HYDEAWAY - Dinki se Spoegblok

Home


Tue, 28 Jul 2009 17:22:50 +0200:Skryf as terapie



Ek moet bieg, ek het heelwat beter gevoel na gister se gekerm dat ek nie cope nie. Dis nou nie te vertelle dat ek skielik wel cope nie, maar ten minste het ek darem beter gevoel!
Maar dit het my laat dink aan hoevele mense, die wereld oor, skryf en meer spesifiek blog, gebruik as terapie.
Gaan loer gerus by www.faeriewoodfriesians.wordpress.com om te sien hoe Antoinette die dood van haar geliefde Frieshings, Ceaser, in 'n fratsongeluk beskryf.
Ander blogs waar ek gereeld gaan kuier is:
www.huisvrou.blat.co.za - Marelize is 'n geesgenoot wat ek nog nooit ontmoet het nie. Ek wens net sy wou MEER skryf
http://its-our-life-for-six.blogspot.com/ - Wendy klink altyd so asof sy fantasties georganiseerd is, en alles volkome onder beheer het; ek beny haar
http://www.lightingourfire.blogspot.com/ - Ek het hierdie blog maar so pas ontdek, maar lees te lekker daar, en
http://nsagtelandingsplek.blogspot.com/ - Ook 'n tuisskoolma, soos laasgenoemde drie, met 'n outistiese seuntjie. Ek vind hulle dieet baie interessant.


Mon, 27 Jul 2009 18:28:28 +0200:'n Ma wie se kinders so lyk ...



... cope nie', het my swaer eendag in my teenwoordigheid vir my suster vertel, nadat ons by vriende van hulle gekuier het. Ek was nog klein, seker so 8 of 10, maar dit het my altyd bygebly, en ek wou NOOIT daai vrou wees wat nie cope nie.
Maar vandag voel dit vir my ek het daai vrou geword. Die dogtertjies se klere is GAAR. Hulle voete is in 'n toestand; hulle het, wat 'n dermatoloog lank lank gelede 'juvenile forefoot dermatitis' genoem het. Hulle moet by 'n homopaat kom. My huis staan op sy kop, meer maplotter gaan jy nerens kry nie. Ek het 'n inkontinente hond wat oral op my stoep mis en ek moet my skep ken om aanhou op te tel. Jon se elektriese bedrading goete le die hele huis en stoep vol. En elke oggend word ek wakker en wonder: hoe de duiwel kry ek vandag alles gedoen wat vandag gedoen MOET word?
Eers moet ek vertel: ons het 'n idilliese naweek by Blinkblaar (www.footprint.co.za/Blinkblaar.htm) agter die rug.
Ons het gerus en gesels en gekuier om die vuur en gestap en Monopoly en I'm Game, vingerbord en 'wat as' speletjies gespeel. Ek't gelees, en Jon het geslaap - 11 ure Vrydagnag en 10 ure Saterdagnag! Firn het ook net collapse; sy't gelees en in haar boek geskryf, en Sondag eers net voor middagete haar pajamas uitgetrek.
Blinkblaar is 'n stunning, stunning, fantasties-toegeruste huis; alles wat mens dalk mag nodig kry is daar. Dis stil en afgelee, met 'n amazing uitsig. En om alles te kroon het ek vir die eerste keer in my lewe 'n aardwolf helder oordag en in lewende lywe gesien.
Ons't gisteraand so skuins voor 8 tuisgekom; plaas ek maar toe begin klere was en organiseer het, want vanoggend was BLOU. Hoe, weet ek nie, maar met Constance op verlof, en Aletta wat net 3 ure het om te woerts-warts deur die huis, het ek al my oggendwerk gedoen, uitgepak, 4 bondels wasgoed gewas, klomp wasgoed gevou en weggepak, tussendeur saam met Rain amper al haar skoolwerk gedoen, 2 koeie gehad wat onderskeidelik Sondagmiddag en verlede nag gekalf het, my selfoon in die vrieskas verloor (moes uitgeval het toe ek die kolostrumbottels ingesit het) en weer gevind, kinders wat histeries is omdat hulle perde koeimeel ge-eet het hanteer, Job se betaling uitgewerk, klein kalfies leer botteldrink, ons almal betyds by ballet uitgekry, kosgekook, en, en, en ...
Ag nee wat, vanaand voel ek regtig soos daai ma. Die een wat nie cope nie.


Thu, 23 Jul 2009 10:01:53 +0200:Quote



"Ability is what you're capable of doing. Motivation determines what you do. Attitude determines how well you do it."
-- Raymond Chandler



Sat, 18 Jul 2009 08:55:57 +0200:Nog honde



Die dogtertjies vertel hulle het hierdie gedig by WODAC se opening gelees:
The Creation
When God had made the earth and sky the flowers and the trees, He then made all the animals, the fish, the birds and bees.


And when at last he'd finished not one was quite the same. He said, "I'll walk this world of mine and give each one a name."


And so he travelled far and wide and everywhere he went, a little creature followed him until it's strength was spent.

When all were named upon the earth and in the sky and sea, the little creature said, "Dear Lord, there's not one left for me."


Kindly the Father said to him, "I've left you to the end. I've turned my own name back to front and called you dog, my friend."
~~ Author unknown


Sat, 18 Jul 2009 06:53:40 +0200:Mommy time



Vir Firn hou jy nie maklik weg by WODAC - World of Dogs and Cats nie. Maar ek was regtig nie lus vir verkeer en honderde mense nie - vir die blaffende honde het ek wel kans gesien.
En aangesien ons volgende naweek vir die HELE, ja die HELE naweek weggaan, het ek besluit om tuis te bly toe Jon en die dogtertjies gistermiddag en aand die WODAC ding gedoen het.
Ek't gewerk tot 17:30 - moes ook die perde kosgee en Rain se oorblywende hoender en kuikens vang en wegsit vir die nag. Maar daarna kon ek al die reels breek:
Eers 'n wynglasie rum-en-coke (dis nou 'n Vrydagaand-gewoonte wat ek by Jon aangeleer het, maar ek drink darem net 'n halwe doppie rum - ek en alkohol is nie regtig maats nie) en toe sommer toebroodjies - ons het 'n gekookte middagete ge-eet - voor die TV. Lekker KYKNET gekyk; nie 'n gewilde kanaal onder my huisgenote nie. 'n Heerlike warm bad met 'n boek, en daarna het ek en Hopey (ek hoop nie Jon lees hierdie nie) in ons bed geklim met Boer Soek 'n Vrou 2.
Ek dink ons almal het soms so 'n lekker bederf, niemand-anders-om -in-ag-te-neem en breek-die-reels kansie nodig.


Fri, 17 Jul 2009 17:25:06 +0200:Apollo wil nie eet nie



WHAT I ASKED FOR, WHAT I NEEDED
When I got my new dog
I asked for strength that I might rear her perfectly; I was given weakness that I might feed her more treats.
I asked for good health that I might rest easy; I was given a "special needs" dog that I might know nurturing.
I asked for an obedient dog that I might feel proud; I was given stubbornness that I might feel humble.
I asked for compliance that I might feel masterful; I was given a clown that I might laugh
I asked for a companion that I might not feel lonely; I was given a best friend that I would feel loved.
I got nothing I asked for, But everything that I needed. I got a dog
~~ Anonymous
Ons paniek so 'n bietjie oor ons melkproduksie laer is as die kontraktueel-verbonde 500 liter per dag, en dus skakel ons ons kalfies, wat oor die 50 liter per dag gesamentlik drink, oor na 'n melkvervanger.
Daarom was ek nie vanoggend, soos gewoonlik, besig om wasgoed te was om 06:15 en terselfdertyd 'n wakende ogie te hou dat al agt honde al hul kos opeet nie. O nee, ek was in die melkkamer, besig om verwoed Denkavit aan te maak, terwyl die honde maar op hul eie moes eet.
Maar ek het Apollo belowe ek kom haal hom VOOR tweede walkabout om 06:30, en toe ek die huis instorm om my belofte gestand te doen, konfronteer 'n hartseer gesig my: Apollo se vol kosbak - hy't net so gepik-pik aan sy kos.
Genadiglik vertel iets my om te probeer. Ek plaas sy kosbak op die vloer langs my lessenaar, gaan sit voor my rekenaar en siedaar - Apollo vreet de laaste krieseltjie kos!
Soveel toewyding, soveel liefde, so goed vir my ego ...


Thu, 16 Jul 2009 19:10:40 +0200:Koud



"Kan jy sien?" en in dieselfde asem "Jy kan nie SO uitgaan nie!".
"SO" is met twee paar sokkies, een langbroek, een t-shirt, een langmouhemp, twee sweetpakbaadjies, 'n dik denimbaadjie, 'n parkabaadjie, 'n serp, 'n mus tot net bokant my oe getrek, en 'n paar handskoene.
"Watch my", se ek vir Jon, net voor ek om 05:30 uit is om die koue te trotseer.
www.weathersa.co.za is permanent oop op my rekenaar, en ek kyk met ongeloof na al die minusse wat ons vir die oggende voorspel word.
Maar dit was nog niks teen 06:30 se koue nie. Teen die tyd loop ek die plaas vol op my hakke, want my tone is gevries in my gumboots, en die werkers weet verseker die miesies se kop het haar nou finaal gelos.
En wat 'n dag:
'n Klein kuikentjie gaan dood, ek dink van die koue. Ek grawe 'n graf in GSD, langs Rivr se roos, Rain maak 'n kruis met "Golden Head - Rest in Peace". Nog 'n klein kuikentjie is amper dood; hy (of sy) en sy twee gesonde boeties of sussies is in Rain se speelkamer saam met hul mamma onder 'n infrarooi-lig vanaand.
'n Koper kom laai twee osse, terwyl ek besig is met ontbyt. Tot siens Baklei en Brosty (ook bekend as Mabalega - die een wat weghardloop).
Being Ten More Than Ninety (ons 100ste bees. Haar mamma is Bontes - die koei op ons logo - en haar naam moes dus met 'n "B" begin, maar iets met 100 te doen gehad het. Weens spasieprobleme by Jersey SA is sy geregistreer as Hydeaway Being Ten More Tha) kalf, net voor ek dokter toe moet ry met 'n siek werker. Later die middag glip Benjamin (die donkie) deur die verdedigingslinies en skop die pasgebore Brolloks. Gelukkig oorleef hy.
Die water raak op net voor melktyd en daar is geen warm water in die stal nie. Ons dra water uit met emmers.
Dankie tog, vir 'n dogtertjie wat haar hartseer kan vergeet as ons begrafnis hou, mooi aantrek en middagete in haar gunsteling restaurant eet. Vir 'n Pa wat vinnig oppak by die werk en 'n infrarooi lig gaan koop, en toestem dat 4 hoenders in sy huis slaap. Vir Apollo, wat my oppas soos nooit tevore nie. Vir helder blink sterre in die vroegoggend. Vir klein Brolloks, wat wonderbaarlik 4 liter colostrum binne 6 uur na geboorte gedrink het. Vir Job, wat Being met eindelose geduld melk. Vir Firn, wat haar klein hartseer sussie styf vasdruk. Vir 'n werk buite die vier mure van 'n kantoor.


Sat, 11 Jul 2009 18:10:27 +0200:Passie en noukeurigheid



Ons het dit gekry - die versgrootmaakkontrak!
'n Paar weke gelede het ek, Jon en Firn 'n voorlegging gedoen (Rain was by ballet en daarna sommer by die balletjuffrou gebly en ge-eet) aan 'n suiwelboer wat sy versgrootmaak uitkontrakteer. En ons praat redelik groot - hy melk 375 koeie, en dit beteken so 375 verse oor 20 maande.
Gister moes ons hom gaan sien op sy plaas, en daar kry ons toe die stunning nuus - ons het die kontrak gekry!
Wat ek egter graag wil deel, is sy redes hoekom hy wel die kontrak aan ons toegestaan het. Sien, Jon was maar bra pessimisties dat ons dit wel sou kry - ons infrastruktuur is power; ons het begin, 9 jaar gelede, met 2 koeie wat ons met die hand onder 'n boom gemelk het, ons het geen skuld aangegaan nie, maar alles met swaarverdiende spaargeldjies opgebou, en dus is alles maar oud en tweedehands.
Ek en Firn het hard gewerk aan 'n dokument waarin ons ons filosofie, geskiedenis, en werkswyse uiteensit, en ek en Jon het nog ure spandeer aan 'n spreadsheet met al ons koste-berekeninge, sodat ons 'n volledige kwotasie kon voorle.
Die boer vertel ons gister dat twee dinge die deurslag gegee het:
1. Ons absolute liefde en passie vir ons diere en ons werk. Hy voel mens kan 'n klomp goed oor suiwelboerdery oordra en aanleer, maar die liefde en die passie - dit kan mens nie leer nie; jy HET dit net.
2. Ons noukeurige rekordhouding van elke aksie op die plaas. Ons het vir hom 'n klomp uitdrukke gegee van groeigrafieke van ons diere, asook ons vaslegging van elke behandeling - medisynenaam, hoeveelheid, lotnommer, vervaldatum, en wie die behandeling gedoen het.
Nou sal ons net moet wikkel om reg te kry vir die (swart-en-wit, UGH!) geregistreerde, top-genetika versies wat oor ongeveer twee weke in batches van 15 per maand gaan arriveer. Ons gaan hulle net na speenouderdom (2 maande oud) kry, en hulle so 2 maande voor hul verwagte kalfdatum weer terugstuur.
Dit beteken ook dat ek, Firn en Job baie gou op 'n KI-kursus sal moet gaan - sodat ons darem op ons Jerseys kan oefen, voor ons daardie groot Holstein-girls moet pak!
Opwindende tye le voor ...


Thu, 09 Jul 2009 17:54:28 +0200:Nog 'n dag op 'n suiwelplaas



Dit het begin met Mvimbi wat hierdie keer 'n beurt geneem het om nie betyds van verlof af terug te keer nie. Dis nou na Emily, George, en Job. Maar Emily is summier gefire (na 4 1/2 dae AWOL), George het 'n waarskuwing en sy hele bonus vir Julie verloor (na 1 dag AWOL) en ons dink nog oor wat om met Job te doen (na 1/2 dag AWOL).
Toe ontplof 'n kraan in die melkstal, en arme Firn moet saam met Jabu melk, terwyl Job en George die kraan regmaak. Justyn Thyme is vrek siek, Sugarbird byt my so 'n lang haal oor die kneukel, wat net nie wil ophou bloei nie, en toe ek, Firn en die werkers koeie in die drukgang jaag wat Vitamin A en Tramizan moet kry nadat hulle opgedroog is, trap Lollipop met haar volle 350 kg vol op my voet.
Wou net gaan ontbyt maak, en daar daag die baaltrok met 46 massiewe (1.6 m) eragrostis-bale op.
Uiteinde was dat ons drie girls net voor 10:00 uiteindelik ontbyt kon eet (hawermoutpap, want Firn se cholesterol is borderline - dankie vir die Hyde familie, waar sy dit duidelik ge-erf het).
Dus het Firn teen 10:30 eers ordentlik met skool kon begin - maar sy het haar perde versorg, kalfies geleer, koeie gemelk, werkers ge'supervise' wat die koeie moes ent, en koeie ontwurm.
Halfpad deur die skooldag moes ons eers inspeksie gaan doen: van die nuut-afgelewerde bale en die nuwe heining wat Job-hulle span. En, getrou aan Hydeaway tradisie, moes ten minste een hond per persoon saamkom, naamlik Apollo, Flower, en Becca. Ek't die mooiste foto's geneem van die twee dogtertjies en die drie honde, almal bo-op dieselfde baal.
Rain is besig met dankie-se briefies skryf na haar partytjie, dus doen sy sommer crafts, spelling, handskrif en maniere in een - my gunsteling-tipe skool.


Sat, 04 Jul 2009 19:01:18 +0200:Nooit weer nie



"Dis die laaste keer," mompel-brom ek aan Firn "dat ons 'n partytjie op hierdie plaas hou."
My sin-vir-humor koelleps kom na die week waarin Emily verdwyn het, George 'n dag laat terug was van verlof, Job, my voorman, op verlof was, Aletta daarna op verlof gegaan het, en Job weer af was op menslikheidsverlof, terwyl ons "ekstra" werker, spesiaal aangestel sodat dit nie so woes moet gaan as iemand AWOL of siek is nie, OOK op verlof was.
In plaas van 6 werkers had ek toe 4 werkers op die plaas, van wie Constance gras-grasgroen en onbekend met ons manier van doen, bo-op 'n nare verkoue, en 'n anyway amper-burnout sonder al die werker-manewales.
In dieselfde week berei ons voor vir Rain se 10de verjaarsdagpartytjie. Ons hou al M-A-A-N-D-E lank vergadering op vergadering oor die partytjie; ons puzzle en wroeg oor gastelyste en temas en koeke en venues.
Rain skryf "to do" lyste wat skrik vir niks op haar swartbord. Die partypacks se inhoud moet als tuisgebak wees. Die koek is 'n centaur, en nie sommerso 'n centaur nie, o nee, 'n centaur wat regop staan.
Tussen-in snuffel en snuif ek, Jon werk reserviste tot laat in die aand en toe ons die volgende aand wil begin moulding icing maak, het ek opgeslip met die inkopielys en die vegetable fat is nooit gekoop nie. Teen 21:00 die aand voor die partytjie kom ons uiteindelik klaar met die regopstaan-centaur, en Hopey het bosluiskoors en moet Saterdagoggend nog eers 'n opvolgbesoek aan die vee-arts bring, die kalfies moet bottels kry, Jabulane vertel my die melkmasjienseep is klaar, soos in KLAAR, en 'n koue wind woed om die huis.
Genadiglik kry ons alles betyds gedoen, Hopey se koors is gebreek, die centaur bly staan al die pad bos toe, die swaarde wat die pad venue toe vir die gaste moet aanwys bliksem af maar almal vind darem die pad, en Rain geniet haar partytjie verskriklik.
Dus sal ons heel moontlik volgende jaar maar weer so maak ...


Tue, 30 Jun 2009 04:53:16 +0200:Quote



Trust Children.
Nothing could be more simple, or more difficult.
Difficult because to trust children we must first learn to trust ourselves, and most of us were taught as children that we could not be trusted.
- John Holt
NS. John Holt word beskou as die vader van die 'unschooling' beweging.


Fri, 26 Jun 2009 18:49:55 +0200:Roetine



'n Gebrek aan roetine steek my dwars in die krop. Die dat ek vir 'n hele rukkie sommer tee geraak het vir 'unschooling'. Ek't te veel ouers hoor spog oor kinders wat hier rondom 11 uur in die oggend nog in hulle pajamas rondloop, of nog nie ontbyt ge-eet het nie. Dit het my sommer net warm onder die kraag gemaak - dis mos plein ongesond om nie ontbyt te eet nie!
Vandat die dogtertjies klein-klein was, het ek geglo 'n kind floreer op roetine. Dit laat hulle veilig en geborge voel as hulle min-of-meer weet wat om elke dag te verwag. En dit help ook dat ek 'n vreeslike roetine-mens is - met 'n melkery kan mens ook nie juis anders nie!
Tog glo ek dat ons nie 'n roetine ons baas moet maak nie - ons moet buigbaar genoeg wees om aanpassings aan daardie roetine te kan maak as die lewe ons 'n curve ball gooi. Hier't ek ook baie by Jon geleer: ons oorkom dit maar met humor, geduld, en lysies maak ...
Daar is 'n paar roetines waaraan ek regtig nie maklik karring nie:
1. 'n Gesonde ontbyt. Ons eet eers 'n vrug, en daarna brood-en-eier of pap (Maltabella, Tasty Wheat, Oats of mieliepap) al om die ander dag. Ongelukkig moet ons eers ons oggendwerkies klaarmaak, so ons eet 'n bietjie laat - hier rondom 9-uur. 2. 'n Gesin om 'n etenstafel. Ons TV-stel is in ons slaapkamer; ons eet almal om ons kombuistafel, of buite in die tuin. Beslis nie voor die TV of elkeen op sy eie nie! 3. Slaaptyd vir Rain is rondom 20:00, en vir Firn rondom 20:30. Ek glo maar dat die voornagslapie die belangrikste slapie van die nag is. 4. The early bird catches the worm. Raintjie sal elke oggend tot 8-uur in die bed le, as ek haar net sou toelaat. Maar hier rondom 06:30 moet hulle op, behalwe vir een oggend per week wat hulle 'laat' mag le, dan staan Firn gewoonlik rondom 7-uur en Rain rondom 8-uur op. Dit geld sommer vakansietye ook. Hulle is plaaskinders en moet maar vroeg opstaan om hulle diere te versorg. 5. Een gekookte maaltyd per dag. Jon glo in 'meat, starch and 3 veg'; ek is bevrees ek kom gewoonlik net by '2 veg' uit, maar dan skep ek sommer GROOT porsies vir elkeen. En as dit nog uit ons tuin kom, des te beter. 6. Baie min TV. Ons kyk maar meestal DVD's; so af-en-toe sal Rain 'n program op Discovery saam met Jon kyk, maar oor die algemeen kyk die dogtertjies nie meer as so 30 minute per dag nie. Net as hulle siek is, is hierdie reel by die venster uit - dan kyk hulle sommer heeldag, maar darem net wat ek goedkeur. 7. Genoeg oefening. Firn sal heeldag voor haar rekenaar sit en skryf, maar gelukkig hou die diere se versorging haar fiks en aan die gang. Hulle werk verskriklik hard net aan hulle perde: vroegoggend word Siobhan, as deel van die speenproses, van Arwen geskei; net na ontbyt kry hulle 'n bietjie kragvoer; 30 minute later word hulle perdekamp toe geneem; 4 uur later weer uitgehaal en sommer 'n bietjie gery, en net voor donker kry hulle weer 'n bietjie kragvoer. Die dogtertjies doen dit elke dag self, want hulle vertrou nie die werkers met hulle perde nie. Dan versorg Rain die hoenders en die hennetjie-met-4-kuikens; hulle help kalfies melk gee; lei kalfies op vir die Nasionale Jeugskou in September, en versorg en lei hulle honde op. Dit hou hulle goed aan die gang. 8. Lees. Ons gaan een maal per week biblioteek toe, en die dogtertjies (en ek) lees lekker in die bed voor slaaptyd elke aand. As mens kan lees, is jy amper nooit verveeld nie.


Thu, 25 Jun 2009 17:38:55 +0200:Ouerskap



Hettie Brittz se 'Kweek kinders met karakter' kan ek regtig aanbeveel; dit het my veral baie gehelp om Rain se persoonlikheid beter te verstaan. Vir die van julle wat met haar persoonlikheidstipes vertroud is: ek en die dogtertjies is aldrie sierbome, of dalkies sierpalms. Jon het die goeie eienskappe van al die persoonlikheidstipes, en die slegte eienskappe van geeneen, en dis die waarheid (ek kan darem seker nie na 15 jaar nog so verlief wees dat ek deur rooskleurige lense na hom kyk nie, kan ek?).
Nou is ek besig met die opvolg: Kweek gesonde gesag. Vanaand wil ek met my potlood sit en ons ouerskapstyle navors - saagstyl, snoeiskerstyl, gieterstyl of handskoenstyl. Ek sal my bevindinge wel hier rapporteer ...
Ek voel al lankal dat een van die grootste leefstyl-foute wat ons maak (behalwe natuurlik vir Die Pa wat bitter min tuis is, maar daaroor het ons werklik amper geen beheer nie), die feit is dat ons 'n bediende het. Twee probleme: dis darem so 'n verskriklike groot inbreuk op mens se privaatheid, veral as jy die grootste deel van die dag tuis is met jou kinders, en dieselfde kindertjies leer waarlik moeilik om skoon te maak en netjies te maak waar hulle mors en omkrap, want Emily kan dit mos doen.
Ongelukkig weet ek egter dat dit ook nie prakties haalbaar is om sonder een klaar te kom nie, want ek is bloot fisies te moeg, na al die plaaswerk (en ek doen baie van die werk self; ek hou nie net toesig nie) om nog huiswerk ook te doen. Daarby is my tyd ook te skraps; dis goedkoper om iemand te betaal om jou huis skoon te maak, as om iemand te betaal om jou besigheid se administrasie en boeke te doen.
Nou was die liewe Emily van verlede Donderdag lunchtyd op verlof; sy moes Dinsdagoggend weer inval, maar daar is geen taal of tyding van haar nie. Ek en die dogtertjies swoeg en sweet in die huis; ons geniet dit baie, maar bitter min skool word gedoen, so 'n ander plan sal dringend gemaak moet word. En dis nie regtig haalbaar om tot na agtuur saans in die kombuis te staan, en voor vyf die volgende oggend weer te begin werk, sewe dae 'n week nie.
Ek verstom my net aan mense se sin vir verantwoordelikheid en hulle werksetiek. Hoe verdwyn mens (en ek weet sy's nie siek of iets oorgekom nie; met die riemtelegram gehoor) net, in hierdie ekonomiese klimaat? Hoe oorleef hierdie mense wat nie WIL werk nie? Steel hulle almal maar om aan die lewe te bly?


Tue, 23 Jun 2009 19:21:45 +0200:Die vreugde van dogtertjies



Jon het dit eintlik alles begin, met 'n sop wat hy Saterdagaand gekook het. Niksvermoedend eet ek en die dogtertjies Maandag vir middagete van die oorskietsop, en verlede nag begin ons les opse, erg!
Soos dit heel dikwels met hierdie dinge gebeur, besluit Emily, wat my in die huis help, om nie vandag op te daag nie, nadat sy van Donderdag middagete se kant al op verlof was. En omdat ek vertrou het dat sy wel terug by die werk sou wees vandag, het ek nie gisteraand skottelgoed gewas, of wasgoed, of vanoggend vroeg die hondekosbakke nie.
Dus moes ons drie girls, redelik bewerig na ons nagtelike eskapades, inspring en die huis van bo tot onder skoonmaak - ons maak al van Donderdag af net bolangs skoon, "want Emily is mos Dinsdagoggend terug".
Maar was die dogtertjies nie 'n fees nie! Rain was 'Sir Featherduster' en het rondgegalop op die lang verestoffer, terwyl sy die korte verwoed rondswaai en vir 'n vale afstof. Firn het rondgewals met die stofsuier en in rekordtyd die hele huis gestofsuig. Raintjie het die kombuistafel geskrop soos hy nog nooit in sy lewe geskrop was nie. Firn het badkamers skoongeskrop vir 'n vale.
Hier by 11:00 was die huis skoon, maar ons was te gedaan vir skool (die dogtertjies het darem vroegoggend hulle Wiskunde gedoen), en ons het onsself beloon met 'n Little House on the Prairie-episode.
Terwyl Firn vanmiddag by kuns was, het ek en Raintjie 'n fees gehad - eers by 'n kwekery gaan tee drink, en al met die son om die tafel geskuif, later so erg dat ons altwee op een stoel gesit het. Omdat daar nog 'n paar minute oor was nadat die son verdwyn het, het ons besluit op 'retail therapy', maar die suiwelboer-manier; ons kon maar net met ons oe koop. Ons twee girls het die klere gevoel en geruik en gevryf, en ons so geniet dat ons amper laat was om vir Firntjie by kuns op te laai.
En daar wag Firn met 'n ligte krisis: die dogtertjies moet volgende keer 'n teekoppie verf, maar die seuntjies mag enige wilde dier verf. Almal wat vir Firntjie ken sal weet dat dit 'n vreeslike straf vir haar is. Uiteinde was dat ek vir Tannie Annwyn moes bel, en vra of Firn tog ASSEBLIEF 'n wolf mag verf.


Mon, 22 Jun 2009 19:34:35 +0200:Klein troosies



Die eerste een kom sommer as ek my voete van die bed afswaai vroeg-vroegoggend: Apollo, op die matjie langs my bed, wat my waaistert groet. Die lekkerste lekker van daardie eerste koppie swart rooibostee met heuning, in die stilte van die oggend met die hele huis wat rondom my slaap. En die soet verassing van 'n lekkerlees-vol-nuus e-pos van Antoinette wat flits op my rekenaar, terwyl ek my tee drink en luister na my mense se slaapgeluide.
Lady wat tiekiedraai by die hek, soos ek uitgaan om die melkstal oop te sluit. Die vriendelike "More, miesies" van Jabu en Bheki, wat altyd 5 minute vroeg is. Job wat, uitasem, 1 minuut laat aangedraf kom, altyd in die hoop dat ek hom nie sal uitvang nie.
En as ek terugkom uit die koue, is my mense wakker en Rain druk haar slaapwarm lyfie styf teen myne. Jon kerm oor koffie en Firn se neus is al klaar in 'n boek!
As ek dan nog betyds met die hondekos begin dat ek terselfdertyd die 05:55 godsdiens en die 06:00 nuus op RSG kan luister, terwyl die honde rondom my le en wag vir hulle kos, begin my dag sommer op die regte voet.


Sun, 21 Jun 2009 17:57:30 +0200:Vadersdag



Al het Nune Vrydagnag gekalf, was ons met 'n yslike spanpoging almal so skuins voor 9 Saterdagoggend op pad na Equestrian International om te gaan kyk hoe 'n maatjie van die dogtertjies dresseer. Vir ons, wat gewoond is aan gewone 'plaasperde' en met jeans, 'n hemp, en waterskoene (en darem met 'n goeie ryhoedjie) bloots op die perd se rug spring, was dit 'n ware kultuurskok om te sien hoe netjies die kinders en perde uitgedos is. "Maar Mamma", vertel Firn, "die grooms doen ALLES; die kinders klim net op en ry!".
Dit was na Vrydagmiddag se partytjie op 'n plot buite Heidelberg waar die dogtertjies regtig lekker gespeel het - eers dogtertjies teen seuntjies baklei, en toe dit darem te rof gaan, en die seuntjies verban word, het die dogtertjies net so lekker gespeel.
Direk na die perdeskou is die dogtertjies na die volgende partytjie, in Heidelberg se Spur. Firntjie vertel dat dit 'n bietjie boring was: die kinders het vir 5 minute trampolien gespring, dan vir 5 minute ingekleur, dan 5 minute gesigverf, en so aan. Niks kon vir langer as 5 minute hulle aandag hou nie. Dalk 'n produk van ons skole?
Die uithuisigheid het ons almal gevang en ons was verskriklik bly om vandag net op die plaas te bly, ons diere te versorg, en Die Pa te bederf. Ek en die dogtertjies moes net spring om die berge skottelgoed gewas te kry, wat die resultaat was van die vreeslike gekook - eers ontbyt - eier en broodrolletjies, spek (hmm, spesiaal vir Vadersdag; het julle al gesien hoeveel E-nommers daar in spek is? Ek koop dit wraggies nie gou weer nie), gaar tamatie en piesang. En die middagete, op spesiale versoek van Jon: skaapboud, bruin basmatiese rys, aartappels, soetworteltjies, brokkoli en blomkool met 'n lae GI witsous. Vir nagereg het die dogtertjies, heeltemal op hulle eie (behalwe vir die sous wat laaste oorgegooi word) malvapoeding gemaak, en ek het, soos met die spek, oortree deur vla met vlapoeier te maak. Het darem nie kans gesien vir die verskriklike gespook met vla van scratch af maak nie, en dan sit mens nog met 'n berg eierwitte, wat beteken dat skuimpies gemaak moet word!


Thu, 18 Jun 2009 19:24:33 +0200:Tuisbly



Die nuwe voorsitter van die Melkprodusente-Organisasie vertel in 'n onderhoud dat sy skoonpa, toe hy begin boer het, hom die volgende raad gegee het:
"Kyk wat jou buurman doen. As hy ploeg, dan ploeg jy. As hy plant, dan plant jy. As hy oes, dan oes jy. Maar as hy dorp toe gaan, dan bly jy by die huis."
Ek en Jon glo ook so, en daarom het ons allerlei stelsels in plek, sodat ek soveel as moontlik op die plaas kan wees. Ons chemikaliee, melkmasjien-onderdele, en filters, word een maal per maand afgelewer. Ons het 'n reeling met Afgri in Nigel om twee maal per maand by ons af te lewer - en dan is dit nie net voer nie, dis sommer al die ander goed ook wat mens by die ko-operasie kry. Op 'n tyd het ek deur die Internet by Pick 'n Pay gekoop, en dan het hulle by 'n klient van Jon afgelewer - maar ons Internetverbinding is so stadig, ons het gevind dat dit nie effektief is nie. Dus koop ek en Jon rustig op omtrent die stilste tyd van die week - 'n Sondagmiddag - by Pick 'n Pay, terwyl die dogtertjies by puppy class is. Een maal 'n maand gaan koop ons dieremedisyne by Dr Louis in Balfour.
Dit verg net fyn beplanning van my kant, en goeie sisteme. Elke Donderdagmiddag doen ek 'n volledige voorraadopname van alles wat ons by Dairy Care, Afgri, en Pick 'n Pay koop. Gelukkig het Jon dit alles gerekenariseer, en dit neem my dus nie veel langer as 'n uur nie. Donderdagaande hou ek en Jon 'n vinnige vergadering, om te beplan wat ons alles self moet gaan koop, en hoe en wanneer dit op die effektiefs-moontlike manier kan gebeur.
Maar die dogtertjies gooi al hierdie fyn beplanning heeltemal omver met al hulle bedrywighede. Ja, ek sou kon inkopies doen terwyl hulle ballet, maar hulle weier. "Mamma MOET kyk!" Na ses jaar van ballet, wonder ek hoeveel ure ek al in die studio gesit het ...
Ek en Rain sou kon inkopies doen terwyl Firn by die kunsklas is, of ek Firn, terwyl Rain ballet teach, maar die dogtertjies weier. "Ons wil sit en tee drink en kuier met Mamma!"
Hierdie naweek het hulle ons behoorlik in 'n hoek: More-middag is daar 'n fancy dress verjaarsdagpartytjie (Firn gaan as 'n boer, kompleet met 'n ou pyp van Jon, en Rain as 'n perderuiter), Saterdagoggend gaan ons kyk hoe 'n maatjie skou met haar perd, en Saterdagmiddag is daar weer 'n verjaarsdagpartytjie.
Laat my dink aan die jong boer wat ook raad gaan vra het by 'n veel ouer buurman, oor sy koeie wat dan nie produseer nie. "Skud self elke oggend 'n vuurhoutjiedosie in hul ore" was die raad. Die jong boer het gehoor gegee en sy koeie se produksie het opgeskiet. Moral of the story: Jy moet DAAR wees. Nie rondrinkink nie!
Skuus, ou koeitjies. Op hierdie plaas kom die dogtertjies se behoeftes eerste, maar julle is darem net 'n kortkop agter hulle.


Sun, 14 Jun 2009 19:26:02 +0200:Dinki's day off



Eintlik het dit al Vrydagmiddag, net na middagete, begin, met 'n salige bad ter voorbereiding van 'n lang-verwagte kuier. Maar dit was nog skooltyd, so Raintjie het vir my gelees uit James Herriot, terwyl ek luilekker in die bad le en ontspan het.
Ek was skaars aangetrek en uit, toe die dogtertjies se uitbundige gejuig Debbie ('n skoolvriendin, wat na 25 jaar weer die bande met my opgetel het nadat sy my op die Internet uitgesnuffel het) en Ingrid (haar 13-jarige dogter, 'n groot gunsteling by die dogtertjies) se koms aangekondig het.
Die hele middag het ek en Debbie rustig in die tuin gekuier, terwyl die drie dogtertjies die plaas vol baljaar het. En, soos gewoonlik, het Debbie geskenke gebring - 3 paar wolsokkies vir my, nadat sy my versugting op my Nampo-blog gelees het, 'n serp vir Jon, sokkies vir Aletta en die dogtertjies, en 'n "Planet Earth" DVD vir Rain, vir haar verjaarsdag.
Saterdag-oggend is my tradisionele 'af' oggend - maar net van 04:45 tot 07:30, want Jon wil eenvoudig nie kalfies voer met Aletta nie. Hierdie keer MOES ek net die hele oggend afvat, want ek het die hele week die afgrond van uitbrand onder my voel gaap. 04:30 was ek wawyd-wakker, maar ek het rustig gele en wag vir die alarm om 04:45 af te gaan, sodat Jon verwoed in my plek kon opspring. Nie lank nie, of ek was besig met 'n gunsteling-tydverdryf: KykNet se Afrikaanse Musiekvideo's, met 'n lekker koppie rooibostee met heuning, en 'n muesli-beskuit, waarmee Jon my bedien het.
Vroeg-vroeg was die dogtertjies ook wakker en by my in die bed, en sommer gou was ons besig met skool: "Mamma, hoekom sing hy 'Song vir Swakopmund' en nie 'Liedjie vir Swakopmund' nie?" en hoekom gebruik hy sulke geforseerde rym: "My Liefie my lyfie, my diefie my duifie ...".
Ek kyk ook darem nie sommer sonder om my oordeelsvermoe te gebruik nie: Jon noem dit MMV's, wat ek kyk, (Mute Music Videos) en Firn beskryf dit so, in een van haar Prentice Hall werksopdragte: (met apologie aan Chris Chameleon):
´Papfees 2010¡ said the sign on the side of the road. ´All the pap and wors you can eat for R10!!!¡
Under that striking headline were the words ´Welcome Chris Chameleon!!!!!!!¡ in bright yellow text. Much smaller in black capitals, below that, was ´SA POLICE DOG DEMONSTRATION. ADULTS R5 CHILDREN BELOW 4 FREE.¡
´Well,¡ said Dad, turning the steering wheel, ´shall we go?¡
´Blegh,¡ said Mom, pulling a face. ´Not if that wart Chris Chameleon is there. Heÿs a mute.¡
(This does not mean that Chris Chameleon couldnÿt talk. It meant that when his music videos came on TV, Mom would press the MUTE button with almost frightening rapidity.)
Teen 06:30, na nog 'n koppie rooibostee, wat Jon tussen die werkery deur aangedra het, was ek reg om op te staan. Ek het my warm toegewikkel teen die koue (sommer Jon se nuwe serp geleen), vir Apollo geroep, en teen 'n stywe spoed afgesit, reg rondom die plaas se grensdraad, die westelike-, suidelike en oostelike grens om (ons plaas is 228 ha). So tussendeur die vinnig stap het ek 5 duikers, 'n klomp blesbokke, springbokke, en elande (die plase aan ons suide- en oostekante is wildsplase), 'n uil, nog onbekende roofvoels, interessante katspore, en pragtige spinnerakke gesien. So net voor 9 was ek terug, maar arme Jon was nog aan die rondhardloop - die koeie is almal deur die drukgang gejaag om vir bosluise behandel te word. Ek kon dus rustig in die tuin sit en proe-proe aan my nuwe Maeve Binchy lees, totdat almal se werkies klaar was en dit tyd was vir oggendete.
Saterdagmiddag het daar nog 'n bederf op my gewag: ons is uitgenooi na 'n Friesperdstoet (gaan kyk maar gerus by www.faeriewoodfriesians.wordpress.com) om op 'n swart hings (daar is nie byvoeglike naamwoorde genoeg vir Timo Vee nie) te ry. Ek, Rain en Firn het beurte gemaak om te ry, terwyl die Fries-merries nuuskierig toegekyk het, en na die tyd was daar 'n formele seremonie, waartydens ons drietjies sertifikate gekry het om ons geluk te wens met ons 'prestasie'.
Op pad terug, probeer ek die onverwoordbare vir my gesin verwoord: "Toe ek op Timo Vee se rug gesit het, het dit vir my gevoel asof daar iets soos 'n mis uit sy lyf asem en oor my vloei, my bedek met 'n gevoel van kalmte, vrede, rus en behaaglikheid. Dit was 'n spirituele ervaring". "Mamma," onderbreek Firn my, "wag totdat jy leer galop, DAN voel jy dit EERS."
Saterdagaand het soos 'n groot berg voor my gele, want Jon moes Reservis van 20:00 tot 02:00. Ek was bekommerd dat Firn nie sou slaap nie; maak nie saak wat ons se of doen nie, sy bekommer haar verskriklik oor hom. Kort nadat Jon gery het, was ons al drie, met drie warmwatersakke, in ons bed, met die belofte dat ons vir Jon sou bel net voor ons gaan slaap. Skuins voor 9 word ek wakker, met Firn wat 'night-night' se, en hier rondom 12-uur het sy weer haar pa gebel, net om seker te maak hy's OK. Tot my groot verligting het hy vroeg klaargemaak, en net na 02:00 was elkeen in sy eie bed.
Vanmiddag, toe ek en Jon op ons weeklikse 'date' was (dit beteken ons drink take-away koffies in die bakkie, terwyl ons vir die dogtertjies, wat by puppy class is, wag), meen hy dat ons meer "Mommy and Daddy time" sal he as ons so maak: die dogtertjies moet agtuur in die bed wees, en dan bly ons wakker tot so half-tien.
In your dreams Jon Hyde, you were asleep tonight just before SEVEN!!!
Lekker slaap, maters


Thu, 11 Jun 2009 16:59:30 +0200:Hoekom is ons so besig?



Omdat ons probeer kindgrootmaak soos mense wat nie werk nie, en probeer werk soos mense wat nie kinders het nie, vertel ek en Jon mekaar.
En dis waar, maar dis ook omdat ons, in 'n kits-wereld, nog probeer om dinge op die ou en stadige manier te doen.
Genadiglik is Jon nie soos my pa, wat geweier het om kitskoffie te drink nie - ek sou heeldag moes werk aan sy ongeveer 15 koppies koffie per dag. Maar met die ander dinge werk ons op die stadige manier. Ons lees etikette, sien. Ons spandeer baie tyd in Pick 'n Pay met ons neuse in labels, en ons koop versigtig en voel-voel. En dan verander dit nog aanmekaar! All Gold tamatiesous het altyd net tamaties en speserye bevat. Nou lees die etiket anders, en is daar tot 'n E-nommer in. Dus maak Jon nou naweke ons eie tamatiesous, en dis heerlik - maar tydrowend.
In ons huis is daar geen pakkiesop, geen cook-in sauces, geen 2 minute noodles, geen winkelkoekies, omtrent GEEN geriefskos nie. Ons koop nog pizza-basisse, maar dit bevat ook 'n hele gros E-nommers, en Jon en Rain moet dringend vir ons basisse en wraps bak.
O ja, en dan eet ons op die oomblik winkelbrood, wat die giftige Calcium Proprionate en Sodium Diacetate bevat. Dis nou omdat Firn se windhond, Hope, vermoedelik ons broodmasjien se roerder gesteel en iewers begrawe het, en dit neem darem net te lank om brood op die konvensionele manier te bak. Maar Jon sit aan my om vir Emily te leer, so watch this space ...
Ek versluk my ook op die oomblik aan die heerlikste suurlemoenstroop wat Jon en Rain nou-die-aand gemaak het - ons enigste probleem is nou dat ons nie meer tamatiesousbottels het vir die stroop nie, weens bogenoemde boikot.
'n Vriendin leen so in paaiemente vir ons haar 'Little House on the Prairie' DVD's. Ek en die kinders kyk elke aand wat Jon laat werk, 'n vergadering het, of reserviste werk, 'n episode. Die eenvoud en onskuld van die lewenswyse trek my soos 'n magneet.
Eendag is eendag, dan klim ek en Jon uit die rotresies!


Wed, 10 Jun 2009 18:44:18 +0200:Firn se idee van skool



Firn beskryf hoe sy wil he ons skool moet lyk, so in 'n Werksopdrag wat sy vir Literatuur moes doen:
"A great old willow dangles its green and golden fronds into the reeds and bulrushes that line the banks of the tiny winding stream hidden in the growing things. Paths trampled by cows’ feet lead to the willow. It is a gnarled, twisted old tree with boughs drooping, roots littered with fallen branches and dead leaves and the black-and-white spotted feathers of guinea fowls. Here, in the tree, sits a bonny blond girl and her red-headed mother, carefully guiding her through the complexities and peculiarities of the English language. Below the tree, not feeling especially acrobatic, lies another older girl on her stomach, one hand propped up onto her chin, listening with half an ear to the hesitant voice of her sibling and the gentle voice of her mother, with another half of an ear to the song of the birds, and having only one ear left to listen to the book. Occasionally she jots down notes in a small and rumpled notebook. Three beautiful horses – a black, a chestnut and a bay – graze nearby, their tack hanging on the tree, their halters on their heads. They do not stray. Two dogs, a sheepdog and a greyhound, are lying, panting happily, beside the reading girl.
This is an enchanting scene of peaceful learning; the mother and children riding out on their horses to their rustic school and there learning in the branches of a willow. But this sort of learning is not the educational aspect of a farm."
Vandat ek dit gelees het, koester ek hierdie prentjie in my kop, soos 'n kosbare kleinnood, rol dit om-en-om in my brein, herkou dit so nou en dan, en, hoop ek, na die reen doen ons dit dalk werklik elke dag.
Hou moed, Firntjie, ons gaan daar kom!


Sun, 07 Jun 2009 19:51:47 +0200:Aletta Maduna



"Mamma", se my dogtertjies, "as jy vir ons van Ou-Melitie in 'Stories van Rivierplaas' lees, dink ons altyd aan Aletta.
Meer as sewe jaar gelede het sy my kom help met veertig hans-melkbokkies, wat drie keer per dag 500 ml melk in 'n bottel moes kry. In daardie jare was dit 'n bekende gesig op die plaas: die skraal, swart vrou met my drie-jarige dogtertjie styf op haar sterk, seningrige rug vasgemaak, en die skraal, wit vrou met 'n vyf-jarige krulkoppie aan die hand, op pad om die veertig honger magies te gaan vul.
Intussen het Aletta 'Ou Magog' Maduna, met haar vlymskerp sin vir humor en haar swart kraalogies soos deel van die familie geword. Almal op die plaas, baas, klaas en dier, is haar kinders. "Kom na Mamma toe!", roep sy die kalfies, as sy gemaklik 'n winkelmandjie met agt tweeliter melkbottels op haar kop balanseer, terwyl sy intussen sommer die hoenderkos strooi en vir die dogtertjies stories oor haar kleintyd op 'n plaas in die Balfour-distrik, as die oudste van dertien kinders, vertel.
Terwyl haar hande behendig 'n balhorige kalfie hier, en 'n stamperige koei daar, regsien, word daar deurentyd geraas, gepraat, en grappies gemaak. "Kom, laat ons die swaarkry met lekkerkry klaarkry", is haar slagspreuk, en dis asof die diere dit aanvoel, en selfs die siekes en swakkes nuwe lus vir die lewe kry.
Mens en dier kry 'n bynaam, wat hom vir die res van sy lewe bybly. "Mashaya" stamp al lankal nie meer nie, want Aletta het haar dit afgeleer. "Matlafuna" kou nie meer haar bottelspeen nie, want sy drink lankal nie meer bottel nie. "Mabalega" hardloop nie meer weg nie, maar kom gedwee aangehardloop saam met Moonshot, ons befoeterde Jerseybul, as Aletta die twee roep om hul kragvoer te kom eet. George "dis my huis die" Sibeko het lankal die huis van sy hartsbegeerte gekry, en selfs my man is nou "dokter", omdat hy 'n paar maal Aletta se bloeddruk gemeet het nadat sy nie lekker gevoel het nie.
"Miesies," roep Aletta een oggend vroeg, nadat ons melkspan groen oorpakke soos die vee-artse gekry het, "kom kyk net, Dokter Louis melk hier in ons stal!" "Ons twee Ou Magogge gaan show", word die ander werkers toegeroep, wanneer Aletta vir Maxi, ons sestien-jaar oue Duitse Herdershond borsel.
Onlangs het Odette nie saam met Aletta teruggekom uit die veld nie. Die volgende oggend kry ons haar en dit is duidelik dat sy iewers 'n kalfie wegsteek. "Aletta," belowe ek, "as jy die kalfie kry, is haar tweede naam ook 'Aletta'". "Ek het gedink ek kom nie totdat ek die kalfie gekry het nie, al bel die Miesies my ook tien keer om te kom brekfis", verduidelik sy nadat sy so teen skuins na nege aankom met die kalfie oor haar skouer. En alhoewel ons haar registreer as "Hydeaway Ougat Aletta se Wonderwerk", bly sy "Ou Magog" vir Aletta.
Haar hande is nooit stil nie, en iets word telkens uit niets getoor: stoepmatjies vir ons van baaltou, kunstig blou-en-geel gevleg; klein handsakkies, ook uit baaltou, vir die dogtertjies; baaltou-plekmatjies en selfoon-houers uit sakgaring. Tamaties, pampoene en spinasie word liefdevol vertroetel en op elke denkbare manier beskerm teen 'haar' koeie. En almal is welkom om te deel in die oes.
Aletta is meer as net 'n plaaswerker; sy's my skans teen die oggend se koue, my tonic teen die lewe se aanslae, vriendin en geesgenoot. Dankie, Ou Magog!


Sat, 06 Jun 2009 16:07:57 +0200:DBV-dag in Nigel



Apollo, Hope, Flower en Whiskey het ons gesin na 'n DBV-dag in Nigel geneem, hierdie Saterdag. En daar maak ek skandes deur in die openbaar te huil toe hierdie gebed voorgelees word by die aanvang van die verrigtinge:

A Dog's Prayer By Beth Norman Harris
Treat me kindly, my beloved master, for no heart in all the world is more grateful for kindness than the loving heart of me.


Do not break my spirit with a stick, for though I should lick your hand between the blows, your patience and understanding will more quickly teach me the things you would have me do.


Speak to me often, for your voice is the world¢s sweetest music, as you must know by the fierce wagging of my tail when your footsteps falls upon my waiting ear.


When it is cold and wet, please take me inside, for I am now a domesticated animal, no longer used to bitter elements. And I ask no greater glory than the privilege of sitting at your feet beside the hearth. Though had you no home, I would rather follow you through ice and snow than rest upon the softest pillow in the warmest home in all the land, for you are my god and I am your devoted worshiper.


Keep my pan filled with fresh water, for although I should not reproach you were it dry, I cannot tell you when I suffer thirst. Feed me clean food, that I may stay well, to romp and play and do your bidding, to walk by your side, and stand ready, willing and able to protect you with my life should your life be in danger.


And, beloved master, should the great Master see fit to deprive me of my health or sight, do not turn me away from you. Rather hold me gently in your arms as skilled hands grant me the merciful boon of eternal rest - and I will leave you knowing with the last breath I drew, my fate was ever safest in your hands.


   

Apollo, Hope, Flower en Whiskey het ons gesin na 'n DBV-dag in Nigel geneem, hierdie Saterdag. En daar maak ek skandes deur in die openbaar te huil toe hierdie gebed voorgelees word by die aanvang van die verrigtinge:


A Dog's Prayer
By Beth Norman Harris

Treat me kindly, my beloved master, for no heart in all the world is more grateful for kindness than the loving heart of me.


Do not break my spirit with a stick, for though I should lick your hand between the blows, your patience and understanding will more quickly teach me the things you would have me do.

Speak to me often, for your voice is the world’s sweetest music, as you must know by the fierce wagging of my tail when your footsteps falls upon my waiting ear.

When it is cold and wet, please take me inside, for I am now a domesticated animal, no longer used to bitter elements. And I ask no greater glory than the privilege of sitting at your feet beside the hearth. Though had you no home, I would rather follow you through ice and snow than rest upon the softest pillow in the warmest home in all the land, for you are my god and I am your devoted worshiper.

Keep my pan filled with fresh water, for although I should not reproach you were it dry, I cannot tell you when I suffer thirst. Feed me clean food, that I may stay well, to romp and play and do your bidding, to walk by your side, and stand ready, willing and able to protect you with my life should your life be in danger.

And, beloved master, should the great Master see fit to deprive me of my health or sight, do not turn me away from you. Rather hold me gently in your arms as skilled hands grant me the merciful boon of eternal rest - and I will leave you knowing with the last breath I drew, my fate was ever safest in your hands.




Tue, 02 Jun 2009 19:15:06 +0200:Gee my krag ...



Nie omdat ek nie tyd het nie, maar omdat ek nie energie het nie! Dis hoekom ek nie blog nie, hoekom my huis op sy kop staan, hoekom my boekhou en belasting skrikwekkend agter is.
As ek net elke aand so 'n 45 minute lank kan boeke doen, en 15 min spandeer aan gemorskolle in my huis uitsorteer.
Maar dit sal van 20:00 tot 21:00 moet wees, en as ek nie hier by 20:30 klaar gebad en in die bed is, met my klere reggesit vir more-oggend se gryp in die donker en in die familiekamer gaan aantrek, die hondemelk in die pot vir op die stoof sit 04:45, en almal met hulle warmwaterbottels gewapen nie, dan sleepvoet ek die volgende oggend uit die bed.
As ek so na die mense rondom my kyk, en die ure wat hulle, en hulle mans, werk, dan wonder ek waar ek en Jon verkeerd gegaan het. Jon word per uur gewerk betaal, en daarom kwantifiseer ons elke ou uurtjie van elke werksdag wat hy nie by 'n klient of in die kantoor spandeer nie, en hy is maar bra suinig met daardie ou uurtjies. Ek doen 'n voltydse werk en tuisonderrig, en my ou af-uurtjies is net so skaars. Tyd vir rondhang gedurende die week is daar beslis nie. En vakansie ook maar weinig. Ons praat nie eers van naweke nie! Selfs op 'n Sondagoggend het ek teen 9-uur al 4 ure se werk, onder woeste tydsdruk, agter die rug.
Ek is seker maar dom, maar my lewensstyl wil ek ook darem nie verruil nie. Het 'n bietjie begin oplees oor gesond leef, en kyk net na hierdie twee aanbevelings:
1. Kry 20 minute per dag oefening (myne is nader aan 5 ure; ek loop gemiddeld 15 kilometer per dag tussen melkstal, kalfies, groot kalfies, droe koeie, perde en huis);
2. Kry 20 minute natuurlike lig per dag (myne is amper die hele dag, want behalwe vir die buitekant werk, eet ek en die dogtertjies ontbyt en middagete buite, en ek en Rain skool ook seker vir die helfte van skooltyd buite).
Voeg by dat melkboere nie geld het vir uiteet of vir wegneemetes nie (laasgenoemde kan ek op my vingers aftel: begin April in Bloemfontein KFC ge-eet, en by Nampo 'n hotdog ge-eet), en daar's die resep vir 'n baie gesonde leefstyl!


Tue, 19 May 2009 19:54:54 +0200:A question of balance



Ek sukkel nog elke liewe dag om die balans tussen plaas, skool, en verhoudings reg te kry.
Vir inspirasie het ek die laaste paar dae in die bakkie na 'n CD getiteld 'Running through fields, gazing at stars: Homeschooling with abundance and joy' geluister.
Ons tuisskool het baie joy, maar ek dink dis 'n bietjie kort op abundance. Die plaas is veeleisend, veral vroegoggend, en heel dikwels begin ek en Rain eers met skool (behalwe vir Wiskunde, wat sy op haar eie doen) na 10 in die oggend.
Vanoggend het ons, na voor-ontbyt-werkies gedoen is, gaan piekniek hou op die plaas. Ek het die dogtertjies van vroegoggend-werkies verskoon sodat hulle 'n geleende 'Little House on the Prairie' DVD kon kyk.
Na die piekniek en ek vier kalfies onthoring het, was dit al 10:30 en ek was ontsteld omdat ek en Rain nog nie met skool begin het nie.
Rain het haar hele phonics boek deurgewerk; ons is klaar met Stoutsterte, en ek val 'n bietjie rond. Ek't vir haar 'n paar phonics worksheets van die Internet afgelaai, maar ek sukkel om die regte vlak te vind: die eerste een was te maklik, die tweede een te moeilik.
Ek lees vir haar 'Nuwe Stories van Rivierplaas' deur Alba Bouwer, maar ek dink die beskrywings en taal en die kinders se verbeeldingswereld is vir my meer aangrypend as vir haar.
Vanmiddag het Firn kuns gehad, ek en Rain het gaan tee drink, en daarna het ons vir Rain by ballet afgelaai, waar sy vir 2 ure gesit en kyk het hoe die matriekmeisies ballet.


Mon, 18 May 2009 19:51:25 +0200:Visie en Missie



Myne kan mens in twee aanhalings saamvat:
"You are what you repeatedly do. Excellence is not an event -- it is a habit."
-- Aristotle
en die een waaroor ek al vantevore geskryf het:
'Spread love everywhere you go: first of all in your own house. Give love to your children, to your wife or husband, to a next door neighbour ... Let no one ever come to you without leaving better and happier. Be the living expression of God's kindness; kindness in your face, kindness in your eyes, kindness in your smile, kindness in your warm greeting.'
- - Mother Theresa
Dit is regtig my droom waarna ek strewe: uitnemendheid in alles wat ek doen, maak nie saak hoe gering dit ook mag lyk nie, en 'let no one ever come to you without leaving better and happier.'
Dis HARDE werk. En soms raak ek 'n bietjie moedeloos, want ek kan nie net melk nie, ek kan nie net tuisonderrig nie, ek kan nie net ma en vrou wees nie. En daarom skeep ek soms maar een 'n klein bietjie af.
Tog is ek op 'n plek van groot tevredenheid. Elke oggend staan ek op, vasbeslote om net my heel beste te doen, om aan hierdie twee aanhalings reg te laat geskied.


Sat, 16 May 2009 14:53:22 +0200:NAMPO



"As julle net een ding op Nampo kon koop, maak nie saak hoe duur nie, maar julle mag dit nie verkoop, en die geld vir iets anders gebruik nie, julle moet dit hou en self gebruik, wat sal dit wees?"
"Bertus B" se Firn. "Bertus B" se Rain "'n Baie groot trekker", se die Pa, wat met 'n 40-jaar-oue Landini oor die weg moet kom "'n Klomp pare lekker egte wolsokkies," se die Ma, wat elke dag gemiddeld 15 kilometer op die plaas loop.
Dit was ons sesde agtereenvolgende Nampo, en een van die lekkerste nog.
Naskrif: "Bertus B" is 'n Friesperd.


Wed, 13 May 2009 19:08:14 +0200:Seuntjies is nie te sleg nie



"I don't really like boys, Daddy, but I do like you," het Firn eendag vir Jon gese. Sy moes jonger as 3 gewees het, want ons het nog op ons plot in Kempton Park gewoon.
Vandag het ek by 'n ander tuisskoolma gekuier (tussen die twee balletsessies). Sy het drie seuntjies van 13, 11 en amper 10, soos Rain. En het hulle gespeel! Rain se balletbolla was omtrent aan flarde; toe ek se sy lyk asof sy agteruit deur 'n bos getrek is, het sy geantwoord dat dit presies is wat met haar gebeur het!
Ek't sommer so 'n bietjie na hierdie kinders se Impak-kurrikulum gekyk, maar dit lyk vir my maar 'n bietjie vaal en verbeeldingloos na Love2Learn se helder, kleurvolle, Living Books a la Charlotte Mason.


Tue, 12 May 2009 19:40:59 +0200:Skrik en Drama



Arwen, Rain se perd, het my en Firn omtrent gerattle gehad vanoggend. Ek het net die stal oopgesluit, met die werkers gepraat, en om die garage se hoek geloop na die tuinhekkie, toe 'n groot swart gestalte skielik uit die donker voor my opdoem: Arwen, neus in die kalfies se kosemmertjie, wat Aletta in die tuin gelos het. Terwyl ek haar met een hand uit die kos gehou het, het ek vir Firntjie gebel, wat met pajamas, gumboots, haar pa se Landini-baadjie en Arwen se halter uitgestorm gekom het. Ons het eers vir Arwen uit die tuin gekry, die ander twee perde se halters gaan haal, en die drie in die baalkamp toegemaak voor ons uitasem in die stal gaan voer-etikette lees het. Gelukkig blyk dit toe darem dat, hoewel ons koeie se Midimel wel Ureum bevat, die kalfie-kos dit nie bevat nie.
Skaars het ons bedaar, en Firn bel my die keer. Kan ek asseblief na Skye se been kom kyk? Ja, Skye loop nie reg nie. Bel vir Kevin, en hy onderneem om rondom middagete te kom kyk. Gelukkig kom Marie van die ryskool later die oggend melk haal, ek kry die brainwave om haar te vra, en dit lyk asof dit 'n bosluisbyt of 'n stokkie is wat Skye net bokant die hoef gesteek het. Dus niks ernstigs nie.
Teen die tyd is Firn te ontsteld om vir Arwen te skool, en ek stuur die twee dogtertjies op 'n missie: gaan speel dit uit in die perdekamp; moenie bekommer oor skool of ontbyt nie; speel tot julle klaargespeel het. Ridder Firn, Ridder Rain, en Flower, met swaarde, skilde en ander bybehore, is hier uit en het behoorlik hulle harte uitgespeel. Maar teen 9-uur het die hongerpyne hul huis toe.
Gister al, bel Jabulane, tans op verlof, my en deel my mee dat hy inligting gekry het dat Job, ons voorman, iemand gereel het om hom in te wag en dood te maak. Kan ek hom by die slaghuis in Heidelberg oplaai? Opsluit nie, se Jon, HY sal hom by die polisiestasie in Heidelberg oplaai. Gisteraand laterig, toe ek in die bad is, weer 'n missed call van Jabu. Hy's dronk en hy huil: ek moet die polisie bel. Lang storie kort: Jon het hom vanmiddag laat by die laerskool in Heidelberg opgelaai - ek weet nie hoeveel telefoonoproepe later nie.
Met Skye en Arwen se manewales het skool heelwat later as beplan begin, maar ons het heelwat gedoen gekry. Firn is besig met inleidende Chemika, en ek het 'n stunning webwerf ontdek by www.brainpop.com waar ons 'n paar movies gekyk het, oor die Struktuur van 'n Atoom, 'n Inleiding tot Atome, en die Periodieke Tabel. Jon het ook vanaand 'n halfuurtjie aan Chemika (nie my sterkste vak nie) met Firn afgestaan, en vir Evening Activities het Rain, nadat sy 'n geskenkpakkie versier het, Soduku saam met Jon gedoen. Firn verf al die afgelope twee aande, en ek het koekies versier en kratte met craft-benodigdhede uitgesorteer.
Terwyl Firn besig was met kunsklas vanmiddag, het ek en Rain teegedrink, 'n kwekery platgeloop, en lekker met ons oe in 'n nuwe dekorwinkel gekoop.
Vanaand droom ek en Rain altwee van die mooiste pienk gumboots ...


Mon, 11 May 2009 19:29:50 +0200:Besige boere



Oggendroetine is nou 'n bietjie verander, en lyk so: Alarm en opspring - 04:45; hondepap kook dadelik, verlaat die huis - 05:25; sluit stal oop, brief werkers & koeie walkabout - 05:30.
Kinders se milo en beskuit en hondekos 05:45; tweede walkabout (kalfies, verse en droe koeie) - 06:15. Ons het gevind ek sien nie die kalfies, verse en droe koeie mooi genoeg met die skietlamp in die donker nie, dus die inbring van 'n tweede walkabout.
Het 'n klomp diere gespuit vandag: Oepsie en Bambi (multimin, 3 weke van kalf); Fiona (vit A en Tramizan, opgedroog Saterdag); Boeremeisie (Scourguard, 6 weke van kalf), en Hilda en Jane (vit A, word Woensdag opgestoom). Ook vir Star (Tioctan en Kyrophos, niks ge-eet in die stal vanoggend nie), Bleddie Mooi, Eish en Prinsie (Excenel, hoes), en Guinevere (Nuflor, wit skittery).
Firn het deur haar skoolwerkies gevlieg: Wiskunde, Literatuur en Biologie, en Jon gehelp met die Highveld Jersey Club se webwerf. Rain het ook haar Wiskunde gedoen, spinasie en blommetjies saam met Aletta gesaai, aartappels ge-oes, haar Phonics gedoen, en ek het vir haar die stories van Tafelberg se kleed, Dick King se rit, en Racheltjie de Beer gelees. Altwee dogtertjies het hul hele balletsillabus deurgeoefen.
Vanmiddag was dit inkopies, en balletklas. En vanaand een van my gunsteling-tye op die plaas: Evening Activities. Ek en Rain het koekies gebak vir 'n buurvrou wat vandag verjaar, Firn verf, Jon werk aan ons webwerf, wat hy 'n bietjie wil verbeter en op datum bring. Is dit nie duisend maal beter as almal voor die TV nie?


Sun, 10 May 2009 19:24:35 +0200:Foute op Hydeaway Farm



Vrydag s'n was maar 'n kleintjie: Job het die trekker sonder diesel laat gaan staan, doer onder op die plaas. Ek en Jon moes hom bloei, ek moes Jon 'n entjie trek met my bakkie, en siedaar! die trekker loop weer.
Vrydag met die daaglikse mini-vergadering het ek al begin voorberei vir ons afwesigheid Saterdag. Ons was na 'n Love2Learn Tuisskool Kurrikulum Seminaar in Lonehill. Dus het George al Vrydag 'n pakkie Rumix gekry, om Saterdag vir Connie te gee, wie se maag omgekrap was. Vrydagaand het ek eiers gekook en gesny, en kaas gerasper vir ons ontbyt- en middagetetoebroodjies, sodat Jon net Saterdagoggend kon broodjies aanmekaarslaan terwyl ek walkabout doen en honde kosgee.
Tussen eerste en tweede walkabout Saterdagoggend het ek Excenel en Nuflor opgetrek vir Eish en Sugarbird onderskeidelik, en antibiotika uitgehaal vir Fiona, wat die middag opgedroog moes word. Ek het diesel- en petrolkanne agterin my bakke gegooi, dat ons nie twee keer moes ry nie.
MAAR: Ek het vergeet om die groot elektriese hek oor te skakel, sodat die werkers se afstandbeheer dit kon oopmaak. Ons disable hulle afstandbeheer laatmiddag, en enable dit eers weer as die koeie uitgaan om te wei. Net in Lonehill aangekom, kry ons 'n oproep: Miesies, die hek wil nie oopmaak nie. Hoe nou? Die koeie kan nie gaan wei nie, en terugry kan ons nie; ons het lank terug vir die seminaar bespreek en betaal. Enigste opsie is 'n duur een: die koeie kry twee bale; ons sal na die seminaar nie bly en oor al die pragtige boeke drool nie, maar terugjaag om die kalfies uit te neem om die laaste paar dagligure te wei.
Kry Saterdaglaatmiddag 'n SMS van Job: Bokmakierie (Firn se vers) wil kalf. Doen alles reg: gaan check elke halfuur in die koue en donker op haar, haal dadelik bies uit. Gaan kyk weer so rondom 7-uur; die kalfie is gebore, 'n pragtige versie, en Firn gee vir haar haar calf rescue. Eet gou aandete, gaan terug om vir haar haar bies en vir Bokmakierie haar Reviva te gee. Vind: die werkers het nie vir Benjamin, die donkie, weggeneem nie, en hy't die ou versie doodgeskop. Ai! 'n Klein, pragtige ou versie wat net 'n paar minute gelewe het. My hart is stukkend - vir die versie en ook vir my kind. En die prentjie van die gebroke ou lyfie wil maar net nie wyk nie.
Nou't ek 'n daaglikse alarm in my foon, elke middag laatmiddag, om te gaan kyk waar Benjamin is. Hy't lank gelede ook Pebble se bulletjie doodgemaak, en al talle kalfies bedreig.
Al die koeie, en al die kalfies, behalwe die kalfies wat nog bottel drink, is vandag deur die drukgang gejaag en vir bosluise behandel. Ons was omtrent gedaan daarna; het so teen net na 7 begin voorberei, verskriklik rondgehardloop, en so net na 10:30 klaargemaak.
Jon't vandag al drie etes gekook, ter ere van Moedersdag. Hy't ook walkabout gedoen, terwyl ek lekker in die bed gele het tot 06:15. En die dogtertjies het elkeen vir my 'n kaartjie gemaak. Ek't 'n uur lank in die kar by puppy class vanmiddag gesit en lees. Als-in-als 'n lekker paar bederfies vir Moedersdag.


Thu, 07 May 2009 18:50:58 +0200:Moeder Theresa



Sy moes 'n ongelooflike vrou gewees het. Ek het al soveel amazing quotes wat aan haar toegeskryf word, gelees.
Het vandag weer een gekry:
'Spread love everywhere you go: first of all in your own house. Give love to your children, to your wife or husband, to a next door neighbour ... Let no one ever come to you without leaving better and happier. Be the living expression of God's kindness; kindness in your face, kindness in your eyes, kindness in your smile, kindness in your warm greeting.'
DIS wat ek wil doen, elke dag.


Thu, 07 May 2009 18:47:33 +0200:Reen en Eskom



Hier by ons, as dit reen (al is dit net drie druppels, so voel dit vir my), 'val die Eskom', soos die werkers dit noem.
Gistermiddag, op pad terug van ballet, kry ek 'n benoude oproep van Job. Die krag is af, en die groot kragopwekker wil nie start nie. En dis die enigste van die drie kragopwekkers wat die vakuumpomp, die eindeenheid, en die koeltenk kan trek. Wat nou? Gelukkig was Jon by sy kantoor in Heidelberg; hy jaag plaas toe, net om 'n baie logiese verklaring te vind: daar is nie genoeg petrol in nie!
Woensdag is 'n rowwe dag. Rain help vir Vida met die Tiny Tots II en Pre-primere klassies, en ons moet al 12:30 op die plaas ry. Dit beteken dat ek hier rondom 11:00 al begin toebroodjies maak en koelsakke pak met die melk wat afgelewer moet word. Dan moet al Firn se balletbenodigdhede, Rain se tweede balletuitrusting (vir haar eie klas), en dies meer gepak word, en Rain moet 'n bolla kry.
Die dogtertjies het darem hulle Wiskunde gedoen, en Firn het aan haar literatuur en Rain aan haar Phonics gewerk. Ek het vir Rain die Stoutsterte boek heeltemal klaar gelees, en nou moet ek haas soek vir iets anders.
Terwyl Rain klasgegee het (en ek was nie min trots op haar nie - Vida moes dringend iets doen, en sy't vir 'n hele rukkie die klas alleen waargeneem), het ek en Firn gaan Red Capuccino's drink en terselfdertyd aan haar Pinto Mind Map gewerk. Dit was verskriklik lekker, en die uurtjie het net te gou verbygevlieg.
Ons is biblioteek toe, waar ek vir my nog 'n Maeve Binchy - Firefly Summer - uitgeneem het. Tyd vir elke dogtertjie se balletklas, en terug plaas toe in gietende reen.
Arme Jon het 'n reserviste-vergadering gehad en eers 20:45 tuisgekom. Dis nou die tweede laat aand in 'n ry vir hom, en hy's maar 'n bietjie moeg.
Ons het onderskeidelik 5, 20, en 16 mm reen gehad die afgelope paar dae. Genoeg om die vure nog 'n rukkie weg te hou, en as ons nou net 'n paar warm dae kan kry, is dit genoeg om die gras te laat groei, die stalgemiddeld op te stoot, en ons 'n paar ekstra sente in die sak te bring.


Wed, 06 May 2009 05:03:46 +0200:Kuns en crafts



Ek en Firn het walkabout gedoen - Jon is 04:00 al hier weg, om die 06:00 vlug Durban toe te vang, Rain was te lus vir haar bed, maar Firn wou nie alleen in die huis bly nie.
Ons het vir Condensed Milk (oftewel Connie) haar tweede sarsie behandeling teen galsiekte gegee, en vir Basie'sBlossom sommer Multimin (veronderstel vir 3 weke voor kalwing) en Vitamien A (veronderstel vir 2 weke voor kalwing) gespuit, want sy lyk bra na aan kalf, al bereken die rekenaar dat sy eers vroeg in Junie moet kalf. Sy's 'n vers, en dis moeilik om te se ...
Rain en Firn het hulle Wiskunde gedoen. Firn het gescore, want sy't geen foute gemaak nie en kon dus weer 3 smarties eet. Rain het enetjie as 'n troosprys gekry. Firn het ook haar Geography gedoen, en Rain het die hele dag aan 'n Wiskunde projek gewerk: sy moes een optel-plakkaat en een aftrek-plakkaat maak.
Ons het al die kalfies, van gespeen tot reg vir die bul, deur die drukgang gejaag en geweeg en bosluismuti opgegiet. Tien kalfies is ge-ent met OneShotUltra (teen Pastuerella, meestal) en drie verse en een os is bul toe: Babeica (Firn se vers), Sunset (Rain se vers), Storm, en die ossie, Roeland.
Vanmiddag het Firn kunsklas gehad, en ek en Rain het gaan tee drink en 'n bietjie in Rain se gunsteling-craftwinkel rondgeloop.
Na aandete het Rain haar nuwe crafboksie versier, en ek en Firn het gewerk aan 'n semantic map van haar heel eerste boek - 'Pinto'.


Mon, 04 May 2009 10:54:11 +0200:Fondue



My doel was om 'n hele twaalf uur lank - van 20:30 tot 08:30 - in die bed te le, maar teen 06:30 Sondagoggend was ek moeg vir die bed! Ek was die hele Sondag af, behalwe dat ek vir Firn (die vers) wat vermoedelik galsiek het, gespuit het. Ek sien dus nou weer kans vir 'n week van hard boer.
Jon het my bederf met tee in die bed, 'n ontbyt wat hy gekook het, en vir ons spesiale anniversary-middagete het die hele gesin saam 'n fondue voorberei en ge-eet. Daar was lams- en beesvleisblokkies, en sampioene met broodkrummels, wat ons in olie gekook het, brokkoli en blomkool, wat ons in kokende kaassous gedoop het, en 'n kruie- en chilidip. Elkeen moes se wat vir hom die lekkerste was (ek het die meeste van die sampioene met die kruiedoopsous gehou) en Jon het gese die saamkuier met sy hele gesin was vir hom baie lekkerder as die kos (en sodoende baie brownie-points by ons almal gekry).
Terwyl die dogtertjies by puppy opleiding gehelp het, het ek en Jon gaan koffie drink by die Wimpy. Dit was ons date vir ons anniversary, wat meer in 'n plaasvergadering ontaard het, maar ons het heerlik gesels, 'n klomp belangrike besluite geneem, en net lekker gekuier.
Terug by die huis moes ons spring om 'n promosie-brief vir die Jersey Jeugskou by die Pretoria skou te skryf (Jon is op die Hoeveld Jerseyklub se Skoukomitee), en ek het amper klaargemaak met die dogtertjies se kaste uitsorteer en regpak. Ek is bly om te se Firn hoef darem nie meer elke dag een-grootte-te-klein jeans met gate by die kniee te dra nie; ek't nog 'n klomp hand-me-downs van langsaan (dankie, Karen) ontdek, wat verlede winter te groot was, maar hierdie winter gaan pas!


Sat, 02 May 2009 19:46:22 +0200:Reen



Vandag het ek met 'n ligte hart (maar warm toegewikkel in 'n swaar parkabaadjie) walkabout in die donker, koue, nat reen gedoen. Ons kan uit ons velle spring met blydskap oor die onseisoenale reen; dit sal ons melkproduksie 'n klein bietjie lig, en die vure darem nog vir 'n dag of twee weghou.
Klein One Autumn Morning (gisteroggend gebore) het diarree; ek's nogal ontsteld, want sy't haar calf rescue binne 10 minute na geboorte gekry, en haar kolostrum binne 1 uur na geboorte. Ek haar Nuflor en Predef gespuit, en vanaand het sy Glutalyte gedrink in plaas van melk.
Mercury het galsiek; ek het hom gister Engemycin, Kyrophos en Tioctan gespuit, en vandag Tetramax, Kyrophos en Tioctan.
Ek't vandag my kas reggepak. Dis 'n werkie wat al lankal gedoen moes gewees het, en ek voel so goed daaroor. More wil ek die dogtertjies se kaste tackle.
Ons het kruideniersware vir die werkers gekoop, en lekker dik kouse vir Rain vir ballet. Sy't nou besluit sy wil beslis 'n professionele ballerina word (dus in haar ouma en tannie aan Vaderskant se voetspore volg) en ek sal haar aanmoedig sover ek kan.
More toyi-toyi ek; dis ons 13de huweliksherdenking en Jon beplan om my op die hande te dra. Ek sal wel rapporteer.


Fri, 01 May 2009 18:23:34 +0200:Kragonderbreking (ESKOM en Dinki)



Al het ons net drie druppels reen gehad, het ons 'n kragonderbreking van omtrent 5 minute gehad, en ek het my 'blog in progress' verloor.
En ek is baie, baie moeg. En teleurgesteld; ons is maar 17 dae terug, en ek het klaar 'n blaaskans nodig.
Ek en die dogtertjies het vandag weer die middel-van-die-dag werkies gedoen, Kevin was hier en hy en Firn het die perde gedaan gery, 'n T-Touch practitioner het op Lady kom werk, en Jon het tot omtrent 15:00 in sy kantoor in die dorp gewerk.
Ek het Sondag af (Jon gaan waarneem) en ek sien verskriklik uit daarna.
Sal kom vertel hoe lekker dit was ...


Thu, 30 Apr 2009 18:52:52 +0200:Skedules



Al het ek gisteraand net voor agtuur al in die bed geklim, het ek vanoggend 'n bietjie sleepvoet walkabout gedoen.
Dis Donderdag en ons het kalfies geweeg, en ook vier kalfies wat nog bottel drink uit die hokkies in die baalkamp na die hoenderhok ('n emergency measure) geskuif. Dit behels vier hoppende, galoppende kalfies optel, agter in die bakkie laai, versigtig ry van baalkamp na hoenderhok, kalfies uittel en sleep na die hoenderhok.
Firn het vandag besluit sy wil spesifieke vakke op spesifieke dae doen, en nie meer nes sy voel nie. Sy wil dus nou elke dag, behalwe Vrydag, Wiskunde doen, elke dag Literatuur, en dan soos volg:
Monday Biology Tuesday Geography Wednesday Being healthy Thursday Latin Friday Stoutsterte



Ek, Rain en die werkers het 10 kalfies teen BVD ge-ent vanoggend. Firn wou nie kom help nie "want, Mamma, dan gaan ek nooit by my Latyn uitkom nie." Sy't ook vanoggend lank op Skye haar springe geoefen, en met die kalfies weeg en bottel gee gehelp, so ek dink sy was lus vir 'n bietjie stilsit.
Aletta en Rain het gister uie en blaarslaai gesaai; vandag is dit een-of-ander blommetjies (Rain se departement) en sommer 'n klomp spinasie. Ek is hartseer dat ek dit nie self kan doen nie, maar hopenlik 'pluk ek darem die vrugte' van hulle twee se arbeid.
Ek en Rain het phonics en Stoutsterte gedoen, en lekker half-tuisgemaakte (ons het gekroek met die basisse) pizzas vir middagete gemaak.
Ons het 'The Waterhorse' in paaiemente gekyk - al vir 'n week lank so af-en-toe vir 30 of so minute, en dit uiteindelik vandag klaargekyk. Rain was 'n bietjie emosioneel oor Rivr en Amigo daarna, maar darem nie ontroosbaar nie.
So van skedule gepraat, so lyk ons weeklikse middag-skedule:
Maandag: Ballet, altwee dogtertjies, 40 minute elk Dinsdag: Kuns, Firn, 90 minute. Ek en Rain gaan drink gewoonlik tee Woensdag: Rain gee balletklas, saam met Vida, vir Tiny Tots II en Primary. Ek en Firn gaan drink gewoonlik tee. Daarna biblioteek, 'n klein bietjie inkopies, en dan het die dogtertjies elk 30 minute ballet. Donderdag: Ons bly tuis. Ek doen voorraadopname, plaas en huis, en maak inkopielyste, vir plaas en huis. Ek gaan al ons bankrekeninge na, en doen die nodige oorplasings en betalings. Vrydag: Kevin kom elke tweede Vrydagoggend vir perdrylesse. Ek doen Jon se rekenaarbesigheid se boeke in die middag. Saterdag: Die beplanning is dat ons boer in die oggend, en dan die middag vry het. Maar dit werk eintlik maar bitter min so uit! Sondag: Die dogtertjies help by puppy klas. Ek doen my beplanning vir die volgende week en sleutel dit in - spesiale plaaswerkies, soos inent en onthoring, spesiale skooltake, en 'n rowwe spyskaart vir die week.


Wed, 29 Apr 2009 18:33:48 +0200:Unsung Heroes



He comes home after a full day's work, and goes with me to look at a sick calf, the end unit's pump, and a cow who is busy calving. He opens the gate in the dark for a worker returning from leave. He helps with a newborn calf who is having trouble breathing and carries the 20 kg Reviva bucket to its mother.
He goes to bed at 08:30, and gets up again at 22:00 to go and do his Police Reservist work until 03:00, so that we may sleep safely. He does not get paid a cent for this; not even his expenses are reimbursed.
He sleeps from 04:00 to 06:00, and gets up to be at his client in Boksburg at 08:00, so that we may have enough money.
He has the following conversation with his wife:
Wife: Do you feel like death warmed up? Husband: Slightly. Husband: On second thought, is that 'death warmed up slightly', or 'slightly like death warmed up'?
He leaves his client at 17:00 and gets home at 18:00, full of fun and jokes, not a grumpy word.
He is my husband and my hero.


Wed, 29 Apr 2009 18:27:58 +0200:Mariposa



Klein Mariposa is dood in die nag. Ek't gistermiddag begin vermoed dat sy dalk rooiwater het; Dr Louis gebel, maar hy't gevoel die Nuflor en Predef wat ek in die oggend gespuit het, sou haar deurtrek. Ek is net bly dit was nie 'n lang lyding nie.
Job en Jabu is weer aan't bakleie. Ek het 'n lang gesprek met hulle gehad (my naam onder hulle is "Mama Whethu" - Ons Ma, en hulle verwag van my om alle probleme, groot of klein, op te los), en ek hoop regtig ek het nie my tyd gemors nie.
Ons het 5 kalfies RB51 ge-ent, en tussen die lang vergadering en die entery het ek en Rain nie vandag by ons Stoutsterte uitgekom nie. Ons het wel baie fun gehad met 60 droe boontjies en 3 eierhouertjies met verskillende hoeveelhede gaatjies, en ek dink sy verstaan die konsep van deling nou 100%. Rain het ook Phonics en Skrif gedoen (op die Hydeaway Farm-manier - die werkers se name bo en onder hulle timesheets vir Mei geskryf).
Firn het ook net Wiskunde (2 foute) en Literatuur gedoen. Sy't gister 'n Gesondheidstoets geskryf en 25/25 gekry.
Olive is volgende om te kalf, maar ek hoop vir 'n dag of twee grasie, dat ek eers 'n plan kan maak met waar al die nuwe klein kalfies gaan bly.


Wed, 29 Apr 2009 11:50:40 +0200:Twee kalwings



Ek was nog doenig in die melkstal vroeg vanoggend, toe Job die koeie gaan haal om te melk, en aankondig dat Beauty gekalf het. Sy's 'n pragtige koei, wat ons in Jersey-taal 'broken' noem, in teenstelling met 'typical' (bont, nie uniforme bruin nie), en haar ou bulkalfie het ons 'bleddie mooi' gedoop.
Tussen Beauty se kalwing, en 'n siek Mariposa, was ek alreeds laat met ontbyt, en ek en die werkers het nog 'n paar kalfies gespuit en 5 ou bulkalfies gekastreer. Dit was dus reeds 10:30 toe ek en Raintjie uiteindelik met 'skool-na-Wiskunde' kon begin.
Firn het weer 'n insinking met haar Wiskunde beleef, en 4 agterlosige foute gemaak (onder andere, 9 + 9 = 1, en 412/4 = 13). Rain het net 1 fout gemaak, en sy's amper-amper klaar met haar Gr 2-boek. Ons gaan nou 'n bietjie stadiger, want sy's besig met vermenigvuldiging en deling, en ek dink sy't 'n bietjie ekstra oefening daar nodig.
Dis so lekker as dinge sommer net reg uitwerk, sonder dat ek dit so beplan het (ek beplan maar bitter min voor die volgende skooldag; ek't net nie die tyd nie). Vandag in Stoutsterte lees ons oor Robben Eiland - net nadat ons vroeer in die dag na 'n klomp Nelson Mandela-foto's gekyk het. Ons het toe sommer www.sahistory.org.za toe gegaan, en meer opgelees oor Robben Eiland, oor World Heritage Sites, en spesifiek oor ons eie land se 8 World Heritage Sites.
Ek en Rain het ook getrou haar Phonics gedoen - en ek hoop regtig dit help vir die lees en spel!
Firn doen haar Literatuur elke dag, want sy geniet dit verskriklik. Sy't ook 'n hele klomp werk uit haar 'Being Healthy' boek gedoen.
Pnumpning het rondom 19:00 gekalf; die ou kalfie het gesukkel om asem te haal en ek het 'n nat, slymerige, glibberige kalfie aan sy agterpote rondgeswaai tot hy uiteindelik mooi asemgehaal het. Hy is dus terstond "Pleez Puff" gedoop (en nie "Pleez Puff Poepol" soos Jon wou nie ;) ).


Tue, 28 Apr 2009 12:37:24 +0200:Freedom Day



Jon het gister in sy kantoor gaan werk - daar is darem net te veel vakansiedae in hierdie maand vir iemand wat per uur betaal word! Ek en die dogtertjies het tuna wraps gemaak, en saam met hom gaan middagete eet.
Ons drie girls het 'n bietjie waargeneem op die plaas - al die werkers afgegee en die middel-van-die-dag werkies self gedoen: blindes kosgegee en kalfies uitgeneem (Firn op Skye) om te gaan wei. Ek't ook weer so 'n rukkie bloots op Skye gery.
Ons het gepraat oor die betekenis van Vryheidsdag, en ek het die laaste paar bladsye van Nelson Mandela se 'Long Walk to Freedom' vir hulle gelees.
Ek wil graag die laaste sin in die boek hier aanhaal:
"... But I can rest only for a moment, for with freedom come responsibilities, and I dare not linger, for my long walk is not yet ended."
Gisteraand het ons 'n lekker bredie ge-eet en voor ons koolstofie vergader - oor begrotings en besparings. Ek't sommer net daar, op die teelvloer voor die stofie, aan die slaap geraak. Doodmoeg!


Mon, 27 Apr 2009 16:59:07 +0200:Wetenskap om die ontbyttafel



Ek't vergeet om te se dat Line Vrydagnag gekalf het; Jon het haar en die versie gekry toe hy Saterdagoggend walkabout gedoen het. Line het nou vir ons vier versies in 'n ry gegee: Lollipop, Liriekeraai (die versie in die Animaltalk en Landbouweekblad saam met Firn) Lilly en laastens Lady Lynette.
Ontbyt het ontaard in 'n Wetenskap-les met 'n in-diepte bespreking van die verskillende soorte energie wat mens kry, en die kragte wat op voorwerpe inwerk.
Nadat al ons oggendwerkies klaar was, is ons vier, die twee perde en die vulletjie hier weg op 'n uitstappie op die plaas. Ek en Firn het beurte gemaak om vir Skye en Arwen te ry (Jon lei my, ek's maar skikkerig vir afval en iets breek), en Rain het net saamgeloop vir die pret. Dit was ongelooflik lekker - ek't net nou twee vrek seer halfkrone op my boude!
Ek't skaars tyd gehad om my Jodi Picoult klaar te lees, en ons moes weer dorp toe - die dogtertjies het gaan help met 'n puppy klas. Ek en Jon het na sy kantoor toe gegaan om 'n bietjie te kyk na ons budgets - plaas, Jon se maatskappy, en persoonlik. Was net betyds terug om die dogtertjies op te laai vir 'n heerlike kuier by vriende. Het 'n stunning boek daar geleen: A greener life. Al so 'n paar bladsye gelees, regtig inspirational.
Ek en Jon't weer 'n paar somme gemaak, en voor ons weer kon kyk, was die naweek verby.


Mon, 27 Apr 2009 10:25:52 +0200:Oor partytjies, troues en inspuitings



Jon't Saterdag walkabout gedoen, maar om 05:30 moes ek op, om al die oggendwerkies vroeg genoeg klaar te kry sodat ons skuins voor 9 in die dorp kon wees.
Ons het naamlik gegaan vir ons jaarlikse groot tranedal: ons immuniteitsboosterwinterinspuiting. (Ai! Is Afrikaans nie stunning nie!)
Dokter Jacobe, al 9 jaar lank ons huisdokter, het beveel dat die dogtertjies hierdie jaar nie meer gedwing mag word om die inspuiting te neem nie. Hulle kon dus kies. Rain wou glad nie ingespuit word nie, maar Firn het gese dis reg met haar, net om so half-half in die spreekkamer van plan te verander. Gelukkig, 'n paar trane en 'n paar oorredende woorde later, toe sit sy op Jon se skoot en word gespuit.
Dis gou vergeet in die opwinding van die Mad Hatter's Party. Die tafel was ongelooflik keurig gedek; die "Birthday Girl" was Alice, en die maatjies het almal lawwe hoede opgehad. En elke kind het 'n fyn porselein-teekoppie gewen - vir die prettigste hoed, die oorspronklikste hoed, of die lafste hoed. Ek't so 'n klein rukkie by die partytjie weggeglip en Jon gaan ontmoet vir my nuutste passie: 'n Red Capuccino (van rooibostee gemaak, met heuning en kaneel, lipleklekker).
Daarna was dit 'n malle gejaag om almal skoon, en met skoon hare, reg te kry vir Frans se troue, wat 16:00 begin het. Ons is almal met los hare hier uit (myne nog effe klam) en om 15:58 het ons kiertsregop in die boskerk by Bella Rochelle gesit. Die dominee se preek was pas klaar, toe spreek die reen 'n seen op die bruidspaar uit, en moes die seremonie in die onthaalsaal voortgesit word.
Dit was baie lekker; ons het by die 'melktafel' gesit - omtrent almal om die tafel het gemelk en ons het staaltjies en raad oor-en-weer uitgeruil. Die bruidegom en sy neef melk ook; dus is daar oor min ander dinge gepraat - perfekte geselskap vir ons. Die dogtertjies het gou saam met 'n horde ander kinders in twee groepe verdeel en die aand om 'oorlog-oorlog' gespeel. So skuins na 8 is ons daar weg, vroeg genoeg in die bed om nie doodmoeg te wees vir walkabout die volgende oggend nie.



Jon't Saterdag walkabout gedoen, maar om 05:30 moes ek op, om al die oggendwerkies vroeg genoeg klaar te kry sodat ons skuins voor 9 in die dorp kon wees.

Ons het naamlik gegaan vir ons jaarlikse groot tranedal: ons immuniteitsboosterwinterinspuiting. (Ai! Is Afrikaans nie stunning nie!)

Dokter Jacobe, al 9 jaar lank ons huisdokter, het beveel dat die dogtertjies hierdie jaar nie meer gedwing mag word om die inspuiting te neem nie. Hulle kon dus kies. Rain wou glad nie ingespuit word nie, maar Firn het gese dis reg met haar, net om so half-half in die spreekkamer van plan te verander. Gelukkig, 'n paar trane en 'n paar oorredende woorde later, toe sit sy op Jon se skoot en word gespuit.

Dis gou vergeet in die opwinding van die Mad Hatter's Party. Die tafel was ongelooflik keurig gedek; die "Birthday Girl" was Alice, en die maatjies het almal lawwe hoede opgehad. En elke kind het 'n fyn porselein-teekoppie gewen - vir die prettigste hoed, die oorspronklikste hoed, of die lafste hoed. Ek't so 'n klein rukkie by die partytjie weggeglip en Jon gaan ontmoet vir my nuutste passie: 'n Red Capuccino (van rooibostee gemaak, met heuning en kaneel, lipleklekker).

Daarna was dit 'n malle gejaag om almal skoon, en met skoon hare, reg te kry vir Frans se troue, wat 16:00 begin het. Ons is almal met los hare hier uit (myne nog effe klam) en om 15:58 het ons kiertsregop in die boskerk by Bella Rochelle gesit. Die dominee se preek was pas klaar, toe spreek die reen 'n seen op die bruidspaar uit, en moes die seremonie in die onthaalsaal voortgesit word.

Dit was baie lekker; ons het by die 'melktafel' gesit - omtrent almal om die tafel het gemelk en ons het staaltjies en raad oor-en-weer uitgeruil. Die bruidegom en sy neef melk ook; dus is daar oor min ander dinge gepraat - perfekte geselskap vir ons. Die dogtertjies het gou saam met 'n horde ander kinders in twee groepe verdeel en die aand om 'oorlog-oorlog' gespeel. So skuins na 8 is ons daar weg, vroeg genoeg in die bed om nie doodmoeg te wees vir walkabout die volgende oggend nie.



Sun, 26 Apr 2009 09:06:51 +0200:Firn se dag af



Walkabout was, soos ek daarvan hou, sonder enige verassings. Line is naby aan kalf, en wei nie saam met die ander koeie nie, van vandag af. Pnumpning, Beauty, Olive en Bokmakierie (Firn se vers) is ook op die opstoomfase, binne 2 weke van kalf. Ook hoog tyd, want ons liters is min - amper 300 liter per dag minder as op ons piek in die somer.
Firn is vanoggend na ontbyt Venron toe, om weer te help met die voorbereiding van 4 kollies vir die naweek se skoue. Ek gun haar die tydjie af; sy werk baie hard op haar eie aan, wat my meer tyd gee om op Rain te fokus. En sy is goed genoeg gevorderd in alle aspekte, behalwe miskien sosialisering. Dus goed vir haar om 'n bietjie tyd, sonder my, by 'n ander grootmens deur te bring.
Ek en Rain het 'n heerlike oggend agter die rug, van kwaliteit Mamma-en-Rain tyd. Ons het 'n 'spinner' gemaak en 'n Wiskunde-speletjie gespeel - buite in die tuin. Ons het 'n maatjie wat more verjaar, se geskenk toegedraai en versier. Rain het 'n briefie vir haar ouma en oupa geskryf, en skielik was ons tyd verby en moes ons Firn by Venron gaan haal.
Firn en Venessa het twee van die vier honde klaar gebad en voorberei teen die tyd dat ons haar gaan oplaai het. Sy't dit weereens verskriklik geniet, en ons is daar weg met 'n uitnodiging vir Firn om honde te hanteer by 'n skou in Mei.
Vanmiddag is ons bib toe, en voorraad gaan koop vir 'mad hatters' hoede vir more se Mad Hatter's Tea Party.
Adele Breedt se redes vir, en voordele van, tuisonderrig lyk so (en ek kon nie meer saamstem nie):
"THREE REASONS 1) Relational: I love being around my children & to share my life with them. I love sharing my passions & knowledge from my world view. Why should some stranger have this priviledge? 2) The lifestyle: I love the fact that we're home & that life is simple and real; that the boys have had time to be children & build some wonderful childhood memories. 3) The freedom: I love the flexibility to tailor a curriculum to match each child's individual needs & the fact that we aren't learning for tests or exams but because we want to!
THREE BENEFITS 1) Relational: I love the wonderful relationship we have as a family! I love the openess, the interest, the support & the hilarious, witty conversations! 2) Peer independancy: My children have a unique understanding of who they are & what they love. They aren't peer dependant in any way & express their individuality with confidence. 3) A new understanding of the word "education": It's wonderful to see the learning in everyday life & to ponder the qualities of a truely educated man! Real lifeskills are acquired in a very natural way."
Na aandete het ons almal great fun gehad met die maak van die hoede.


Fri, 24 Apr 2009 04:34:36 +0200:



My mense het nog almal geslaap toe ek vanoggend walkabout gaan doen het. Ek't onthou om 'n ogie oop te hou vir die Maan, Mars en Venus, en ek kon hulle duidelik sien - Mars en Venus was net hierdie keer noord, en nie suid nie, van die maan.
Aletta is met verlof, en haar 'stand-in', Abram, is siek. Ek moes dus vir George help om die kalfies se bottels te maak, 'n hele gedoente omdat ons seuntjie- en dogtertjie-bottels het. Oreo het mastitis en slegs ossies of bulletjies kan haar onttrekkingsmelk drink. Ons het ook, soos altyd op 'n Donderdag, die 22 kalfies wat bottel drink, geweeg. Firn en George het bottel gegee, ek het geweeg, en Rain het elke kalfie se gewig neergeskryf en ook sommer 'n bietjie 'mental maths' gedoen - uitgewerk hoeveel gewig elke kalfie opgetel het.
Ek en die werkers het drie kalfies - Prinsie, Eish en Ghostrider - onthoring. Regtig een van my slegste werke op die plaas, maar nou's dit gedoen.
Firn en Rain doen nog getrou Breingim voor hulle met Wiskunde begin, en vandag het dit regtig die ding gedoen: Firn het GEEN foute in haar Wiskunde gemaak nie. Sy't 'n sticker, drie smarties (jong, ek HAAT smarties; die goed is vol kleursel, geursel en preserveermiddels. Maar ek het altyd 'n boks smarties in my kas, want die dogtertjies kry 1 na 'n lepel medisyne om, soos hulle se, 'die proe weg te vat), twee soene (van my en Rain elk), 'n laggende koei-tekening (van my) en baie aanmoediging gekry.
Ek en Rain het 4 bladsye phonics gedoen, asook 2 hoofstukke uit Stoutsterte gelees. Sy't ook haar Wiskunde gedoen - foutloos, soos gewoonlik. Sy's amper-amper klaar met Gr 2 Maths Advantage, en die Gr 3 en Gr 4 boeke le hier en loer vir haar.
Raintjie het ook weer op www.bbc.co.uk/schools gaan rondspeel - hierdie keer 'Rivers and Coasts'. Sy se dit was 'nogal interessant'.


Thu, 23 Apr 2009 08:32:41 +0200:Sterre en Stemme ... en Stro..



"Great Venus + Moon + Mars triangle in the early-morning sky Get outside before dawn on election day (Wednesday 22 April) for a nice sight: Over in the east (where the Sun rises) you'll see the old crescent Moon. Below the Moon is the incredibly bright "morning star" - the planet Venus. To the right of Venus, Mars will be clearly visible. High up in the sky, quite far above the Moon, the other very bright "star" is Jupiter.
Best time to see this is while the sky is still dark - from about 4:30am to 5:45am if you're in Jhb; 5:15am to 6:30am for Cape Town."
Ons hele gesin het dit gesien, behalwe dat Jupiter agter 'n wolk weggekruip het. Baie interessant gewees.
Ons het die werkers Balfour toe geneem om te stem. Maak my soms 'n bietjie bitter - die storie oor hoe goor die boere hul werkers behandel. Ons is nie die enigstes nie, hoor! Vriende wat saam met ons by ander vriende gebraai het, het hulle werkers Heidelberg toe gebring, en die mense wat voor ons by Karan Beef in die ry gestaan het om te stem, het ook hulle werkers saamgebring.
Firn het kom kyk hoe lyk 'n stembriefie saam met my, en Rain het saam met Jon gegaan. Die dogtertjies het heelwat vrae gehad oor demokrasie en politieke partye, en baie geleer oor die stemproses. Rain onthou nog goed hoe sy in 2006 'saam met Mamma gestem' het.
Job, ons voorman, het vandag kom 1 maand kennisgee. Dis 'n harde slag; hy is 'n uitstekende werker wat al meer as 4 jaar hier werk. Gelukkig loop hy darem nie net nie! Ek begin al meer wonder oor die koeie verkoop, al die werkers laat loop, en alles self doen. 'n Eenvoudiger lewe, minder manage, meer self doen, saam met Jon en die dogtertjies ...


Wed, 22 Apr 2009 15:48:05 +0200:Dis koud ...



Walkabout was bibber-koud. Dankie vir Jon wat my parkabaadjie styf opgeknoop het.
Stoute klein Siobhan het vanoggend saam met die koeie ontsnap, en dit het ons lank geneem om haar te vang en die verwilderde koeie op die regte plek te kry.
Ons oggendete-gesprek het gewentel rondom die nursery rhyme 'Old Mother Hubbard'. Ek het die volledige rympie by www.apples4theteacher.com gekry, asook voorgelees by wikipedia.org oor die moontlike oorsprong en geskiedenis daarvan.
Firn se Wiskunde was nie so suksesvol vandag nie: 4 foute, heel moontlik omdat sy nog half ontsteld was oor Siobhan se eskapades.
Sy't met 'n nuwe afdeling in haar Literatuur begin, naamlik Drama, en dit het die grootste deel van haar skooldag in beslag geneem.
Rain het Wiskunde, Phonics en Stoutsterte gedoen, en daarna haar eie keuse: www.bbc.co.uk/schools/whatisweather. Sy't haar kuiertjie daar baie geniet.
Raintjie moes ook haar Afrikaanse biblioteekboekie, 'n Jenny Seed, deurlees en die storie vir my vertel.
Ek het 'n spreadsheet waarin Firn alles wat sy vir skool elke dag doen, insleutel. Ek sleutel ook Raintjie se werk in. So het ons 'n volledige rekord van die formele werk wat elke dag gedoen word.
Ons het vandag 'n koei wat nie dragtig wil raak nie, verkoop. Tot siens, Faline, lekker bly in jou nuwe huis, en ek hoop jy word wel daar dragtig!


Tue, 21 Apr 2009 06:47:08 +0200:Amper was die Maandag blou



'n Bietjie blou begin, die Maandag. My selfoonbattery het doodgegaan in die nag, en ek het eers 05:02 wakkergeword, in plaas van 04:55. Klink nie so erg nie, maar ek gaan 05:25 uit, sodat ek 05:30 binne-in die melkstal kan wees - ons is baie kwaai met ons werkers oor betyds wees, dus mag ek ook nooit laat wees nie.
Terwyl ek, Aletta en Rain kalfies melkgegee het, het Firn haar projek van gister voortgesit, naamlik om kalfies te identifiseer en mak te maak vir die SA Jeugskou in September in Magaliesburg. Ons kry rondom R800 huur vir elke mak kalfie wat ons aan vertoners kan verhuur, en ons wil probeer om darem so 6 lekker haltermak te kry en te stuur.
Die dogtertjies het vanoggend 'n paar breingim-oefeninge gedoen voor hulle met Wiskunde begin het, en sowaar het Firn slegs 2 foute, in plaas van die meer gebruiklike 5 of 6, in haar Wiskunde-les gemaak. Ek was maar bietjie skepties, net gedink dit kan nie kwaad doen nie, maar hopenlik moet ek nog my woorde sluk!
Firn werk so lekker aan haar Literatuur. Sy't ook 'n klomp Biologie vandag gedoen - ons het begin met 'n herwinnigsprojek op die plaas; ons sorteer vir 'n verandering weer al ons vuilgoed, waaroor ek baie bly is.
Ek en Rain doen Phonics saam. Dit het vandag heel goed gegaan, en daarna was sy lus vir blokkiesraaisels. Ek het 'n paar regtige oulikes by www.abcteach.com afgelaai vir haar.
Ek't ook vir Rain gelees uit die tweede Stoutsterte boek - dis sommer haar Geskiedenis en Afrikaans alles-in-een.
Middag was ballet en inkopies, aand 'n vergadering met die nuwe boekhouer, doodmoeg in die bed geval!


Sun, 19 Apr 2009 18:38:08 +0200:Salige Sondag



My Saterdag se laatle was iets van die verlede, en ek het ligvoets walkabout gedoen, nog met my kop in die wolke na gisteraand se honde-kaperjolle.
Sondagoggende doen ek net my roetine-takies: honde kosgee, kalfies melkgee, inloer in die melkstal so nou-en-dan.
Jon het vir ons 'n berg tamaties, uie en rissies fyngesny, dit gekook, in sakkies gepak, en gevries. Die tamaties en rissies kom uit ons tuin; ek wens die uie het ook, maar ons uitjies is te laat geplant en is nog jonk.
Die dogtertjies is, hoogs opgewonde, hier weg na Venron om te help met die was en voorbereiding van 2 kollies vir 'n skou. Dit het hulle 'n ronde vier ure geneem - maar om al die stories te hoor! 'n Spesiale bad en haardroeer, een soort sjampoe vir die wit dele en 'n ander soort vir die swart; hondjies is getrim en geborsel dat dit 'n naarheid is. Hulle het doodmoeg teruggekom hier rondom 4-uur, en ek het hulle in die bed geprop met 'n Dr Dolittle-fliek wat ek vroeer die dag opgeneem het.
Ek en Jon het 10 kalfies ge'tag' met metaaltags, en 'n hele gros kruieplantjies, wat ons by my skoonpa se kwekery 'gesteel' het, uitgeplant, en aartappels ge-oes.
Nou sien ek uit na 'n lekker koppie tee en my boek! Ek lees vir die eerste keer 'n Jodi Picoult - wou al lankal, en het vir my een by 'n tweedehandse boekwinkel in Oos-Londen gekoop.
Rustige nag.



My Saterdag se laatle was iets van die verlede, en ek het ligvoets walkabout gedoen, nog met my kop in die wolke na gisteraand se honde-kaperjolle.

Sondagoggende doen ek net my roetine-takies: honde kosgee, kalfies melkgee, inloer in die melkstal so nou-en-dan.

Jon het vir ons 'n berg tamaties, uie en rissies fyngesny, dit gekook, in sakkies gepak, en gevries. Die tamaties en rissies kom uit ons tuin; ek wens die uie het ook, maar ons uitjies is te laat geplant en is nog jonk.

Die dogtertjies is, hoogs opgewonde, hier weg na Venron om te help met die was en voorbereiding van 2 kollies vir 'n skou. Dit het hulle 'n ronde vier ure geneem - maar om al die stories te hoor! 'n Spesiale bad en haardroeer, een soort sjampoe vir die wit dele en 'n ander soort vir die swart; hondjies is getrim en geborsel dat dit 'n naarheid is. Hulle het doodmoeg teruggekom hier rondom 4-uur, en ek het hulle in die bed geprop met 'n Dr Dolittle-fliek wat ek vroeer die dag opgeneem het.

Ek en Jon het 10 kalfies ge'tag' met metaaltags, en 'n hele gros kruieplantjies, wat ons by my skoonpa se kwekery 'gesteel' het, uitgeplant, en aartappels ge-oes.

Nou sien ek uit na 'n lekker koppie tee en my boek! Ek lees vir die eerste keer 'n Jodi Picoult - wou al lankal, en het vir my een by 'n tweedehandse boekwinkel in Oos-Londen gekoop.

Rustige nag.



Sun, 19 Apr 2009 09:43:04 +0200:'n Produktiewe Saterdag



Walkabout is Jon se verantwoordelikheid op 'n Saterdag - tensy hy die vorige nag tot laat besig was met reserviste-diens. Vrydagaand moes hy werk van 19:00 tot 12:00, maar die polisie kon nie vir hulle 'n voertuig kry om mee te patrolleer nie, en net na 21:30 was hy dus tuis. Ek kon daarom Saterdagoggend tot 06:30 in die bed le. Salig.
Na kalfies melk gee, het ek, Jon en Firn die hele trop wat by die bul loop (87) ge'condition score', en daarna hulle voer oor-uitgewerk. Ons neem min-of-meer die volgende in ag: melkproduksie (0.35 kg per liter melk geproduseer), stadium van laktasie (voeg net oor die 1 kg by vir koeie onder 90 dae in melk, koeie naby aan opdroog op ideaal gesproke 300 dae kry minder), kondisie (vettes kry minder, maeres kry meer).
Alles word in die rekenaar ingesleutel, en ons het ook sommer ons begroting vir die week uitgewerk ('n hartseer verhaal!).
Daarna dorp toe vir 'n paar noodsaaklikhede, 'n baie kort uiltjie geknip, koeie gaan haal om gemelk te word, en 6 kalfies getattoeer.
Die hoogtepunt van die dag was ongetwyfeld ons kuier by die border collies. Ja, daar was twee mense ook, maar hulle is oorskadu deur 23 ('or is that 24, I never know if I've added the puppy or not') top-top border collies (Wrecking Havoc met 104 Best of Breed wenne, Rob Roy, Zulu Warrior - noem maar op) wat die hele tuin en huis plathardloop.
Firn is genooi om te kom help skou. Hulle doen omtrent 30 skoue per seisoen! Sy is predictably in die wolke oor die vooruitsig.
Laat die aand, toe ons tuiskom, en nadat my huismense al almal geslaap het, het ek nog vir myself die name en gesiggies en persoonlikhede gele en resiteer: Echo, Ticket, Ricky, Star, Shadow, Return to Sender, Demi, en die puppy, Ace ...



Walkabout is Jon se verantwoordelikheid op 'n Saterdag - tensy hy die vorige nag tot laat besig was met reserviste-diens. Vrydagaand moes hy werk van 19:00 tot 12:00, maar die polisie kon nie vir hulle 'n voertuig kry om mee te patrolleer nie, en net na 21:30 was hy dus tuis. Ek kon daarom Saterdagoggend tot 06:30 in die bed le. Salig.

Na kalfies melk gee, het ek, Jon en Firn die hele trop wat by die bul loop (87) ge'condition score', en daarna hulle voer oor-uitgewerk. Ons neem min-of-meer die volgende in ag: melkproduksie (0.35 kg per liter melk geproduseer), stadium van laktasie (voeg net oor die 1 kg by vir koeie onder 90 dae in melk, koeie naby aan opdroog op ideaal gesproke 300 dae kry minder), kondisie (vettes kry minder, maeres kry meer).

Alles word in die rekenaar ingesleutel, en ons het ook sommer ons begroting vir die week uitgewerk ('n hartseer verhaal!).

Daarna dorp toe vir 'n paar noodsaaklikhede, 'n baie kort uiltjie geknip, koeie gaan haal om gemelk te word, en 6 kalfies getattoeer.

Die hoogtepunt van die dag was ongetwyfeld ons kuier by die border collies. Ja, daar was twee mense ook, maar hulle is oorskadu deur 23 ('or is that 24, I never know if I've added the puppy or not') top-top border collies (Wrecking Havoc met 104 Best of Breed wenne, Rob Roy, Zulu Warrior - noem maar op) wat die hele tuin en huis plathardloop.

Firn is genooi om te kom help skou. Hulle doen omtrent 30 skoue per seisoen! Sy is predictably in die wolke oor die vooruitsig.

Laat die aand, toe ons tuiskom, en nadat my huismense al almal geslaap het, het ek nog vir myself die name en gesiggies en persoonlikhede gele en resiteer: Echo, Ticket, Ricky, Star, Shadow, Return to Sender, Demi, en die puppy, Ace ...



Sun, 19 Apr 2009 09:19:35 +0200:Perde en Pieknieks



Jon het vanoggend vroeg met Firn gesit, en 'n bietjie tyd spandeer aan Wiskunde-tegnieke. Ons het ook 'n paar antwoorde op my brief gekry (sien gister se blog).
Kevin was hier vir rylesse - Skye en Arwen wou nie mooi spring nie, en daarom het hy en Firn liewers die plaas platgery. Firn se dit was baie lekker, en sy was veral in haar skik omdat Kevin meen dat Skye fikser is as Arwen. Klein Siobhan het net mooi niks daarvan gehou dat haar Ma en Tannie so ver was nie, en aanmekaar gerunnik.
Ek en Rain het die kans gegryp op 'n lekker ma-en-klein-dogtertjie piekniek, vergesel van die dogtertjies se 'boetie', Apollo, my hart-se-punt Duitse Herdershond.
Firn doen nie Wiskunde na perdry nie; dis net te veel gevra. Dus het sy vandag Being Healthy, Afrikaans en Geskiedenis, en Engelse Literatuur gedoen.
Rain se sling kom af, sy sit op 'n dik kussing, en doen haar Wiskunde op haar eie. Ons het ook vandag met formele 'phonics' begin - Graad 3 (eintlik moet Rain in Gr 4 wees, volgens haar ouderdom), en dit is net mooi reg vir haar. En sy het dit regtig nodig - sy raai verskriklik wanneer sy lees, en lees glad nie akkuraat nie, daarom spel sy ook baie sleg.
Raintjie is moeg vir 'Being Healthy', en, soos julle seker sal agterkom, het ek 'n bietjie wegbeweeg van die unschooling (te veel unschoolers met weinig dissipline gesien, maar dis 'n lang storie vir annerdag). Ek het egter nie aangedring dat sy aangaan daarmee nie, maar ek sal wel aandring dat sy haar Phonics en Wiskunde voor begin en agter klaarmaak! Sy't dus met 'n boek oor die mens se liggaam begin, en ek hoop maar net sy byt vas en hou 'n bietjie vol daarmee - ek hou nie van die rondvallery tussen onderwerpe nie - gryp hier, gryp daar, leer 'n bietjie, vergeet dit weer ...
Ons eet deesdae ontbyt en middagete in die tuin, wanneer ons nie piekniek hou nie. Ek lief die lekker tussen-in herfsdae. En is lemoene nie sinoniem met herfs en winter nie?



Jon het vanoggend vroeg met Firn gesit, en 'n bietjie tyd spandeer aan Wiskunde-tegnieke. Ons het ook 'n paar antwoorde op my brief gekry (sien gister se blog).

Kevin was hier vir rylesse - Skye en Arwen wou nie mooi spring nie, en daarom het hy en Firn liewers die plaas platgery. Firn se dit was baie lekker, en sy was veral in haar skik omdat Kevin meen dat Skye fikser is as Arwen. Klein Siobhan het net mooi niks daarvan gehou dat haar Ma en Tannie so ver was nie, en aanmekaar gerunnik.

Ek en Rain het die kans gegryp op 'n lekker ma-en-klein-dogtertjie piekniek, vergesel van die dogtertjies se 'boetie', Apollo, my hart-se-punt Duitse Herdershond.

Firn doen nie Wiskunde na perdry nie; dis net te veel gevra. Dus het sy vandag Being Healthy, Afrikaans en Geskiedenis, en Engelse Literatuur gedoen.

Rain se sling kom af, sy sit op 'n dik kussing, en doen haar Wiskunde op haar eie. Ons het ook vandag met formele 'phonics' begin - Graad 3 (eintlik moet Rain in Gr 4 wees, volgens haar ouderdom), en dit is net mooi reg vir haar. En sy het dit regtig nodig - sy raai verskriklik wanneer sy lees, en lees glad nie akkuraat nie, daarom spel sy ook baie sleg.

Raintjie is moeg vir 'Being Healthy', en, soos julle seker sal agterkom, het ek 'n bietjie wegbeweeg van die unschooling (te veel unschoolers met weinig dissipline gesien, maar dis 'n lang storie vir annerdag). Ek het egter nie aangedring dat sy aangaan daarmee nie, maar ek sal wel aandring dat sy haar Phonics en Wiskunde voor begin en agter klaarmaak! Sy't dus met 'n boek oor die mens se liggaam begin, en ek hoop maar net sy byt vas en hou 'n bietjie vol daarmee - ek hou nie van die rondvallery tussen onderwerpe nie - gryp hier, gryp daar, leer 'n bietjie, vergeet dit weer ...

Ons eet deesdae ontbyt en middagete in die tuin, wanneer ons nie piekniek hou nie. Ek lief die lekker tussen-in herfsdae. En is lemoene nie sinoniem met herfs en winter nie?



Fri, 17 Apr 2009 05:57:39 +0200:Mooi gedoen, Firn!



Kyk op bladsy 42 van die Lanbouweekblad van 17 April 2009, waar Firn pryk met haar kalfie, Liriekeraai, asook een van ons ander verse, Bokmakierie.
Vanoggend het ons al 22 kalfies wat bottel drink, plus die drie wat onlangs gespeen is, geweeg en 'n hele gros ontwurm.
Firn sukkel met agterlosige foute in haar Wiskunde, en ek het raad gevra op ons 'Tuisonderwys'-poslys (wat, terloops, 600 lede het), soos volg:
"Hallo Almal
Ek en Firn (pas 12) het 'n bietjie raad nodig met haar Wiskunde.
Sy is nou net so oor halfpad met Saxon Maths Gr 5. Ons het gewag totdat sy 10 jaar oud was voordat ons met formele Wiskunde begin het, en sy het met Saxon Maths Gr 4 begin.
Sy werk selfstandig en sien self haar antwoorde na. Sy doen 4 lesse 'n week, van Maandag tot Donderdag.
Ons verstaan altwee dat Wiskunde 'n belangrike vak is, en sy sukkel glad nie om dit te verstaan of te doen nie.
Die probleem le by die agterlosige foute wat sy maak. Daar is normaalweg ongeveer 35 bewerkings per les, en sy maak oor die algemeen 5 foute per les, wat haar baie ontstel. Die foute is nie omdat sy nie die werk verstaan nie, maar omdat sy nie die som reg lees nie, of die som net halfpad doen, of verkeerd optel of aftrek, of halfpad in 'n aftreksom begin optel.
Dit ontstel haar vreeslik - sy is vanoggend skoon ontsteld voordat sy nog met haar Wiskunde begin het, oor al die foute wat sy verwag om te maak!
Ek het al vir haar gevra om 'n bietjie stadiger en versigtiger te werk, maar dit lyk nie asof dit help nie. Wiskunde is haar eerste vak elke oggend, maar dit doen sy eers nadat sy haar perde en die kalfies versorg het, en ontbyt ge-eet het. Dit lyk asof die foute insluip na die eerste helfte van die les - miskien moet sy 'n ruskansie neem in die helfte? Ek wil regtig nie he sy moet net 'n halwe les per dag doen nie.
Enige raad sal baie welkom wees!"
Ons het weer 'n produktiewe skooldag agter die rug. Firn het Wiskunde, Literatuur (Engels) en Aardrykskunde gedoen, en Rain Wiskunde, Gesondheid, Geskiedenis, Afrikaanse en Engelse Literatuur. Die letterlik honderde skulpies wat Raintjie by Ouma gekry het, word woes ingespan as Wiskunde-hulpmiddels.
Ek en Rain het karringmelk-botterbroodjies gebak (sien http://www.food24.com/Food24/Recipe/0,,A6217,00.html) en ek't 'n lekker sop met kruie en tamaties uit ons groentetuin gekook. Vanmiddag is opgeneem deur lyste - Pick 'n Pay inkopies, Afgri inkopies, apteek, al die voorraad wat weer gekoop moet word na ons vakansie.
Ons is groen van jaloesie oor die venue van Jon se reserviste-vergadering vanaand: Venron Border Collies, een van die voorste telers in die land. Kon die honde hoor blaf toe hy bel om te se hy's daar, ai toggie ...



Kyk op bladsy 42 van die Lanbouweekblad van 17 April 2009, waar Firn pryk met haar kalfie, Liriekeraai, asook een van ons ander verse, Bokmakierie.

Vanoggend het ons al 22 kalfies wat bottel drink, plus die drie wat onlangs gespeen is, geweeg en 'n hele gros ontwurm.

Firn sukkel met agterlosige foute in haar Wiskunde, en ek het raad gevra op ons 'Tuisonderwys'-poslys (wat, terloops, 600 lede het), soos volg:

"Hallo Almal

Ek en Firn (pas 12) het 'n bietjie raad nodig met haar Wiskunde.

Sy is nou net so oor halfpad met Saxon Maths Gr 5. Ons het gewag totdat sy 10 jaar oud was voordat ons met formele Wiskunde begin het, en sy het met Saxon Maths Gr 4 begin.

Sy werk selfstandig en sien self haar antwoorde na. Sy doen 4 lesse 'n week, van Maandag tot Donderdag.

Ons verstaan altwee dat Wiskunde 'n belangrike vak is, en sy sukkel glad nie om dit te verstaan of te doen nie.

Die probleem le by die agterlosige foute wat sy maak. Daar is normaalweg ongeveer 35 bewerkings per les, en sy maak oor die algemeen 5 foute per les, wat haar baie ontstel. Die foute is nie omdat sy nie die werk verstaan nie, maar omdat sy nie die som reg lees nie, of die som net halfpad doen, of verkeerd optel of aftrek, of halfpad in 'n aftreksom begin optel.

Dit ontstel haar vreeslik - sy is vanoggend skoon ontsteld voordat sy nog met haar Wiskunde begin het, oor al die foute wat sy verwag om te maak!

Ek het al vir haar gevra om 'n bietjie stadiger en versigtiger te werk, maar dit lyk nie asof dit help nie. Wiskunde is haar eerste vak elke oggend, maar dit doen sy eers nadat sy haar perde en die kalfies versorg het, en ontbyt ge-eet het.  Dit lyk asof die foute insluip na die eerste helfte van die les - miskien moet sy 'n ruskansie neem in die helfte? Ek wil regtig nie he sy moet net 'n halwe les per dag doen nie.

Enige raad sal baie welkom wees!"

Ons het weer 'n produktiewe skooldag agter die rug. Firn het Wiskunde, Literatuur (Engels) en Aardrykskunde gedoen, en Rain Wiskunde, Gesondheid, Geskiedenis, Afrikaanse en Engelse Literatuur. Die letterlik honderde skulpies wat Raintjie by Ouma gekry het, word woes ingespan as Wiskunde-hulpmiddels.

Ek en Rain het karringmelk-botterbroodjies gebak (sien http://www.food24.com/Food24/Recipe/0,,A6217,00.html) en ek't 'n lekker sop met kruie en tamaties uit ons groentetuin gekook. Vanmiddag is opgeneem deur lyste - Pick 'n Pay inkopies, Afgri inkopies, apteek, al die voorraad wat weer gekoop moet word na ons vakansie.

Ons is groen van jaloesie oor die venue van Jon se reserviste-vergadering vanaand: Venron Border Collies, een van die voorste telers in die land. Kon die honde hoor blaf toe hy bel om te se hy's daar, ai toggie ...



Wed, 15 Apr 2009 18:04:15 +0200:Goeie nuus ...



'n Heerlike middag: eers bilioteek toe, daarna na die dokter, met twee stelle X-strale van Raintjie se sleutelbeen, toe en nou, en die goeie nuus, haar sleutelbeen groei pragtig aan, en van Dinsdag af (4 weke na die val) kan sy die stut vir periodes van 2 ure afhaal. Toe ongelooflik lekker by vriende gekuier en geklets.
Ook 'n goeie skooldag vir Rain en Firn. Rain het 'n poppespel aangebied wat my en Firn histeries aan die lag gehad het; ons het dankie-briefies geskryf vir die mense by wie ons 'n vers geleen het by die Bloemskou. Beide dogtertjies het 'n goeie skoot Wiskunde gedoen, Firn literatuur en Rain Geskiedenis en Gesondheidstudie.
Stillerig op die plaas. Mermadia het gister gekalf, 'n pragtige versie, Mariposa (ons hou by die Barbie-tema).


Tue, 14 Apr 2009 15:32:56 +0200:Begin maar net ...



Ek kan nie al die maande se nuus inhaal nie, so ek begin maar net met 'n skoon bladsy vandag.
Ek't walkabout gedoen met my winterhandskoene aan. Nie omdat dit so koud was nie, maar opgewonde soos 'n kind oor strepies-oopvinger-handskoene ('Mamma, jy lyk soos Stevie in McLeod's Daughters') wat ek gister by my gunsteling-padstal in die hele wereld, The Cabin tussen Ladybrand en Clocolan, gekoop het.
Ons was vir drie dae by die SA Jerseyskou in Bloemfontein - lekker, lekker tussen al die mense wat nog meer fanaties oor die Jerseyras as ons is, en daarna vir 5 dae by Jon se ma-hulle in Oos-Londen. Ek't net die plaas-BTW daar gedoen, en vir ure op my bed gele en lees, terwyl Jon se ma die dogtertjies vermaak, en Jon sy pa met die nodigste werkies help.
Dis 'n voorreg om oor die Paasnaweek te kon weggaan - die eerste keer in die 9 jaar wat ons op die plaas bly. Ek het dus ook by vanoggend se plaasvergadering die werkers bedank en geprys, en daar gooi Job 'n spanner in die works. Alweer 'n bakleiery oor die ander se vrouens. Ek was soos 'n ballon wat net daar afgeblaas is. Wou nog horings brand; Job se net hy's te onsteld om te werk, en daar gaan hy toe, 'n driekwart-dag vroeer op verlof. Los 'n slegte smaak in my mond, breek my motivering en my moed.
Dit het my vanoggend ongeveer 2 ure lank geneem om die dogtertjies se hare, wat na al die swem in die see en lagune meer na mossieneste gelyk het, te was en sorgvuldig uit te kam. Gelukkig het ek daarvoor beplan. Ons sal more weer met skool begin.
Jon het nie heeltemal koelleps soos ek het in Oos-Londen nie, en ek is bekommerd dat hy nie genoeg gerus het nie. Ek mis hom verskriklik nadat ons so gewoond geraak het om hom by ons te he. Firn is ekstaties bly om terug te wees op die plaas en by haar diere; ek vermoed Rain minder so.
Raintjie loop nog met haar arm in 'n stut, nadat sy haar sleutelbeen gebreek het (sien Firn se blog vir details), maar sy het nie meer pyn nie en hanteer die hele ding vreeslik goed.
Ek't tuisgekom met 'n klomp nuwe planne vir 'n beter kwaliteit lewe, en dinge rustiger vat. Kom ons hoop dit werk uit!
Ek sal meer daarvan vertel soos ek dit implementeer.


Fri, 23 Jan 2009 20:23:04 +0200:Hoekom ek nie meer blog nie



Want dis somer, en ons VIER dit behoorlik. Ons is buitekant van net na sonop tot net voor sononder; ons geniet die plaas, ons werk, speel, maak tuin, gaan stap, braai op die plaas ... soek EN vind die magic.
En tussen-in doen ons skool teen 'n woeste spoed, ons pluk vye en maak vye-lekkers, pluk perskes en le perskes in, eet kruie en 'n bietjie groente uit ons tuin, en pak allerhande lekker projekte aan.
Ons kuier en drink tee en ek en Rain pamperlang mekaar - wie wil nou na 'n spa of 'n skoonheidsalon gaan, as die een wat die bederf doen jou ook sommer baie na aan die hart le?
Ons is besig, Maandag tot Woensdag, met ballet op Maandag, Pony Club-lesse op Dinsdag, Rain is assistent vir die balletonderwysers in die 5-jarige en 6-jariges se balletklasse op Woensdag, en dan het altwee dogtertjies ook balletklasse, en elke tweede Vrydag kom Kevin vir perdrylesse. Binnekort begin honde-opleiding, en ek en Rain probeer nuwe resepte en kos-avonture op 'n Donderdag.
Jon raak al slimmer en meer kreatief met sy programmering, en hy installeer sommer vir ons 'n wilde en woeste alarm wat op ons selfone werk. Hy programmeer outomatiese laktasie- en groeikurwes vir my, demonstreer dit aan 'n klient, en moet dadelik vir hulle soortgelyke grafieke programmeer.
Dus, vir elke ding 'n seisoen, en dalk sal ek die bloggery 'n klein bietjie verwaarloos terwyl somer en sonskyn ons buitekant toe lok, en dit oorlaat vir die wintermaande, wanneer die donkerte (maar beslis nie die koue nie) ons na binne dryf.


Fri, 09 Jan 2009 20:02:27 +0200:Dinge wat ek vergeet het



Dis nie alombekend nie, maar Jon het my mos in die stad gevind - 'n yuppie met 'n selfoon, 'n sonbril en 'n Merc, 'n career girl wat nie kinders wou he nie.
En ek het nooit geweet nie:
Hoe kosbaar dit is om 'n baba in jou maag te voel beweeg, of om daardie klein hartjie op 'n sonar te sien en hoor klop. Hoe mooi 'n pasgebore babatjie kan wees. Hoe lekker dit is om 'n klein babatjie in die middel van die nag te voed, en dit voel asof julle twee alleen op die hele wereld is. Hoe opwindend al daardie eerstes is: eerste glimlag, eerste lag, eerste sit, staan, kruip, loop, tand, briefie ... Hoe lekker 'n warm klein slaaplyfie ruik en voel. Met hoe min slaap 'n mens kan klaarkom. Hoe lekker dit is om by die huis te bly en jou gesin te versorg, eerder as om in designer-uitrustings rond te hol en kontrakte te skryf.
Toe sleep Jon my plaas toe, en ek leer nog 'n klomp goed:
Hoe lekker nat hond of nat grond, hondeasem, koeimis, lusern, 'n melkkamer, en 'n vars geploegde land kan ruik. Hoe mooi galoppende perdepote, 'n duif wat koer, 'n piet-my-vrou se roep, en 'n koei wat saggies vir haar pasgebore kalfie moe, kan klink. Hoe mooi 'n sonsopkoms, 'n sekretarisvoel, 'n baba-jakkals, 'n pasgebore bokkie of skaaplammertjie, 'n donderstorm, 'n reenboog, 'n siek koei wat weer opstaan, en 'n werker wat betyds opdaag na verlof, kan lyk. Hoe hartseer dit kan wees as 'n dier doodgaan. Hoe moeg mens kan word as jy oggend-na-oggend douvoordag opstaan om na al die diere op die plaas te kyk. Hoe ongelooflik verknog mens aan 'n stuk grond, 'n Toyota bakkie en 'n lendelam huis kan raak.
En:
Hoe sterk mens kan word, hoe goed mens kan opstaan as jy na jare van emosionele verwaarlosing en abuse jou hele gesin se onvoorwaardelike liefde elke dag so intens om jou voel, dat dit amper tasbaar is.


Thu, 08 Jan 2009 20:08:25 +0200:Hoog en laag



Eskom het daarvoor gesorg dat die dag om 01:15 nie te great begin het nie; geen elektrisiteit, en niemand by die call centre antwoord die telefoon nie. Nie in Afrikaans nie, nie in Engels nie, nie in Zulu nie.
Dankie tog vir drie kragopwekkers: die kleintjie hardloop die noodsaaklikste in die huis: twee elektriese heinings (van al die load shedding is die batterye al gaar), en Jon se DSTV. Die middelslag-een hardloop die boorgatpomp. Die ou grote hol die vakuumpomp, eindeenheid, en twee melktenks asook die stalrekenaar.
Jon log toe einde laaste hier rondom 05:00 'n fout op Ek's dom se webwerf en ons was net mooi klaar gemelk, klaar melk koud gemaak, klaar melk getrek - ons het dus net mooi Eskom nie meer so broodnodig gehad nie, toe gaan die krag aan.
Wiskunde met Rain vanoggend was nie so great nie. Sy sukkel om die volgende konsep te verstaan:
0.5 =3D 0.50 =3D 0.500 =3D 5/10 =3D 50/100 =3D 500/1000 =3D 1/2.
Na oggendete was Narnia egter net Great! 'n Bybelversie oor oe lei ons na die Onse Vader, en Firn leer dit in 'n japtrap in Engels, ek is besig om dit vir Rain in Afrikaans te leer, ons luister na Charlotte Church se opname van The Lord's Prayer, ek lees vir hulle die Pater Noster in Latyn, en laaste, maar nie die minste nie, lees ons hierdie pragtige Griekwa-Afrikaanse weergawe:
Onse Vader wat innie jimmel in sit, ons wil nou vandag hier vir U kom bid: Lat U se naam tog by ons geprysig raak, laat U se Kapteinskap hier staningse maak, en lat U se wil gebeure tissen die sterre rond, net so sos hier oender by ons oppie grond. Gee vir ons vandag onse koppietjie meel. Vergewe ons onse gevloek en onse gesteel, want sos ons nou yt die Woord yt weet: ons moet dies wat ons vloek ok vergeet. Lat ons onse rigte gee virrie versoekinge, en maak los die rieme vannie Dywel se dinge. Niemand sal nou U se Kapteinskap kan wen, of U se kragte of nou U se heerlikheid, van hier af tot doer oorkant innie ewigheid. Nou dan s=EA ons dan maar eers weer: Amen.
Ook vir Narnia speel ons 'Peter Pan' en 'Stuck in the mud', ons leer oor profesiee en behandel sommer Siener van Rensburg en Nostradamus. Ons lees rympies wat Brittanje se kinders leer om al hulle konings se name te onthou. Ons leer oor Richard III en Shakespeare. En heel laaste maak ons bobotie en leer oor die Maleiers - hul kookkuns en musiek, en sommer ook 'n groot favourite van my: Taliep Pietersen.
Dis ook Donderdag en dus 'bakdag', en Rain maak verskriklike lekker Chocolate Truffles uit haar 'Felicity Wishes'-boekies - die beste koop OOIT vir Raintjie. Sy lees ook weer Roald Dahl se 'The BFG' - dit nadat ek die Engelse en Afrikaanse weergawes hardop voorgelees het so twee jaar terug.
Firn lees die tweede Harry Potter in Afrikaans (ek het haar lekker omgekoop. Sy wou al lankal Harry Potter lees, toe gaan ons 'n ooreenkoms aan dat sy dit wel mag lees, maar slegs in Afrikaans). Ek is kort op haar hakke; amper klaar met die eerste een.


Thu, 08 Jan 2009 15:07:48 +0200:I love it when a plan comes together



Vandag het alles net gekliek. Heel toevallig het ek 'n ekstra-halfuurtjie in melktyd gehad, en ek kon dit saam met Rain op haar Wiskunde spandeer. En was ek nie aangenaam verras nie! Toe ons in, ek dink, Oktober met Saxon Maths opgehou het, het sy gesukkel om die volgende konsepte te verstaan:
2.50 = 2.5; 2.05 < 2.50
Vandag het sy dit dadelik gesnap! Ons twee het gesellig op die stoep gesit en Wiskunde doen, en dit het die toon aangegee vir die hele dag.
Eers het Firn vir my 'n elektroniese betaling gedoen (vir die dekselse klip waaroor ek gister so onderbreek is), en Rain het my gehelp om Bege, ons nuwe werker, se kruideniersware in Excel aan te teken. Daarna was dit Narnia-tyd en alles het net mooi in plek geval - dankie TOG vir die Internet. Ek weet nie HOE mense ge-TO het daarsonder nie ...
Ons het 'n youTube video oor ice fishing gekyk, 'n fantastiese Etymology-webwerf ontdek (http://www.etymonline.com/) waar ons 'n fassinerende halfuur spandeer het. Wat so lekker was, was dat ons aldrie so opgewonde kon raak om bekende woorde se oorspronge op te spoor. Ek en Rain het 'n Bewer-craft gedoen en, wonder bo wonder, alles gehad wat daarvoor benodig was. Ek't tot sover gekom om 'n foto van haar met haar Bewertjie te neem, en in haar leer te plaas. Ons het, amazingly, al ons skoolboekies netjies weggepak en ek het selfs gekyk watter Wiskunde die girls more moet doen! Ag, ek wens elke liewe skooldag kon soos vandag wees. Ons het ook 'n hoofstuk in Narnia gelees, in die Narnia-kurrikulum (Further Up and Further In) afgemerk tot waar ons gekom het ... alles wat ek so graag elke dag sou wou doen maar bitter min by uitkom.
Vanmiddag het als ook net weer saamgewerk: die dogtertjies het ordentlik onderhandel in die biblioteek oor wie watter boeke gaan uitneem (al gaan ons dikwels twee maal per week bib toe, het Firn net NOOIT genoeg boeke nie), en ek het 'A hat full of sky' van Terry Pratchett vir Firn by die grootmenskant gevind en uitgeneem - ek soek dit al SO lank vir haar.
Laaste maar nie die minste nie het ons uiteindelik 'n waatlemoen gekry wat nie vrot is nie, en ons oor 'n mik ge-eet toe ons tuiskom.


Tue, 06 Jan 2009 18:58:05 +0200:Nog onderbrekings



Ek slaan nou al nes 'n kitaar met een snaar, maar dis werklik 'n doring in my vlees op die oomblik - vanoggend was dit Elias wat, na 2 maande by ons, bedank het (gelukkig met een week kennis), Jabu wat nie kan aangaan met sy werk nie, omdat daar nie klip vir die beton is nie, so ek moet dringend klip bestel, die polisie wat uiteindelik ons plaas-nommerbord aflewer en sommer kom se Jon moet hierdie week werk.
Nieteenstaande het ons darem heelwat bereik. Die dogtertjies werk nou elke Dinsdagoggend vir 'n uur lank by 'n ryskool hier naby. Ek wag sommer in die kar en doen daardie admin wat in 'n kar gedoen kan word - al sittende op Apollo se leiband. Ek moet darem geselskap he vir daardie uur se wag! Marie het aangebied om die dogtertjies deur Pony Club Level 1 te begelei hierdie jaar - so ek het 'n idee dit gaan 'n woeste perde-jaar word.
Dinsdae is dus nou geen-Wiskunde-dae. Ons kom net mooi betyds terug om min-of-meer op die gewone tyd met ons ander skool te begin. Hierdie week is ons besig met Narnia, en ons het Hoofstuk 7 in 'The Lion, the Witch and the Wardrobe' se woordeskat gedoen, Firn't die hoofstuk vir ons gelees, en ons't 'n paar van die werkopdragte rondom die hoofstuk gedoen. Lekker pret gehad met hierdie een: "Find a picture of gumboots and show it to your parents". Ons't ons viertjies se waterskoene in 'n ry gerangskik en 'n foto geneem, dit toe gedruk en elke dogtertjie het op haar vlak iets oor gumboots geskryf - Firn moes ook Wellington se veldslag teen Napoleon in 1815 insluit.
Ek probeer nou 17:00 ophou met my kantoorwerkies, en iets lekkers doen laatmiddag. Vanmiddag het die dogtertjies die perde opgesaal en ons, asook Siobhan die vulletjie en Apollo en Maxi (laasgenoemde 16 jaar oud) is na die dam aan die suidekant van die plaas om blomme te pluk en rietjies te sny vir 'n skerm wat ek wil bou.
Ek het halfpad met die bakkie gery, en Max het maar geduldig agter-in vir ons gewag, terwyl ons op ons uitstappie was. Die uitstappie sal onthou word om twee redes: Apollo, nou net oor die twee jaar, het uiteindelik ORDENTLIK gepiepie deur sy been te lig, en ons het 'n duikertjie met die kom- en gaanslag verras.


Mon, 05 Jan 2009 20:13:07 +0200:Eerste skooldag



Ek was vasberade dat hierdie jaar meer produktief as die laaste drie maande van verlede jaar moes wees.
Eintlik het dit my gedagtes die hele vakansie deur besig gehou: hoe gaan ek die talle onderbrekings, en krisisse, klein en groot, gedurende skoolure hanteer?
Ek't hierdie briefie op ons tuisonderwys-poslys geplaas:
"Ons skooljaar begin Maandag, en ek worstel al van verlede jaar af met 'n groot probleem, so tussen die skool en die melkery: ek kan maar beplan so veel soos ek wil, maar ongeveer een skoologgend 'n week is daar 'n mini-krisis wat my tyd gedurende skoolure verg - vanoggend, byvoorbeeld, was die krip in die blinde koeie (moet liewer nie vra nie ;) ) se kamp dolleeg, en dit het ongeveer 45 minute van my tyd geverg gedurende wat, van volgende week af, skoolure sou wees.
Ek het gedink daaraan om maar 'n paar werksopdragte uit te druk, of andersins 'n projek reg te kry waaraan die dogtertjies werk as ek nie beskikbaar is nie - wat dink julle, en hoe hanteer julle hierdie onvermydelike onderbrekings? Ek's bevrees dit jaag my stresvlakke die hoogte in!"
Die meeste ma's se mening was dat ek die kinders by die onderbrekings moet betrek, en dit as 'n leerervaring moet gebruik.
Ek het ook gisteraand 'n soort-van 'chore-chart' op die yskas geplaas, met 'n lys van items wat die dogtertjies teen ontbyt-tyd, om 09:00, moes klaargemaak het, naamlik:
- Neem perde na perdekamp (dis 'n afstand van omtrent 10 tree vanaf hulle slaapkamp na hulle perdekamp, maar aangesien die dogtertjies hulle skuif deur hulle met sulke L-A-N-G ompaaie te ry, neem dit gewoonlik tussen 30 en 60 minute);
- Was gesiggies, borsel tande, borsel en vleg hare;
- Gee kalfies hulle bottels
- Maak Saxon Maths klaar vir die dag (Rain doen net, Firn doen en gaan antwoorde na).
Vanoggend was ons al omtrent 08:45 om die ontbyttafel - ek hoop ons kan hiermee vasbyt!
Die eerste onderbreking, Dairy Care wat kom aflewer en 'n mini-vergadering met die werkers, was ek te wagte en die dogtertjies het aan die werk gespring met briewe aan die tuisleerders-poslys.
Die tweede onderbreking, 'n besoek van twee vriende, het ek nie verwag nie, en Rain het tande getel terwyl Firn gesit en teken het.
Maar ons het nogtans heelwat formele skool agter die rug vir 'n eerste skooldag, en ek voel tevrede.
Arme Jon is vanoggend 05:45 hier weg na 'n klient, en het na 19:00 eers weer tuisgekom - doodmoeg, nadat hy die hele Saterdag ook by die klient deurgebring het.