. Auto-suggestion
13. Intuition
14. Mastermind group (real)
15. Mastermind group (internal)
16. Truth/honesty
17. Facing fears/courage
18. Creativity/flexibility
19. Love of the task
20. Energy


Tue, 18 Aug 2009 17:58:05 +0200:RIP Aletta die versie; 04/06/09 - 18/08/09



Ek wil eintlik niks verder hieroor vertel nie, nie nou nie.
Sy is in my arms dood, terwyl Apollo by ons wag gehou het. Daarna het Rain vir my tee in my therapeutic teacup gemaak, en ons drie girls, plus Apollo, het op ons bed geklim (ek hoop Jon vergewe my vir hierdie een!). Rain het my bene masseer. Later het ek, rug-aan-rug met Apollo, 'n rukkie geslaap. Ek het beter gevoel toe ek wakker geword het, en vanmiddag is 'n bulletjie gebore - Anemay se seuntjie, wat nog nie 'n naam het nie.


Sat, 15 Aug 2009 13:25:24 +0200:Jon het sowaar die vraelys beantwoord



... terwyl hy vanoggend gewag het vir iets op die Internet.
Hier is dit:
> > 1. What time did you get up this morning : 04:50am > > > > 2. Diamonds or pearls? : Pearls because they come from the sea > > > > 3. What was the last film you saw at the cinema? Ice Age in Rustenburg > > > > 4. What is your favourite TV show? : Discovery Channel excluding Choppers > > > > 5. What do you usually have for breakfast? : Egg and toast > > > > 6. What is your middle name? : William > > 7. What food do you dislike? : Unfortunately I like most food. Maybe bean sprouts and raw cabbage > > > > 8. Who was your best friend when you were a child? : Kevin Ross - we used to sail together > > > > 9. What kind of car do you drive? : Toyota Hilux Bakkie. > > > > 10. Favourite sandwich? : Bacon and Egg > > 11. What characteristic do you despise? : Bo blink - onder stink. People should always show who they are. Often people who look really rough on the surface have hearts of gold. > > > > 12. Favourite item of clothing?: Teesav long pants > > > > 13. If you could go anywhere in the world on vacation, where would > > you go?: Scotland - far North > > > > 14. Favourite brand of clothing? : Teesav > > 15. Where would you retire to? : Quiet place on a hill somewhere > > > > 17. Favourite sport to watch?: Surfing > > > > 18. Furthermost place you are sending this?: Back to Dinki - same house > > 19. Person you expect to send it back first? Not sending it out - so not expecting it back! > > > > 20. When is your birthday? : 30 September > > > > 21. Morning or night person? : Used to be night -but with the dairy, it seems to be moving to morning
> > 22. What is your shoe size? : 11 or 12 > > > > 23. Pets? My dog Amigo - GSD. Unfortunately he has spondilosis of the spine and is really struggling to get around now. > > > > 24. Any new and exciting news you'd like to share with us?: New venture with Holstein heifer raising - hope it assists in me spending more time on the farm with the family > > > > 25. What did you want to be when you were little? : Farmer or Truck driver > > > > 26. How are you today? : Good - its Saturday and I can work on the farm > > > > 27. What is your favourite chocolate bar ? I am a pleb - any milk chocolate > > > > 28. What is your favourite flower? : Sunflower - pretty and it's also food > > > > 29. What day is today on the calendar : 15 August 2009 > > 30. What is your full name? : William John Hyde > > > > 31. What are you listening to right now? : Rain is sick and watching TV - so I am listening to whatever she is watching. And Firn is typing a story (for a change!) > > > > 32. What was the last thing you ate?: Eggs on toast for breakfast > > > > 33. Do you wish on stars?: No - you are responsible for you own things - don't expect anyone/ anything to do it for you > > > > 34. If you were a crayon, what colour would you be? : Brown - like the ground > > > > 35. What's the weather like right now? : Clear and windy > > > > 36. The first person you spoke to on the phone today? : Nobody yet! I hate the phone > > > > 37. Favourite soft drink? Coffee ;-) > > > > 38. Favourite restaurant? Four Seasons Heidelberg > > > > 39. Real hair colour: Brown - and getting grey fast > > > > 40. What was your favourite toy as a child?: Bike and Yacht > > 41. Summer or winter? : Winter - but I miss the green grass of summer for the cattle > > 43. Chocolate or Vanilla? : Vanilla > > > > 44. Coffee or tea? : Coffee - and lots of it > > > > 45. Do you want your friends to email you back? : No, cos I am not emailing them forward > > 46. When was the last time you cried? >From heartsore - when we were robbed and tied up >From something cute/sweet - probably a week ago > > 47. What is under your bed? : Old box of files > > > > 48. What did you do last night?: Went to bed early - was very tired from the week and not sleeping well > > > > 49. What are you afraid of?: My kids not finding good partners for their lives > > > > 50. Salty or sweet?: Salt - like biltong and any other meat > > 51. How many keys on your key ring? 14 keys - one remote and a pocket knife - sign of the times all this security! > > > > 52. How many years at your current job?: Computers: 14 - started the company in 1995 Dairy : 8 > > > > 53. Favourite day of the week? Saturday - with the family and on the farm - except if I need to go to town. > > 54. How many towns have you lived in?: Maseru Ladybrand Kokstad Umtata Queenstown (boarding school) King Williams Town Durban Germiston Benoni Kempton Heidelberg 11 towns > > > > 55. Do you make friends easily? : No. I like family more than friends. > > > > 56. How many people will you send this to?: None > > > > 57. How many will respond? : None


Thu, 13 Aug 2009 17:17:04 +0200:Firn se antwoorde op die vraelys



Ek plaas dit ook maar - het dit so geniet:
Hallo Piepa Hier's myne Liefie jou Firn

1. What time did you get up this morning : 06:45, which is miles late, Mom decided to crop up half an hour later than usual with the good old Hot Chocolate And Tannie Jopsi's Rusks.
2. Diamonds or pearls? : With what? Why? Where do they come from? Are they large? Are they small? What colour are they? Who do they belong to? How did they get there? Why? Pardon, just being a writer. But I like diamonds; they look so fragile, yet they are so hard, so strong. Like Tannie Vida, my ballet teacher, really. But I like pearls too, because they are so infinitely white. It depends.
3. What was the last film you saw at the cinema? : Well, when Ice Age was the thing to watch, Mom and Dad took my sister Rain and I to the cinema for the first time ever (six years ago) to see it. I've never been in one since.
4. What is your favourite TV show? : Anything medieval on the History Channel, anything with interesting vet work in it, anything with interesting dog/horse training in it, anything that's not CBeeBees.
5. What do you usually have for breakfast? : Oats, maltabella, or toast and egg. Fried banana if I'm lucky. Fried tomato if I'm not.
6. What is your middle name? : Caitlin, but I wish it was Caitlyn.
7. What food do you dislike? : That, my dear, is exactly my problem. There's not really anything I dislike. But the top three are Brussel Sprouts, Brocolli and Spinach. It would be the healthiest, wouldn't it?
8. Who was your best friend when you were a child?: When I was a child? 'Scuse me, I just so happen to be twelve. In any case, I'd say at the moment my best friend is my horse Skye and my two dogs, Flower and Hope. I seem to spend more time on horseback than on foot. And the on-foot bits seem very occupied with feeding and brushing Skye. She's my darling and nobody could ask for a better friend.
9. What kind of car do you drive? : Crivens, she's fourteen hands tall, golden chestnut, four-legged and nickers loudly whenever I come in sight.
10. Favourite sandwich? : Peanut butter an' banana. (Not peanut butter and banana. The an' is very important.)
11. What characteristic do you despise? : Flying dogs. There's a lot. Strangely though I love courage, not cowardice, for cowardice is helpless. The top one I think is Dishonesty. I cannot stand liars. I have told a little fib or two in my life, but with everything that I am I will say that I'm not a fat liar. No. Speak the truth or not at all. All the villains in my stories manage to lie or betray some or another time.
12. Favourite item of clothing?: Anything I can ride in. Well, if you count shoes, my jodh boots. They're brand new, worth R400 and stunning, the most expensive part of my riding kit (apart from the saddle and, of course, the horse). Don't go thinking we're rich; the boots were a massive investment. Something like that, anyway...
13. If you could go anywhere in the world on vacation, where would you go?: On Earth, d'you mean? Well then. I dunno. Everywhere, actually. There is so much magic and such a lot to see... but I'd probably die of homesickness whilst handing in my passport on the way out of SA...
14. Favourite brand of clothing? : Trident. I've got a Trident saddle, Trident bridle, Trident jodh boots, Trident jodhs.
15. Where would you retire to? : Hope not to retire at all. Flying dogs, it's so far away anyways, and I'm not such a forward thinker.
17. Favourite sport to watch?: Dancing with Dogs and Airs Above the Ground (performed by snow-white Lipizzanner stallions).
18. Furthermost place you are sending this?: Gosh, am I sending this? Didn't know. Back to Mom, I suppose: five metres.
19. Person you expect to send it back first? Beats me.
20. When is your birthday? : 24 February.
21. Morning or night person? : Def'nitely a morning person. I love the morning; the day is fresh, the sky is clear, anything can happen in a day and there is so much magic to see with each new day that I cannot wait to get out and see it and feel it like quicksilver in my veins. And now I'm getting all poetic again. Bother.
22. What is your shoe size? : Three for ballet shoes (ugh), four for takkies and gumboots, five for jodh boots.
23. Pets? If you want to count those that are mine, there are: i. Dogs. Hope the Greyhound and Flower the border collie. ii. Horse. Skye, the Impossible Mixture, but I claim her to be a destrier (medieval warhorse) because she has the heart of one. iii. Goats. Three; Sugar the Good, Twoie the Very Naughty and Alonzo the Naughty, all three snow-white Saanens. iv. Jersey Cattle. Blinkers, my darling old lady; Babe, Beth and Fiona, the cows; Benita, Babeica, and Bokmakierie, the heifers; Barbara, Siebie, Firn Junior, Blue Moon, and Sir Bors, the calves. v. 25% of the shares in Benjamin Nuisance, the donkey vi. Chickens. Well... they're Rain's chickens really, but Mallie the Silky and her brood of three (Juno, June and Jane) appear to belong to myself. vii. The Pot Frog. Don't ask.
24. Any new and exciting news you'd like to share with us?: The sun came up this morning! The sky is blue as a promise! The world is beautiful! I rode Skye for half an hour this morning! You want more?
25. What did you want to be when you were little? : Do I still qualify for "little"? In that case, I want to be a vet, an author, a poet, an animal behaviourist, a three-day-event rider, a Lipizzanner rider, an endurance rider, an international competitor in Dancing with Dogs, a dog trainer, a horse trainer, a world-class cattle showwoman, a knight, a cowboy, an elfin princess... do I have to go further in the realms of fantasy? Oh, and I want to be a Roman empress, an outlaw and one of Robin Hood's Merry Men too.
26. How are you today? : Fine, as usual.
27. What is your favourite chocolate bar ? : Anything with nuts, chocolate, creamy yellow goo, creamy purple goo, etc. I like Tex, and Cadbury Indulgent Crisp, and when I'm feeling expensive Toblerone and Fererro Rocher, which we get at Christmas and make the most of. It makes it all the sweeter!
28. What is your favourite flower? : The tiny forget-me-not, the intricate rose, the delicate Karoo violet in its wild, rugged setting, the lily of the valley, the tiny silver star-shaped flower that grows in enchanted glades... aw crivens, I've got mixed up between Real World and Imagination World again. Pardon me. But I think the lily takes it.
29. What day is today on the calendar : Now, let me find a calendar. Uh. Let me ask this dumb old computer. It's the 13th of August, 2009.
30. What is your full name? : Firn Caitlin Hyde, pen name Firn C. Hyde (pretty boring, eh?), but I wish my first name was Fyrn. It looks poetic.
31. What are you listening to right now? : The gentle hum of my old computer, the low deep thrumming of the vacuum pump, the TV (my sister's sick, when we're sick we're allowed to watch TV), that darn maid shuffling about, the deep bark of a dog, and somewhere the sweet twitter of a little bird. A weaver, by the sound of it.
32. What was the last thing you ate?: A slice of dried mango. Now you've gone and made me hungry. I'm going to fetch another one.
33. Do you wish on stars?: Flying dogs, I wish on anything. I'm very superstitious, believing in magic as deeply as I do. At around seven years old I did not believe in magic. A curse on whatever causes a seven-year-old child to not believe in magic!! I have two friends, one seven and one ten, who do NOT believe in magic. How can you not believe in magic at that age? It's what childhood is for, for goodness' sake! Anyway, I believe in magic. So there. And what're you gonna do about it? (Mind you, don't try and scare me with magic stories. Tell me a story about a Vampire who drinks blood and I'll say, "Cool, when's my turn?")
34. If you were a crayon, what colour would you be? : Probably something boring. It would be my luck. Something dumpy and sensible with one of those little places where you can sign your name on the side. Probably one of those irksome ones that just hang around cluttering the place up.
35. What's the weather like right now? : Clear and sunny, but nippy.
36. The first person you spoke to on the phone today? : I phoned the electric gate. It opened. Otherwise - nobody.
37. Favourite soft drink? Hot chocolate. With sugar. And foamy stuff on top. And lots of milk. And in a huge big pink mug with a little blue dog on it.
38. Favourite restaurant? Four Seasons Nursery; it serves lots of good food quickly.
39. Real hair colour: Sort of muddy brown. You can almost imagine it's a nice shade if the light catches it just right.
40. What was your favourite toy as a child?: Do I still count for a child? Good. Better. Uh, well, my horse is not a toy, my dogs are not toys, my computer is just an irritating, cranky old thing that records all my stories... my small, old, filthy, very squashed soft dog, Rusty, who has been slept on for about six years, though the little star nametag pokes me in the ribs occasionally.
41. Summer or winter? : Summer. I hate the faded, dry, tan look of winter. I yearn for the greenness.
43. Chocolate or Vanilla? : Black chocolate. Not death by it, though.
44. Coffee or tea? : Coffee with heaps of milk and two flat teaspoons of sugar. In the aforementioned huge big pink mug with a little blue dog on it.
45. Do you want your friends to email you back? : Sounds like a good idea to me.
46. When was the last time you cried?: Can't remember. I don't normally cry when I'm hurt but when I'm absolutely petrified or brokenhearted, then. Unlike Mom who will shower tears over a beautiful piece of writing. It blotches the paper, for goodness' sake, and it's even worse when I wrote it.
47. What is under your bed? : A laptop bag without a laptop in it (sadly), an empty cardboard box that contained a vast collection of books until I felt sorry for them, and occasionally a small, growling sheepdog.
48. What did you do last night?: Last thing? Well, first I bawled at my computer until it started working, switched it off, crawled into bed, read some of Watership Down, read some of the Bible, wondered why Abram had to choose the mountains, they make me dizzy, decided that he knew best, said a lengthy prayer, tried to think of what was going to happen in the next chapter of Star Song, and went to sleep.
49. What are you afraid of?: Lightning. The big horse camp, for some absurd reason. That anything happens to any of my animals or family.
50. Salty or sweet?: I like salt on other stuff but rather too sweet than too salty. Anyway, I haven't fully grasped the concept of "too sweet" before.
51. How many keys on your key ring? : What key ring? I generally carry a cellphone (where is that stupid cellphone, anyways? Bother), a remote for a gate, some horse pellets, half a carrot, and a piece of paper in my pockets.
52. How many years at your current job?: 12. Living is hard work.
53. Favourite day of the week? Everything except Monday and Wednesday, they're ballet days.
54. How many towns have you lived in?: Two. Kempton Park until the age of three and now our big wonderful family that you might just call a farm if you half-close on eye and use a telescope.
55. Do you make friends easily? : What d'you mean by "friends"? Of the two-legged fur-less wing-less variety, NOT AT ALL. At large gatherings of people I generally find myself a corner and cringe when anyone walks past. I hate strangers. But with animals - I can make friends easy-peasy, they take to me a little and I take to them a lot - I have a little bit of a Way with Animals. With that enormous variety of imaginary creatures milling about in my head I also make friends easily, though I wish that Werewolf would stop waving her dagger about so much, it's unbecoming.
56. How many people will you send this to?: Mom.
57. How many will respond? : Mom. If anyone else responds it will be Occult Forces At Their Work, and I've always wanted to find an occult force or two.


Thu, 13 Aug 2009 16:54:21 +0200:Vraelys vir vriende



Ek kom nie by alles uit nie! En beslis nie by blog nie, en beslis nie as ek 'n klomp tyd spandeer om die pret-vraelys hieronder in te vul nie - het dit by 'n vriendin gekry, sommer-vir-die-lekker.
Ek sal bly wees as enigeen wat my blog lees, dit sal invul en vir my terugstuur.
Hier gaan ons:
1. What time did you get up this morning : 04:40. Maar ek was teen 20:20 gisteraand al vas aan die slaap!
2. Diamonds or pearls? : Eintlik geeneen, maar as ek moet kies, perels, want diamante is vir my koud. Eintlik verkies ek leer - nou nie soos die punks nie, maar soos die cowgirls.
3. What was the last film you saw at the cinema? : Ice Age. Dit was die enigste keer wat my kinders ooit in 'n fliek was. Ek dink dit was so 6 jaar gelede.
4. What is your favourite TV show? : Ek kyk McCleod's Daughters op Hallmark, want ek identifiseer met die girls wat boer - net jammer ek sal nooit so glamorous kan wees nie. Saterdagoggende kyk ek Afrikaanse Musiekvideo's op Kyknet, want Jon doen dan die vroegoggendskof. En dis al.
5. What do you usually have for breakfast? : Oats of maltabella elke tweede dag, en eier-en-roosterbrood elke ander dag.
6. What is your middle name? : Geen
7. What food do you dislike? : Vetterige vleis. Waterblommetjies. Wegneemetes.
8. Who was your best friend when you were a child? : Pieter de Jager. Hy is op 28 jaar oud aan 'n hartaanval dood - hy't van kleins af verskriklike hoe cholesterol gehad, en hy't gerook. Dit het vir my gevoel asof 'n deel van my kindwees vir ewig gesteel is. Ek het nog kontak met sy ouers, wat nog steeds in Wellington woon, waar ek grootgeword het.
9. What kind of car do you drive? : Toyota Hilux Double Cab. En al wen ek 20 miljoen rand in die lotto, koop ek weer vir my een. 'n Witte. Met 'n 'Hydeaway Jerseys' sticker op die deur. Dit was 'n kleintyddroom wat waar geword het.
10. Favourite sandwich? : Aspersies met gesmelte kaas.
11. What characteristic do you despise? : Skinder. Ek voel 'n mens kan nie 'n ander oordeel voordat jy nie in sy skoene gestaan het nie. En mense wat image-bewus is en nie dieper kan kyk nie.
12. Favourite item of clothing?: In die winter: warm sokkies. In die somer: 'n moulose t-hemp. Ek het ja-a-r-e laas 'n rok aangehad.
13. If you could go anywhere in the world on vacation, where would you go?: Ek wil graag na die wilde perde in Namibie gaan kyk.
14. Favourite brand of clothing? : Toe ek nog 'n yuppie was, het ek baie van Levi jeans gehou. Nou dra ek Teesav kakieklere!
15. Where would you retire to? : Ek wil graag vir my en Jon 'n klein cottage in die ander hoek van ons plaas bou. Firn moet melk, en Rain 'n gastehuis en spa op die plaas bestuur. Ek wil die kleinkinders (en my kinders) elke dag sien!
17. Favourite sport to watch?: Ek hou van honde- en perdesport. En ysskaats.
18. Furthermost place you are sending this?: Nie verder as 30 km nie! My wereldjie is soo klein.
19. Person you expect to send it back first? Jon sal dit glad nie terugstuur nie; hy't so min tyd en hy hou niks van gemorspos nie. Firntjie sal dit vinnig terugstuur.
20. When is your birthday? : 18 Desember
21. Morning or night person? : Beslis oggend. Teen 20:00 begin ek verwelk. Ek staan maklik op in die oggende.
22. What is your shoe size? : drie.
23. Pets? Ons gesin het 8 honde, 6 bokke, klomp hoenders, en 'n donkie. Maar die enigste een wat net myne alleen is, is Apollo. Hy's 'n Duitse Herdershond en amper 3 jaar oud. Hy volg my soos 'n skaduwee en slaap saans op die matjie langs my bed. Na my gesin is hy die beste ding wat nog ooit met my gebeur het.
24. Any new and exciting news you'd like to share with us?: Niks nuuts nie, maar amper elke dag is vir my opwindend. Tuisonderrig maak so met mens. Suiwelboerdery ook.
25. What did you want to be when you were little? : 'n Cowboy. En nou boer ek darem met beeste!
26. How are you today? : Goed. Ek het 'n lekker dag gehad.
27. What is your favourite chocolate bar ? : Ferrero Rocher. Maar dis so duur, ek kry dit net op Kersfees.
28. What is your favourite flower? : Rose en Laventel
29. What day is today on the calendar : 11/08/2009
30. What is your full name? : Dis eintlik 'n staatsgeheim. Maar ek sal maar se: Henretha (Ugh!) Niemand noem my so nie. My suster en haar familie noem my "Retha". Die res noem my "Dinki", 'n bynaam wat ek as baba gekry het omdat ek so klein was. Jon noem my "Boo". Die kinders noem my soms "Piepa".
31. What are you listening to right now? : Maxi, ons 17-jarige Duitse Herdershond, se gesnork. En Firn se voetstappe. Sy gaan kom vra wat vir aandete is, en ek kan hoor sy't al WEER haar gumboots in die huis aan.
32. What was the last thing you ate?: Ek en Rain het 'n lae GI sjokolade koek gebak vir Firn se kunsjuffrou. Haar man het onlangs 'n vierdubbele hartomlyning gehad. Ons drie girls het die bak uitgelek.
33. Do you wish on stars?: Nee. Maar elke wintersoggend as ek by ons tuinhek uitloop om die melkstal te gaan oopsluit, kyk ek op om te sien of ek die sterre kan sien. As dit te bewolk is, is ek dadelik teleurgesteld.
34. If you were a crayon, what colour would you be? : Bottelgroen. Dis my gunstelingkleur.
35. What's the weather like right now? : Warm, vir die tyd van die dag (18:45) en jaar (Augustus). Ek het net 'n t-hemp en 'n dun sweetpaktoppie aan.
36. The first person you spoke to on the phone today? : Ek het 'n ander suiwelboer om 06:30 gebel, om plek vir Jon te bespreek in 'n kursus oor Biological Farming. Ek doen baie van Jon se belwerk; hy HAAT 'n telefoon met 'n passie en beantwoord ook nie persoonlike oproepe tydens werksure nie.
37. Favourite soft drink? Melk, hoe dan anders?
38. Favourite restaurant? Four Seasons Kwekery in Heidelberg.
39. Real hair colour: Grys. Heeltemal grys. Ek kleur, omdat Rain eendag gese het ek lyk oud met my grys hare. Of laat ek liewer se: Jon kleur my hare vir my. Is ek nie lucky nie?
40. What was your favourite toy as a child?: 'n Fiets en 'n bal
41. Summer or winter? : Nie somer nie, want ek is bang vir die weerlig en moet dikwels maar buite werk, al donder en blits dit. Nie winter nie, want my diere het nie genoeg gras nie. Ditto vir die lente. Maar die herfs kan my kry.
43. Chocolate or Vanilla? : Donker, donkerswart sjokolade.
44. Coffee or tea? : Ek drink glad nie koffie nie. Ek treat myself op een koppie decaf Engelse tee met melk 'n dag. Verder drink ek swart rooibostee met heuning. Komaan, Marelize, dit word uiteindelik lekker!
45. Do you want your friends to email you back? : Ja, dis 'fun'.
46. When was the last time you cried?: Ek huil nie regtig as ek hartseer is nie, maar ek is baie sentimenteel en ek huil oor mooi gedigte (veral oor diere), en as Firn regtig iets mooi skryf. Sy weier al om sommige goed vir my te gee 'want Mamma gaan huil'.
47. What is under your bed? : Ek gaan gou-gou kyk ... Een boks met ou leers in. Genadiglik niks anders nie. Dis 'n wonderwerk, want my huis lyk soos 'n varkhok. Soms is daar 'n onderstebo-skaaphond onder my bed. 'n Lewendige een.
48. What did you do last night?: Was baie moeg. Jon en Rain is vroegaand Pick 'n Pay toe, want ons had geen eiers nie en hy is verslaaf aan eiers. Ek het net na 6 gaan bad, en hy't my rondom 19:00 wakker gebel toe hy inkom.
49. What are you afraid of?: Dat my kinders nie gelukkig sal wees nie.
50. Salty or sweet?: Soet, maar nie te veel nie. Ek eet elke aand na aandete 1 blokkie van 'n slab sjokolade; selde meer. Dis genoeg vir my. Ek kook met verskriklik min sout.
51. How many keys on your key ring? : Een groot blou remote vir die twee elektriese heinings se hekke. Een remote om die alarm aan- en af te sit. Twee sleutels vir die melkstal. Drie sleutels vir die veiligheidshekke. Een voordeursleutel. Twee sleutels wat ek nie weet waarvoor nie. Een klein sleuteltjie vir die hek na die boonste kamp op die plaas. En ek dra die hele bos heeldag in my sak saam.
52. How many years at your current job?: Omtrent so 4. Voor dit het ek 'n klein regspraktyk uit my huis bedryf. Voor dit regsadviseur by 'n rekenaarsagteware-firma. Voor dit regsadviseur by 'n ouditeursfirma.
53. Favourite day of the week? Moeilik. Naweke is lekker, want Jon is tuis en dis nie so 'n gejaag om oggendwerkies klaar te kry om met skool te begin nie. Maar ek is ook mal oor skool.
54. How many towns have you lived in?: Wellington vir 18 jaar. Stellenbosch vir 4 jaar. Pretoria vir 2 jaar. Centurion vir 5 jaar. Benoni vir 6 maande. Kempton Park op 'n plot vir 5 jaar. En nou 9 jaar op die plaas. Die plaas is beslis die lekkerste, maar die plot was ook lekker.
55. Do you make friends easily? : Nee. Want die ander girls is of Engels. Of hulle boer nie. Of hulle tuisskool nie. Ek voel meestal of ek nerens inpas nie. Die dogtertjies en Jon is my heel beste vriende, en die diere, natuurlik.
56. How many people will you send this to?: Min van my buddies het e-mail. So seker maar vrek min.
57. How many will respond? : Firn. En hopenlik Antoinette Perd (voorheen bekend as Antoinette Sleepover).
BLOGEND:


Tue, 04 Aug 2009 18:47:33 +0200:'n Perfekte dag



Firn het gedink dis 'n perfekte dag, en haar lewenslus het ons almal aangesteek - nie dat Aletta enigsins so 'n inspuiting nodig gehad het nie.
Raintjie op Arwen, Firn op Skye, en ek en Aletta te voet het vanmiddag 12:00 die koeie gaan haal, omdat ons 'n nuwe eksperiment probeer: die koeie wei van net na 8 tot 12 die hele plaas vol, net waar hulle wil, en 12-uur neem ons hulle na 'n kamp wat 'n jaar lank gerus het. Die toggie het ons rondom 'n uur geneem, en Firn was reg - daar was nie 'n wolkie in die lug nie, ek het net 'n kortmou T-hemp, 'n langmou T-hemp, en 'n moulose overall baadjie aangehad. Omdat dit melkkoeie is, jaag mens hulle nie vinnig aan nie, en ons het so rus-rus en wei-wei aangekruie na die nuwe kamp. Nie vir die eerste keer nie, beny ek Aletta haar werk.
Brett se Frieskalfies pas goed aan, en ons het hulle gister almal deur die drukgang gejaag. Firn het hulle ontwurm en teen sponssiekte ge-ent, ek het hulle bosluismuti gegooi en geweeg. Rain het 'n foto van elkeen geneem, en tussen ons drie het elkeen 'n naam gekry.
Die foto-nemery is nie om dowe neute nie. Jon het vir Brett 'n beperkte log-in op ons melkery-stelsel geskep, en dus kan hy op die Internet ingaan en kyk na sy kalfies. Hy kan hulle groeikurwes (gewig en hoogte) op 'n grafiek sien, met 'n vergelyking met Holsteins se voorgestelde groeikurwes. Hy kan ook alle behandelings sien wat hulle gehad het, asook wie die behandeling gegee het, en die lotnommer en vervaldatum. En daarmee saam beplan Jon om ook die foto's by die behandelings te sit.
Van Jon gepraat, hy is besig! Hy's op ons Boerevereniging se bestuur en hulle het gisteraand bestuursvergadering gehad, en vanaand gewone vergadering. Saterdag is dit reserviste en 'n boerevereniging pretdag, en Sondag gaan ons koeie deur die drukgang sit en weeg en twee inentings (Spons-, Lam- en Milt, en Knoppiesvel) gee. Dan is Jon ook op die komitee wat die Jersey-Jeugskou in Pretoria in Augustus reel. En hy werk lang, lang ure. Maar hy't altyd tyd vir sy gesin, en hy antwoord sy selfoon as ek bel, selfs al is hy in 'n vergadering. Vanoggend vroeg-vroeg, voor melktyd, was hy al besig om die wireless network in sy rekenaar aan die werk te kry, want ek moes vir hom 'n tafel in ons slaapkamer sit - hy wil elke aand so 'n bietjie rekenaarwerk doen, maar hy wil nie alleen in sy kantoor sit nie. My plan is om Firn se skoolwerk daardie tyd na te gaan - ek kom net eenvoudig nie daarby uit nie. Wou dit oor die naweek gedoen het, maar toe't ek ons agterstallige geboorteregistrasies ingestuur Jersey SA toe.
Skool gaan ... goed sover dit Firn aanbetref, dink ek! Sy doen elke dag haar beplande werk, en as iets voorval, haal sy dit self, sonder aanmaning, in. Sy't Saterdagoggend gesit en agterstallige Wiskunde klaargemaak.
Raintjie is besig om stadig-stadig oor te skakel na Ambleside Online (www.amblesideonline.org) se Charlotte Mason-gebaseerde kurrikulum. Al moet sy eintlik in Jaar 4 wees, het ek besluit op Jaar 3.5, 'n oorbruggingsjaar vir kinders wat nog nie vir Jaar 4 gereed is nie.
Ons twee was vandag lank besig met Geskiedenis - sy doen World History, en dis vrek moeilik. Sy't die Chaldeers en 'n vinnige oorsig oor die Egiptenare gedoen, en ons skryf sleutelwoorde neer, in 'n poging om die moeilike woorde en moeilike spellings te onthou. Rain doen ook nog fluks haar Wiskunde, en ons is besig met Spelling - 'n yslike swakpunt. Ons werk so stelselmatig deur Word Mastery (http://www.donpotter.net/PDF/Word%20Mastery%20-%20Typed.pdf), 'n phonics boek van lank, lank gelede.
Ek en Rain het ook 'n massiewe taak vanmiddag aangepak - Karoolamspastei met 'n suurroom-kors. Ons het 3-uur begin kook en bak, en vier ure later kan ons uiteindelik eet. Raintjie was later rooi in die gesig met al die deeg uitrol en vou, uitrol en vou. Sy is ook baie besig met haar twee mamma-hoenders met 2 en 3 kuikens onderskeidelik, en ek is trots op hoe mooi sy na haar hoendertjies kyk. Had ons maar geld, het ek vir haar 'n klomp lehoenders gekoop... maar nou word elke liewe sent in Brett se kalfies ingeploeg.


Sun, 02 Aug 2009 11:51:31 +0200:Warning: Light snowfalls with sleet rain



Dis die weerwaarskuwing wat my vanoggend om 04:30 begroet het, en onmiddellik het ek en Jon begin paniek oor Brett se 20 versies wat nie skuiling het nie.
Ons Jerseys het almal 'n dak om onder te skuil, maar ons het nog nie kans gehad om skuiling te bou vir die Holsteins, wat Donderdag onder groot opgewondenheid gearriveer het, nie.
"Ons sit hulle in die Ou Stal", fluister Jon vir my - want Rain het gisteraand in ons bed aan die slaap geraak, en ons het haar nooit oorgedra nie.
Maar so skuins na 6, toe ek gou weer na eerste walkabout by weathersa.co.za gaan loer, het die waarskuwing genadiglik verdwyn.
Gister het Jon probeer om die 'winter-blues' te verdryf met die lekkerste sop nog - en elke werker het ook gisteraand 'n blikkie sop en 'n broodrolletjie gekry, dit nadat ons hulle ook nog tussen melkings afgegee het. Ons het, weens die reen, Saterdag en Sondag omgeruil, en daarom werk almal vandag soos op 'n gewone werksdag. Die 20 mm wat ons gister gekry het, sal darem die vure vir 'n rukkie weghou, en dalk sal daar as 'n bonus 'n bietjie groen gras kom om ons melkproduksie 'n hupstoot te gee.
En net gister nog was ek OK met die koue - ek het selfs vir so 30 minute saam met Firn gaan stap, sodat sy vir Skye in die reen kon ry, en dit was omtrent 'n ysreen; ons drie was sopnat. Maar vandag sukkel ek regtig; die sonnetjie wil-wil uitloer, maar die windjie is yskoud en my hande het sedert 05:30 vanoggend nog nie behoorlik ontdooi nie.