HYDEAWAY - Dinki se Spoegblok

Home

Mon, 31 Dec 2007 17:43:52 +0200:Carpe Diem


Ek lees in 'n tydskrif Nuwejaarsvoornemens is uit, Carpe Diem is in, so ek swyg dus maar oor myne.
Vanoggend het ons die 17 kalfies wat nog bottel drink, ontwurm. Elkeen het sy spesiale verantwoordelikheid, soos julle hieronder sal kan sien.





Sun, 30 Dec 2007 17:01:12 +0200:Terug Skool Toe


My gedagtes het uiteindelik begin draai na die nuwe skooljaar, wat Woensdag begin. Ongelukkig het ons nie in die vakansie alles gedoen gekry wat ek graag wou nie, maar ek dink wel die dogtertjies het hul groter vryheid baie geniet.
Omdat ons nie 'n vaste sillabus volg nie, gaan ons volgende jaar bloot aan waar ons aan die einde van hierdie jaar opgehou het. Firn sal voortlees uit Phantom Stallion, ek begin 'n nuwe boek, ek dink dis 'Voyage of the Dawn Treader' in die Narnia reeks, en Rain sal moet besluit watter boek sy vir ons wil lees. Die Wiskunde gaan Firn aan met die laaste deel van Saxon Maths Gr 4, en Rain is besig met die vierde (of daar rond) les in dieselfde Graad.
Vrydae is nou anders omdat die dogtertjies Vrydagoggende tussen 9 en 11 perdryles het. Ek sal maar die ander dae die lesse bietjie langer probeer rek, en dan oorweeg ek dit om Vrydae dalk net Wetenskap (ons het 'n baie lekker Amerikaanse Wetenskapkurrikulum, ook deur 'n tuisskoolma geskryf) te doen. Ons sal maar moet sien hoe moeg die dogtertjies na perdry is.
Van perdry gepraat - Vrydag weer 'n baie suksesvolle perdryles gehad. Hier is foto's van die dogtertjies waar hulle die perde gereed kry vir die les:


Vrydagmiddag het ons 'n l-a-n-g vergadering met die perdryinstrukteur oor merries, vullens, hingste en dies meer gehad. Vrydagaand net voor slapenstyd moes ons uit pure desperaatheid vir Firn verbied om die onderwerp verder aan te roer, want ons was hartlik siek vir die hele storie! Uiteinde is dat ons nog nie besluit het nie - Kevin beveel aan dat Skye vir 'n maand by sy hings kom bly, en Firn sien nie kans om vir so lang van haar af weg te wees nie.
Saterdagoggend, na walkabout en honde kos gee, het ons viertjies ontbyt gaan eet by Wiesenhof terwyl die werkers alleen vir die oggendtakies verantwoordelik was. Salig! Sondagoggend het Jon vir my ingestaan vir walkabout, en ek voel 'n bietjie meer uitgerus as gewoonlik.
Ek, Jabu en Job het (en het ons nie die dogertjies, wat besig was met perdry, gemis nie) Vrydagoggend al die speenkalwers wat nog nie by die bul loop nie, deur die drukgang gejaag en hulle geweeg, ontwurm waar nodig, bul toe gestuur as groot genoeg (Lollipop, Purply en Malmesbury), en rekkies om horings gesit waar Jon nie met die onthoringbout kon bykom nie - dis 'n werkie wat hy haat, en dus word dit nie so gereeld gedoen as wat dit moet nie.
Van die bul gepraat, arme ou Moonshot het galsiek (dis soos bosluiskoors in mense). Gelukkig het Aletta gou gesien hy eet nie mooi nie, en ons het hom dadelik Vrydagmiddag gespuit, weer Saterdag en weer vandag. Hy is amper al sy ou self; dit was baie hartseer toe 'n 'meek and mild' Moonshot Vrydagmiddag in die drukgang gesit is, maar vanmiddag het hy ons al ons dae gegee.


Thu, 27 Dec 2007 19:25:25 +0200:Kersvader se plekkie


Ietsie nuuts wat ek wil probeer - foto's in my blog. Hier's 'n foto van Kersvader se plekkie, sorgvuldig deur die dogtertjies gedek.



Thu, 27 Dec 2007 19:01:13 +0200:Roetine keer terug


'n Beter dag vandag. Dalk omdat ons 'n slaggie weer 'n ordentlike werksdag kon inkry. 'n Besige dag, veral vanoggend. Ek moes Yolandie dorp toe kry met 'n volledige lysie van als wat gekoop moet word, insluitend die werkers se maandelikse kruideniersware - 'n aardige spulletjie. Afgri het afgelewer nadat ons dit net-net met ons veevoer gemaak het oor die vakansiedae. Die kalfies het perdepille vir ontbyt ge-eet, want ek het my getalle 'n bietjie verkeerd voorspel. Colin van Dairycare het kom kyk na 'n 650 liter melk-koeltenk wat ons wil inruil op 'n verskriklike duur 1600 liter tenk. Die groot hek waar die koeie moes uit, se sleutel was weg, maar ek het dit opgediep in Jon se broek-van-gister se sak.

Maar nadat almal gekom-en-gegaan het, en die oggendwerkies klaar was, het ek en Rain mekaar 'n klein pamperlang-sessie met haar nuwe masseer-stelletjie gegee - pure bederf en ook sommer lekker tyd spandeer met 'n baie spesiale klein dogtertjie.

Gister my tweede performance review gedoen, met Patrick, wat slegs vanaf 2 Desember by ons werk, dus kort en nie baie veelseggend nie, maar hy was baie in sy skik met sy 10 uit 10 vir Attitude en Working Nicely with Animals.

Dankie tog, Aletta is terug van verlof, en kon reeds vandag 'n bietjie oorneem met die kalfies se versorging. Jabu het vandag vir ons die sementdam langs die huis skoongemaak, want Nuwejaarsdag wil ons swem! Die dogtertjies, veral Rain, ry die plaas plat op hulle nuwe fietse.

Donderdag is bakdag en ek en Rain maak 'n low-GI apple crumble vir nagereg. Firn het 'Marley and me' amper klaargelees, en geniet dit baie, te oordeel aan die gegiggel in haar kamer.


Wed, 26 Dec 2007 16:46:05 +0200:Oppe en affe


Firn het Kersdag om middernag welkom geheet. Die opgewondenheid was te groot, en sy het die nag voor Kersfees net van 21:00 tot 00:00 geslaap!

Oukersaand het ons ons tradisionele kersmaal van kalkoen met twee soorte stuffings, meesterlik voorberei deur Jon en die twee dogtertjies, met rys en boeregroente (groenboontjies, wortelringe, soetpatat, met botter en suiker gekook) ge-eet. Die vier werkers op die plaas het ook elkeen 'n groot bord met dieselfde kos gekry. Ons het almal soort-van semi-ordentlik aangetrek vir die ete, party poppers geskiet (wat Flower elkeen met 'n woeste blaf begroet het) en christmas crackers gehad.

Na aandete is die tafel sorgvuldig gedek met plekmatjies wat die dogtertjies die middag vir elke takbok (Dasher, Dancer, Prancer, Vixen, Comet, Cupid, Donder, Blitzen, Rudolph, Zoe) gemaak en versier het, waarop Horse Performance Pellets uitgegooi is vir elke takbok. Kersvader het 'n bord met vier koekies en 'n glas melk gekry.

Kersoggend was die dogtertjies toegelaat om, soos vooraf bespreek, ons om 04:00 wakker te maak. Kersvader het ons in die nag besoek, en die dogtertjies het geskenke oopgemaak vir 'n vale. Omtrent 05:00 was die seremonie afgehandel, en ek kon gou hare was en aantrek voor oggendmelk.

Ons het almal ingespring en om 09:30 was die oggendwerkies klaar en het ons almal in ons onderskeie rigtings vertrek - ons 4 na ons vriende naby Grootvlei, Andre en Antoinette, vir 'n braai, en die werkers op hul eie mission. Om 14:30 was ons almal weer op ons pos vir middagmelk en het my heel beste Kersgeskenk gemanifesteer - vier werkers doodnugter en almal betyds! Ek het die hele oggend daaroor gestres - nie soseer omdat ons al die werk alleen sou moes doen nie, maar oor die onaangenaamheid wat daarop sou volg.

Laasnag het die dogtertjies altwee rondom 11 uur lank geslaap - Firn het Kersdag glad nie geslaap nie, nie eers in die kar Grootvlei toe en terug nie.

Vir Kersfees het ons vir die dogtertjies elk 'n baie lekker fiets (met ratte vir die plaas) gekoop. Kersvader het vir Firn gebring: Toestemming om haar merrie te laat dek; Dog Directory 2008; 'n rooi halsband en leiband vir haar windhondjie, Hope, 'n nuwe leiband vir haar perd, Skye, 'n browband met bypassend borsspeld en haarknippie vir haar en Skye, die boek 'Marley and me' oor 'n baie stoute hond, en dan was daar 'n paar geskenke van vriende en familie. By Jon het Firn 'n 'paws' horlosie en hangertjie gekry, kompleet met hondepote. Vir Rain het Kersvader gebring: 4 vouchers - 'n broodbaksessie met Jon, 'n sweisles met Jon, 'n dress-up teepartytjie met my, 'n muffinbaksessie met my; 'n mooi sakkie met handdoekies, naelvyltjies, waslappies, en 'n paar soorte lekkerruikroom; 'n pienk leiband vir haar perd, Rivr, die boek 'My Secret Unicorn', 'n ballonkit met instruksies om ballonfigure te maak, en iets wat ek verskriklik graag ook sou wou he - 'Tools for her' - die mooiste gereedskap, pienk met polkadots. Jon het vir Rain 'n pragtige fyn goue hangertjie gekoop, waaroor sy absoluut mal is.

Vandag moes ons maar redelik woes inspring - nog 'n vakansiedag, so drie werkers het net oggend- en laatmiddagwerkies gedoen, en die Hydes het vir hulle ingestaan met middel-van-die-dag roetine. Ek't ook 'n paar dringende Adminwerkies gehad wat moes klaar. Ek sal bly wees as dinge weer kan terugkeer na normaal, ek hoop Aletta, wat vir 7 dae op verlof was, is more terug om my met die kalfies te help, en ek smag na 'n 'break' van die plaas.


Sat, 22 Dec 2007 19:43:26 +0200:3-dag-stywesiekte


Vanoggend het ons 50 koeie en dragtige verse teen 3-dag-stywesiekte ge-ent. Omdat die diere slegs gaan le vir drie dae, en weens ekonomiese redes, ent ons slegs koeie in melk, asook koeie en verse wat enige tyd van nou af tot in April in melk gaan wees. Ek het die dosis wat ons sou nodig kry, geskat en ek was slegs een dosis uit - 51 diere het vir die twyfelagtige voorreg gekwalifiseer. Ekskuus, Pnumpning, (ja, dit IS haar naam) dat ons jou nie kon ent nie!

Ons het egter al ons koeie, verse wat by die bul loop, bul en groot osse deur die drukgang gejaag. Elke dier in die groep is geweeg, en die osse en bul het bosluisbehandeling gekry. Dit was verskriklik warm, en ek, Jon, die dogtertjies (Firn werk die nekklamp en Rain is die amptelike fotograaf) asook Job, Jabulane en George was baie bly toe ons uiteindelik die son kon ontsnap.

Elke jaar in Desember, wanneer ons ent vir 3-dag-stywesiek, dink ek aan Rain as 'n klein dogtertjie van omtrent 5 jaar oud, wat my, kort na die jaarlikse enting, met groot oe vertel het dat sy dink sy't 3-dag-stywesiek gehad, "want, Mamma, ek was vir drie dae siek"

Jon werk nog steeds aan die groot elektriese heining en hy was vroegoggend en laatmiddag druk besig daarmee. Hy't ook met die trekker in die kamp waar die koeie wag om gemelk te word, ingespring en die ergste modder uitgeskraap. Ek hoop ek kan hom oorreed dat ons more ten minste tussen melkings rus - ek dink hy is maar gedaan na die gespook met die koeie se ent.

Die dogtertjies se perdryles Vrydag was magic. Hulle vorder ongelooflik vinnig en tel die slapies van Vrydag tot Vrydag. Ek slaap ook rustiger, want die perde se hoewe is versien en Kersvader het 'n paar perdry-geskenkies in die pyplyn ...

Ons drie girls is bederf met 'n middagete by Wiesenhof Vrydag, en ek het min-of-meer verlof gehad tussen melkings. Ek begin nou leer om te rus al is ons op die plaas - eintlik omdat ek desperaat is om nie die Nuwe Jaar moeg in te gaan nie.


Thu, 20 Dec 2007 18:46:07 +0200:'n Koek vir Benjamin


Benjamin, ons donkie, het gister 11 jaar oud geword. Ek het hom 'ontmoet' en gekoop toe hy nog in utero was, en hy't by ons kom bly toe Firn 'n klein, klein babatjie was. Bennie is hondmak; die dogtertjies ry hom so af-en-toe (en het ook altwee al afgeval), en met sy lang, sagte ore en sielvolle oe is hy deel van die Hyde-gesin.

Donderdae bak ek en Rain saam ietsie (o, vir die dag wat sy dit alleen kan doen, Jon se altyd hy sou 'n goeie boervrou gewees het, want hy hou van koskook en van bak. Ek hou net mooi niks daarvan nie) en vandag het ons besluit om vir Bennie 'n verjaardagkoek te bak. Die resep bestaan uit 1 koppie bruinbroodmeel, 2 gerasperde wortels, 1/2 koppie Horse Performance Pellets; 'n knypie bakpoeier, 'n klein bietjie olie - Canola, want hy's 'n gesondheidsbewuste donkie - 1 eier, klein bietjie bokmelk en 1/4 koppie water. Die spulletjie is vir 40 minute gebak, versier met 5 wit kosmosblomme, en trots aangebied vir Bennie om smaaklik op te eet (kosmosse en al) terwyl 'Happy Birthday' gesing word.

Ons drie girls, en Job en Jabulane, het vanoggend 10 6-maand-oue kalfies ge-ent, Mary gespuit vir vrotpootjie, en vir Rita (die groot blinde) 'n teensuurmiddel ingejaag. Sy was gister baie siek, ek het suurpens gediagnoseer, en ek was of reg, of sy't vanself beter geword, maar vandag is sy genadiglik beter.

Die res van die dag het ek, behalwe vir roetine-werkies, min-of-meer afgevat. Ek't op die bed gele en my gunsteling-televisieprogram, McLeod's Daughters, gekyk. O, om so mooi te kan lyk, so 'designer-vuil' en boer tegelyk - dis iets waaroor ek net kan droom.


Wed, 19 Dec 2007 19:27:49 +0200:Christmas Spirit


Elke jaar, as die karre op die N3 verbyzoem, voel ek vreeslik jammer vir myself omdat ek dwarsdeur die Kersvakansie moet werk. Ek het nou-net besluit dis nonsens. Ek is mal oor die plaas, ek hou daarvan om Kersfees te vier soos EK dit wil vier en nie te moet inval by ander mense se planne nie, en dis nie so 'n 'big deal' om oor die vakansie te werk nie. Ek neem my nou voor: ek gaan ophou om dit 'n 'ding' te maak.
Die saadjie vir hierdie gedagtes is geplant toe ons Sondag die Kersboom versier het. Ek het daarna opgesien as net nog iets op my to do list, en toe geniet ek dit VERSKRIKLIK. Die dogtertjies se opwinding is aansteeklik en ons beplan heelwat heerlike bederfies vir hulle. Ons as ouers is, soos Jon lief is om te se 'in the business of making memories' en dit is presies wat ons elke dag gaan doen.
Maandagaand, vroeg-aand, het Curly gekalf. Dis weereens 'n bulkalfie, 'Captain Crisis' (Captain vir kort) en dit gaan goed met altwee, behalwe dat Captain nog nie mooi kan staan nie. Ek vermoed sy lang, lang beentjies (geboortegewig 40kg, groot vir 'n Jersey) was woes opgekrul in sy mamma se maag, en ek hoop dat dit oor 'n week of so sal regkom.
Ek het die afgelope week 'Condition Scoring' op die koeie gedoen. Dit behels 'n meting (met die oog, mens het nogal baie oefening nodig om dit reg te kry) van hoe vet of maer die koeie is. Ons het 'n paar probleem-koeie: Pinky, Babsie, en Provita op 'n telling van 4 uit 5 is hopeloos te vet. Bluebell, Bokkie, Bontrok, Corne, Dimanda, Grieta, Mary, en Pebble (al ons hoe produseerders) op tellings van 1 en 1.5, is hopeloos te maer. Die res le almal tussen 3.5 en 2.5 - heel goed.
Ek het Maandag vir my Josh Groban se CD Noel gekoop, en ek luister dit non-stop terwyl ek op my rekenaar werk. Hoe lucky is ek nie, om nie klomp ander mense om my te he wat kan kla oor my musiek-keuse nie! Die honde wat in 'n streep om my voete le, luister maar gedwee saam.
Vanoggend het ek my eerste performance review gehad, met Aletta, wat baie goed gedoen het op 94%. Ek sien glad nie uit na George s'n nie - hy staan op 76% met 4 uit 10 vir Attitude. Hy luister net eenvoudig glad nie vir my nie, hy aanvaar nie my gesag nie, en ons twee stamp baie gereeld koppe. Maar hy is verskriklik betroubaar, hy sit sy lippe nie aan drank nie, en van al die mans werk hy al die langste by ons. Dis 'n regte kopseer vir my.


Mon, 17 Dec 2007 18:35:39 +0200:Ek verjaar


Ons het vandag my verjaarsdag gevier, want more, wanneer ek eintlik verjaar, is 'n normale werksdag vir Jon.
Ek het 'n klomp special treats vir my verjaarsdag gekry: Woollies piekniek-kos (en 'n piekniek onder die Kersboom gisteraand), 'n verjaarsdagkaartjie met 'n Sharpei (die honde met die BAIE plooie) op en 'n boodskappie handgeskryf deur elke lid van die gesin), geskenke verskriklik mooi toegedraai in bruin, my gunsteling-kleur, twee bruin, chunky, earthy hangertjies, en 'n boks vol gegeurde drawer liners. Laasgenoemde want dit was nog altyd vir my 'n Simbool (aspris met 'n hoofletter) van 'n girl wat haar lewe onder beheer het - netjies gepakte laaie, bedek met gegeurde, pragtige papier. Nou ja, kom ons volstaan maar net deur te se ek is vrek ver daarvandaan! Ook vir my verjaarsdag, het Jon die elektriese heining klaargemaak, en nie net slaap die lakterende koeie nie meer in die modder nie, maar ons geliefde drie blinde koeie slaap nou sommer in die kikoejoekamp waar hulle bedags wei. Driedubbele hoera!
Na oggendwerkies en ontbyt is die dogtertjies by die Greylings afgelaai en ek en Jon op 'n 'date' Heidelberg se winkels ingevaar om kersinkopies te doen. Ek vertel later meer oor wat op die dogtertjies se wishlists was, en wat hulle wel gekry het. Maar watch this space, baie opwinding volg.
Toe take-aways gekoop (maar Nando's, want regtig, ek probeer gesond eet!), huis toe gekom en gechill, en eers 'n uur of twee later die twee dogtertjies opgelaai.
Vanmiddag maar die gewone werkies gedoen, maar ook 'n skaal ontwikkel om die werkers se Kersfeesbonusse uit te werk. Hulle kry punte uit 10 vir die volgende kategoriee:
Back on time from monthly off Punctuality Spotting illness Working nicely with animals Reporting problems Attitude Willingness to Learn Productivity Milk Results
En vanaand kook ek nie! Ek weet nie mooi wat ons gaan eet nie, maar ek het my voorskoot vir die een aandjie opgehang.
Thanks Jon, dit was 'n great dag.


Sun, 16 Dec 2007 12:47:55 +0200:'Skoolsiek'


Rain voel al van gisteroggend af niks lekker nie - of is sy net lus vir laatle en televisie kyk? Ons beperk die televisiekyk baie streng; eintlik is dit in Firn se geval glad nie nodig nie, want sy's soos haar ma. Ons twee sal liewer 'n lekker boek lees of op die rekenaar besig wees as om televisie te kyk. Raintjie lees nog nie vlot nie en sy is baie lief daarvoor om soggens in die bed te le en televisie te kyk. Sy kla van 'n sinushoofpyn en naarheid, maar dit klaar vreeslik vinnig op later in die oggend - of is dit die medisyne? Ek wens ek het geweet!
Die dogtertjies kry nog elke dag hulle klein geskenkies. Vanoggend was dit gesigverf, iets wat Rain verskriklik graag wou he. Dis elke keer vir ons net so 'n verassing, want ons betaal ons vriendelike geskenkwinkel 'n globale bedrag, en hulle kies 48 klein geskenkies, draai hulle toe, en nommer hulle met elke dag se datum. Elke dag word 'n sjokolade uit die Adventkalender gehaal, en more moet die kersboom versier word (maar eers moet ons die kersversierings soek en vind!)
Ek is steeds baie moeg en kort van humeur. Firn is 'n regte staatmaker en help verskriklik baie, met 'n baie positiewe houding ook, met die oggendwerkies. Vrydae het die dogtertjies af, want dan is dit perdryles van 9 tot 11. Hulle geniet dit ongelooflik, en tel met ingehoue asem die dae van Vrydag tot Vrydag. Jon werk net flat out - as dit nie rekenaarwerk is nie, werk hy aan die nuwe elektriese heining. Ek sien hom skaars en ek mis hom.
Ons beplan 'n maanligpiekniek vanaand vir 'n spesiale bederf, en ek hoop regtig nie dit reen nie.


Sat, 15 Dec 2007 11:19:03 +0200:My kantoor


Vanoggend het ek bietjie nagedink oor die voor- en nadele van my kantoor.
Ek kan 05:25 by die huis uitloop as ek 05:30 moet begin werk, maar ek moet amper ELKE oggend, amper 365 dae 'n jaar, daardie tyd begin werk (Jon staan soms vir my in, thanks Jon).
Die koeie gee nie om of ek professioneel lyk, en of my grimering perfek aangewend is nie (watter grimering?), maar hulle kan ook nie vir my vertel as hulle naby aan kalf is, of olik voel, of 'n seer voet of rug of heup of wat-ook-al het nie.
My kantoor is buitekant, meestal, in my geliefde natuur tussen vier- en twee-voetiges en met 'n regtig ongelooflike uitsig, maar ek het geen lugverkoeling of -verhitting nie en ek moet maar werk, ongeag warm son, stortreen, huilende wind of vriesende koue.
Ek kry nie regtig verlof of vakansie nie, maar my werk is my passie en my stokperdjie, ek doen dit waarvoor ek regtig lief is.
En heel laaste, maar heel belangrikste, die dogtertjies kan amper altyd saam met my werk toe kom (ek hou hulle slegs weg as dit gevaarlik of baie hartseer is om te sien) sonder dat iemand kla, en selfs al kies hulle om nie saam te kom nie, is ek meestal net 'n harde skreeu ver. En, net so belangrik, ek help Jon 'to live the dream.'


Thu, 13 Dec 2007 19:55:21 +0200:Pandemonium


Vanmiddag, midde-in 'n elektriese storm en terwyl die vakuumpomp stelselmatig sy seilbedekking opgevreet en toe ruk-ruk gaan staan het, is klein Pandemonium gebore. Haar Mamma, Postoasties, is 'n kleinkind van ons heel eerste koei, Princess. Pandemonium is 'n Jersey-Fries kruising, want een van ons Fries 'Ossies' het vir Postoasties se ma, Provita, gedek. Sy is dus pikswart en redelik groter as waaraan ons gewoond is.
Gisteroggend, skuins voor vyf, het Terramycin ook vir ons 'n versie gegee. Ons gaan met haar lyn hou by die medisyne-tema, en daarom is die klein versie 'Tioctan' gedoop.
My wiele het behoorlik afgeval so skuins voor agt gisteroggend, en ek het amper die hele dag in die bed gele. Afgesien van 'n nare sinushoofpyn was ek net so moeg dat jy met my kon toor. Firn het, gewapen met 'n lysie, my oggendtakies gedoen en arme Jon, wat gelukkig van die huis af gewerk het, moes maar ook woes inspring. Vandag voel ek beter, maar ek is weer moeg na vanmiddag se rondhol tussen die stukkende vakuumpomp en Pandy se geboorte.
Ek sal aan 'n plan moet dink om soms 'verlof' te neem, want so kan ek nie aangaan nie. Die werk hou net nie op nie.


Mon, 10 Dec 2007 07:37:35 +0200:Besige dae


Saterdagoggend begroet 'n nuwe lewe my - Capuccino se bulkalfie, baie gepas 'Catastrophe' gedoop. Skaars Capu uitgesorteer, moes ons ry na 'n verjaarsdagpartytjie in Johannesburg. Klomp tuisskoolgesinne en baie lekker om ou vriende, wat tydelik in Bloemfontein gebly het, terug te verwelkom.
Nog nie eers klaar gekuier nie (en tussen-in het Faline gekalf - nog 'n bulkalfie, 'Finally'- met my wat telefonies instruksies gee) moes ons jaag na die volgende event. Een van Jon se kliente was so bedagsaam om ons na hul kinder-kersboom te nooi.
Die twee dogtertjies het hulle gate uit geniet - eers tussen al die maatjies, speel, lekkers en koek eet by die eerste partytjie, en toe Kersvader wat opdaag in 'n polisiemotor met skreeuende sirene, presentjies en lekkers uitdeel, en 'n bietjie persoonlike aandag aan elke kind. Ek het my verkyk aan die twee dogtertjies se opgewondenheid, veral Firn. Omdat sy so baie lees, is ons seker sy besef, op intellektuele vlak, dat Kersvader nie regtig bestaan nie, maar haar hart is nog baie sterker as die intellek en sy glo vas aan die bebaarde oom wat die geskenkies bring! Maar die grootste hoogtepunt vir haar was die rondlei op 'n ponie by die Kersparty. Mens sou glo sy kry nooit die kans om perd te ry nie ...
Vrydagmiddag het die dogtertjies begin met rylesse by iemand wat dit op die plaas kom doen. Jon het ietwat van 'n issue met wat hy beskryf as 'sub-contracting your child's happiness', maar die dogtertjies se perdry het nie gevorder met Mamma in bevel nie, en ek het uiteindelik, na 11 maande se vasbyt, besluit om wel iemand te kry om te kom lesgee. Die eerste les was heel suksesvol en Firn tel die dae tot volgende Vrydag. Sy't vandag net tack skoongemaak dat die biesies bewe, en ons Horsemanship boek uitgegrawe en verwoed begin lees.
Jon werk al van vroegoggend aan die nuwe elektriese heining. Ons koeie sukkel in die ongelooflik modderige nagkampe, en 'n groot push is aan om vanaand die heining tot op so 'n punt te kry dat die koeie in die heel groter en glad nie modderige implemente kamp kan slaap. Ongelukkig kan ek nie veel help nie; ek speel vandag die rol van wat in die Hyde-huishouding bekend staan as die 'tannie met die kappie' (Dink: Oom Jan sny koring op die land ...)


Thu, 6 Dec 2007 18:48:48 +0200:Erge stormskade


'n Woeste elektriese storm het vanmiddag ons stalrekenaarskerm verwoes, ons afstandbeheermeganisme vir ons voetgangerhek in ons elektriese heining in sy glory geblaas, maar, HEEL, HEEL ergste, een van ons baie geliefde koeie doodgeslaan.
Ons het Elavicki Onepit (27/11/2003 - 06/12/2007) op 24 Junie 2005 as 'n dragtige vers by Andre en Antoinette gekoop. Sy het vir ons twee bulkalfies en een versie - Hydeaway Odette - gegee, en sy was ongeveer 4 maande dragtig. Sy was in melk en haar produksie was rondom 25 liter per dag. Dus 'n groot finansiele verlies (al is ons verseker teen weerligskade, betaal die versekering heelwat onder haar waarde), maar, veel erger vir ons almal, 'n emosionele slag. Ek is baie lief vir al ons koeie, maar Onepit was een van die spesiales; 'n pragtige koei met 'n mooi temperament.
Ek weet nie of dit die dan warm, dan koud, dan nat, dan droog is nie, maar tussen die weer en die bosluise sit ons met 'n hele paar siek kalfies. Vandag het ek Miracle gespuit, en Sunset ('n klein ou versie) het ook diarree en is redelik siek. Grieta, die blinde koei wat onlangs gekalf het, se eetlus is sleg en ek het haar met vitamiene en 'n lewerstimulant, asook propileen-glikool, behandel. As sy more nie beter is nie, moet sy maar 'n antibiotikum kry.
Janine het weer die dag by die dogtertjies spandeer, en ek dink dis baie goed om Rain se aandag bietjie af te lei van Onepit.
Ek wil niks anders doen as met diere werk nie, maar hulle breek jou hart met gereelde tussenposes.


Wed, 5 Dec 2007 17:52:53 +0200:Ons skep 'n bietjie asem


'n Beter, meer produktiewe dag gehad vandag. Maandag en Dinsdag het dit gevoel ek vermag niks en, soos ek verwag het, het ek verlede nag my recurring nightmare gehad - ek moet eksamen skryf/speel/dans en ek het nie voorberei nie. 'n Produk van my gedrewe grootwordjare, mag ek nooit dieselfde aan my kinders doen nie!
Rain se maatjie van-die-plaas-langsaan, net 16 dae jonger as sy, speel vandag heeldag hier. Haar ouers huur 'n huis by ons bure en werk altwee in die stad, dus is daar in skooltyd nie baie kans vir speel nie, want Janine is of by die skool, of by die naskool, of by haar ouma. Die twee dogtertjies speel heerlik, en Firn speel so af-en-toe saam, so tussen-in die vertaalwerk. Sy't ewe skielik vandag (miskien weens die Afrikaanse maatjie wat hier speel) begin om 'Pinto' in Afrikaans te vertaal. Ek't haar my tweetalige woordeboek uit my vertaalwerk-dae van lank, lank gelede gegee, en sy vertaal dat die honde huil. Soos Jon tereg opmerk, as sy die hele Pinto vertaal, hoef ek volgende jaar geen Afrikaans met haar te doen nie.
Ons het gister in twee hewige buie reen 50 mm gehad, en die arme koeie stoei voort in die modder. Twee kleinerige kalfies (so tussen 3 en 5 maande oud) is siek - nie seker wat's fout nie, het maar 'n bree-spektrum antibiotikum, Vitamine B en 'n lewerstimulant gespuit. Curly, Terramycin, Margie, Postoasties, Faline en Capuccino moet binne die volgende twee weke kalf. 'n Besige tyd le dus voor, en ons moet baie dringend 'n nuwe koeltenk koop, anders gaan ons uit kapasiteit hardloop. Waar is die dae toe ons hele produksie in 'n emmer op Petrus se kop die huis ingeloop het elke oggend?


Tue, 4 Dec 2007 19:30:36 +0200:Projek Samurai


Die dogtertjies het 'n nuwe projek; hulle wil twee ossies mak maak om 'n slee (met hulle as passasiers) op die plaas rond te trek. Die twee kandidate, Rain se Samurai en Firn se Flapjack, weeg onderskeidelik 500 en 40 kg! Samurai is 2 en 'n bietjie jaar oud, en Flapjack is 2 en 'n bietjie maande oud. Die proses het vandag in alle erns begin. Firn en Jon het navorsing op die internet gedoen (sien http://prairieoxdrovers.com vir pragtige foto's), en die twee het aansienlik tyd spandeer om die ossies op die halter te laat loop - Samurai sommer op die perde s'n, en Jackie op Bokmakierie se touhalter. Die aansporing is groot, want as hulle slaag, hoef die ossies nie verkoop te word nie, dan kan hulle hul gras verdien deur die slee te trek.
Binne twee dae het ons twee nuwe werknemers - een om vir Thera, wat bedank het, te vervang, en ek't nou 'n amptelike 'Girl Friday' wat een maal per week vir my inkopies doen en liasseer. Die werkers se kruideniersware (en dit hou mens omtrent 2 uur lank in Pick 'n Pay besig) is vandag gekoop, met nog 'n paar klein takies in die dorp gedoen, plus 'n klomp liassering. Hoera vir Yolandie!
Ek het soveel planne vir ons drie girls vir die vakansie, en ek hoop ten minste 'n paar realiseer! Ons groot fokus is egter om die elektriese heining teen die einde van die jaar klaar te kry. Dit is 'n yslike uitdaging, met Jon wat heel moontlik geen verlof gaan neem nie. Die koeie ly erg aan modderstres en kry ook vrotpootjie van die modder en nat, wat weer geldelike verliese aan ons kant beteken. Sodra die heining, wat elektronies gemonitor sal wees, klaar is, hoef hulle nie meer in hulle klein, nat, modderige, horribale nagkampe te slaap nie.
Vier girls, ek, die dogtertjies, en Hope, Firn se windhond, het vanoggend ons gunsteling-teetuin besoek. 'n Lekker breek in 'n besige dag.


Sun, 2 Dec 2007 13:16:56 +0200:'n 'Blur'


Die afgelope paar dae is in 'n blur by my verby.
Die werker met die 'siek' kind is met R300 hier weg, net om my 'n dag later te bel en vertel hy kom nie terug nie. Sagkens gestel, ek is smoorkwaad. Ek, Aletta en Firn het ons die afgelope paar dae gaar gewerk om op te maak vir sy afwesigheid. My hele lyf pyn, ek't 'n woeste spierspasma langs die regterkant van my rug af, ek't my vinger gebrand (dis suiwer PYN om die bokke te melk) en ek wil net SLAAP. 'n Vervanging is hopenlik vanmiddag om 14:45, wanneer ons begin melk, aan diens.
Vrydag was Jon Durban toe vir die dag. Hy moes 05:00 op die lughawe wees, en ons het dus 03:30 opgestaan. Sy vlug terug was geskeduleer om 20:10 op OR Tambo te land, maar is vertraag en het eers 21:45 geland. Hy't dus om 23:00 by die huis aangekom. Die dogtertjies het moedig teen die vaak geveg, maar uiteindelik 22:00 gaan slaap, nadat ek belowe het om hulle wakker te maak as Daddy by die huis kom. (Nie dat hulle die volgende dag kon onthou dat ons hul wakker gemaak het nie!)
Douvoordag Saterdagoggend was ons op om met ons dagtakies te begin. Ek melkstal toe, en Jon woes aan die pale inplant sodat ons die langverwagte elektriese heining, wat ons koeie van die modder-moeras van hulle nagkampe moet verlos, kan klaarkry.
Ek is hartstogtelik lief vir die plaas en die diere, maar as dit gaan soos dit die afgelope drie dae gegaan het, visualiseer ek die plaas as 'n reuse-bosluis wat aan my vasklou en suig en suig tot dit wil bars van die bloed.
Dankie vir Jon wat ons uitgeneem het vir 'n laat-ontbyt vanoggend. Nou't ek weer moed vir die middag se take.


Sun, 2 Dec 2007 13:13:18 +0200:Dis wat jy daarvan maak - Donderdag 29 November


Vanoggend het horribaal begin. Ek was, skaars wakker, vanoggend 5-uur besig om oor Boerseun te buk om te kyk of hy lewendig of dood is (hy was dood) toe een van ons werkers kom se hy't nie geslaap nie, want sy kind is baie siek en hy wil huis toe gaan - Balfour toe. Omdat ons op 'n stelsel van 4 weke aan, 1 week af werk, is ons maar kort aan arbeid en as al die werkers wat op die plaas moet wees, nie hier kan wees nie, moet ek en die dogtertjies ons eie werk plus daardie werker se werk doen. Om menslikheidsredes het ek hom 'n geldjie geleen en laat gaan, en hy't my middagete laat weet hy moet Standerton-hospitaal toe met sy kind. Dus moes ek en die dogtertjies vandag woes inspring om te help.
Desnieteenstaande het ons 'n goeie skooldag agter die rug. Altwee dogtertjies het hul Saxon Maths gedoen, een met baie vreugde en een met baie weemoed! Rain is 57 lesse agter Firn, en sy beplan klaar om in die vakansie 'n bietjie aan te gaan met haar Maths. Ek het die tweede laaste hoofstuk van Prince Caspian gelees, en Firn 'n hoofstuk in Phantom Stallion. Rain het skrif gedoen en Firn 'n brief in Afrikaans (wat gewoonlik 'n straf is, maar sy't dit heel vrolik gedoen) op die 'Tuisleerders' nuusgroep geskryf.
RIP Boerseun (11 November 2007 - 29 November 2007). Ons het saam hard geveg, ou mannetjie met die klein, ronde koppie.


Wed, 28 Nov 2007 20:05:33 +0200:The show must go on


Een van die min nadele van jou eie besigheid is dat daar maar weinig voordele soos siekteverlof of vakansieverlof is. Ek het baie jammer vir myself gevoel vandag omdat ek maar net moes aangaan, baie seer rug of te nie. Ek wens ek kon minder grommerig wees as ek seer het, moeg is, of gestres is, en Jon stel daar vir my 'n baie goeie voorbeeld. Sondag was een van sy voete verskriklik seer, maar hy het dit net afgelag en nie sy misrabelheid op ons uitgehaal nie. Ongelukkig kan ek nie dieselfde vir my vir vandag se nie! Groot skuus Firn, Jon en Rain wat onder my 'sense of humour collapse' moes deurloop.
'n Baie deurmekaar dag, met last-minute vlugbesprekings omdat 'n klient in Durban dringend 'n besoek van Jon nodig het, Grieta wat uiteindelik rondom normale mense se middagete kalf ('normale mense' want ontbyt was vanoggend 10:15 en middagete 14:45), Corne, een van ons beste koeie, wat skielik 4 liter minder melk gee vanoggend, Beauty met 'n seer skouer, en Mary met mastitis.
Met al die doenigheid en die dogtertjies wat vanmiddag hul ballet-afsluitingspartytjie gehad het, het ons slegs Wiskunde vir skool gedoen vandag. Ek voel sommer goor daaroor; ek was so vasberade om 'n goeie week se skool in te kry.
Boerseun lewe nog, maar net-net. Ek't hom vanoggend 04:45 vir die eerste keer 'n bottel gegee en gespuit, en vanaand 19:30 sy laaste bottel en inspuiting gegee.


Tue, 27 Nov 2007 19:45:22 +0200:Siek diere op Hydeaway Farm


Lekker rondgehardloop vanoggend! Eers, vroeg, voor oggendmelk, doen ek my rondtes en kom af op 'n bebloede en geswelde dragtige vers, Njinski. Spuit haar kortisoon en sy's reg. Boerseun, Bokkie se klein bulkalfie, is baie siek - na aan dood. Ek't hom vandag 4 inspuitings gegee en hy is erg gedehidreer, so, behalwe vir sy twee melkbottels, het ek hom elke uur 250 ml lou soutwater ingegee. Grieta het weereens sleg ge-eet en haar koors is laag. Dr Louis diagnoseer telefonies na-aan-kalf , en ek spuit haar kortisoon om die kalwingsproses aan te help en die edeem bietjie te verlig. Haar uier is absoluut ENORM. Babsie het 'n seer voet, en ons spuit haar penisillien en 'n pynverligter.
Vanaand het Grieta al haar kos opge-eet, Babsie loop baie beter, Nijinski lyk reg, en Boerseun lewe nog.
Met al die onderbrekings om vir Boerseun sy bottel te gee, het skool aangehou tot net voor 2-uur vanmiddag. Rain is baie opgewonde oor haar Saxon Maths en sy doen die eerste deel regtig lag-lag. Soos haar pa, sien sy 'n betowering in syfers wat my en Firn heeltemal verbygaan. Maar ons twee hoor musiek in woorde!
Ons doen elke jaar heelwat moeite met die opbou na Kersdag. Omdat ek elke Kersdag werk, probeer ek 'n bietjie ekstra moeite met die aanloop doen, om my gewete 'n bietjie te salf oor die werkery. Die dogtertjies kry dus elke dag in Desember 'n klein geskenkie en ons koop ook elke jaar vir elke dogtertjie 'n Advent-kalender. Vanjaar het ons 'n bietjie meer moeite met die kalenders gedoen; ons het 'n materiaalkalender met sakkies gekoop. Jon het twee bokse sjokolades gekoop en elke dogtertjie het vir die ander een 'n sjokolade in elke sakkie weggesteek.
Maar, soos tipiese tuisskolers, het dit met heelwat Wiskunde en lesse oor besluitneming gepaard gegaan. Ek en Rain het eers die sjokolades mooi in die helfte gedeel. Daarna het ons uitgewerk hoeveel sjokolades nodig is (24 * 2 = 48), hoeveel ons het (37 * 2 = 74) en hoeveel ons by elke kind moet wegneem (37 - 24 = 13). Daarna die gewik en geweeg om 13 sjokolades te verwyder. Toe die besluit oor watter sjokolade in watter sakkie moet kom, en die beplanning om seker te maak die sjokolades word goed afgewissel, met die lekkerste een in die 24ste se sakkie.


Mon, 26 Nov 2007 20:15:07 +0200:Ons vorder


Die elektriese heining wat ons besig is om rondom die buitegeboue, werkers se huise en beeste se nagkampe op te sit, het 'n woeste hupstoot die naweek gekry nadat Jon Saterdagmiddag en die grootste deel van Sondag aan die heining spandeer het. Rain is sy klein helpertjie en sy het hom vir ure gehelp sonder om moeg te word. Ek het ook Sondagoggend en -middag gehelp, en soos 'n regte rancher gevoel met Rain se handskoene aan en al werkend aan die heining.
Sondaglaatmiddag was magic. Ons het gebraai sommer net daar langs die heining wat ons besig was om te span, in die perde se kamp met die koeie wat rustig langsaan wei. My 5-uur-alarm maak my wakker met 'I love cows' as motivering vir die vroegopstaan, en hy jok nie. Daar's min dinge so wonderlik soos 'n klomp koeie wat wei (maar dan dink ek ook dat koeimis lekker ruik ...). Die twee perde en Benjamin, die donkie, het eers hard probeer 'help' met die werk, en daarna duidelik besluit dat hulle ook moet deel in die kos na hul harde werk. Arme Rain, wat ons roosterbroodjies gemaak het, moes binne-in die bakkie vlug en die vensters tot bo toemaak om die nuuskierige, hongerige hoefdiere uit te hou. Apollo het ons opgepas. Die son het plek-plek sy strale deur die wolke gegooi en die weer was net reg. Die dogtertjies het uitbundig rondgehardloop. Ek wou nerens anders in die hele wereld wees nie.
Ons kon 'n bietjie doen met goeie nuus en het dit ook gekry in die vorm van 'n baie goeie dragtigheidstoets Saterdagoggend. Ons veearts doen so elke 3-maande dragtigheidstoetse op al ons koeie en verse wat saam met die bul loop. 'n Hele paar probleemgevalle is wel dragtig, en uit die 67 wat getoets is, is daar slegs twee wat uitgeskot moet word. Dis ons eerste dragtigheidstoets nadat ons nuwe bulletjie, Moonshot, hier begin werk het en ek was maar 'n bietjie senuweeagtig oor die resultate, veral omdat hy nog jonk is en ons 'n berg geld vir sy indrukwekkende stamboom betaal het. Dr Louis die veearts was ook nogal geamuseerd toe die dogtertjies aandring dat hy voorgestel word aan Dr Louis die ossie.
Hierdie week is die laaste week van skool en lyk my die kinders in die staatskole gaan nie juis meer skool nie; die maatjies wil net speel! Maar ek is vasbeslote om nog 'n volle vyf dae skool in te kry, en vandag het ons dit reggekry. Rain het ook vandag begin met Graad 4-Wiskunde. Die versoeking was daar om dit tot volgende jaar uit te stel, maar die eerste paar lesse is meestal hersiening en dus net reg vir die einde van die jaar.
Ek en Jon het vanmiddag, terwyl die dogtertjies by ballet was, op een van ons bitter skaars 'dates'gegaan - baie romanties kruideniersware, klere en boeke vir die dogtertjies gekoop. Ek wil so graag he Firn moet meer Afrikaans lees dat ek 'n 'Saartjie' boek vir haar gekoop het, en vir Rain ook 'n Afrikaanse boek, 'Tot siens Tommasino' - 'n boek deur Philip de Vos oor Mozart as 'n 14-jarige seun.
Vanaand het Jon ons meer geleer oor die joghurt-maak proses, en Firn lees amper elke aand 'n hoofstuk voor vir die hele gesin uit die nou-voltooide Pinto.
Die middelste blinde koei, Grieta, is hopenlik na aan kalf; haar uier lyk verskriklik vol, sy's ongemaklik en sy eet sleg. Ek sal haar met iets moet behandel, weet nog nie wat nie, as sy nie more kalf nie.


Fri, 23 Nov 2007 18:04:15 +0200:Hydeaway Toetskombuis


Ons drie girls het gistermiddag 10 liter bokmelk-drinkjoghurt gehad om mee te eksperimenteer. Ons wil graag 'n gesonde, natuurlike produk lewer, en daarom wou ons nie kunsmatige kleursel of geursel byvoeg nie. Dit het ons keuses nogal beperk (intussen onderhandel ek met mense wat natuurlike geursel verkoop) en ons het dus ons 40 250 ml botteltjies met 10 verskillende geure gevul, naamlik: Sterk Milo; Flou Milo; Sterk Aarbei ('n Illovo-stroop met geen baddies); Flou Aarbei; Sterk Swartbessie (ook 'n Illovo-stroop); Flou Swartbessie; Sterk Appelkooskonfyt; Flou Appelkooskonfyt; Sterk Heuning; Flou Heuning. Dit was baie lekker - veral die proeslag - maar na al die baie proe het die joghurts naderhand almal dieselfde begin proe.
Vandag het ons begin met marknavorsing. Tien botteltjies met tien verskillende geure is by die bure se drie kinders (13; 11 en 4 jaar oud) afgelaai, asook 'n spreadsheet waarop hulle elke produk moet punte gee volgense die volgende skaal: Baie lekker; Lekker; Sleg; Baie Sleg. Drie van ons werkers het die Sterk Heuning geproe en dit tops verklaar, maar ek weet nie of hulle my geglo het toe ek gese het ek sal hulle nie afdank as hulle se dis baie sleg nie!
Ons het ook op Pick 'n Pay se Home Shopping webwerf gaan kyk na die pryse vir drinkjoghurt. Dis laer as wat ons wil vra, maar bokmelk is natuurlik heelwat duurder as koeimelk.
Ek sou graag 'n bietjie van die produk wil verkoop, maar al verkoop ons dit nie, het die dogtertjies tog heelwat uit die hele proses geleer, en ek het dit verbasend baie geniet.
Skool gaan nog volstoom voort tot die einde van November. Ons glo nie in eksamen skryf nie, en gaan dus net voort met ons normale werkies tot volgende Vrydag. Rain het 'n breek van Wiskunde gekry vir vandag omdat my rekenaar steeds probleme gee, maar verder het dit heel goed gegaan. Sy geniet die maak van haar resepteboek baie. Gister het ons viskoekies in visvorm, op 'n see van komkommerstukkies, met ertjie-ogies en tamatiemondjies gemaak. Ek het dit afgeneem, die foto's gedruk, en Rain skryf nou die resep oor in haar resepteboek, waarby ons die foto's gaan plak. Sy geniet dit baie en kom glad nie agter dat sy eintlik penmanship, lees en Wiskunde doen nie.
Die beste koei in ons stal, Dimanda, het gister ons stalrekenaar (per ongeluk, glo ek) aan flarde geskop. Ons is dus nou tydelik terug op die papier-metode en dis aaklig en primitief.
Gister het ons ook uiteindelik daarby uitgekom om die 8 honde met Frontline te behandel vir bosluise, en, soos alles in die Hyde huishouding, moes die behandelings in die rekenaar kom met 'n alarm op my foon vir die volgende behandeling.
Na al hierdie bedrywigheid het ek 8-uur my shorts en sokkies uitgeskop, en net so met die res van my vuil plaasklere, met ongewaste gesig en ongeborselde tande, bo-op die beddegoed aan die slaap geraak tot vanoggend.


Wed, 21 Nov 2007 19:17:35 +0200:'n Besige, besige dag


Weer baie besig op die plaas. Ons het vandag inspuitings gegee asof dit uit die mode gaan: Drie kalfies met diarree (4 inspuitings tussen hulle); drie koeie hulle 4-weke-voor-kalwing vitamine; een koei haar ses-weke-voor-kalwing enting; 10 kleinerige kalfies ge-ent; een koei met galkoors (3 inspuitings) en een koei met 'n metaboliese steurnis (2 inspuitings). Dus 23 inspuitings, waarvan Firn 2 gegee het, ek 2, en arme Job, ons voorman, die res onder my en Firn se toesig. Dis ook nie net die inspuitings gee nie; almal moet voorberei word met steriele naalde en spuite, en elke liewe inspuiting se naam, hoeveelheid, lotnommer, vervaldatum en 'n beskrywing of rede moet in die rekenaar kom by die betrokke dier.
Ek het darem tyd gemaak om saam met Raintjie kaasmuffins te bak. Rain is mal oor bak en brou en ek wil regtig hard probeer om elke weeksdag 'n bak-en-brou sessie met haar in te kry. Firn het ook vir ons gelees uit Phantom Stallion #4: Free Again, en ek het 'n hoofstuk uit Prince Caspian gelees. Ons het geluister na nog 'n voltooide hoofstuk uit Firn se nuwe boek, Strength Lies In the Heart.
Die dogtertjies het vandag by ballet hul medalje-dansies se resultate gekry. Firn het onderskeidelik 'n A, A+, en A++ vir haar drie dansies gekry, en Rain 'n A++, A++, en A+ vir haar drie. Hulle is hoogs in hul skik met hulle resultate, en ek hoop dit motiveer vir Firn om vas te byt met die ballet.
Ek is vanmiddag dorp toe met 35 liter melk - 15 liter koeimelk en 20 liter bokmelk. Ons kan maar net nie vinnig genoeg van die bokmelk ontslae raak nie en ons sit met 'n yslike surplus. Vanaand is die aand vir joghurt maak!
Firn speel 'n bietjie meer met Rain en dis vir my 'n yslike verligting. My groot probleem bly nog soggens tussen 6 en 9 wanneer ek en Firn baie besig op die plaas is. Ek het probeer om vir Rain besig te hou deur my te help om die honde se kos te maak, wat sy baie geniet, en deur die tafel mooi te dek en iets vir ontbyt te maak. Maar die probleem is dat Rain se disse oorambisieus is, en of op 'n flop uitloop, of my ingryping nodig het net wanneer ek op my besigste is. Ek het dus nou besluit dat Rain liewers iets avontuurliks vir middagete moet maak, wanneer ek haar rustiger kan help. Dit sal wel inmeng met ons skooltyd, maar op hierdie stadium is kwaliteit-tyd saam met Mamma, en iets wat Rain kan doen sonder om in haar sussie se skaduwee te wees, meer belangrik as akademie. Ons het daarom vandag begin met 'n eie klein resepteboekie vir Rain, en die Pa moet hom maar regmaak vir bestanddele aankoop.


Tue, 20 Nov 2007 20:36:57 +0200:Om gelukkig te wees ...


Kyk, dit gaan Woes (aspris met 'n hoofletter gespel) hier. Ek smag teen die tyd nou al behoorlik na 'n lekker, stil, roetine-dag. Maar op 'n melkplaas is hulle maar skaars, en ons het regtig 'n rowwe tyd. As iets nie breek nie, is 'n dier siek, 'n werker siek, of ons melkkoper bevraagteken ons syfers. Laasgenoemde nou vanoggend. Dit nadat ons gister Irene toe gery het om nuwe melkmonsters af te lewer (watch this space vir resultate) en joghurt-kulture op te laai, en dus was ek nie by toe die drywer ons melk kom trek het nie. Daarom ook gister geen skool (behalwe dat ek so 'n uur lank vir Rain gelees het, en dat die dogtertjies natuurlik heelwat oor joghurt- en kaasmaak geleer het) en net 'n paar uurtjies se chargeable werk vir Jon.
Vandag se skool was heelwat meer suksesvol - Wiskunde, Firn se lees, my lees, en Creative Writing vir Firn. Firn het ook 'n verskriklike mooi storie vir jonger kinders, getiteld 'The Christmas Stallion' geskryf. Vir eksemplare van die storie (32kb groot), stuur 'n e-pos met 'Firn se storie' in die subject line na info@hydeawayfarm.co.za, en Firn sal vir jou die storie e-pos wanneer sy kans kry.
Ek, Job, Jabulane en die dogtertjies het vandag bulkalfies gekastreer. Regtig nie my gunsteling-tydverdryf nie, maar ek voel vanaand so goed oor die nare takie wat afgehandel is.
Die dogtertjies het vanmiddag eers lank op die trampolien gespeel, en daarna was dit twee dogtertjies, twee perde, en een hond wat die perdekamp 'ontdek' het en hul verbeelding vrye teuels gegee het. Ek lees op die oomblik vir hulle die vierde boek in die Narnia-reeks, en mens kan die boek se invloed sien in die name wat die verskillende hoekies en landmerke in die kamp gekry het, name soos Cair Paravel, Jackal's How, Teapot Waste, Benchknee Tree, Pinto's Forest, Sunny Woods, en The Circle. Ons ou, stukkende silo is 'n oorblyfsel van 'n kasteel se 'turret' en die nat kol rondom die krip 'n moeras.
Maar dis nie net 'n sprokieswereld nie. Ek is tevrede dat Firn se behoeftes werklik vervul word. Sy't haar plaas, haar honde, haar perd, haar kalfies en bokke, haar skryfwerk en haar verbeelding, en sy't weinig meer nodig. Maar ou Raintjie-roeloe is nie 'n plaasgirl nie. Sy's 'n ballet-feetjie, 'n sjef, 'n onderwyseres, 'n fisioterapeut, 'n make-up artist, en 'n regte klein dogtertjie. En as Mamma meer tyd gehad het, en Sussie meer met haar gespeel het, het sy dalk ook in feetjieland grootgeword. Ek is verskriklik, verskriklik bekommerd dat haar unieke behoeftes en talente nie die erkenning kry waarna elke mens smag nie. Ek moet op haar fokus, maar dit gaan so rof op die plaas, maak nie saak HOE ek beplan nie, ek bevind myself elke dag in crisis management mode.
Heel laaste maar nie die minste nie, moet ek net se hoeveel ek my man bewonder. Hy verloor sy sin vir humor en sy 'cool' net eenvoudig nooit nie, maar nie saak hoe erg die pressure en die mishaps raak nie. Sy gesin kom altyd eerste, dit skyn uit alles wat hy doen en se. Hy behandel sy dogtertjies soos twee prinsessies. Hy's 'n ware ster.


Sun, 18 Nov 2007 19:56:04 +0200:Ups & downs


Vandag was, ten einde laaste, min-of-meer 'n normale dag. Ek het later gevoel asof ons nooit weer net 'n gewone dag op die plaas gaan he nie. Donderdagnag was die krag vanaf 20:30 tot 06:20 af. Ons kragopwekker kan nie die melkmasjien, boorgatpomp, koeltenks en geyser alles gelyk trek nie, en dus moes ons 03:30 opstaan om voor te berei om 06:00 te kan begin melk. As ons maar net geweet het die krag sou 06:20 aankom, kon ons dit heeltemal vermy het. Jon, 'n 'jingle-skrywer' van formaat (maar slegs vir die gesin se ore bedoel) is besig om te werk aan 'n lied met die strekking dat Amerika tornado's het, Italie vulkane, en ons vir ESKOM en TELKOM.
Omdat ons dag so vroeg begin het, het ons beplan om halfdag te werk en mekaar in die dorp vir middagete ontmoet. Maar, toe wil Jon se bakkie se sleutels nie werk nie, dus moes ons almal saam terugry plaas toe om die spaarsleutels te kry, en almal weer terug sodat Jon sy bakkie kan kry. Skaars terug op die plaas en die vakuumpomp 'trip' aanmekaar. Jon sorteer dit uit, ons kry ons melkresultate en dis VROT, Jon jaag Balfour toe vir nuwe chemikaliee vir die melkstal, en sit langer as 'n uur stil in 'n verkeersknoop op pad terug.
Saterdag breek aan, en dis die dag van die dogtertjies se medalje-danse. Elkeen doen drie danse, wat beteken ses verskillende kostuums en ses verskillende haarstyle, waarvoor die Ma verantwoordelik is. Skaars daar, en hulle bel van die plaas af: die koeltenk se motor het uitgebrand. Ek dag ek hol weg!
Die dogtertjies het hul dansies verskriklik geniet. Rain is mal oor ALLES - die kostuums, die grimering, die opwinding, die danse, die oorhandiging van die medaljes. Firn hou van die dansery en die medaljeoorhandiging, maar sy hou niks van die aantrekkery en die grimering nie, en sy haat dit wanneer haar balletskoenlinte vasgewerk moet word. Arme Jon moes dit doen, en daar was maar 'n paar trane.
Die dansery het die hele oggend in beslag geneem, en ons was net lank genoeg terug op die plaas om seker te maak die werkers kan melk, om weer in die pad te val - die keer na 'n spitbraai vir boere wat melk aan Nigel Dairies lewer. Ek't 'n nuwe selfoon met 'n GPS en Jon het te lekker gespeel daarmee, al die pad Nigel toe en terug. 'n Verskriklike lekker, rustige aand, met lekker geselskap en heerlike kos.
Na die nare week verlede week het ons onsself twee keer met 'n ete by Wiesenhof probeer opbeur - Vrydagmiddag en vanoggend. En was dit nou lekker! Ek dink ons almal voel vanaand 'n bietjie beter. Volgende keer vertel ek van ons nuwe oggendroetine en hoe suksesvol dit is.


Thu, 15 Nov 2007 18:33:37 +0200:Te veel


Net gou nog 'n aanhaling van John Taylor Gatto, om aan te sluit by my vorige blog:
"Kids need to do, not sit in chairs."
Die verantwoordelikhede - tussen vrou-wees, ma-wees, boer-wees, werkgewer-wees, skooljuffrou-wees, boekhouer-en-sekretaresse-wees - is net eenvoudig te veel. As dinge glad verloop, cope ek net-net. Maar as dinge soos hierdie week loop, met twee koeie wat kalf (Bokkie en Shumba), een ONGELOOFLIKE siek koei (Mary), een bietjie-siek koei (Grieta), 'n vakuumpompmotor wat breek, 'n siekerige kind (Rain), skottelgoedwasser wat lek, 'n rekenaar wat oorverhit en aanmekaar afskakel, Aletta en Cornelia af, dan sukkel ek met 'n hoofletter "S".
Ek is so moeg dat ek eintlik naar is.


Mon, 12 Nov 2007 19:51:12 +0200:John Taylor Gatto


Vanaand is ek moeg, en ek 'kroek' so 'n bietjie. Hieronder is 'n paar John Taylor Gatto aanhalings. John Taylor Gatto is 'n bekroonde Amerikaanse onderwyser (New York State Teacher of the Year; New York City Teacher of the Year) wat disillusioned met die skoolsisteem geword het, en hy maak net soveel sin. Hy't byvoorbeeld geskryf:
"Kids educated at home are brighter and more impressively human than institutionalized kids simply because they are allowed to learn free of bells, bogus experts, phony sequences, endless interventions and similar junk."
"Schools allow no time for learning, only for memorization."
"Still another thing that schools teach is the meaninglessness of everything except external reward and punishment. By bells and many other similar techniques they teach that nothing is worth finishing."


Sun, 11 Nov 2007 18:33:26 +0200:Bokkie se boerseun


Bokkie het in die nag gekalf, net mooi ons negende bulletjie in 'n ry. Haar eerste kalf se naam is Boeremeisie, dus was 'Boerseun' die logiese keuse. Ons het 'n nuwe produk met glukose, minerale, vitamiene en elektroliete vir na-kalwing probeer, en dit werk uitstekend. Ek was half skrikkerig en het net die helfte van die aanbevole dosis van 20 liter aangemaak, maar Bokkie het haar 10 liter Reviva absoluut VERSLIND. Ongelukkig laat sak sy nie haar melk nie. Sy't vanoggend 2 liter en vanaand 4 liter gegee, en daardie uier is vol en hard.
Uiteindelik het ons vandag die perde en Benjamin die donkie teen Perdesiekte ge-ent. Ek en Firn sal beslis 'n bietjie rustiger slaap noudat hulle hul eerste dosis agter die rug het. Oor drie weke kry hulle weer 'n skraagdosis, en intussen moet hulle nie te hard werk nie.
Saterdagoggend het ek al die lakterende en droe koeie met 'n opgietmiddel teen bosluise behandel. Ek was dus die hele melking in die stal, en dit was ongelooflik lekker. Ek wil graag my roetine weer onder oe neem om te sien of ek nie meer tyd in die melkstal kan deurbring nie. Saam met Bokkie melk ons nou 39 koeitjies, en ons stuur so ongeveer 650 liter melk per dag weg - dis nou nadat ons en die kalfies ook melk gebruik het.
Volgende om te kalf is Rain se eerste-kalf vers, Shumba, en daarna ons blinde eerste-kalf vers, Grieta.
Jon het ons drie girls uitgeneem vir ete in die Deli Saterdagoggend. Firn het so 'n groot koppie hot chocolate verorber dat sy byna niks kon eet nie, maar ons ander het baie lekker ge-eet. Vandag was dit Rain se beurt om agter te bly met die etery by ontbyt, want sy't 'n vreeslike los en seer voortand gehad. Gelukkig het die ou melktandjie net voor middagete uitgeval, net betyds vir 'n properse Sondagmiddagmaal en tot die hele gesin se groot verligting, want Rain was regtig misrabel van die hongerte en die seer.
Vanoggend vroeg het Jon die groot krip in die perde se kamp leeggemaak en die krake heelgemaak, en hy't ook 'n bietjie sweiswerk in die melkstal gedoen. Dus, alle dinge in aggenome, 'n redelik suksesvolle naweek, met 'n bietjie rustyd ook ingegooi sodat ons reg is vir die week wat kom.


Fri, 9 Nov 2007 18:07:15 +0200:Inspirasie


Vandag was ons by ons maandelikse suiwelstudiegroepvergadering. Ja, ja, geen skool! Maar gisteraand het ons weereens Wiskunde geontskool, want Firn wou weet hoeveel medisyne 'n perd van 400 kg moet kry as hy 1ml per 20 kg moet kry. Dit het uitgeloop op 'n lesing oor langdeling, asook 'n les in die vermenigvuldiging van twee twee-syfer getalle. Jon en Firn het vir evening activities 'n touhalter vir Firn se kalfies gemaak, en vanoggend dou-voor-dag is die halter deeglik getoets.
Studiegroep was veral spesiaal omdat ons 'n lesing van ons vee-arts gehad het. Ons het ook bygestaan toe hy 'n kudde se dragtigheid gedoen het, en saam met hom die plaas se melkstal (hulle melk 100 stoet-Jerseys) en kalf-fasiliteite ge-inspekteer. Nou is ek EERS vuur-en-vlam om Hydeaway Jerseys op te bou na 'n spog-plaas!
Die dogtertjies was maar woes verveeld. Ek sal hard moet dink aan 'n plan om hulle besig te hou vir die volgende studiegroep. Rain het wel besluit (nadat sy verskriklik honger geword het) dat ons muffins of 'n koek vir die volgende vergadering moet bak.
Die boere wat aan Clover melk lewer, het 'n 13c per liter verhoging gekry. Ons wil dus ons melkkoper ook om 'n verhoging druk. Dit kan die laaste strooi wees wat die verlies-maak-kameel se rug breek, en dan breek ons dalkies net gelyk met ons melkery. Ek wil dit vreeslik graag op 'n punt kry waar dit ten minste my 'n klein salaris kan betaal, want dis darem 'n bietjie erg om al hierdie werk vir 'love and charity' te doen.
Vandag was ook 'n twee-bosse-blomme-vir-Dinki-dag. Een bos blomme van mense wat ossies by ons gekoop het, en ons R7000 te veel betaal het, omdat ons dit terugbetaal het. Nog 'n bos pienk rose van my man. Thanks, Jon.


Wed, 7 Nov 2007 19:32:36 +0200:Kinders hou mens nederig


Na aandete die meeste aande, doen ons wat in ons huis bekendstaan as 'evening activities'. Ek en Jon is besig met modelvliegtuie; die dogtertjies het elkeen 'n model Land Cruiser gebou, en die afgelope paar aande het Jon, 'n kranige boy scout in sy jeug, die dogtertjies geleer hoe om verskillende knope te maak.
Gisteraand wou Rain goed meet vir evening activities. Ek, Rain en Apollo was die slagoffers. Rain het 'n tabel opgetrek met ons drie se name bo-aan, en langs die kant verskillende liggaamsdele. Vir die wat dalk sou belangstel, die resultate is, onder andere, soos volg: Rain se ore is 5 cm lank, myne 5.2 cm, en Apollo s'n 15 cm. Met die voete wen ons weer vir Apollo, want Rain s'n is 20.4 cm, myne 21.7 cm, en Apollo net 10 cm. Dus, daar unschool ons Wiskunde net die dag na ek beweer mens kan dit nie doen nie!
Die dogtertjies en Aletta het vandag begin groente- en kruiesaad saai nadat Jabulane (in my lewe het ek nog nie iemand gesien wat kan spit soos hy nie) vir ons 'n groentepatch gespit het. Aletta is elke oggend vroeg vir een uur beskikbaar omdat ek vir Cornelia in die huis het, en ek beplan dat sy dit met tuinmaak moet deurbring. Hulle't grasuie (want ons wil kaas met grasuie maak), tamaties, boontjies en pampoensaad vandag gesaai. Jabulane is weer ingeroep om nog 'n klein patch te spit, want more wil Firn mielies plant. Ek en Jon wil baie graag ons eie groente eet, want ons vertrou nie Pick 'n Pay se groente nie.
Die volgende koei om te kalf is Bokkie. Bokkie het een maal vantevore gekalf - 'n versie genaamd Boeremeisie. Maar Bokkie en Nune, wie ons as dragtige verse by vriende gekoop het, het daar by hulle as Stouter en Kabouter bekend gestaan, want geen draad keer hulle nie. Dus, al is Bokkie naby aan kalf, bly sy nie in die kalfkampie nie, maar sy loop saam met die trop, anders spring sy eenvoudig die draad, en sy kan haarself en veral haar uier woes beseer. Arme Aletta moet haar daarom met 'n arendsoog dophou.
Kyk, ek hou niks daarvan om 'n koei in te spuit nie. En ek hou glad nie daarvan om 'n koei in die melkstal te spuit nie. Heel minste hou ek daarvan om 'n blinde koei te spuit. Vandag, more en oormore moet ek vir Rita, wat blind is, in die stal spuit. Sy't ligte baarmoederontsteking, en ons spuit haar Oxytocin om die baarmoeder te laat saamtrek. Maar Oxytocin stimuleer die melk 'let down', en daarom spuit ons haar net voordat ons haar melk, om die vrugte van die ekstra melk te pluk. Ekskuus, ou Ritatjie.
Firn het vandag begin werk aan die 'Jersey' afdeling van ons webwerf. Ek sal wel aankondig wanneer dit op die webwerf beskikbaar is. Sy't navorsing gedoen oor die voordele van Jerseys, asook die geskiedenis van die ras, maar laasgenoemde het sy uiters vervelig gevind, en ek sien daar's nie veel geskiedenis ingevoeg nie.


Tue, 6 Nov 2007 18:32:17 +0200:Oorweldig


Eers 'n aanhaling van 'n ma op 'n e-poslys waarvan ek lid is: Unschooling is a lifestyle and once you get to the point of unschooling not only education, but living an unschooling life, you will see that learning happens from the second you wake to the second you go to sleep, there is no school year, no weeks, no holidays, just living each and every day. Every day is fun, full of learning what everyone is interested in doing that day! It's like the best Saturdays you had as a child every day.
DIT is waar ek graag oor so 12 maande wil wees. Behalwe, natuurlik, vir die Wiskunde. Die veteraan-unschoolers probeer my oorreed dat mens Wiskunde ook kan unschool, maar ek wil net nie daaraan byt nie. Miskien as Jon geboer het. Maar nie nou in ons huis nie!
Ek voel vandag oorweldig deur my verpligtinge. Miskien omdat dit soos De Aar-stasie hier by ons was vandag. Afgri se weeklikse aflewering, Dairy Care se maandelikse aflewering, Naude's wat 'n nuwe kompressor vir ons plaaskoeltenk kom installeer, 'n vriend wat melk vir sy varke kom haal en sy vrou se beskuit kom aflewer. En dan die nuwe huishulp wat gehelp en gewys moet word. Tussen-in ook die LBS wat more moet in, krediteure wat betaal moet word, SARS is op my nek vir IRP5's, Job, ons voorman, gaan op sy maandelikse 1 week af en moet betaal word, en so gaan die lysie aan. Om nie van skool en Firn se perdry te praat nie!
Maar more is nog 'n dag en vandag is my huis BAIE skoner as gister, en dis so heldergroen hier by ons, dit maak amper jou oe seer.


Tue, 6 Nov 2007 09:19:41 +0200:Kaap toe & terug; 'n klomp saamgeflanste gedagtes


In die laaste 10 dae is ons Kaap toe en terug. Ja, met 'n bakkie. Met twee dogtertjies en twee honde, waarvan een 11 maande oud is. Laasgenoemde het absolute verwoesting agter in die bakkie gesaai. Op pad terug het hy Jon se rekenaarsak aan flarde gebyt. Arme Jon moes terstond 'n nuwe rekenaarsak koop.
'n Hoogtepunt op pad terug was die oorslaap by Travalia naby Drie Susters. Ons slaap baie daar, hierdie keer was als soos gewoonlik skoon, netjies, die mense vriendelik (en honde-liefhebbers - nooi tot die honde die restaurant binne) en die dogtertjies kon, tot hul groot opgewondenheid, 'n hanslammertjie voer (asof hulle nie al self 'n paar grootgemaak het nie - Firn het selfs al een op haar bed gehad). Die dogtertjies het heerlik in die reservoir baljaar, en Firn het van baie naby kennisgemaak met 'n uiters aggressiewe trapsuutjies.
Die stop by 'n nuwe padstal naby Springfontein was ook baie lekker. Apollo het homself oortref deur die venster oop te maak, uit te spring, en die padstal binne te storm tot groot ontsteltenis van die eienaars se 8-maande-oue-Staffie, wat op 'n haar na soos Jock of the Bushveld lyk.
En nog 'n onverwagse bederfie - die honderde klein swaeltjies in die nessies onder die brug oor die N1 toe ons stop vir 'n piepie-parade.
Terug by die huis, en dit gaan rof! Ons 650 liter melktenk is te klein vir 'n oggend- en aandmelk (brag brag) en loop spectacularly oor. Koeie moet roetine-inspuitings kry. Ons melkkoper se trok breek en hy kom haal laat melk. Die huishulp wat vandag moes begin werk, daag nie op nie - verdwyn sonder 'n woord. Dis Maandagaand, ons was Saterdag 13:00 tuis, en ek het NOG NIE klaar uitgepak nie.
'n Woordjie oor 'n goeie vriendin wat haar been gebreek het die dag voordat ons Kaap toe is. Dit gaan woes by hulle; ons was skaars tuis Saterdag, het vinnig kar uitgepak, kos opgelaai wat ek by die Deli vir haar laat kook het, en oorgesit hulle toe. En dis planttyd; haar man kan haar nie oppas nie, hy moet PLANT.
Laastens moet ek baie baie dankie se vir Jon wat ons veilig soontoe en terug gebring het. Ek het nie 'n enkele tree bestuur nie. Jammer hy't sy humeur met Apollo verloor, anders was sy rekord spotless!


Mon, 5 Nov 2007 20:19:47 +0200:Kaap toe & terug; 'n klomp saamgeflanste gedagtes


Thu, 1 Nov 2007 13:55:43 +0200:Suiwer betowering


By Nooitgedacht Cottage het ons baie oomblikke - amper te veel om op te noem - van absolute betowering ervaar. Gisteraand so teen 9-uur, toe Jon die blindings wil laat sak, wei die troppie takbokkies letterlik 2 meter van die venster af. Rustig, maar ook op hul hoede, soos bokke maar maak. En vanoggend se stap was baie na aan perfek. Eers die klim in die koue, nat mis, en toe, nadat die mis verdwyn, die gesoek na die mak elandbul en die dogtertjies se vreugde toe hy versigtig berg-af beweeg in reaksie op hul stemme. Een grootmens, twee kinders en twee honde se wilde hardloop van vreugde na die draad wat ons van die elandbul skei. Firn se skaterlag toe hy sukkel om die soetmielie te vreet. Die dogtertjies se verwondering oor 'n poeletjie vol paddavissies. Apollo wat oople langs die wingerd af na my toe. Die egiptiese ganspaartjie met hulle 9 klein gansies op die dam voor die cottage. Jon se besorgdheid oor die 'klein' eendjie wat sonder sy ma op die dam rondswem, en ons verligting toe Roberts ons vertel dis 'n volwasse witrugeend. Ons verbasing oor die reier wat gereeld 'n vinnige draai in die dam maak.
Ons gaan nerens sonder ons Roberts nie. Firn en Rain het hul oupa-grootjie en oupa aan vaderskant se liefde vir, en belangstelling in, voels ge-erf. Die Roberts is baie spesiaal, want dit was Jon se oupa s'n, aan hom gegee deur my skoonouers. Voor in staan daar "Not that we believe you need this book for reference, Dad, but rather that you may use it to prove that your knowledge of our birds is correct." Jon se oupa het die Engelse, Afrikaanse, Xhosa en Latynse name van die meeste van ons voels geken. Hy't 'n netjiese blou penmerkie gemaak langs die naam van elke voel wat hy gesien het, en die meeste voels is wel so gemerk. By elke 'family' is die 'order' se naam in Radford Hyde se netjiese handskrif, in rooi pen, ingeskryf.
Wat 'n kosbare erflating.


Tue, 30 Oct 2007 19:31:58 +0200:Ek mis ... Ek mis nie ...


Ek mis, hier in die Wes-Kaap, baie beslis my MTN-sein (ons het net 'n uiters wispelturige Vodacom-sein), baie beslis my wasmasjien, skottelgoedwasser, tuimeldroeer en strykplank - of nog beter, vir Aletta wat 'n halfuurtjie per dag gou stryk - ook ons plaas en al ons diere , behalwe dalk Pebble, 'n koei wat my al 'n paar keer gerol het. Ek mis my bakkie (Jon ry met hom werk toe in Atlantis, en ons bly sonder 'n voertuig) en ek mis my vol kruidenierskas en 'n lekker diep bad, asook somerreen. Ek mis my kastrolle, my broodbakmasjien, my ketel en my lekker koffiebekers.
Ek mis beslis nie die volgende van ons plaas nie: vliee, modder, koeimis, 'n groot bos sleutels orals saamdra, werkers wat al hulle probleme myne maak, die televisie (o salige stilte!) 5-uur opstaan 7 dae 'n week, krane wat lek, donderstorms, Eskom wat kom-en-gaan, voete wat pyn in die aand, 'n ewige gebrek aan tyd.
Die lekkerste in die Kaap is die oggendkoffie saam met Jon. By die huis drink ek my oggendkoffie so tussen stort en aantrek en hol om betyds in die melkstal te wees. Maar hier in die Kaap sit ons twee soos Oupa en Ouma op die stoep en drink ons koffie saam. Wat 'n luukse - geld kan dit nie koop nie.
Die slegste hier in die Kaap is 'n kop-aan-kop resies tussen die wasgoed met die hand was en, amper nog erger, uitdroog, en Rain se verveling. Firn het heeltemal ophou speel. As ons nie besig is met stap of skool nie, sit sy voor haar rekenaar en sy SKRYF. Sy's besig met Pinto en Strength Lies in the Heart, en sy't ook Oktober se Wooferdale Times klaargemaak. Laasgenoemde is 'n maandelikse koerant wat 'n woeste 'fan club' onder die oues van dae in Oos-Londen (waar Jon se ma-hulle bly) het. Ek dink sy't dit in 2005 begin uitgee.
Rain MOPE. Daar's nie 'n beter woord om dit te beskryf nie. Sy's MISRABEL. Sy kry verskriklik gou warm en dis baie warm hier. Sy haat insekte en hier's baie. Sy mis haar maatjies. Sy mis ballet. Sy mis speel met haar sussie. Sy mis haar honde. Sy dryf haar ma 'n bietjie teen die mure uit!


Tue, 30 Oct 2007 11:07:40 +0200:Die Hydes se seevakansie


Sondag het Jon net tot 14:00 gewerk, en ons het 'n glorious middag by Yzerfontein se strand deurgebring. Alles het saamgespeel: die weer was perfek, nie te koud nie, nie te warm nie, met net 'n ligte briesie; die dogtertjies het uitbundig in die branders baljaar; die honde het op-en-af langs die water gehardloop (met my op sleeptou); Jon se kommer-plooitjies het in die niet verdwyn en ek kon sien hy programmeer of boer vir 'n verandering nie in sy kop nie!
Laatmiddag het ons opgepak en aandete in Darling ge-eet. Ons was net-voor-donker terug by ons cottage.
'n Perfekte, perfekte middag.


Sat, 27 Oct 2007 18:20:59 +0200:Magic, magic walking


Ons vermy dit, sover moontlik, om in die dorp te bly wanneer ons saamgaan as Jon kliente in ander dorpe besoek. Ons drie is plaasgirls in murg en been. 'n Vriend (derde geslag op die plaas, vierde geslag nou net begin boer, en sy plaas in 'n grondeis verloor) het eendag vir ons vertel hoe sy oupa, toe hy dorp toe getrek het, van die grond op sy plaas ge-eet het. Dis 'n storie wat by my bly vassteek, omdat ek dit so goed kan begryp.
Die lekkerste lekker van die wynplaas waar ons op die oomblik bly, is ons daaglikse stap. Ons stap twee 'lang' stappe (tussen 45 minute en 1 uur) 'n dag, en 'n hele paar 'kort' stappe (so 15 minute) tussen-in. Op vanoggend se lang stap het ons uiteindelik die elande - 'n bul, koei en kalf - opgespoor. Ons het hulle al vantevore hier gesien, maar vanoggend het die dogtertjies tot by die bul geloop terwyl ek en die twee honde op 'n veilige afstand gebly het. Hulle het die bul gevryf en vertroetel dat dit 'n aardigheid is - ons het nooit besef hy is SO mak nie! Ek is net spyt ons het nie die kamera saamgeneem nie, maar more-oggend sal ons hulle dalk weer op dieselfde plek en dieselfde tyd gaan soek.
Vanmiddag was dit Firn se beurt om ons roete te kies, en ons het tot redelik hoog geklim. Die plaas is in 'n vallei en baie heuwelagtig. Al stap ek so baie by die huis, is my kuite styf en seer van al die op- en afdraende, en ook omdat die jongeheer Apollo net een spoed ken, en dis hardloopspoed. Ek het sommer vir die aardigheid gister my pedometer gedra. Ons het verwag dat ek omtrent 7 000 tree hier sou gee, en was lekker verbaas oor die 15 600 tree gister. Ons stappery is ook nie net vir plesier nie, want dis belangrik dat ek stapfiks bly, sodat ek nie sukkel terug by die huis nie.
Firn is druk besig met illustrasies vir haar eerste boek, 'Pinto, the story of a captive horse who found his freedom.' Die boek, wat nog nie heeltemal klaar geskryf is nie, bestaan uit 54 hoofstukke, en sy doen 'n illustrasie vir elke hoofstuk. Daarna word die illustrasies ge'scan' en op die regte plekke in die dokument geplaas.
Rain is nog steeds ietwat verveeld. Sy lees nog nie vir plesier nie, en sy hou nie so baie van teken soos Firn nie, so haar opsies is meer beperk. Ons het ook nie haar rekenaar ingepak nie, en dus leen sy maar myne wanneer sy die kans kry.


Fri, 26 Oct 2007 20:04:32 +0200:Die 'Sense of Humour Collapse'


Ek het vandag gely aan wat Jon as 'n ernstige 'sense of humour collapse' sou noem. Die krag was af vir langer as 'n uur (dit gebeur gereeld by die huis, maar ons het twee kragopwekkers en 'n gasstoof), my keyboard wou vir 'n ruk glad nie werk nie, ek het gesukkel om ons klere gewas te kry (ek en Rain het dit getrap onder in die stort), om dit droog te kry (op die bonnox heining rondom die cottage) en gestryk te kry (op die kombuistafel). Jon se werkshemp het onverklaarbaar twee keer minuskule klein vuilkolletjies gekry, so ek het dit net mooi drie keer gewas. Hy is verskriklik gesteld daarop om professioneel te lyk en sy werksklere moet perfek skoon en gestryk wees. Wel, skusie Jon, dis regtig nie moontlik in hierdie primitiewe toestande nie!
Ek het werklik gehoop om, soos gewoonlik, deur 'n berg admin te vlieg, en ek het nog net mooi niks gedoen nie. Dis deels omdat ons lang ente met die honde stap, maar ook omdat hier nie 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroeer of Aletta is wat elke oggend 'n uurtjie afknyp om klere te stryk nie.
Maar ek het darem later vanmiddag weer my perspektief herwin. Ons het 'n stunning laatmiddag-stap met die honde gehad, ek't die dogtertjies se hare 'n hot oil treatment en 'n long-overdue knip gegee (sommer 8 cm by Firn afgeknip), en skool gaan darem aan. Ek le elke middag vir 'n uur lank op die bed, en ek voel beslis nie meer so doodmoeg soos 'n paar dae gelede nie. Firn kry 'n lekker blaaskans - sy skryf aan 'n nuwe storie getitteld "Strength lies in the heart". Ek het die inleiding gelees, en dis absoluut amazing, na my objektiewe oordeel ;). Rain is maar 'n bietjie verveeld, want Firn speel nie juis met haar nie, sy SKRYF net. Ek was onseker of ek soveel tyd voor die rekenaar moet toelaat, maar het na 'n geselsie met Jon besluit om haar maar te laat skryf terwyl ons in Malmesbury is en terwyl haar muse so aktief is.
Een van ons blinde koeie, Rita, het vanmiddag gekalf. Dis NOG 'n bulkalf en ek dink ons gaan hom "Radish" noem. Ek is baie verlig dat sy in die dag gekalf het en dat als goed afgeloop het. Die werkers het net gewag dat sy hom klaar lek, en toe't hulle hom weggeneem en 2 liter bies ingejaag, sy naeltjie skoongemaak en hom in die ou stal onder komberse toegemaak (dis koud en reen in Heidelberg). Rita is vanaand gemelk en hulle vertel my sy is OK.
Jon se projek gaan maar rof. Ons was voorbereid daarop dat hy die hele Saterdag sal moet werk, maar hy't gisteraand so rondom 19:30 by die huis gekom met die nuus dat hy heel moontlik die hele Sondag ook sal moet werk. Dis vir ons almal goor as hy 'n hele naweek weg van die huis af werk, maar die heel slegste vir my is dat hy nie 'n ruskansie gaan kry voor Maandag, wanneer die klient lewendig gaan nie.


Thu, 25 Oct 2007 16:16:26 +0200:Apollo beteken Destroyer


Apollo von Kazandi is 'n elf-maande-oue Duitse Herdershond. Op die plaas is hy my absolute skaduwee; hy's een van die min honde wat tot in die melkportaal toegelaat word (koeie en bokke s'n). Omdat ek hom orals saamgeneem het vandat ons hom gekry het, kan ons rustig met die diere werk en hulle aanjaag selfs wanneer hy by is, sonder dat hy blaf of diere jaag.
Ek het vreeslik gewik en geweeg oor of hy moet saamkom Kaap toe of nie, en uiteindelik om baie selfsugtige redes besluit om hom wel saam te bring. Ek geniet sy geselskap verskriklik, en ek slaap rustiger omdat hy elke nag langs my bed slaap.
Ongelukkig was die rit af 'n disaster. Apollo het nog nooit goed stukkend gekou of in die tuin gegrawe nie, maar in die 16 uur van die plaas tot in die Kaap het hy goed daarvoor opgemaak. Hy't die perde se lunging rein, wat ons vir die honde ingepak het, twee leibande, en een van Rain se soft toys, stukkend gekou agter in die bakkie. Hy't die venster self wyd oopgemaak en aanmekaar sy kop uitgesteek. Hy wou uitspring by die tolhekke en stop & go's. Hy't die polisie verhinder om ons bakkie agterin te deursoek. En, by ons bestemming aangekom, het hy so geskrik vir sy eie weerkaatsing in die spieeltafel se spieel (ons het geen lae spieels in ons huis nie) dat hy woes begin blaf het, en Jon genoodsaak was om 'n handdoek oor die spieel te gooi.
Maar ek is BAIE bly hy's hier. Wanneer Firn met Flower loop, het Rain nou ook 'n hondjie met wie sy kan loop. En ek hoop om baie tyd met hom deur te bring. Op die plaas is ek so besig, ek's net so vaagweg bewus van iemand wat my rondvolg, en 'n vriendelike soen (ja, ek weet hy eet koeimis en nageboorte) elke oggend as my selfoon my wakkermaak. Hier wil ek hom regtig geniet en hom probeer dankie se vir sy getrouheid.


Mon, 22 Oct 2007 19:46:19 +0200:Voorbereidings


Ons is al van Vrydagmiddag af besig om die plaas voor te berei vir ons afwesigheid. Teen Saterdagaand was ek so moeg dat ek voor die rugby begin het, al vas aan die slaap was. Die dogtertjies het elkeen 'n maatjie Saterdag gehad wat vir die dag hier gekuier het, en die vier dogtertjies het baie lekker gespeel. Die twee kuiergaste het geleer hoe om 'n bok te melk en kalfies bottel te gee, en gekyk hoe die koeie gemelk word.
Sondag was baie, baie besig. Ons het klein kalfies ge'tag' met metaal tags - ons behoort dit op die dag van geboorte te doen, maar net Jon kan dit doen en ons is dus gewoonlik 'n paar agter. Gelukkig is ons koeie nog so min dat ons nie deurmekaar raak met die kalfies nie. Ons het ook groter kalfies in die drukgang gesit en met plastiek'tag's ge'tag' - dit gebeur wanneer hulle so ongeveer 150kg weeg. Ons was nog besig om te 'tag', toe Mary uiteindelik kalf. Weereens 'n bulletjie, 'n pragtige, yslike groot bont mannetjie. 'n Gesinsvergadering het besluit sy naam moet na ons wereldbekeroorwinning verwys. Ek wou hom graag 'Mannetjies Roux' noem, maar dis afgeskiet en Jon se voorstel van 'My Magtig Manne' het gewen. Mary het nou vir ons 4 versies en vir Magtig gegee. Die verse, waarvan twee nou al koeie is, is in volgorde Magic, Margie, Made You Look, en Malmesbury.
Ek is desperaat dat Rita, wat blind is, moet kalf voordat ons Kaap toe gaan. Sy't vanoggend baie naby aan kalf gelyk, en ek was baie hoopvol, maar daar't niks vandag gebeur nie. Volgende na haar om te kalf is Bokkie, maar sy's nog so 3 weke ver, so ek is nie te bekommerd oor haar nie.
Ons stresvlakke is maar hoog. Dis baie senutergend om die plaas alleen te los. 'n Mens probeer maar net voorsorg tref na die beste van jou vermoe.
Ons het darem vandag by skool uitgekom, maar dit beteken more gaan ek moet wikkel om alles gedoen te kry. My going away checklist het nog omtrent die helfte items wat gedoen moet word, en dan moet ek vir ons vier kos en klere pak.


Fri, 19 Oct 2007 19:01:16 +0200:Ons ry Kaap toe ...


Vandag die nuus gekry dat ons volgende week vir 'n week of wat na een van Jon se kliente in Atlantis moet gaan.
Die slegte is al die voorbereidings om die plaas gereed te kry vir ons afwesigheid. Omdat Jon gereeld na kliente in ander dorpe moet gaan, het ons 'n volledige checklist, bestaande uit 56 items (sover) vir hierdie trip, wat gedoen moet word voor ons ry. Die heel slegste is die bekommernis oor die diere wat sonder ons toesig moet regkom. En die honde veral, want ek dink hulle mis ons verskriklik. Hulle is mos gewoond daaraan dat ek en die dogtertjies meeste van die tyd op die plaas is.
Die goeie is dat ons op 'n pragtige wingerd- en koringplaas, in 'n baie mooi cottage, in die Malmesbury-distrik gaan bly. Ons het al 'n paar maal vantevore daar gebly, en dis baie lekker. Firn se border collie, Flower, gaan saam, so sy's heel tevrede om haar geliefde plaas te verlaat. In die kampie rondom die cottage loop 'n troppie mak takbokke. Flower is gelukkig so goed opgelei dat sy hulle nie jaag nie. Die eerste aand wat ons daar geslaap het, het ek wakker geword van 'n vreemde geluid. Toe ek by die venster uitkyk, sien ek dis twee takbokramme wat baklei, reg onder ons slaapkamervenster. Daar is ook 'n makkerige elandpaar, wat blykbaar onlangs 'n kalfie gehad het.
Die ruskansie van al die plaaswerkies sal veral vir Firn baie goed doen. Ons sal aangaan met skool daar, maar tussen-in is daar hope tyd vir speel en lang ente op die plaas gaan stap. Ek hoop om 'n groot berg agterstallige admin en boekhou gedoen te kry.
Gisteraand het die liewe Eskom, soos gewoonlik wanneer dit reen, ons in die steek gelaat, met die gevolg dat Rain te bang was om in haar eie bed te slaap, en kop-aan-punt met ons geslaap het. Nodeloos om te se, het ek en Jon maar sleg geslaap. Dit was dus noodsaaklik dat ons onsself met 'n oggendete by Wiesenhof bederf vanoggend. Skool het daarom regtig laat begin, en ons het nie veel gedoen nie, omdat ons ook 'n gesinsvergadering oor die Kaap-trippie gehou het. Ons het dit oorweeg dat Jon alleen gaan, en ek en die dogtertjies op die plaas bly. Firn was heeltemal daarvoor te vinde, maar Rain glad nie, en ek was ook nie baie gelukkig met die idee nie. Nog een van die vele voordele van tuisskool - skool gaan aan, maak nie saak waar ons is nie.
Ek begin al hoe meer voel dat 'n benadering wat die kind as geheel sien, en nie soveel klem op akademie le nie, net soveel beter is. Ek wil graag eerstens gelukkige en gesonde kinders grootmaak, en dan tweedens hulle bewapen met 'n nuuskierigheid en weetgierigheid oor die wereld om ons. Dis soveel beter om hulle te help om hulle passies te ontdek en verken, as om 'n klomp droe feite in hulle koppe te probeer inprop.


Wed, 17 Oct 2007 18:33:02 +0200:17 Oktober 2005


Op 17 Oktober 2005 is twee van ons honde, Cornfields Oldere Rocket, en Rain se skaaphondjie, Sheppie, dood toe ons deur gewapende rowers in ons huis oorval is. Rocket en Shep, ek dink nog elke dag aan julle, en ons almal, maar veral ou Raintjie, mis julle baie. Slaap rustig.
Ek het vandag weereens besef hoe afhanklik ons kinders van ons liefde en aandag is. Ek en Jon sit met maaltye waar hy teenwoordig is, altwee aan die kop van die tafel, met die dogtertjies aan weerskante. Wanneer Jon nie daar is nie, sit ek alleen aan die kop met die dogtertjies aan weerskante. In die laaste tyd het hul beurte gemaak om langs my aan die kop van die tafel te sit, en vanmiddag het 'n woeste argument uitgebreek. Ek kom toe agter watter groot ding dit in hulle lewens is om langs Mamma te sit. En dit terwyl hulle die grootste deel van die dag in my geselskap is! Uiteinde is dat ons nou aldrie op 'n ry aan die kop van die tafel sit as Jon nie hier is nie. Erg opgedruk, veral vir die Mamma in die middel. Maar dit wys jou net watter verantwoordelikheid ons as ouers dra.
Firn het gister 'n stukkie van haar voortand met Skye se halter uitgeslaan. Ons wik en weeg nog oor presies hoe om die hele storie aan te spreek.
My kalfoppasser en beeswagter, Aletta, is vandag terug na 'n week se verlof. Maar arme ou Aletta het nie vandag saam met haar geliefde koeie geloop nie, sy't 'n hele berg wasgoed gestryk. Ons het darem elkeen nou weer 'n kas vol klere!
Skool vandag was nie so produktief soos ek gehoop het nie. Altwee dogtertjies het Wiskunde gedoen. Rain het begin met deelsomme. Ons het die beginsel met tandestokkies geillustreer en ek dink sy snap dit goed. Firn moes Psalm 23 vir haar penmanship skryf. Ons het die King James weergawe vergelyk met die moderner weergawe en altwee besluit ons verkies die oudtydse taal. Firn het uit my boek, 'The horse and his boy' (die derde boek in die Chronicles of Narnia) gelees terwyl ek melk ingepak het. Ons is dorp toe met 20 liter beesmelk en 10 liter bokmelk. Rain het ook vir my gelees uit haar 'Princess Ellie'. Haar lees het verskriklik verbeter, en sy wil elke keer meer lees as waarvoor ons tyd het. Dit voel soos gister dat sy glad nie wou lees nie!
Firn wil nie meer ballet neem nie. Haar hoofrede is dat ons te veel van die plaas af is teen twee maal per week! Daardie rede dra dus nie vir my water nie - meeste van die tyd jaag ons ballet toe en jaag weer terug om ons plaaswerk te kom doen. Dis juis vir my 'n goeie manier om ons te dwing om 'n bietjie in die dorp ook te kom. En Rain is absoluut MAL oor ballet. Ek sal maar begin volgende jaar sien hoe voel Firn - dalk probeer ons iets anders, soos Moderne Danse of Drama.


Mon, 15 Oct 2007 20:06:51 +0200:Handboek vir kindgrootmaak


Ek het al baie boeke oor kinders grootmaak en tuisskool gelees. Ek wens net iemand wil een skryf wat net oor Firn en Rain gaan!
Firn is steeds moeg. Ons het Vrydag amper die hele dag 'afgevat'. Nadat die bokke gemelk is, het ons ontbyt by die Wimpy gaan eet, geen skool gedoen nie, en die dogtertjies het die middag by vriende deurgebring terwyl ek en Jon by Stafix (www.stafix.co.za) gaan inkopies doen het. Ons is besig om 'n 1.1 km elektriese heining rondom ons nagkampe en werkershuise op te rig.
Ons het vanmiddag 'n lang gesprek met Firn gevoer, om haar te probeer oorreed om dit 'n bietjie kalmer te vat. Ons voel 'n kind mag maar moeg gespeel wees, maar nie moeg gewerk nie! Enigste probleem is, sodra ek of Jon haar takies bietjie oorneem, gaan spring sy haar gedaan op die trampolien.
Sondag het ons by vriende gaan middagete eet. Firn wou nie met Rain speel nie, en die eindresultaat was dat ek nie my baie goeie vriendin se geselskap kon geniet soos ek wou nie, want Rain was heeltyd op my en oor my. Ek hou nie daarvan om kinders aan te se om te 'gaan speel' nie, en het alles probeer waaraan ek kon dink (insluitende omkopery) om Firn te oorreed om met Rain te speel, maar sy wou van niks weet nie. Dit het gemanifesteer in 'n baie grumpy Dinki wat haar humeur met Firn verloor het nadat ons tuisgekom het.
Skool vandag was heel suksesvol, in aggenome ons almal se werkslading. Die dogtertjies het skryfwerk gedoen, en Wiskunde, en ons al drie het gelees. Totdat ek 'n huishulp het (hopenlik begin Elizabeth 1 November) sal ek maar daarmee tevrede moet wees.
Plaasnuus is dat Bontrok suurpens gehad het. Ek vermoed sy was een van die koeie wat by die ou melkstal, waar die verse wat by die bul loop, gevoer word, 'ingebreek' het en sy't haar oorvreet aan die suiwelpille. Sy was VREK siek; ons het haar 'n teensuurmiddel gegee, asook antibiotika gespuit en penisillien per mond gegee, op ons veearts se aanbeveling.
Mary en Rita (laasgenoemde is blind) is volgende om te kalf. Oktober en November gaan redelike stil maande met kalwings wees, maar in Desember moet heelwat verse kalf. Ek is bly ons kon ons werkers oorreed dat ons hulle hul verlof uitbetaal, want dit beteken Desember gaan nie heeltemal so dol wees nie.


Sat, 13 Oct 2007 09:59:05 +0200:Die goeie uit die slegte- 9 Oktober


Gister het die wiele lekker afgeval - Jon het vroeg-vroeg, hier rondom 5-uur in die oggend, sy oggendkoffie op sy rekenaar se sleutelbord laat val. Arme sleutelbord is Moeg met 'n hoofletter 'M'. Gelukkig het ons dieselfde rekenaars, so hy kon my sleutelbord in sy rekenaar sit en voortwerk.
Daarna het die trekker gebreek, ons groot melktenk se kompressor ook, en ons ou melkkoper ons bloot vertel hy kom sommer van gister af nie meer ons melk haal nie. Ons moes dus blitsvinnig met die nuwe melkkoper reel om die min-of-meer 550 liter melk in ons enigste werkende koeltenk te kom haal - voor ons die middag moet melk. Mens kan mos nie vir koeie vra om hul melk vir 'n rukkie terug te hou nie! En vir die nuwe melkkoper het ons 'n spesiale soort kragprop nodig, wat ons nie het nie. Toe nog die (vals) tornado-alarm, en dit als maak 'n regtig terrible dag.
Maar Jon het uitgewerk hoe om my rekenaar vanaf sy rekenaar op 'n spesiale manier te 'sien', wat hom baie by sy kliente gaan help, hy't die trekker reggekry, die nuwe koper het al twee maal by ons getrek, en ons kry nou 30c per liter meer vir ons melk, van gister af. Ons wag nou nog net vir die kwotasie op 'n nuwe kompressor ...
Skool gister en vandag was BAIE beter. Ek't arme Aletta se arm gedraai om gisteroggend en vanoggend in die huis te werk, want sy't vanmiddag op haar maandelikse verlof van 7 dae vertrek. Met die dat ek nie vir die huisskoonmaak verantwoordelik was nie, het ons twee volle dae se skool ingekry - behalwe dat ek vandag so liggies ingesluimer het terwyl Firn vir ons gelees het (darem sonder dat die dogtertjies dit agtergekom het).
Vanaand het Jon ons uitgeneem na my en die dogtertjies se gunsteling-eetplek - Wiesenhof. Jon bly maar 'n Wimpy-man, maar ons 3 girls verkies eersgenoemde. Dit was baie lekker, en die beste van als is dat ons vroeg genoeg terug is dat ons almal op die normale tyd kan gaan slaap.


Thu, 11 Oct 2007 19:23:58 +0200:Rebellie!


Soms raak ek baie moeg vir ou vaal vervelige Dinki wat elke dag gedwee opstaan en haar koeitjies melk en haar gesin versorg. Dan raak ek lus om iets VERSKRIKLIKS te doen, soos om te gaan slaap sonder om my tande te borsel, of tjoklits vir ontbyt op te dis!
Toemaar, ek het vandag niks verskriklikers gedoen as om vir die dogtertjies elkeen 3 blokkies sjokolade na oggendete vir 'n spesiale vergunninkie te gee nie, en weereens aan die slaap geraak terwyl Firn vir ons gelees het. Dit wou-wou reen, en ek het so lekker in Firn se bed gele ...
Maar ek was vandag baie, baie lus om net 'n bietjie uit die roetine weg te breek. Ou Firntjie was ook gedaan. Ek het aan die ontbyttafel gesien als is nie reg nie, en toe bieg sy dat sy verskriklik moeg is. Die uiteinde is dat ek haar na ontbyt bed toe gestuur het met 'n Afrikaanse boek (Firn lees baie graag Engels, maar nie Afrikaans nie) met die opdrag om omtrent 40 bladsye te lees. Hoekom Firn so moeg is? Haar skedule lyk soos volg:
Vroegoggend, wanneer ons begin melk, gaan sy perde toe. Sy lei hulle uit hulle kamp na die rysirkel, waar hulle 'n baal het om aan te vreet. Soms borsel sy hulle en versorg hulle hoewe, ander kere ontmoet sy my op my roete van diere nagaan na die nag. Sy gryp 'n vinnige Milo en beskuit, en dan is dit terug perde toe om hulle hul kragvoer te gee. Dadelik daarna is dit tyd om die twee bokke te melk. Firn se voorarms is so hard soos klip, en sy melk dat die skuim so spat! Terug in die huis, het ek die honde se kos voorberei en Firn voer haar twee honde. Dan 'n kort brekie, waarna sy my help om die kalfies melk te gee en die hoenders kos te gee. Daarna die finale rondte om die melkkoeie te check, en Firn help om die koeie wat ingespuit moet word, in die drukgang te sit. Uiteindelik is dit dan (so tussen 9 en 9:30) tyd vir ontbyt. Net voor of net na ontbyt filter sy die bokmelk en gooi dit in die bottels.
Laatmiddag word die hele perde-sirkus herhaal, en melk ons weer een van die bokke, wat te veel melk het vir haar lammetjie. Kalfies melkgee is dan die werkers se verantwoordelikheid, en Firn kom gewoonlik nie saam op my vele rondtes tussen melkportaal en kalfies nie.
Die dogtertjies moet ook help in die huis - hulle dek die tafel vir elke maal, en moet hul eie beddens opmaak. Tussen-in help hulle ook maar uit soos dit nodig is. En dan is daar ook nog hul skoolwerk! Gewoonlik is ek ook moeg teen ontbyt-tyd, en maak hulle hul eie ontbyt. Selfs Rain kan enige variasie van eiers denkbaar maak.
Rain help met die meeste van die takies, maar Firn neem die leiding en doen die moeilikste werk. Rain is ons spesialis-babavoerder. Sy gee die twee boklammertjies en die suipkallers wat onderdak slaap (daar is tans 10) met die hand kos, om hulle aan te moedig om meer te vreet (wat beteken hulle groei vinniger, en hoe vinniger hul groei, hoe vroeer kan ons hulle melk en al die geld wat ons op hulle spandeer het, probeer terugkry).
More het ek 'n onderhoud met 'n aspirant-huishoudster, gereel deur Edubabe (www.edubabe.co.za). Arme, long-suffering Jon het vier onderhoude gevoer, 'n kortlys van twee kandidate opgestel, en ek gaan nou opvolg-onderhoude voer. Hopenlik kan my moee liggaam (amper 22000 tree gister - 15 km) binnekort 'n bietjie meer rus.


Tue, 9 Oct 2007 19:51:27 +0200:Die goeie uit die slegte


Sat, 6 Oct 2007 10:07:50 +0200:Hallo Hercules


'n Vers, Hester, het gister 'n nagmerrie-bevalling gehad. Ek't al 6-uur die oggend gesien sy wil kalf, en ons het haar in die blindes se kamp, wat ook diens doen as ons kalfkamp, gesit. So 20 voor 9 het haar water gebreek, en nadat ek my bene stompies geloop het tussen die huis en die kalfkampie het sy uiteindelik 20 oor 12 gekalf. Maar Madam het nie gaan le nie, en ek het die kalfie letterlik 'gevang'. Ook toe hy nog net so half-uit was, en nadat sy begin hardloop het met 'n swaaiende kalfie wat half-gebore is en heeltemal morsdood lyk. Wat 'n magtelose gevoel! Die ou kalfie leef darem, nog 'n bulkalf (van ons 20 suipkallers is 5 versies) wat ons na baie kopkrap 'Hercules' gedoop het. Hy's verbasend sterk; het binne 1 uur na geboorte 2 liter kolostrum uit 'n bottel verorber.
Met die kalwing het ons weereens nie baie skool gedoen nie. Darem Wiskunde gedoen, en Rain en Firn het vir ons gelees. Firn't 'n bietjie Afrikaanse skryfwerk gedoen (sy skryf aan 'n Tuisleerders Nuusgroep), en later die middag het ek en sy 'n lang gesprek gehad oor die Eerste en Tweede Wereldoorloe en die oorlog in Vietnam. Tipies Firn, het sy my vertel oor die honde wat diens gedoen het in hierdie oorloe en ek het uitgewei oor die oorsake van die oorloe. Ons het ook die betrokke lande op 'n wereldkaart gaan naspeur. En het ek gesoek om Vietnam te kry! O ja, en ons het 'n pamflet ontwerp en geskryf om Raficame Dairy Goats se bokmelk te adverteer.
Firn werk nog baie getrou met die perde, en sy't 'n klein entjie op Skye gery gistermiddag. Ongelukkig het sy nog nie genoeg selfvertroue om alleen te ry nie, en ek was so moeg na Hester se sirkus dat ek haar net vir so 10 minute rondgelei het.
Ons is in die proses om van melkkoper (vir ons koeimelk) te verander. Dis nogal senutergend; mens gaan 'n besigheidsverhouding met 'n nuwe vennoot aan, terwyl jy wonder of die ou melkkoper jou die berge geld wat hy jou skuld, gaan betaal. En na die verkoop van die bokkapatertjies, wat nog aan hul onderskeie ma's gedrink het, het ons nou 7 liter bokmelk per dag en nie genoeg vraag nie. Jon en Firn het vanoggend 'n advertensie by Pick 'n Pay gaan opsit, en ek en die dogtertjies sal Maandag pamflette by 'n winkel of twee aflaai.


Thu, 4 Oct 2007 19:03:59 +0200:Skoene en voete


Jon het gister sy boer-hoed opgesit, en ons het ons maandelikse suiwelstudiegroep-vergadering net anderkant Villiers bygewoon. Ek lief dit verskriklik - ons 'social' mos omtrent glad nie, so dis 'n groot bederf om net ander mense te sien en met hulle te gesels. Die feit dat dit ander suiwelboere is, met dieselfde belangstellings en bekommernisse, is 'n groot bonus. (Firn en Rain sit stilletjies soos muisies in 'n hoekie die hele 2 ure terwyl ons vergader).
Ons het ook gistermiddag ons jaarlikse besoek aan die 'Mall' gemaak. Ek was desperaat vir nuwe ordentlike plaasskoene en Rain moes ook nuwe skoene kry. Ek het sommer 'n baie lekker speelding ook gekoop - 'n pedometer, sodat ek kan sien hoe verskriklik ver ek elke dag loop. Hier so net voor aandete vandag het ek amper 16 000 tree (ongeveer 11 km!) geloop - dis nou tussen huis en melkportaal honderd maal 'n dag, kalfiehokke toe, en perde toe. Dis die dat ek my voete soos goud oppas. Ek dra net suiwer wol- of sybokhaarsokkies, en baie goeie skoene.
Ons 'Mall Crawl' het ook uitgeloop op 'n baie lekker nuwe bed vir Rain. Ou Raintjie slaap op 'n 'hand-me-down' bed, en sedert ons besoek aan die gasteplaas wil sy vreeslik graag 'n 'bunk bed' he. Ons het vir haar een gekoop met 'n lessenaar en boekrak onder, en die volgende paar aande sal ons dit aanmekaarsit en verf.
Na 'n paar uur was ons 3 plaasgirls hartlik siek vir die stad. Arme Jon wou ons nog uitneem vir aandete, maar ek wou daar niks van hoor nie; ek wou net HUIS TOE met 'n seer hart.
Met al die gebeure gister was daar nie skool nie. Vandag, na oggendwerkies en nadat ek die melktenker met my bakkie uit die modder moes sleep (hoera vir nog 10mm reen), het ons uiteindelik 11:00 met skool begin. Firn het 'n hele les Wiskunde deurgewerk, 'n bietjie Afrikaanse skryfwerk gedoen, en toe's dit middagetetyd. Rain het ook haar Wiskunde klaargemaak, Afrikaanse skryfwerk gedoen, en vir my voorgelees uit haar nuwe boek.
Die akademie suig dus 'n bietjie aan die agterspeen op die oomblik. Ek hoop om daarvoor op te maak wanneer ek eendag weer 'n huishoudster het. Maar intussen spandeer die dogtertjies ure buite by hulle perde en tussen die kalfies, en hulle blosende wangetjies en VERSKRIKLIKE eetlus getuig daarvan.


Tue, 2 Oct 2007 19:19:51 +0200:Blou Dinsdag


Dinsdae is tans my gunsteling-dae, want dis die een dag in die week wat ons beeswagter, Aletta, haar beeswagter-skoene vir 1 dag ophang en woerts-warts, vinnig en effektief, my hele varkhokkige huis regruk in die bestek van 1 oggend. En as ek die huis as 'varkhokkig' beskryf, oordryf ek geensins. Met Rivr se koliek en Blinkers se melkkoors, asook bosluisbehandeling vir die hele trop Saterdagoggend, was die huis so vuil dat ek eintlik bang was ons raak siek van die kieme.
Maar vanoggend was daar twee spanners in die works: dit het gereen (en ek is verskriklik dankbaar oor die reen, maar dis moeilik om die oggendtakies in die modder en nat te doen), en my selfoon het ophou funksioneer. Dit het vele implikasies: nie net kan niemand my in die hande kry nie, maar my 'reminders' gaan nie af nie (en ek het tientalle elke dag) en my One Time Pin kom nie by my uit nie, dus geen banksake. Die uiteinde was 'n baie, baie omgekrapte ek.
Dadelik moet ek beklemtoon dat ek verskriklik dankbaar is vir die 20 mm reen wat ons verlede nag gehad het, en die nog omtrent 20 wat ons vandag deur die dag gehad het. Maar ek wens julle kon Firn se bedremmelde figuurtjie sien, in 'n Jonssons reenoorpak vir grootmense, maar vasberade om haar perde te versorg, reen of nie!
Rain sukkel 'n bietjie na die verkoop van die twee bokkapatertjies. Ek het haar gister met Rescue gedokter, maar sy het 'n bietjie ekstra TLC van haar mamma nodig, en die mamma is so vrek moeg, sy is kwaai met almal.
Skool was so-so. Ek moes 'n klomp telefoonoproepe maak, en met die dat my selfoon stukkend is, moes ek die modemfoon gebruik. Sy screen werk nie, so dis 'n groot gesukkel. Ons het darem almal gelees, Rain het Wiskunde gedoen (na die oggendfiasko het ek eenvoudig nie krag gehad vir Firn se weersinnigheid met die Wiskunde nie, so ons het dit maar vandag oorgesien), en Firn het aan haar penmanship gewerk.
Ons Jersey X Frieskoei, Oepsie Daisy, het vanmiddag gekalf. Dis WEEREENS 'n bulletjie, deur die kinders O-la-la gedoop. O-la-la is ongelooflik mooi. Kyk, ek hou net mooi niks van 'n Holstein-Fries nie, maar ek vrek oor 'n bont Jersey. Die meneertjie is donkerbruin met wit kolle op sy beentjies. Regtig, regtig mooi. Ek wens hy was 'n versie.
Jon het huis toe gekom met 'n spesiale room vir moee bene en voete. My bene, en veral my voete, is elke aand seer en ek hoop dit gaan sommer baie help.


Mon, 1 Oct 2007 20:21:50 +0200:Terug skool toe


Die eerste dag van skool was minder erg as verwag. Ek doen nog steeds al die huiswerk, en daarom is dit baie moeilik om al die skoolwerk in te pas. Firn het baie langtand 'n Wiskunde-les gedoen, maar slegs 1 fout uit 27 bewerkings gemaak. Rain het haar Wiskunde heeltemal foutloos gedoen. Sy doen Gr 3-werk, hoewel sy eintlik in Gr 2 is, maar sy aard na haar pa met die Wiskunde!
Firn het ook Creative Writing gedoen, en Rain in haar 'Felicity Wishes' werkboekie gewerk. Rain het vir my voorgelees uit haar nuwe boek, en altwee het briefies aan die Tuisleerders nuusgroep gestuur - Rain het hare vir my dikteer.
Ons moes 'n melkprys vasstel vir die koeimelk wat ons verkoop, en ek het vir Firn oor marknavorsing geleer - die komponente en waarom dit belangrik is. Sy't 'n klomp verskillende melkpryse van Pick 'n Pay se Home Shopping afgelaai en 'n spreadsheet opgestel. Daarna het ek haar geleer hoe om 'n gemiddelde prys uit te werk, en ons het 'n prys vasgestel.
Middagete is bo-op die perde se oulandsgrasbaal ge-eet, met die twee stouterds wat baie in ons brood en slaai belanggestel het. Die dogtertjies boer by die perde; ek hoop dit hou lank genoeg dat Rivr goed kondisie optel.
Ballet was tipies skool - baie min gedoen in 1 1/2 uur. Die ballerinatjies het kostuums aangepas en bitter min ballet. Hulle oefen vir medalje-dansies in November.
Ek't begin om my modelvliegtuig te bou. Die aktiwiteit is nie so ontspannend soos toe ek dit baie jare gelede gedoen het nie - die verskil is 'n nuuskierige klein dogtertjie wat baie vrae vra, so graag wil 'help' en gedurig my lig versper.
Dit reen weer, en ons blydskap is groot. Ek hardloop die kalfies se whereabouts deur my kop - almal is hopenlik onderdak of onder 'n vorm van skuiling. Ek is net bekommerd oor Rachel wat vandag geaborteer het.


Sun, 30 Sep 2007 13:36:21 +0200:Even her shadow has grace


Een van Firn se gunsteling Josh Groban-liedjies bevat die frase 'Even her shadow has grace'. Ek het Donderdagoggend by so 'n vriendin tee gedrink. Immaculate, pragtige huis, fyn teekoppies, die gasvrou elegant, elke haar op sy plek, perfek gegrimeer. Lekker verby! En Raintjie speel met die dogtertjie, 'n jaar jonger as sy, en Firn en die 3-jarige seuntjie speel 'n hond uit 'n bos.
Plaasnuus is baie en ROF. Sien maar Firn se blog vir die gory details. Al wat ek wil byvoeg, is dat ek verskriklik beindruk was met Firn se vinnige maar kalme optrede toe Rivr koliek gekry het. Sy's 'n absolute steunpilaar op die plaas; ek kan nie dink HOE ek sonder haar kan boer nie! En dit op 10 jaar oud.
Ek is glad nie reg vir more se begin van skool nie. Ek sal maar more sien hoe gaan dit - ons het 'n nuwe projek, wat die verkoop van ongepasteuriseerde koeimelk behels, in 5 liter emmers en afgelewer. More maak ons ons eerste aflewering, saam met 'n brief wat Firn geskryf het waarin sy motiveer waarom ONS melk die beste is!
'n Ander nuwe instelling is 'evening activities'. Ek wou dit al doen vanaf vroeg in 2006 toe ons in 'Little Women' gelees het hoe die girls in die aand rondom die vuur sit, elkeen met sy eie klein takie besig. Die dogtertjies geniet dit vreeslik as ons saans na ete, almal met 'n projekkie in die hand, sit en gesels. Ek het vir my 'n model-vliegtuig gekoop om te bou en verf, waarmee ek vanaand gaan begin.
Ons het tussen Woensdag en Vrydag 'n glorious 44 mm reen gehad. Die kalfies wat ons in die laaste paar weke gespeen het, asook ons hoe-produserende koeie, verloor nou kondisie en ek hoop die veld gaan soveel verbeter na die reen dat hulle sal begin optel.
Jon verjaar vandag en ons 3 girls bak vir hom 'n woeste plaaskoek uit 'n kinderpartytjie-boek. Ek het gehelp met die bakslag, maar nou gaan ek die dogtertjies, versiersuiker, en lekkers loslaat op die koek, en kyk wat gebeur.


Wed, 26 Sep 2007 15:28:05 +0200:Die Hydes hou vakansie


Ons het 'n ongelooflike lekker langnaweek op 'n plaas naby die Vaaldam gehad, behalwe natuurlik dat Jon die Vrydagmiddag so laat gewerk het dat ons eers die Saterdagoggend kon vertrek, en dat ons net 3 ure by ons bestemming was voor ons moes terugkom plaas toe om 'n seel in ons melkmasjien se end unit te vervang. Daarom dat ons gewoonlik baie naby aan die plaas vakansie hou - ons was gou-gou weer terug op vakansie!
Ons en die dogtertjies het volleyball gespeel, bok-in-die-hok, pluimbal, en geroei op die plaasdam. Die dogtertjies het ver ente op hul fietse gery (met ons wat agterna kruip in die bakkie), in die dam geswem en in die vlak water gespeel vir ure aaneen. Jon het 'n klein bietjie rekenaarwerk gedoen (ons admin stelsel se 'tran' oftewel grootboek het uitmekaargeval en Jon moes dit weer aanmekaarsit, en ons het voorberei vir ons volgende suiwelstudiegroepvergadering).
Dit was lekker om te sien hoe die ou Jon weer stukkie-vir-stukkie tevoorskyn kom. Hy was ongelooflik moeg voor die naweek, en hoewel hy nie, soos ek, grumpy word wanneer hy moeg is nie (of dit dalk net beter as ek wegsteek) het ek en die dogtertjies tog 'n groot gemis aan die ou, vol-grappies-Jon gevoel.
Maar wat 'n come-down was gister nie! Die probleme het 6-uur gisteroggend begin toe een van ons twee 'lead milkers' nie opdaag nadat hy op verlof was nie. Die groot bekommernis was dat ons ander 'lead milker' gistermiddag op verlof moes vertrek, en ek was baie verlig toe eersgenoemde so teen 3-uur gistermiddag arriveer. Ons het ons verlofstelsel verander, sodat elkeen van ons 5 plaaswerkers 4 weke aan en 1 week af is, en dus het ons net 4 werkers op 'n slag op die plaas. Omdat hulle egter 7 dae af is, gee ons geen addisionele verlof nie, en dit was altyd 'n groot kopseer wat nou uit die weg geruim is.
Een van ons beste koeie, Dimanda, het Saterdagnag gekalf. Dis NOG 'n bulkalf, onmiddellik 'Dokter Louis' gedoop, vernoem na ons baie geliefde vee-arts, Dr Louis van Jaarsveld van Balfour.
Nou is ons weer volstoom aan die werk, behalwe dat dit skoolvakansie is tot volgende week. Die dogtertjies het egter nie vakansie van hul oggend-plaaswerkies nie, dus is hulle maar vroeg op om bokkies te melk, honde en hoenders kos te gee, en my te help met die kalfiebottels. Ons het op die oomblik 18 kalfies wat twee keer per dag moet bottel kry.
Firn skryf 'n maandelikse koerant, die Wooferdale Times, wat sy dan aan haar ouma & oupa in Oos-Londen pos. Sy't vanoggend September se WT klaargemaak en voorgelees aan my en Rain. Die WT is 'n mengsel van feite en verbeelding, en ek is elke keer verstom oor haar aktiewe verbeelding. Ek sou dit graag op ons webwerf wou sit, maar ek weet glad nie hoe nie.


Thu, 20 Sep 2007 19:41:46 +0200:Skoolvakansie


Ons skoolvakansie begin more, want more pak ek in en kry die plaas gereed vir ons afwesigheid omdat ons vir die langnaweek na 'n gasteplaas gaan. Jon het nog more-middag 'n vergadering, so ons weet nie of ons more laatmiddag, of Saterdagoggend vroeg, sal vertrek op ons tog (van 15 minute) nie.
Ek wil graag in die vakansie bietjie besin oor die rigting wat ons tuisskool inslaan. Ons beweeg al verder en verder in die rigting van 'unschooling'. Ek het nou al male sonder tal gesien dat kinders WIL leer, mits mens nie daardie leergierigheid reeds onderdruk het nie. Vanoggend, na oggendwerkies en ontbyt, moes ek 'n dringende e-pos afhandel. Firn was besig met haar Penmanship, maar ek het nie vir Rain enige werk gegee nie. Na so 30 minute het sy my kom wys wat sy gedoen het - weliswaar 'n voorskool-aktiwiteitsboekie, maar sy het die hele liewe boek foutloos deurgewerk, en dit uit vrye wil. Rain het ook, nadat sy haar Wiskunde klaargemaak het, om nog Wiskunde-opdragte kom smeek!
Ek wens net ek kon vriende maak met 'n tuisskoolma in ons omgewing wat ook min-of-meer dieselfde benadering as ek volg. Dit is maar 'n alleenpaadjie wat ek stap, en ek mis 'n gewillige oor en ondersteuning, en daardie 'Moenie worry nie, dit het al met my ook gebeur.' As ek nie so ongelooflik sterk gevoel het oor wat ons doen, en nie sulke goeie resultate gesien het nie, het ek dalk al die handdoek ingegooi.


Wed, 19 Sep 2007 20:14:52 +0200:Daardie ewige skuldgevoel


Firn se vers, Fiona, het vanoggend net na 7-uur begin kalf. Jy kon Firn natuurlik nie daar wegsleep nie. Sy't op haar telefoon 'n joernaal gehou van elke klein dingetjie tot in die fynste detail, en gelukkig vir haar (en my) senuwees, was dit 'n teksboek-kalwing. Firn het ook self vir Flapjack (Fiona se bulletjie) sy calfrescue (binne 5 minute na geboorte) en sy kolostrum-bottel (binne 1 uur na geboorte) gegee. Daarna het sy al die tersaaklike inligting 3 keer ingesleutel - een keer op die plaas-administrasie-stelsel, een keer op haar rekenaar, en een keer op die melkstal se rekenaar. Sy het ook haar telefoon-joernaal oorgedoen op haar rekenaar.
Hydeaway Jerseys is 'high tech' - die plaasadminrekenaar is met 'n wireless network verbind met die melkportaal se rekenaar. Ek kan dus voor my lessenaar sit en sien hoe word elke koei se melkproduksie in die portaal ingesleutel. Die volgende stap is 'n webcam, sodat ek regtig mooi kan sien wat in die portaal aangaan. Maar Firn moes als wel dubbel insleutel omdat die huisrekenaar nog nie outomaties aflaai na die melkportaal nie - Jon moet elke keer 'n proses hardloop om dit te doen, en omdat hy so besig is, pla ons hom so min moontlik.
Nou ja, terug na die skuldgevoel. Met die dat Firn so besig was met Fiona se kalwing, het ons bitter min formele skool gedoen. Ons moes ook 18 bokmelkbottels regkry vir aflewering - fakture skryf, etikette opplak, bottels inpak. En ons moes 2 kinders op verskillende plekke oplaai vir ballet, so ons moes vroeer as gewoonlik ry. Ek praat toe met een van die kinders wat in 'n skool is - vra wat hulle vandag gedoen het. 'Nee tannie,' kom die antwoord 'ons het heeldag movies gekyk.'
I rest my case.


Tue, 18 Sep 2007 16:24:38 +0200:'n Woeste sosiale lewe


Want Saterdagaand was ons by 'n 21st, en gisteraand het ons by vriende ge-eet. Andre en Antoinette het ons al onmeetbaar baie gehelp met ons melkery, en het weer gisteraand vir ons 'n motor vir ons koeltenk gegee, nadat ons groot koeltenk se motor gebreek het. Dankie, julle!
Een van die eregaste by die 21st was Abel die donkie, ongeveer 2 maande oud en drink nog bottel. Die mooiste ding met lang, sagte ore.
Skool gaan goed maar woes, want verlede Donderdag het my huishulp 24 uur kennis gegee. Nou skool ons maar so tussen die huisskoonmaak deur.
Vandag was ons weereens op 'n 'plaasskool'. Ons het kalfies ontwurm, maar dit het ook behels dat ons hulle massa nou vergelyk het met hulle massa toe ons hul laas in Julie geweeg het, die dogtertjies het hulle geweeg, die ontwurming uitgewerk (15 ml vir elke 50 kg), en toegedien. Dus Wiskunde op 'n baie praktiese manier. Firn het in haar Creative Writing boek gewerk, en ek en Rain het muffins gebak (weer Wiskunde - baie meet en weeg, asook tyd, want nie net moes ons die beslag vir 1 en 2 minute onderskeidelik klits nie, maar ons moes ook uitwerk wanneer die muffins uit die oond moet kom as dit vir 20 minute moet bak.)
Vanmiddag het ek Firn geneem vir perdry, en Rain is na ons kalfie- en beeswagter, Aletta Maduna, toe vir naaldwerklesse. Aletta is baie kreatief en hekel, brei baie mooi, en vleg ook die mooiste matjies en mandjies. Sy gee vir Rain les in ruil vir ons ou wasmasjien, 'n regte wen-wen situasie.


Wed, 12 Sep 2007 17:12:16 +0200:Spanwerk red vir Breathe en Nog Koeie vir Hydeaway Farm?


Ballerina, 'n vers, het Maandagoggend vroeg gekalf. Ek't so net na 6-uur na haar gaan kyk, en ek sien toe dadelik haar ou bulkalfie lyk swak. Nog 'n paar keer gaan kyk, en hier rondom 06:30 het ek hom 'n antibiotika en 'n kortisoon-inspuiting gegee. Hier rondom 7-uur wou ek vir hom sy kolostrum ingee, toe sien ek hy haal omtrent glad nie meer asem nie. Dankie tog, Jon werk by die huis en ek bel hom dadelik. Jon het gekom en hom probeer help asemhaal, my later weggestuur met die woorde 'Hy gaan dit nie maak nie', maar tussen my en Jon het ons hom wel deurgehaal! Omdat Ballerina se naam met 'n 'B' begin, moes syne ook, en die keuse was maklik - 'BREATHE'. Met 'n navoeging ook, maar nie herhaalbaar in 'n gesinsblog nie.
Ons het 'n kwotasie van Clover gekry - hulle stel belang in ons melk omdat dit van sulke goeie kwaliteit is. Maar die hoeveelheid is nie reg nie. Hulle wil minstens 800 liter 'n dag van ons he, en ons staan nou op rondom 500 liter per dag. As ons egter 800 liter 'n dag kan lewer, sal hulle R2.99 per liter betaal, vergeleke met die R2.40 per liter wat ons nou kry. Dus moet ons gaan sit en somme maak: sal dit ons betaal om nog 'n klomp (seker so rondom 12 of 15) koeie te koop?
Ek weet net nie of ek kans sien om 55 koeie te melk as 'n tweede werk nie. Die dogtertjies se skool sal en moet altyd eerste by my kom, en ek sukkel klaar om als by te bring.


Wed, 12 Sep 2007 17:03:29 +0200:Ek koop weer boeke


Ons is weereens in Rustige Rustenburg (vir 2 dae) en ek het die rustiger tyd gebruik om vir Firn en Rain inkopies by kalahari.net te doen.
Ek't vir Firn gekoop: James Herriot's Dog Stories (sy't hare uitgeleen en nooit teruggekry nie) en An Eye for a Dog: Illustrated Guide to Judging Purebred Dogs (sy wag al letterlik jare vir die boek).
Ek't vir Rain gekoop: Pony-Crazed Princess: Princess Ellie Solves a Mystery - #8 en Music CD Spirit - Stallion Of The Cimarron - Revised. Rain hou vreeslik baie van Bryan Adams. Ek vermoed dit het iets te doen met die feit dat ek deur 'n woeste Bryan Adams-fase gegaan het toe ek haar verwag het en toe sy 'n klein babatjie was. Bryan het actually 'n toer deur SA gedoen terwyl ek vir Rain verwag het, en ek wou vreeslik graag een van sy konserte bywoon, maar ek was bang die musiek is te hard vir die kosbare klein bondeltjie in my maag.
Vir ons almal om in die kar te luister, het ek die Audio CD All Things Bright and Beautiful (ook James Herriot) gekoop. Dit was so net oor die R300, so ek hoop dis die koop werd.


Sun, 9 Sep 2007 20:21:13 +0200:2 kalfies op 1 dag


Blinkers (so rondom 3-uur) en 'n vers, Bluebell (so rondom 23:30) het altwee gister gekalf. Blinkers 'n versie, Benita, en Bluebell 'n bulkalfie, Bisto. Die twee verse Ballerina en Fiona is altwee baie naby aan kalf, en ek sal nie verbaas wees om, soos gisteraand, weer vanaand 'n middernagtelike telefoonoproep van 'n werker te ontvang nie!
Ander plaasnuus is dat ons aangesluit het by 'n klein suiwelstudiegroep bestaande uit 'n paar boere suid van Villiers. Ons het verlede week ons eerste vergadering bygewoon en dit was baie, baie lekker en interessant. Een van die lekker dinge is dat een van die ander boere ook 'n Jersey-stoet het (die meeste suiwelboere boer mos met wat ons 'foksterriers' noem - Holstein-Friese).
'n Vriendin het vir my die mooiste stickers met ons logo op vir my bakkie present gegee. Ek voel skoon spoggerig al is die bakkie gewoonlik vrek stowwerig en het ek hom een keer gestamp, 'n kalf, Klippie, 'n duik in hom gehardloop en 'n werknemer by een van Jon se kliente hom ook gestamp.
Formele skool gaan nie so great op die oomblik nie. Omdat dit so warm is, is ek baie moeg wanneer die oggendwerkies klaar is, en ek dink die dogtertjies maar ook. Dus gaan dit 'n bietjie stadig na my sin. Maar ons gryp steeds alle kanse op leer aan. As ek net die naweek as 'n voorbeeld kan gebruik, het ek vir Firn geleer oor die verskillende ondernemingsvorme (van eenmansaak tot publieke maatskappy), ek en Rain het alles en nog wat gemeet (insluitend die omtrek en area van 'n blokkie sjokolade uitgewerk), ons het die digtheid van Blinkers en Fiona se melk met 'n densimeter gemeet, nadat ons sekergemaak het die melk is die regte temperatuur, Firn het meer geleer oor die skryf van die groter syfers (40 en op) in Romeinse syfers, Firn het geleer hoe om, deur 'n manual te volg, foto's van haar selfoon op haar rekenaar af te laai, en so gaan die lys aan.
Op persoonlike front moet ek kla dat ek nogal baie moeg is - fisies moeg. Dis warm, en Aletta Maduna wat my help met die kalfies is op verlof. Jon werk hard aan sy rekenaarwerk in die week, en hard op die plaas oor die naweek. Kombineer dit met my 7-dae-werkweek en die dogtertjies wat maar altyd by ons is, en dit gee vir jou 'n vrou wat haar man erg mis.


Mon, 3 Sep 2007 19:56:56 +0200:Heel kinders



Ek't hierdie op 'n e-pos op 'n tuisonderwys-besprekingsgroep gekry:
'Te midde van die gewerskaf en verandering, altyd poog om 'n beter produk te lewer en die beursie vol genoeg te hou om die wolf weg te hou, mag ons nie perspektief op ons groter doel verloor nie. Om kinders tot eer van sy Naam groot te maak. Héél kinders.'
Baie gepas, siende dat ek verlede week iets gedoen het waarvan ek regtig nie hou nie: ek't 'n baie lekker werkaanbod van die hand gewys - so 1 1/2 uur per dag, 6 dae 'n week by E-Brief News (www.legalbrief.co.za). Ek't al vantevore vir hulle gewerk, en hulle wou graag he ek moes hulle weer help. Maar ek sou dit nie kon inpas tussen koeie, kinders en admin nie, en moes dit vreeslik dikmond van die hand wys.


Fri, 31 Aug 2007 19:19:21 +0200:Leon-Thom Rocket Moonshot


Ons nuwe bul, Moonshot vir kort, het gister in styl gearriveer. Hy is 'n baie bont Jersey (lyk amper soos 'n bruin-en-wit Fries) en net 18 maande oud, met 'n harem van amper 60 wat hy gelukkig moet hou. Hallo Moonshot, ons is bly jy's hier!
Pebble, die koei wat my haat, en my al drie keer gestamp het, het hierdie week gekalf. Dis 'n bulletjie (alweer, sug) en hy't die vleiende naam van 'Plop innie Sand.'
Ek is verskriklik bly ons het verlede Saterdag en Sondag skool gedoen, want ons het Woensdag en Donderdag 'n vriendin in nood gehelp en kon dus geen skool doen nie. Vandag was egter weer min-of-meer terug na normaal.
Ons sou weggegaan het vir die naweek (na 'n gasteplaas, jy vang ons nie sommer vrywilliglik in die dorp nie - kyk by www.wheretostay.co.za/klipkraal vir ons bestemming, 'n hele 15 minute se ry van ons plaas af!). Maar nou moes ons vir ons voorman menslikheidsverlof gee om na 'n begrafnis te gaan, en pas ons dus maar die naweek plaas op, en werk dat ons hop, want 'n ander plaaswerker is ook op verlof.
Volgende om te kalf is Firn se koei, Blinkers, en die versies Bluebell, Ballerina, en Fiona (laasgenoemde ook Firn s'n). En ek het die nare vermoede hulle gaan almal in die volgende 5 dae kalf, wat 'n ROWWE tyd vir ons drie girls sal beteken.
Dis vuurseisoen hier by ons - droog en winderig. Jon was vanmiddag juis by 'n vuur, wat dreig om weer op te vlam. Ons hou maar duimvas hy hoef nie te gaan vuurslaan in die middel van die nag nie!


Mon, 27 Aug 2007 17:32:04 +0200:Raficame wen vir Hydeaway Farm


Raficame is Firn en Rain se boerdery, hoofsaaklik, op die oomblik, bestaande uit 2 melkbokke wat gemelk en die melk aan allergiese babas se ma's in Heidelberg verkoop word.
Ons laat toets gereeld ons melk se kwaliteit by Lactolab in Irene, en ons het verlede week 'n koeimelk- en bokmelkmonster daar afgelaai. Ter agtergrond en baie vereenvoudig, as mens melk produseer, moet jou bakterie-telling onder 200 wees. As jy rou (ongepasteuriseerde) melk wil verkoop, moet jou telling onder 50 wees. Ons standaarde is hoog - ons mik om ons telling onder 20 te hou. Dus: hoe laer die telling, hoe beter (hoe minder bakteriee).
Lang storie kort, ons nuutste toets wys Hydeaway Jerseys se koeimelk se telling is 17. Ons is tevrede daarmee. Maar Raficame Dairy Goats se telling is 10! Ek is verskriklik trots op die dogtertjies wat so mooi skoon werk. Dis regtig 'n uitstekende telling. En die dogtertjies is nie min trots op hulself nie!
Ons is nog steeds (en nou baie langtand) in Rustenburg. Ons almal se harte trek met 'n punt terug plaas toe. Ek kry wel baie admin gedoen, en skool is werklik nie 'n uitdaging as mens dit nie tussen boer probeer inpas nie. Maar ons mis ons diere en ons eie beddens.
Arme Jon het gister (Sondag) van 08:00 tot 20:00 by die klient deurgebring. Vandag gaan hulle lewendig by die klient en ek dink dit gaan woes ...


Fri, 24 Aug 2007 18:50:12 +0200:Vervelig is wonderlik


Ons is van gisteroggend vroeg in Rustenburg omdat Jon by 'n klient naby Sun City werk tot middel volgende week. Dis BORING hier, maar ek is bevrees ek's nou op daardie stadium van my lewe dat vervelig net stunning is.
Ek't gisteraand, nadat ek gister omtrent 1 uur in die dag geslaap het (ag skuus julle, skool is kortgeknip omdat die Ma gesien het sy gaan aan die slaap raak), net na 8 in die bed geklim en net voor 6 die volgende oggend weer uitgeklim. So skuins na 12 vanmiddag was ek weer terug in die bed en vas aan die slaap. Dit voel soos gister wat ek nie in die dag (om nie eers van die nag te praat nie) kon slaap nie, tensy Jon tuis was om 'n ogie op die dogtertjies te hou. Ai, hulle word te vinnig groot - maar dis 'n ander blog op 'n ander dag.
Vanmiddag voel ek darem weer soos 'n mens. Nou is die naweek op hande, maar arme Jon werk dwarsdeur die naweek omdat sy klient lewendig gaan op 'n 'deckling' stelsel (dis, simplisties gestel, wanneer mens beplan hoe om bokse te sny) wat moet interface na die stelsel wat hy ondersteun. En ek sal ook maar moet werk, want die bank is sterk op my spoor vir ons finansiele state. Skool gaan ons ook doen, want volgende week Woensdag, wanneer ons terugry, en Vrydag, wanneer ons inpak vir ons LANG vakansie van 2 dae, gaan daar maar bitter min skool wees. Ek't dus vandag die dogtertjies omgepraat dat ons more en Sondag ook sal skool, minus die Wiskunde (ek het probeer, maar Firn wou haar nie laat oorreed nie).
Dus boer ek vir die volgende paar dae oor die telefoon en rus lekker so tussen die finansiele state en die skool deur.


Tue, 21 Aug 2007 19:37:40 +0200:Hoe praat mens nou weer Engels?


Ons het 'n ongelooflike terrible dag gehad. Enigste ligpunt was Bettie wat in die nag 'n verskalfie, Bianca, gehad het.
Maar aan die ander kant het ons melk-koeltenk gebreek, ons voorman nie opgedaag na sy maandelikse verlof nie, Bruinie het 'n vroeggebore kalfie gehad wat dood is, ons het ossies verkoop maar kon hul nie op die vragmotor laai nie, en Jon moes 'n sleepwa huur by boere hier naby en hul self aanry. O ja, en Magic se bulkalfie, Milo, is erg siek.
Teen die agtergrond van die verskriklike dag, gaan laai Jon die sleepwa af en ontmoet die boervrou. Toe sy Engels met hom praat (hou in gedagte die oorgrote meerderheid boere hier rond is Afrikaans), skrik hy so groot dat hy HEELTEMAL vergeet hoe om Engels te praat! Praat toe onder andere oor die 'oxes' wat ons gelaai het. Ek moes toe natuurlik die Engelse tannie bel en om verskoning vra, en die tannie was hoogs verbaas om te hoor dat sy met 'n Engelsman te doen gehad het!
En as julle dalk bekommerd is, ons het wel so tussen-in 'n volledige skooldag ingepas.


Mon, 20 Aug 2007 19:46:24 +0200:'n Nuwe idee vir skool


Elke oggend stres ek myself in 'n slegte bui in omdat 'skool' so laat begin. Nadat ek al deur al die diere geloop het, die 8 honde kosgegee het, saam met Firn en Rain die 2 bokke gemelk het, 'n paar draaie in die melkstal gemaak het (o ja, voor die draai loop ook 1 bondel klere was, 1 brood bak en, soos Jon dit noem, my 'mooimaak vir my koeitjies') en 15 kalfies (met Firn & Rain se hulp) hul bottels gegee het, om nie te praat van ontbyt vir 1 honger ma en 2 baie honger kinders nie, is dit hier tussen 09:30 en 10:00 en is ek histeries omdat formele skool nog nie begin het nie.
Nou het ek besluit die dogtertjies kan direk na ontbyt, terwyl ek vir die werkers hul dagtake gee en na die onvermydelike daaglikse krisisse omsien, solank aan hul handskrif werk. Firn werk in haar 'Creative Writing and Penmanship' boek, en vir Rain druk ek worksheets (tans www.donnayoung.org).
Ons het dit vanoggend probeer, en dit het beslis die druk op my verlig. Die dogtertjies was 10:00 reeds druk besig met hul werkies en ek kon gou-gou 'n paar dingetjies gedoen kry. Die res van die skoologgend het toe sommer seepglad verloop.
Bettie is volgende om te kalf. Haar spene staan in alle windrigtings en sy loop met moeite. Ek voorspel dat sy vannag of more gaan kalf. Ek hoop net dit gebeur voor ons teen die einde van die week vir 'n paar dae Rustenburg toe gaan.


Sat, 18 Aug 2007 17:41:43 +0200:Brownie points vir Jon


Jon was Donderdag vir die dag na 'n klient in Durban. Hy't 03:45 die oggend hier weggery lughawe toe, en 21:15 weer by die huis gekom. Nodeloos om te se, Vrydag was ons almal doodmoeg. Die dogtertjies het darem nie 03:30 saam met my en Jon opgestaan nie, maar hulle't wakker gebly tot hy terug was. Jon se brownie points het gekom toe hy se hy't my vreeslik gemis; volgende keer (hy gaan so een maal per maand fisies na die klient vir 'n dag; die res van die tyd werk hy oor die airwaves op hulle stelsel) ry ons maar almal saam Durban toe die vorige dag en slaap in 'n gastehuis. En ek dag ek's die enigste een wat hom so erg mis op hierdie trippies.
Ons kalahari.net boeke het gekom, en ook 'n Creative Writing Gr 6 boek wat ek van A Beka books in die VSA bestel het (boek 8 dollar, posgeld 23 dollar!) Firn is MAL oor haar boek. Sy't gisteraand lank in hom gewerk, en vanoggend ook. Die lekkerte van tuisskool en nie jou kinders so druk nie - Firn werk vrywillig op 'n Vrydagaand en 'n Saterdagoggend.
Die dogtertjies het heeldag 'n maatjie gehad wat by hulle kom speel het vandag. Mariska is 11 en in 'n rolstoel. Na vele operasies loop sy met moeite as iemand haar baie help, en sy sukkel ook om regop te sit. Maar die drie girls het baie lekker gekuier en gespeel, en ons net so lekker met haar ouers gekuier. Mariska het verlief geraak op die koeie en dreig net om een by Jon te koop!
More-oggend behandel ons die koeie vir bosluise. Dit behels dat elke koei 'geweeg' word met 'n spesiale maatband, en 'n opgietmiddel op elke koei se rug gegooi word. Ons begin ook eksperimenteer met 'n nuwe soort geperforeerde lappie met chemikalie op om die spene skoon te maak voor ons melk. Gewoonlik le ek Sondagoggende tot 6-uur in die bed omdat Jon my vroegoggendwerkies doen, maar more-oggend gaan ons almal maar moet inspring en help! Dus klim ons vanaand almal vroeg in die bed.


Wed, 15 Aug 2007 19:49:24 +0200:Besige dae ...


By ballet vanmiddag lui my telefoon aanmekaar. Die alarm gaan af by die huis, Olive is besig om te kalf, daar's 'n vuur 2 plase suid van ons.
En vanoggend stamp die klein bokrammetjie, Spice, sy horing dat mens net bloed sien spat! Ek't hom maar penicillin en pynverdower gespuit, en die horing met antibiotiese spuitmiddel bygekom.
Maar gelukkig is die vuur dood, Olive het maklik gekalf ('n bulletjie, Ore) en Spice hol weer rond.
Ek't gister een van my eie reels vir skool gebreek en 'n boek 'abandon' wat ons so kwartpad gelees het. 'Jo's boys' van Luisa May Alcott kon ons maar net die boei nie. Ek was later so traag om dit te lees, en die dogtertjies luister maar so langtand, dat ek besluit het om daarmee op te hou. Nou lees ons die tweede boek uit die 'Chronicles of Narnia' reeks, 'The Lion, the Witch and the Wardrobe'. Ons aldrie geniet dit verskriklik.
Ons projek vir die week is ''n Pakkie vir Ouma'. Jon se ma verjaar binnekort en ons is besig om allerhande interessanthede vir haar bymekaar te sit. Ek het drie mooi fotoraampies gekoop, ons gaan 'n familiefoto en 'n foto van elke dogtertjie insit. Verder maak elke dogtertjie 'n profiel van haarself, wat dinge soos lengte, gewig, en 'n hele berg gunstelinge insluit, onder andere gunsteling boek, liedjie, fliek, kleur, skoolvak, dier, en nog baie meer, asook 'n selfportret. Ek doen dit maar omdat Jon se ma die dogtertjies net een maal per jaar sien, en sy mis hulle baie.
Firn het gister 'n kiestand verloor. Die tandmuis het vir haar R10 en die volgende gedig gebring:
To My friend Firn:
For the tooth I thee thank Put the money in the bank Why the olde English, ye ask? In ye admiration I wish to bask!
Listen to ye Mom and ye Dad, Be a good girl, not a bad, Brush ye teeth every night Lest the dentist ye fright!
I’ve missed ye, my friend But my poem now must end Give my love to your sister Say the tooth fairy doth missed her!
From: The Honorable T Toothmouse


Tue, 14 Aug 2007 19:53:23 +0200:Ek skryf aan 'n koerant


Nadat die Mercury in Durban 'n berig gepubliseer het oor die MEC in KZN se aanval op tuisonderrig, het ek die volgende brief aan die koerant geskryf:
I refer to your article by Colleen Dardagan – “KwaZulu-Natal Education MEC Ina Cronje has slammed home education..”
The MEC is quoted as saying, "If schools are microcosms of society, depriving the child of that learning experience will have a very serious impact on overall development."
I sincerely doubt that schools could be viewed as 'microcosms of society.' In my experience, schools are places where children learn to stop learning and to obey, memorise and repeat. Schools are places where children are taken out of the real world and placed in an artificial world, together with a teacher, whose job it is to teach children about the real world.
Why not leave children in the real world, with their families and their communities, where they learn (in addition to academics) how to interact with people of all ages, cultures, and walks of life? This is exactly what home educated children are exposed to. They are certainly not deprived!


Sun, 12 Aug 2007 18:22:06 +0200:Hallo, Peppery Porridge & Milo!


'n Rukkie gelede het ek vertel dat daar nou 'n koei 'n week gaan kalf. Hierdie week was dit Provita (Woensdagaand) en Magic (gistermiddag) se beurt. Ons het gesukkel om 'n naam vir Provita se bulkalfie te kry, want Firn wou hom 'Pepper' noem, en ek wou hom 'Porridge' noem, omdat sy twee sussies se name 'Post Toasties' en 'ProNutro' is. Ons het uiteindelik 'n kompromie bereik met 'Peppery Porridge'. Ons werk met die reel dat al 'n koei se kinders se name met dieselfde letter as die koei se naam, moet begin.
Wanneer 'n koei gekalf het, kry die kalfie binne 5-10 minute na geboorte 5 ml van 'n baie gekonsentreerde kolostrum. Dis gewoonlik my werk om die Calf Rescue in 'n glibberige, nat, pasgebore kalfie se mond te forseer met 'n gewoonlik woedende koei wat dreigend om ons maal. Daarna kry die kalfie binne 1 uur na geboorte 'n bottel met 2 liter kolostrum (ons hou altyd gevriesde kolostrum van vorige kalwings, en ons meet die kolostrum met 'n densimeter om die kwaliteit daarvan te bepaal, en hou slegs die goeie kolostrum).
Ons neem die kalfie binne 6 tot 12 uur na geboorte van die mamma af weg, en dis gewoonlik baie hartseer! Maar dis hoe dit werk op 'n melkplaas. Die kalfie kry dan 4 liter melk in 'n bottel elke dag (twee of drie voedings per dag).
Die koei kry die eerste dag na kalwing 5 ml Bovine Paste, wat haar help om die oorgang van voor- tot na-kalwing te hanteer. Dan kry sy ook 500ml propileen-glikol, gemeng met 50ml Bovimax ('n vitamien- en mineraal mengsel). Vir die eerste 10 dae na kalwing word haar koors twee keer per dag gemeet, want 'n verhoogde temperatuur dui op metritis (baarmoederontsteking). Ons hou hulle ook baie goed dop vir melkkoors - onbehandel lei dit na 'n koma en dood.
Dus, koeie melk is, contrary to popular belief, nie net trek aan spene twee maal per dag nie!


Fri, 10 Aug 2007 18:34:51 +0200:'n Nuwe bul vir Hydeaway Farm?


Jon het vanaand op pad terug van 'n klient naby Sun City na twee bulle gaan kyk by Raymond Erasmus by Magaliesburg. Hy is een van die voorste Jerseyboere in die land en ek was lekker groen van jaloesie! Ek sou ook vreeslik graag sy plaas wou sien. Ons moet ons huidige bul, Haystack Mo Jake, vervang omdat sy oudste dogter reg is om gedek te word (op 15 maande en 265 kg). Jake is ook verskriklik aggressief en gevaarlik. Hy't Jon gerol en sy elmboog gekraak, om nie eers te praat van die bloukol op sy been nie - nog nooit in my lewe het ek so 'n groot en kleurvolle bloukol gesien nie! Jake het ook al 'n paar van ons werkers gerol en ons is almal doodbang vir hom.
Ek dink nie ek't gese Firn het Woensdag R80 se bokmelk verkoop nie! Vandag bel een van die mammas, hoog in haar skik. Haar babaseuntjie van 3 maande se maagpyn het verdwyn en hy slaap ook beter. Sy soek nog melk, soos in MORE! Ons is so trots op Firn!
Jon en die dogtertjies het gister (Vrouedag) 'n stellasie gebou waarop die bokke gemelk kan word, om te verhoed dat stof in die melkemmers kom. Ongelukkig het die verf lank geneem om droog te word; ons sal die stellasie seker more- of Sondagoggend op die proef stel. Firn se stoutste bok, 257 (algemeen bekend as Twoie) het wel al die stellasie beproef, maar dit help veel, synde dat ons haar nie melk nie.
Die skole het vandag af gehad, en die dogtertjies het by hul maatjies daarvan gehoor en wou opsluit ook die dag af he. Ek was nie baie gretig nie, maar het uiteindelik ingegee, mits ons 'bakskool' doen. Ons het dus 'n klein bergie kleinkoekies gebak, in allerhande groottes en vorme, dit geverf met voedselkleursel gemeng met eiergeel, en dit verder versier met verskillende soorte lekkers en gesmelte sjokolade. Ons het dit almal verskriklik geniet. Verder ook 10 klein kalfies ge-ent, en more le die groot werk voor - ons ent almal bo 3 maande teen knoppiesvel en spons- lam- en miltsiekte. Dit beteken Jon gaan more altesaam omtrent 200 inspuitings moet gee.


Wed, 8 Aug 2007 19:41:07 +0200:Waar is die ma?



"We are living in a career-minded, materialistic generation that depreciates the role of a mother. But the mother is the irreplaceable foundation of a home. During World War II, when America was imprisoning Japanese families in camps, a reporter stepped up to a little Japanese-American girl waiting at a train platform. "How does it feel to be without a home," the reporter asked. "Oh," replied the little girl, "we have a home, we just don't have a house to put it in." - Mary Pride (www.home-school.com)
"What is my primary purpose in my children’s lives right now? It is to be a companion, a fellow traveler, a nurturer, a facilitator of their learning, a journeymate in the discovery of the wonders of creation. Someone to share with, to bounce ideas off, to help. A mother, a teacher, a mentor. I can only do this if I am available to these people with whom I live." - Cathy Koetsier in an e-mail to me
Onderbrekings is vir enige tuisskoolma 'n nagmerrie. En so lekker soos gister se skool gevloei het, so vol onderbrekings was vandag s'n. Dit gebeur maar in enige tuisskoolhuis, maar ek dink dalk meer so waar die ma vir 'n besigheid ook verantwoordelik is, en mense het wat aan haar rapporteer. Die uitdaging is om nie toe te laat dat die onderbrekings mens onderkry nie!
Die aanhalings hierbo moes ek insit om myself bietjie te 'boost.' 'n Gesprek gister waar my keuse - kinders bo korporatief - verkleineer is, het my lekker ontstel. Hoewel ek bitter min begrip het vir mense wat ander mense betaal om hul kinders groot te maak (onderskei dit van mense wat om GELDIGE finansiele redes moet werk), verkleineer ek hulle nie, en probeer ek nie om hulle minderwaardig te laat voel nie.


Tue, 7 Aug 2007 20:15:43 +0200:Wanneer skool net WERK


Tuisskool is nie maklik nie. Dit verg baie geduld en opoffering, veral van die Ma en Pa. Maar dan kry mens dae soos vandag, wanneer dit net ongelooflik goed werk. Jon het vanoggend vroeg die dogtertjies se Wiskunde waargeneem. Rain het meer as genoeg 'somme' gedoen, en Firn het 'n hele les in haar Saxon Maths deurgewerk met Jon se hulp.
Na oggendwerkies en ontbyt het ons Kingsley Holgate se 'Edge of Africa' ekspedisie gevolg en heelwat nuwe begrippe en woordeskat bygeleer. Ook natuurlik heelwat Aardrykskunde (Angola, die DRC, die Kongorivier, die Atlantiese Oseaan) en Geskiedenis (die burgeroorlog in die DRC), asook Sosiale Studies (die pigmies, hoe hulle lyk, hulle gewoontes en kultuur).
Ek moes Firn help om haar bokmelk wat sy more moet aflewer, te pasteuriseer. Dit het gelei na 'n voorlesing van die verhaal van Louis Pasteur. Hulle kon so goed identifiseer met sy werk met die sywurms in Frankryk, omdat ons verlede jaar Moerbeibos (oor die Italiaanse syboere wat na Knysna geimmigreer het) gelees het. En natuurlik het hulle toe net pasteurisasie in aksie gesien!
Firn het ook vir ons voorgelees, en toe het ons 'n vinnige onderbreking gehad om 3 kalfies wat verlede week agterwee gebly het met die ontwurming, asook die bokkies, te ontwurm (oefening en Wiskunde - kalfies is geweeg en hulle gewig deur 4 gedeel om die hoeveelheid ontwurming te bereken).
Daarna het Firn 'n bietjie onafhanklike navorsing op die Internet gedoen oor melkbokke en ons het uitgevind dat babas wat bokmelk drink, foliensuuraanvullings nodig het.
Vanmiddag was perdry-middag, en Rain het dit verskriklik geniet om haar perd te borsel en vertroetel terwyl Firn op Skye gery het.
Aan die etenstafel met aandete het ons, na aanleiding van Firn se nuwe boerdery, gepraat oor bemarking, veral verpakking en hoe om jou besigheid te differensieer van jou mededingers. Na ete het Jon vir Firn gehelp om 'n logo en 'n slogan te ontwerp en op etikette vir haar melkbottels te druk.
Ek dink die kersie op die koek vir my is dat Firn dink al wat sy vandag vir skool gedoen het, was om 'n stukkie uit 'n boek te lees en die Wiskunde! Sy meen dus sy't die meeste van die dag 'af' gehad! En DIS hoe kinders behoort te leer.


Mon, 6 Aug 2007 20:41:08 +0200:'n Groot besluit vir Firn

'n Mamma met 'n seuntjie van 3 maande het my vandag genader om bokmelk by my te koop. Firn moes dus besluit of sy kans sien vir die verantwoordelikheid van 'n ekstra klient (wat ook nie 'n lid van haar gesin is nie), asook die ekstra verantwoordelikhede van nog 'n bok melk, die melk pasteuriseer en die fakture uitskryf en toesien dat die geld betaal word. Sy het heelwat gewik en geweeg, en op die ou end besluit dat sy wel vir die ekstra werk kans sien. Ek hoop dis 'n goeie leerskool vir haar en dat dit sal goed gaan met haar besigheid!
Skool vandag het heel goed gegaan. Ons doen 'n projek oor beroemde vrouens om aan te sluit by Vrouedag wat Donderdag 9 Augustus is. Firn het Jane Goodall gekies, en Rain vir Darcey Bussell, 'n bekende ballerina. Ek het Alice Catherine Evans gekies - 'n wetenskaplike en prominente figuur in die melkindustrie in Amerika in die vroee 1900's, wat 'n sterk voorstander van melkpasteurisering was.


Sun, 5 Aug 2007 19:37:00 +0200:'n Sondag soos ander mense s'n


Hey-jo! Vandag het ek AMPER 'n Sondag soos 'n normale (lees: nie-melkboer) mens gehad. Jon het my vroeg-oggend takies waargeneem (dankie Jon), en ek het dus soos 'n koningin koffie en beskuit in die bed gekry en eers 6:15 opgestaan!
Na ons oggendtakies klaar was, is ons vir 'n regte Sondagkuier soos regte mense by regte vriende. Dit was 'n fees. Ons vergeet maar gerieflikheidshalwe dat ons vroegmiddag moes terugjaag om te kom melk en kalfies bottel gee! Maar ons het almal lekker vinnig gewerk, en 17:30 was ons werk klaar en ons in die huis. Die dogtertjies het 'n aansporing gehad omdat ons gese het hulle mag 'The Shaggy Dog' kyk as die werk klaar is en hulle gebad is. Ek en Jon het dus die baie rare luukse gehad om aandete op ons eie te eet (letterlik die tweede keer hierdie jaar wat dit gebeur, en die eerste keer was ons troudagherdenking). Die dogtertjies het op skinkborde voor die TV ge-eet. Ons voel baie sterk oor die belangrikheid van saamkuier om die tafel, en ek eet al drie maaltye saam met die dogtertjies, 7 dae 'n week. Jon probeer sy bes om betyds tuis te wees vir aandete, en ek pas gewoonlik maar die ete aan by sy baie ongereelde ure. (Net soos arme Jon 6-uur in die oggend op 'n werksdag eet, en dan maar oor naweke moet inval by my en die dogtertjies wat eers 9-uur eet as ons klaar gemelk het).
Nou ja, dit was baie lekker om vir 'n hele ete ononderbroke oor wat in ons huis bekend staan as GMG (Groot Mens Goed) te praat.


Sat, 4 Aug 2007 19:12:22 +0200:Ek koop boeke & 'n baie lekker partytjie


Gister by kalahari.net 'n paar boeke gekoop:
Stoutsterte ('n Geskiedenisboek oor twee muise wat saam met Jan van Riebeeck Kaap toe reis) Misty of Chincoteague ('n Klassieke perdestorie) Phantom Stallion #8: Golden Ghost (Ons gaan probeer om die hele reeks te koop) Fynbos feetjies (deur Antjie Krog, vir Rain, blykbaar 'n wonderlike boek) Roald Dahl's Revolting Rhymes (ons is MAL oor Roald Dahl) James Herriot's Favorite Dog Stories op CD. Firn het die boek, maar ek het gedink dit sal lekker wees as ons almal in die kar daarna kan luister.
Ons 3 girls was ook by Henry van Zyl se 10de verjaarsdagpartytjie by Smiley Kids Country tussen Heidelberg en Balfour. Die Van Zyls se partytjies (daar is 5 klein Van Zyltjies, so daar is heelwat partytjies) is altyd heerlik. Daar was 'n drink-'n-blikkie-gaskoeldrank resies en 'n appel-aan-'n-tou-eet resies, en die dogtertjies het 'n 'obstacle course' gedoen en op 'n miniatuur-perdjie gery. Daar was ook 'n skattejag en Firn en Rain was baie beindruk met hulle skatte.
Die Van Zyls is voltydse sendelinge. Besoek hulle webwerf gerus by www.shalomchildren.co.za. Hulle doen ongelooflike werk onder straatkinders. Ons is ook baie opgewonde omdat hulle volgende jaar gaan begin tuisskool.
Jane, een van ons verse, het vandag geaborteer. Dis die derde keer wat sy aborteer, en sy het nog nooit gekalf nie. Ons sal maar moet begin aanvaar dat daar iewers 'n probleem is, en dis baie hartseer vir my.
Jon en die dogtertjies werk hard aan nuwe kalfiehokke. Die kalfies kom nou so vinnig aan, dat daar nie genoeg blyplek vir almal is nie. Ons eksperimenteer met 'n nuwe soort hok, en ek is baie in my skik daaroor.
Ons het vandag 'n klomp saad gekoop, en ek kan nie wag om aan die gang te kom in die tuin nie. Meestal kruie en groente, en ook 'n pakkie eetbare blomme vir Rain wat net so baie soos haar mamma van mooi kos hou.


Thu, 2 Aug 2007 19:11:22 +0200:Spilt milk


Hulle vertel 'it's no use crying over spilt milk' - wel, vandag tjank ek kliphard daaroor. Die melkers het nie die pyp wat die melk vanaf die melkstal na die plaaskoeltenk vervoer, styf genoeg vasgemaak nie, toe glip die pyp uit en die melk word op die grond uitgepomp - ten minste 80 liter melk, maar ek dink dalk nader aan 100 liter. Ek kon slange vang! Toe kom Jon op 'n weggesteekte emmertjie vars melk in die melkkamer af - diefstal, en dit kan net een van ons werkers wees. Lovely stuff!!
Kom ons se maar net niemand van ons is happy chappies vanaand nie, en laat dit daar.


Wed, 1 Aug 2007 19:36:56 +0200:Die dogtertjies illustreer 'n koerant


Die dogtertjies het vandag die geleentheid gehad om 'n koerant, wat per e-pos aan laerskole versprei word, te illustreer. Die koerant gaan 'n kort inleiding oor ons tuisskool he, asook vyf stories wat deur die dogtertjies geillustreer is. Hulle het hard gewerk - ons het eers navorsing op die internet oor al die stories gedoen, om ons bietjie te inspireer en om ook seker te maak dat die illustrasies darem nie heeltemal fiksie is nie. Maar hulle het dit baie, baie geniet. Hulle het natuurlik nie net oor die inhoud van die stories geleer nie, maar ook heelwat meer oor hoe mens inligting op die internet soek, asook oor die belangrikheid van spertye en om dit na te kom.
Vanmiddag het die dogtertjies ballet gehad en daarna het ons by 'n teetuin gaan tee drink. Toe ek na die tyd die rekening gaan betaal, het iemand dit reeds vir my gedoen - 'n vrou wie se dogtertjie ek oplaai vir ballet. Wat 'n lekker verrassing!
Net by die plaashek ingedraai, bel die werkers om te vertel dat Beauty so pas gekalf het. Sy het 'n perfekte naam, sy's 'n pragtige koei (nou in haar tweede laktasie) met die mooiste wit kolle op haar ligbruin. Haar kalfie is net so mooi, met wit kolle op sy voetjies en sy, maar ongelukkig 'n bulkalf. Sy naam is 'Brabbelwoggel'. Die dogertjies het 'n gedig met dieselfde naam geleer - die Afrikaanse vertaling van die 'Jabberwocky' uit 'Alice in Wonderland'. Ons is MAL oor nonsense rhymes en woordspeletjies.
Die Brabbelwoggel - 'n uittreksel:
Dis brillig en die glyme likkedis Drool en drindel in die weib Bibberkolies is die borogis En die vniere rode sneib
Pasop vir die Brabbelwog, my seun Sy tande byt, sy kloue gryp Pasop vir die joeb-joeb voel se dreun En die wroedige ribberknyp


Tue, 31 Jul 2007 20:33:19 +0200:Byte, stampe en stote


Mens moet dit seker verwag as jy op 'n plaas bly, maar wat te erg is, is te erg. Binne 2 maande het 'n perd my gebyt, 'n koei my baie seer gestamp en gestoot, en 'n hond my (per ongeluk) gebyt. Firn se perd, Skye, het my 'n ruk terug en vir geen rede 'n baie harde byt op my arm gegee. Gelukkig was dit een van daardie 7 langmoutops-dae, en het ek net 'n bloukol oorgehou. Nie lank daarna nie, stamp my nemesis, 'n groot Jerseykoei genaamd Pebble, my baie, baie hard op my nek en rug van agter af. Pebble het my al vele male bestorm, en ek hou altyd 'n ogie oop vir haar, maar daardie dag was ek bekommerd oor 'n ander koei en het ek haar glad nie sien kom nie. Vandag beland ek per ongeluk midde-in een van talle gevegte tussen twee reunhonde, Amigo, 'n Duitse Herdershond, en Whiskey, 'n befoeterde, tipiese Jack Russell. Sal Whiskey nie opspring en my woeps! twee keer op die knie byt nie!
Dinsdae is besige dae. Skool in die oggend, vinnig Firn se hare was (dit neem een uur vanaf begin was tot amper droog, siende dat dit so lank en dik is), Firn se perdryles waarneem, werkers se elektroniese betalings van hul lone doen, en 'n vergadering met al die plaaswerkers van net nadat almal klaar met die dag se werk is tot so 18:00. Vandag was ook geen uitsondering nie!
Maxi, ons oudste dier op die plaas (sy was al 'n uitgegroeide hond toe ek en Jon begin 'uitgaan' het in 1994) is vandag veearts toe. Sy het bloed in haar urine en eet net die helfte van haar kos sedert Saterdag. Die veearts het haar vir bosluiskoors behandel en haar huis toe gestuur met 'n handvol pille. Ek hoop sy kom gou reg; ek is maar bekommerd oor haar omdat sy so oud is ...


Mon, 30 Jul 2007 20:06:30 +0200:'n Doodgewone Maandag


Behalwe dat ek, toe ons ballet toe is, die alarm aangesit maar 'n hond in die huis vergeet het. Ek wil liewers nie weet hoeveel keer die liewe alarm afgegaan het nie (elke keer wat Amigo beweeg het)!
Die klassieke deel van die dogtertjies se balletjaar is verby, en hulle doen nou hulle medaljedansies. Rain doen 'n Franse dans, 'n moderne dans (Happy Days) en 'n klassieke dans (maar kaalvoet) - Going to the Seaside. Firn doen 'n Duitse dans oor 'n dogtertjie wat 'n voeltjie vang in die Swartwoud, 'n moderne dans (Sugar Pie) en 'n klassieke dans (Happy Birthday). Hulle geniet dit ongelooflik baie. Firn se moderne dans is baie vinnig en baie spring - so erg dat sy glad nie meer met haar baie lang (onder haar boudjies) swaar hare 'n bolla kan dra vir ballet nie. Sy spring dit eenvoudig elke klas uit.
Regtig, 'n plaas, winter, en wasgoed gaan nie saam nie. Dit hou net eenvoudig NOOIT op nie. En ek is natuurlik die ergste oortreder, want ek dra maklik 7 langmoutops, en maak sommer hulle almal se moue vuil, sodat hulle almal gewas moet word. Ek oordryf nie met die 7 nie! Onthou, ek is altyd sonop buite, want sodra dit lig word, doen ek 'walkabout' - ek loop by al die beeste verby om seker te maak niemand is siek nie. Dus trotseer ek bykans elke oggend (Jon staan soms vir my in, wanneer hy tyd het) die ergste koue.
Jon se nuwe projek is 'n boek oor ons ervarings as beginner-melkboere - 'The Hydeaway Story'. Ek, Firn en Rain het vandag die hoofstukke uiteengesit en met mening begin skryf. Die boek is nie bedoel vir publikasie nie, meer vir die nageslag.
Die dogtertjies is ook hard aan die oefen aan 'n toneelstuk. Die plot is 'n geheim, maar die geluide uit hul kamer wanneer hul oefen klink heel onheilspellend. Ek hoop hulle verloor nie belangstelling voor die toneelstuk opgevoer is nie.


Sun, 29 Jul 2007 18:14:42 +0200:Back by popular demand


Kom ons neem vinnig bestek van wat aangaan in ons 4 se lewens:
Firn - Mamma se klein helpertjie. Firn werk baie hard op die plaas en veral aan haar nuwe besigheid, Raficame Dairy Goats. 'Raficame' staan vir RAinFIrnCAitlinMEgan - Firn Caitlin Hyde en Rain Megan Hyde se name. Ek en Firn melk elke oggend een bok - Thabile. Ek en Jon het die emmers, mastitis-toetskoppie, en melksalf verskaf in ruil vir 'n 2% aandeel in Raficame Dairy Goats. Firn koop die suiwelmeel wat die bokke vreet en my arbeid (teen R4 per uur!) by ons, en verkoop die bokmelk aan ons teen R6 per liter. Rain drink die bokmelk. Jon het vir Firn 'n Excel spreadsheet opgestel waarin sy elke dag haar inkomste en uitgawes insleutel, en dan word haar wins/verlies per dag, asook haar kumulatiewe wins/verlies bereken. Ons het haar belowe dat, indien sy volhou, ons haar sal help om 'n geregistreerde bokram te koop wanneer die bokke weer gedek moet word. Verder skryf Firn aan iets soos 5 boeke, sy't 'n 'agility' baan gebou vir die honde en lei hulle op, en sy teken ook baie.
Rain - Daddy se regterhand. Jon is besig om vir Rain te leer sweis, en sy help ook baie in die kombuis. Sy is lief daarvoor om met die 5 klein bokkies (daar is 2 stelle tweelinge) te speel. Sy is 'n (baie onaktiewe, tot Firn se uiterste gramskap) vennoot in Raficame Dairy Goats. Ons het weer begin groente plant, en Rain hou baie daarvan om saam met Mamma plantjies nat te maak. Sy vertroos my ook baie met my nare sinushoofpyne wat maar net nie wil wyk nie.
Jon - Jon werk hom oor 'n boeg. Ek is baie trots op sy deursettingsvermoe en energie. Iets wat ek beslis by hom kan leer, is om nie knorrig te raak wanneer ek moeg is nie. Sy sin vir humor verdwyn net eenvoudig nooit nie, maak nie saak hoe woes dit by die werk gaan nie. Jon ry deesdae baie Mogwase toe ('n nywerheidsgebied oorkant Sun City) na 'n klient daar, en dis baie uitputtend, want hy ry 04:30 en kom so 20:30 weer tuis. Ten spyte van sy werksdruk is hy nog steeds 'n baie ondersteunende en betrokke pa.
Ek - Nou ja, ek het gister besef koeie gaan nou aanmekaar kalf. Ons het nou die stadium bereik waar daar minstens een koei per week gaan kalf - ad infinitum. Die TLC wat die koeie en pasgebore kalfies kry (om nie van die senutergende kalfproses self te praat nie) maak my baie moeg! My nuutste droom is 'n 'strandhuis' by Deneysville. Sonder koeie! Maar naby genoeg dat ons kan terugjaag plaas toe as daar enige krisisse is.
Skool - Ons het maar stadig begin na die Junievakansie van 2 weke. Dit was of ons net nie ordentlik aan die gang kon kom nie. Ek het ook 'n klein bietjie rigting verander, nog meer weg van formele skool en meer in die 'unschooling' of 'delight directed learning' rigting. Met Wiskunde hou ek egter maar vol met 'n formele kurrikulum vir Firn - Saxon Maths Homeschool Grade 4, maar Rain doen dit nie meer saam met ons nie. Al meer navorsing dui op informele Wiskunde tot op ouderdom 10, en Rain is nou 8, so sy doen nou meer haar eie ding. Ek en Firn kan nou ook 'n bietjie vinniger werk. Ons lees die vervolg op 'Little Women' en 'Good Wives' - 'Jo's Boys' op die oomblik. Ek sukkel nog om in die boek te kom en dis regtig moeilike Engels so Ma, wat voorlees, en dogtertjies, wat moet oorvertel, moet aldrie BAIE mooi luister.
Plaas - Ons melk nou so net oor die 30 koeie, met 4 wat binne die volgende 2 weke moet kalf. Een van hulle is Firn se geliefde koei, Blinkers, en die veearts, wat gister dragtigheid by ons gedoen het, vermoed sy verwag 'n tweeling - want hy voel baie pootjies. Ek is hoogs bekommerd. Dis ongewoon vir 'n koei om 'n tweeling te kry. Ons het nog net twee stelle tweelinge by ons gehad, en die een was 'n geassisteerde geboorte. Blinkers is ook 'n ou koei; sy's tien jaar oud wat redelik oud vir 'n koei is.