HYDEAWAY - Dinki se Spoegblok

Home

Wed, 28 Mar 2007 19:28:17 +0200:Back to school & back to normal

Dinge het 'n vet laagtepunt bereik hier na die einde van laasweek en begin van hierdie week. Firn het 'n dreigende siekte gehad, Rain is vandag vir die eerste keer beter, Jon is 'under the weather' - maar ek kan nie vasstel hoe erg nie, want hy wil my nie vertel nie! En gister het die kieme my ook ondergekry, gelukkig net vir die dag.
Maandag se skool was vol onderbrekings maar ek het dit darem gedoen gekry. Gister het ek probeer om skool te doen terwyl ek in die bed le, maar dit het net vir so 15 minute gehou.
Vandag, uiteindelik, het ons 'n ordentlike dag se skool agter die rug. Ons het ook net Memory Work, Firn en my lees, en Wiskunde gedoen, maar ons het dit als behoorlik gedoen. Ek lees nog steeds uit 'Jack and Jill', Firn lees uit 'Phantom Stallion - Dark Sunshine', en ons gaan goed aan met Saxon Maths Gr 4. Rain doen die meeste daarvan saam met ons, wat beteken dit gaan 'n bietjie stadig vir Firn, maar ek dink dit kan nie kwaaddoen om Wiskunde maar stadig te vat en seker te maak sy't alles onder die knie nie. Dit beteken ook natuurlik dat die werk soms 'n bietjie moeilik vir Rain is en haar 'n bietjie moedeloos maak (sy behoort eintlik in Gr 2). Maar sy't 'n Wiskunde-brein soos haar pa!
Rain en Firn is gesond, ek is baie beter, weet nie wat Jon se status is nie, so dinge begin so stadigaan terugkeer na normaal, en dis baie goeie nuus vir my.
Plaasnuus is dat die melkstal nou vinnig vorder. Jon probeer 'n bietjie vroeer terugkom huistoe elke dag en 'n bietjie werk aan die nuwe stal. Bontes, 'Being 10 more than 90' se mamma, gee pragtig melk. Sy't ons vandag 31.5 liter gegee vir die dag, waarvan 19 liter in die oggend was.
Ek moet darem ook net iets noem oor ons 8 honde. Kyk, 7 was baie maar 8 is VERSKRIKLIK baie, veral as die 8ste een 'n onmoontlike klein windhondjie is. Maar ek geniet hulle ongelooflik, al is dit sulke harde werk en al lyk die huis soos 'n varkhok met 8 honde wat in- en uitgaan soos dit hulle pas.
Ek glimlag oor die 18mm reen wat ons gister gehad het, en ons hou almal duimvas dat die ryp nie te gou kom nie!


Sun, 25 Mar 2007 15:47:51 +0200:'n Heerlike vooruitsig (nie)!

Welkom op 'n melkplaas! Ek het vanoggend LAAT opgestaan - 6-uur! Dit was ook net moontlik omdat ek gisteraand al die wasgoed in die masjien gegooi het, en omdat ek Firn omgekoop het om Sondae die oggend-hondekos te maak vir ons 8 honde. In ruil daarvoor het ek vir haar vir 'n jaar ingeteken op die tydskrif 'All about dogs'. Sy kry reeds ook Animaltalk en lees altwee van voor tot agter.
Op die plaas gewerk van 06:30 tot 09:00. Ontbyt ge-eet, aangewerk. Ook natuurlik huisskoonmaak, ek dink nie bediende gaan ooit weer terugkom nie en frankly speaking, wil ek haar ook nie weer terug he nie. Nou ja, dis nou net mooi die tyd wanneer die meeste mense aansit vir 'n heerlike Sondagmiddagmaal. Jon is egter hard besig aan beton gooi vir ons nuwe melkstal, en ek het nou net die hele huis gestofsuig en gaan nou vloere was.
Arme Raintjie is nog steeds siek. Jon het haar en Aletta, my kalf- en koei-regterhand, Donderdagoggend dokter toe geneem (lang storie groot chaos Donderdag maar ons is daar deur). Rain het 'n baie nare sinusinfeksie met goor post nasal drip. Ons vermy maar antibiotika so ver ons kan, so die herstel neem 'n rukkie langer. Ongelukkig vlieg alle TV-kyk reels by die venster uit wanneer 'n kind siek is, so Rain kyk die hele liewe dag DVD's en goedgekeurde tv-programme, wat my teen die mure uit dryf, maar ek het nie juis 'n keuse nie.
Ons het ons kalahari bestelling gekry. Die Narnia-boeke is 776 bladsye, wat ek als hardop vir die kinders gaan voorlees - hou stembande. Ons het ook winterklere gekoop - dit is, dorpsklere. Op die plaas dra ons sommer net overalls, wat ek vandag nog moet bestel vir volgende week se aflewering. Sjoe, en Jon het vir ons 'n lekker speelding gekoop - 'n DVD-player/writer/hard drive.
Nou ja, more begin die skool weer as alles vlot verloop. En hopenlik is die Ma nie meer so grumpy nie. En dubbele hoera vir Jabulani, ons nuwe plaaswerker. Ons het nou 5 plaaswerkers, 4 mans en 1 vrou, en ek hoop die werk sal nou meer onder beheer kom.
Laastens moet ek ietsie noem oor Firn se nuwe windhondjie, 'Hope has wings', wat vandag presies 'n week by ons is. Mens kan haar in een woord beskryf - 'plucky'! Sy's die cuteste klein dingetjie en ons geniet haar vreeslik. O ja, Star het gister gekalf, 'n bulkalfie genaamd Saturn, so ons het nou 102 beeste. Volgende om te kalf is ons blinde vers, Ice Cream, en daarna 'n koei, Mrs X, wat die mooiste bont kalfies gooi.


Wed, 21 Mar 2007 19:34:53 +0200:CHAOS!

Dis Chaos met 'n hoofletter 'C' hier by ons. Ons bou nog steeds woes aan die nuwe melkstal en dit verg baie van Jon se brainspace, tyd en werk. Ons melk nou 32 koeie (ek droog hulle op so vinnig wat ek kan, maar hoe vinniger ek hul opdroog, hoe vinniger kalf hulle) en dis hopeloos te veel vir ons antieke ou kanstelsel en argaiese melkstal. Ek kan nie wag tot die nuwe stal klaar is nie!
Volgende rede vir chaos: 2 klein hondjies onder 5 maande in die huis. Hope en Apollo speel 'n hond uit 'n bos (letterlik) en saai verwoesting so ver hulle gaan, dag en nag. Die 'nightnurses' met twee bene is almal sleep deprived en uitgeput.
Nog chaos want Aletta was vir 5 dae op verlof en ek moes 10 bottelbabas (kalfies) se versorging by haar oorneem, plus 'n horde ander klein werkies wat sy doen wanneer sy nie koeie oppas nie. Gelukkig is sy darem terug! Verdere chaos want geen bediende vir die afgelope ongeveer 1 maand. Nog chaos want BTW vir plaas en Jon se rekenaarmaatskappy moet die maand ingehandig word.
Laaste chaos: Rain is siek. Dus moet ek nie net haar baie meer versorg as wanneer sy gesond is nie, maar verloor ek ook 'n baie effektiewe en gewillige werker.
O ja. Ek noem niks van skool want dis skoolvakansie hier by ons. So moenie worry nie, ek het darem nie skool abandon nie.
HELP!


Sun, 11 Mar 2007 11:37:33 +0200:Grumpy Dinki

Die afgelope week was 'n bietjie van 'n disaster 'mood-wise'. Ek kon nie lekker uitwerk hoekom nie (miskien all work and no play) maar ek was die hele week dikmond.
Skool was OK Maandag en Woensdag. Dinsdag het ek ons voorman dokter toe geneem (ek kon hom seker in die middag geneem het, maar dan mis die dogtertjies hul geliefde perdry, en ek wou dit nie aan hulle doen nie). Ons het terwyl hy by die dokter was, skool gedoen by Jon in sy kantoor, maar daar het nog steeds ten minste 'n uur se skooltyd verlore gegaan. Uiteindelik, nadat Job by 'n traditional healer en twee ander staatsdokters was, het ons dokter uitgewerk dat hy 'n maagseer het en dit gaan nou baie beter met hom. So, dit was seker maar die moeite werd.
Donderdag het die man wat die bokke en skape gekoop het, hulle kom laai en ek het gedink dit sal te hartseer wees vir die dogtertjies om dit te aanskou. Ons drie is dus weer na Pappa se kantoor toe, waar ons 'n heel suksesvolle skooldag agter die rug gehad het. En Donderdag is 'n lekker dag, want die middag is myne; 'n vriendin wat skoonheidsterapie studeer, kom masseer my van kop tot tone en sy leer terselfdertyd vir Raintjie hoe. Rain stel verskriklik baie belang, sy't my al begin masseer toe sy 5 was.
Vrydag was Firn siek. Ons het uiteindelik uitgewerk dat sy dalk net baie erg hardlywig was, maar haar maag was seer en sy was verskriklik naar, so sy't in die bed gele Vrydagoggend (natuurlik met haar sussie by haar, om haar geselskap te hou), en ons het net my en Rain se leesles gedoen.
Saterdag het 'n maatjie kom ballet oefen en donkie ry (goeie kombinasie!) en sy en haar boetie en ouers het sommer middagete by ons ge-eet. Daar trap sy in 'n doring, Firn laai haar op haar rug, Firn struikel en val op haar gesig. Nodeloos om te se, arme ou Firntjie se hele lip oopgeval; bloed oraloor, en sy loop nou rond met 'n stukkende en erg opgeswelde lip.
Ook Saterdagmiddag 'n vergadering van 'n klomp boere bygewoon. Lekker gesels met die mammas en die dogtertjies het heerlik gespeel.
Ek het 'n nuwe webwerf ontdek - www.oldfashionededucation.com - nog nie baie tyd gehad om daarna te kyk nie, maar dit lyk baie belowend.
Vier verse moet binne die volgende 2 weke kalf: Kiske, Star, Babe (Firn se koei Blinkers se kind) en Ice Cream, wat blind is. Daar wag dus 'n besige tyd met kalwings en klein kalfies en koeie vars-in-melk met al die gepaardgaande probleme soos nageboortes wat nie wil uitkom nie en metaboliese steurings. Kom ons hoop maar als verloop glad! En Aletta, wat my kalfies versorg en soggens die koeie neem om te wei, is van Donderdag tot Maandag op verlof, so ek gaan werk dat ek hop (en geen skool vir daardie periode nie). Trust me om haar op verlof te stuur die naweek van Firn se partytjie, maar ons sal seker op 'n manier daar deur ... (Die bediende is nog steeds nie terug nie)
Vandag wens ek vir 'n fairy godmother. Een wat so 'n kombinasie tussen 'n pediater, kindersielkundige, executive chef en dieetkundige is. En vir reen, vir ons en al die boere wat dit so broodnodig het. En vir 'n lekker middagslapie!


Mon, 5 Mar 2007 19:42:50 +0200:Saxon maths & waar's die extended family (en nog boeke)?

Ons volg 'n kombinasie van benaderings in ons tuisskool, naamlik die 'klassieke benadering', die 'Charlotte Mason' benadering en die 'unschooling' benadering (ook bekend as die 'Harrison method'). Iets wat baie sterk uitkom in die klassieke benadering is die klem op informele Wiskunde tot op ouderdom 10. Ons het dus gekonsentreer op wat ook as 'living maths' bekend staan - geen werkboeke met berekenings nie, behalwe vir Meetkunde (eintlik vorms) waar ek 'n bietjie vasgehaak het met die 'living maths'.
Maar, Firn is nou 10 en nou begin ons 'n meer formele benadering volg. Ons het dus vandag begin met Saxon Maths (spesiaal vir tuisskolers, 'n Amerikaanse kurrikulum) Graad 4, en dit het baie goed gegaan. Die Graad 4 werk is eintlik te maklik vir Firn - ons doen nou eers hersiening van Graad 3, en Rain kon tot dusver ook nog alles doen. Firn hou nie juis van Wiskunde nie (Rain wel) en ek is baie bly dat sy nie vandag groot weerstand getoon het nie. Vir opwarming moes sy 100 eenvoudige optelbewerkings in 5 minute doen. Dis die eerste keer dat sy so-iets probeer het (behalwe toe sy by die opvoedkundige sielkundige getoets is) en sy't 91 bewerkings in 5 minute gedoen, sonder 'n enkele fout! Ek is woes trots op haar. Alhoewel die Graad 4 werk te maklik is, dink ek dis steeds goed om dit te doen, want dit verveel haar nie op hierdie stadium nie, dis terrible as mens gapings in jou Wiskunde-kennis het, en dit werk dalk goed dat sy redelike maklike werk vir 'n begin doen om haar geleidelik gewoond te maak aan die meer formele benadering.
Ek wens regtig ons het 'n bietjie meer van 'n uitgebreide familie hier naby ons - 'n tannie of 'n ma of 'n skoonma of 'n ding, wat mal is oor kinders en nie anti-tuisskool nie en mal is oor diere wat ons net soms 'n bietjie kan help met hierdie hele kindergedoente. Daar is 'n hele klomp oumas by ballet elke middag - heelwat meer as ma's - en soms is ek 'n bietjie groen vir hierdie lekker ondersteuning.
Het weer by kalahari.net geshop, kannie wag vir die boeke om te kom nie: - Vir Firn, All Things Wise and Wonderful (James Herriot, wie anders?), Phantom Stallion #4: The Renegade, Phantom Stallion #1: The Wild One, en die oorspronklike Balto DVD. Vir Rain, Balletskatkis, Princess Charlotte and the Enchanted Rose, en Barbie in the Princess and the Pauper DVD. Vir skool, Charlie en die glashyser (dis 'n "Charlie and the Chocolate Factory 2") en The Chronicles of Narnia, en vir my, Josh Groban se 'Awake' CD + DVD.


Sat, 3 Mar 2007 05:38:19 +0200:Slange, esels, en honde

Omdat Firn 'n boek oor slange vir haar verjaarsdag gekry het, het ons die voels vir eers agterwee gelaat en lees ons nou oor slange vir Wetenskap. Nou ja, ons het op 'n stadium 'n klomp bruin huisslange gehad, maar ons het hulle vrygelaat in die veld nadat ons dit nie meer oor ons hart kon kry om vir hulle lewendige muise te voer nie. Kom ek toe Maandag na ballet 'n slang op pad melkstal toe tee, hol stal toe om 'n graaf te kry, trap op pad terug amper op nog 'n slang, kap slang een se kop af, en kap slang twee in omtrent ses stukke. Gryp die slangboek, dis mos nou 'n ideale geleentheid vir skool. Firn bevind dat ek twee, onskadelike, baba-molslange doodgemaak het. Nou ja, toe's ek in die 'dogbox' - 'Mamma, bepaal asseblief eers of 'n slang onskadelik is voor jy die graaf gryp en hom in duisend stukkies kap!', aldus Firn. Wel, ek is bevrees volgende keer kap ek hom weer in duisend stukkies - ek en 'n slang is nie vriende nie. En ons het gelees dat molslange tot 95 babatjies kan kry, so ek wonder maar net waar die ander 93 hulle bevind ...
Ons het 'Brug van die esels' klaar gelees, en volgende lees ons 'Jack and Jill' van Louisa May Alcott, wat 'Little Women' geskryf het. Ons het laasgenoemde in 2005 gelees, en die dogtertjies was absoluut mal daaroor. Ons het ook daarna die DVD met Winona Ryder gekoop, en hulle kyk dit nogal gereeld. Ek het die boek sommer afgelaai by Project Gutenberg.
Rain het 'n esel (die verf-hulpmiddel, nie die dier nie, ek dink nie Benjamin sal nog 'n donkie op die plaas gedoog nie) present gekry in ruil vir die verkoop van haar skape en bokke. Sy kan nie WAG om te begin verf nie. Firn se hondjie is bont-en-wit en ons kry haar heel moontlik op 19 Maart. Watch this space!
Verder gaan dit maar 'n bietjie woes sonder 'n bediende. Firn het my gisteroggend weer aan die slaap gelees en ons moes skool vir 'n halfuur onderbreek terwyl Mamma geslaap het van 10:00 tot 10:30. Dit het beteken dat ons eers 13:30 klaargemaak het vir skool, en toe moes ons spring om betyds perd te ry sodat ek nog 'n bietjie Admin ook kon inkry.
Groot nuus op die skoolfront is ook dat Rain nou vir ons uit 'n boek lees - die 'Tiara club' reeks, so lig soos skuim, oor 'n klomp prinsessies in 'n 'Princess Academy', maar sy lees 'n BOEK en dis al wat op hierdie stadium vir my saak maak, ons kan maar later worry oor beter inhoud.
Op die plaas gaan dit nie sleg nie, die nuwe melkstal vorder net verskriklik stadig. Ons melkprys het darem met 20c per liter opgegaan na R2.20 per liter, met effek van 1 Maart. Maar natuurlik het die regering ook die minimumloon verhoog met ingang 1 Maart. Ek het nog nie uitgewerk of die melkprysverhoging ten minste die salarisverhoging sal absorbeer nie, ek hoop maar so.
Dis steeds ongelooflik, verskriklik, droog. Gister het iemand 22 bale by ons kom aflewer, so my tuin le nou vol oulandsgrasbale. Ons sal maar nog 'n vrag moet koop, voor almal begin koop vir die winter en die pryse opjaag.
Nou ja, dis 5:35 op 'n Saterdagoggend en ek moet melkstal toe!


Wed, 28 Feb 2007 20:40:48 +0200:7 honde is te min!

Ons het ons 11 skapies en 15 van ons melkbokkies verkoop. Die rede? Ek is te besig om ons beeste (99 in totaal), die kinders, die MAN, en al die troeteldiere op te pas om ordentlik na die skape en bokke te kyk. Na baie trane het ons met die dogtertjies ooreengekom dat Firn haar geliefde bok, 257, mag hou. En Rain mag vir Thabile en Sylvester (Sylvester is 'n ooitjie!) hou, want sy kon nie kies tussen die twee nie. Dus hou ons drie bokke en sal ons die geld wat ons vir die bokke en skape kry, op die dogtertjies spandeer. Firn droom al twee jaar lank van 'n windhond, en ons het, na 'n vreeslike soektog, 'n teler in Benoni gekry wie se hond op die oomblik babatjies het wat oor 2 weke na nuwe huise kan gaan. Firn is over the moon (probeer skool doen met 'n kind wat pas gehoor het ons het 'n klein windhondjie gevind - dit was my uitdaging vir vandag) en ek is self baie opgewonde. Ek sal nie omgee vir nog 10 honde nie! Ek wil graag nog eendag vir myself 'n Newfoundland, 'n Standard Poodle, 'n St Bernard, 'n Bullmastif, 'n Irish Wolfhound, 'n wire-haired Jack Russell, ens ens ens koop!
Skool gaan goed, onder die omstandighede. Baie huishoudkunde want geen bediende en ek dink nie ek sal gou weer een kry nie. Dis te heerlik as Aletta die beeste neem om te wei en dis net ons drie girls in die huis!
Ek frons vandag vir ons voorman, Job, wat twee dae laat van verlof af teruggekom het. Ons gaan 'n heerlike Saterdag in 'n dissiplinere verhoor deurbring. Ek is bekommerd oor hoe ons vir Rain gaan omkoop vir die bokke en skape se verkoop. Sy wou nog 'n perd he, maar ek sien werklik nie kans om nog 'n perd te versorg nie. O ja, en ek frons ook oor arme Jon wat heeltemal oorwerk is, en doodmoeg. Maar ek is baie bly oor sy mooi kantoor in Heidelberg wat so goed werk.


Sat, 24 Feb 2007 20:17:04 +0200:10 jaar oud!

Firn is vandag 10! Dit was 'n lang, lang dag vir haar. Sy't so teen 02:00 vanoggend in ons kamer ingewandel gekom, om te kom kyk hoe laat dit is. Gelukkig het sy toe weer in haar bed geklim en gelees, en eers 05:00 weer kom kyk of ons al wakker is. Hoera vir 'n kind wat lees! En hoera vir 'n kind wat min slaap nodig het - dis nou 20:00 en sy is nog steeds wakker - glad nie vandag geslaap nie. Nou ja, dis iets wat ek glad nie kan doen nie.
Ek dink sy't 'n lekker dag gehad. Ons het haar uitgeneem vir ontbyt na die restourant van haar keuse (grootte van die jungle gym is uiters belangrik) waar sy 'n komplementere stuk sjokoladekoek met haar naam op gekry het. Haar partytjie is eers 10 Maart, want ons sou vandag na 'n kurrikulumskou gegaan het, maar ons het van plan verander. Redes volg later. Twee maatjies het hier kom perdry en speel, en sy & Rain het 'n hond uit 'n bos met hulle nuwe speelgoed gespeel - Safari Park (plastiek-wilde diere) en Animal Rescue ('n jeep, man, wilde diere, en allerhande toebehore soos kamera, video-kamera, ens). Ons het ook vir haar 'n Dog Directory 2007 en 'n baie goeie slang-boek gegee. Rain is 'into' skoonheidsbehandelings op die oomblik en sy het 'n naelversorgingstelletjie gekry.
Plaasnuus is op die stadium van 'no news is good news'. Ons het wel 'n ligte krisis met ons werkers - die vrou wat my in die huis help is siek en ek het haar huis toe gestuur. Op hierdie stadium hoop ek sy besluit om nooit weer terug te kom nie! Ons voorman, Job, is op verlof vir 5 dae en ons stand-in melker, Thera, was gister siek. Ek het gewerk dat ek HOP die afgelope twee dae. Lyk darem of Thera more heeltemal gesond sal wees.
Ek laat groei my hare en dis op 'n horribaal-aaklige stadium. Ek oorweeg dit om 'n alice band te dra, maar ek is bietjie onseker oor die gepastheid op my hoogs-gevorderde ouderdom!
Jon kla dat ek nie genoeg oor hom blog nie. Well, Jon, how does one describe perfection? Suffice to say Jon het vandag vir my drie nuwe krane in ons huis geinstalleer, en vir die eerste keer in 'n baie lang tyd oorskry die aantal krane wat werk en nie lek nie, die aantal stukkende en lekkende krane.


Tue, 20 Feb 2007 20:51:46 +0200:Goeie nuus, goeie nuus

Heelwat goeie nuus vandag. Eers het Jon in sy kantoor in Heidelberg ingetrek. Toe skrik ek my byna lam toe ek ons bankbalans sien op ons plaasrekening; dog eers dis 'n fout maar nee, SARS het ons BTW wat ons die afgelope drie jaar op ons plaasinkope betaal het, terugbetaal. NOU gaat ons BOER!
En laaste maar nie die minste nie, Khyba en Margie, twee verse, het binne 'n uur van mekaar en sonder voorval gekalf. Ongelukkig is dit twee bulletjies, Klippie en Magnum. Magnum is pragtig met 'n wit kol op die voorkop en nog een op die sy. Ek is net verlig hulle het in die dag gekalf. Ek het Margie 'n bietjie gehelp, sy't eerste gekalf. Maar Khyba was te vinnig vir my. Ek was gou huis toe om die Calf Rescue te kry (dis 'n baie gekonsentreerde colostrum, ons gee 5cc binne 10 min na geboorte), en toe ek terug kom, is die kalfie klaar gebore en sy's al besig om hom te lek.
Skool was soortvan middelmatig. Rain het my gehelp met my inkopielys (en die wat Jon ken sal nie verbaas wees om te hoor ons het 'n inkopielys in Rascal, georganiseer volgens Pick 'n Pay se rakke) - ek het gedink dis goeie leesoefening vir haar. Firn het haar Phantom Stallion #2 vir ons klaar gelees, ek het verder gelees in Brug van die Esels, en dit was dit. Geen copywork, wetenskap, wiskunde of life skills vandag nie. Die dogtertjies het darem perd gery tussen Margie en Khyba se gekalf deur. Regte plaasgirls, min gespin oor die koeie wat kalf, dit al 100 maal gesien, hulle wil perdry!
Die droogte is verskriklik. En natuurlik is 'n goeie mielieprys sleg vir ons, want ons voer bestaan uit 'n groot deel mielies en soos die mielieprys opgaan, gaan ons insetkoste ook op. So ek frons vir die droogte en ek smile vir die BTW-geld en ek wens vir 'n l-a-a-n-g vakansie, of, tweede beste, vir meer energie!


Sun, 18 Feb 2007 20:09:38 +0200:Swings and roundabouts

In 'Happy Children', die boek wat ek so stadig-stadig besig is om te lees, word daar geskryf dat ons ons kinders van vroeg af druk om effektief te wees, maar is hulle happy? En dit geld natuurlik vir ons ook. Daar val ek toe vir arme Jon aan dat ons aan die altaar van 'efficiency and effectiveness' aanbid, maar is ons gelukkig? En nou 'roundabout' ek weer terug dat ek hiper-effektief moet wees, anders gaan ek NOOIT al my verantwoordelikhede goed genoeg vervul nie!
En het ek die Sunday-blues, in 'n ernstige graad. Verlede week was baie goed vir boerdery, ek het al die kalfies van 40 tot 200 kg ontwurm (ek doen die 200 - 280kg groep volgende week), ons het RB51 ge-ent (teen besmetlike misgeboorte) - mens ent dit op 6 maande en weer op 12, en ons het Saterdagoggend die koeie elk drie inspuitings gegee, naamlik ge-ent teen Vibriose (dit veroorsaak ook aborsies), 3-dag-stywesiekte (mens ent dit in Desember, maar ek het in November my entstof bestel en dit eers nou gekry, Hallo Afrika), en dan het elke koei ook 'n multimin-inspuiting gekry. Vanoggend het ons 8 kalfies ge'tag'.
Ongelukkig het twee goed die onderspit gedelf - skool was maar so-so Dinsdag en Donderdag. Dinsdag het ons baie tyd spandeer aan Valentynskaartjies maak, en Donderdag het ek Jon gehelp om die reelings te tref vir sy nuwe kantoor in Heidelberg. Hy't 'n plek nodig waar hy goeie connectivity het, en die beste wat ons op die plaas kan doen, is GPRS, wat nie vinnig genoeg is nie. Dan wil hy ook graag dat die twee programmeerders wat vir hom werk, ten minste twee dae 'n week by hom op kantoor sit. So, hopenlik trek hy Dinsdag in! Dis 'n baie mooi kantoor in die oudste huis in Heidelberg.
Die tweede ding wat maar vrot was, was die kosvoorbereiding. Ons het bitter min groente ge-eet laas week. Donderdagaand het ons by Wiesenhof gaan eet, en was dit lekker. En aan die ander kant, op die gesondheidsfront, het die kinders se juvenile forefoot dermatitis heeltemal verdwyn 'n week nadat hulle 100% suiwer katoensokkies begin dra het.
Gister het 'n gesin met 4 kinders, 12 jaar, 9 jaar, 7 jaar en 3 jaar, by ons kom kuier en middagete eet. Hulle tuisskool ook en die 6 kinders het ongelooflik lekker gespeel. Groot ekskuus aan Chris-Mari dat Benjamin gebokspring en haar afgegooi het!


Wed, 14 Feb 2007 20:00:06 +0200:The Valentine's Day surprise

Ek het GLAD nie gedink Jon kon by 'n winkel uitgekom het om vir my iets vir Valentynsdag te koop nie, maar hy en Karien by my gunsteling-geskenkwinkel, Little Showcase, het woes gekonkel, en ek het 'n hele boks vol kerse, sjokolade, 'n hangertjie, en handsakjuwele gekry! Thanks, Jon!
Ek en die dogtertjies het die tafel baie mooi versier vir vanaand, met hartjiekerse, blomme, sjokolade en 'n mooi tafeldoek. En vir 'n spesiale bederfie het ek geen groente gekook nie.
Plaasnuus is dat daar 'n klein skaaprammetjie dood is. Die diere wat so doodgaan is verskriklik vir ons; ons pas ons diere so mooi op en dit gaan nie gewoonlik so op die plaas nie. Ons het die laboratoriumuitslag van die nadoodse ondersoek op Darn gekry en dit was toe nie tulpe nie, maar serecio. Dis 'n klein geel blommetjie; ek het 'n foto van die Internet afgetrek, dit vir die werkers gewys en 'n R20 beloning uitgeloof as hulle dit kan kry. Aletta en Thera het elkeen vir my gebring; dis die hele plaas vol maar dit lyk my die koeie weet darem hulle moenie dit eet nie. En ons het 'n klein bokooitjie deurgetrek wat dit wel ge-eet het en tydelik blind was. Ons gee Activated Charcoal (ek kry nog steeds nie my naels skoon nie) en ek spuit Tioctan Vet vir die lewer, want die plant tas hulle lewers aan.
Gister se skool het 'n bietjie afgewyk van die gewone. Ons het baie vroeg opgestaan want Jon is na 'n klient naby Sun City vir die dag, ek het die drie jaar se BTW vroegoggend klaargemaak en Jon het dit vandag ingegee, en ek was net te moeg vir 'n vol dag se skool. Ons het dus memory work gedoen (Rain leer nou William Blake se 'nurses song' en Firn leer Robert Frost se 'A girl's garden'), Firn en Rain het vir ons gelees, en toe het ons drie gesit en Valentynsdagkaartjies vir Jon gemaak - terwyl ons Bach luister, om my gewete 'n bietjie te troos!
Vandag se skool was darem weer 'back on track', behalwe vir die 'perde-wiskunde.' Die dogtertjies kon nie gister perdry nie, want ons kon nie vir Skye gevang kry nie. Dis 'n verskriklike teleurstelling vir Firn. En ek het net besluit dis belangriker dat Firn sien haar drome maak baie saak vir my as dat hulle op hulle boude sit en Wiskunde doen. So ons sit nou vir Wiskunde in die silo se skadu by die perde en doen slegs mondelinge Wiskunde, sodat die perde hopenlik weer gewoond aan ons kan raak en ons vir Skye kan vang.
Ballet gaan goed - Firn en Rain konsentreer hard, luister mooi, probeer hul bes en word baie geprys, wat vir hulle altwee baie beteken. Ons drie wil probeer 'split' voor die einde van die jaar, en ons doen dus so tussen-in ook 'split skool'. Maar ek is so styf soos tien ...
Dis verskriklik, ongelooflik droog hier. Dit lyk soos herfs en my grootste wens is vir reen. My glimlag vir vandag is gereserveer vir 'n baie groot Valentynsdag geskenk wat ek by my vriendin, Karin, gekry het - 'n klomp tefbale. En mens frons nie op Valentynsdag nie.


Mon, 12 Feb 2007 19:50:15 +0200:There and back to see how far it is

Verlede week het ons op 'n plaas buite Malmesbury gebly. Jon moes 'n klient in Atlantis sien vir 3 dae, en die 4de dag het hy 'n vergadering in Kampsbaai gehad.
Terwyl ons weg was, het die volgende op die plaas gebeur, naamlik Darn en Bella, twee vier maande-oue kalfies, is dood. Die veearts het 'n nadoodse ondersoek gedoen en aan die skade aan die hart kon hy sien dat hulle giftige tulpe gevreet het. Die werkers het hul bes probeer om hulle aan die lewe te hou, maar hulle kon net nie. Dit was maar, to put it mildly, baie goor vir ons daar in die Kaap. En ek het letterlik honderde rande uitgebel aan telefoniese raad plaas toe en progress reports terug.
Gelukkig het Curly en Capuccino sonder enige voorval gekalf. Curly het 'n bulkalfie gehad - Cape Town - en Capuccino het vir ons 'n versie gegee wat ons kan registreer - Hydeaway Cremora.
Skool in die Kaap is baie lekker. Omdat ek nie so baie boer nie (behalwe vir al die telefoonoproepe!) het ons heelwat meer tyd en kan ons dit baie rustiger vat. Dit beteken die Ma is baie meer geduldig en die kinders noodwendig baie meer gelukkig! En dis die heerlike ding van tuisskool - al is ons in die Kaap, gaan skool net aan soos gewoonlik (behalwe dat Firn my verlede Maandag aan die slaap gelees het ...)
Ons het 'Rebecca of Sunnybrook Farm' klaar gelees en is nou besig met Dalene Matthee se 'Brug van die esels.' 'n Vriendin het dit aanbeveel, maar dis bo veral Rain se vuurmaakplek - te veel verwysings na gebeure in ons geskiedenis waarvan sy nie weet nie, en dan spring die boek ongelooflik baie rond in tyd, wat dit nog meer verwarrend maak. Maar ons het nou al 13 hoofstukke gelees, so ek gaan dit maar deurworstel.
Gister was 'n riller. Ons het Saterdagaand op Drie Susters geslaap, 03:00 Sondagoggend opgestaan, 11:30 tuis gewees. Ek het Jon gehelp om sy bakkie te bak, en hy is weg na 'n plaas buite Greylingstad om ons nuwe melkmasjien (ja, hoera, behalwe dat ons nou baie arm is) te gaan uninstall en terug te bring hierheen in stukke. Hy't eers 18:00 tuis gekom, heeltemal gedaan. Intussen het ek kalfies rondgejaag, middag-bottels gevoer, wasgoed gewas, uitgepak.
Ons is almal vandag baie moeg. Die dogtertjies gaan sommer voor aandete al in ons bed spring en 'n DVD kyk. Dan het hulle ten minste net 'n moeg en grumpy ma en pa, en is hulle nie ook moeg nie!


Thu, 1 Feb 2007 18:42:44 +0200:Living in the moment

In my boek oor balans is daar 'n afdeling oor 'living in the moment'. Dit beteken basies mens moet soms ophou peins oor die verlede en wonder oor die toekoms en net konsentreer op die oomblik. As dit nie vir my diere was nie, het ek dit seker nooit reggekry nie. Maar dis so maklik om net te kyk vir twee kalfies wat speel, of 'n baba-hondjie se deurmekaar ore! Of 'n koei wat rustig herkou. Ek is so gelukkig dat ek my passie in die lewe gevind het - boer! Ek is net jammer ek het nie op 'n plaas grootgeword nie. As ek het, het ek beslis nie regte geswot nie.
Skool vandag was 'n bietjie anders. Ons het ons werkers se maandelikse kruideniersware uitgepak (sorteer, tel), elkeen se 4 kg aartappels afgeweeg (nadat ons eers elke sak se gewig moes skat), opgetel en afgetrek, vermenigvuldig en gedeel (as ek 2 10kg sakke aartappels koop, ek het 5 werkers en elk moet 4 kg kry, ens); 'n spreadsheet opgestel en uitgewerk hoeveel die kruideniersware ons kos (Excel, optel) en dit vergelyk met 'n vorige jaar s'n (aftrek, inflasie). Dit het ons 'n goeie uur besig gehou. Firn het vir ons gelees terwyl ek 'n bondel wasgoed in die masjien gekry het, en ek het voorgelees vir omtrent 'n uur. Daarna het die dogtertjies (en ek, so tussen-in) vir 'n spesiale bederfie die movie van Roald Dahl se 'Charlie and the chocolate factory' gekyk. Hoewel skool 'n bietjie korter was vandag, voel ek tog tevrede - Rain was 'n hele ruk besig op www.starfall.com - 'n stunning werf wat kinders help om te lees, en Firn het heelwat geskryf in haar nuutste boek, Pinto.
Plaas gaan goed. Ons werkers het nuwe moulose overalls gekry om mee te melk - hul was verlede jaar op 'n kursus waar hulle geleer het mens moet nie met klere met moue melk nie - en hulle lyk baie 'smart.' Nou het almal behalwe ek netjiese overalls. Maar wag maar, my wit overalls, wat ek helderpienk wil kleur, is op bestelling!


Wed, 31 Jan 2007 19:41:41 +0200:Couch time & Mommy time

Ek het die boek, 'Get the balance right: coping strategies for working moms' vandag klaar gelees. In kort verdeel die skrywer mense in vier kategoriee, naamlik self, verhoudings, werk en sosiaal. Sy gebruik die metafoor van die werkende ma as 'n 'juggler' wat 'n klomp balle gelyk in die lug moet hou.
Nou't ek dit klaar gelees, en is dit tyd om die tegnieke wat in die boek bespreek word, te implementeer. Watch this space!
Gisteraand, toe Jon van die werk af kom, het ons vir 'n verandering omtrent 30 minute se ononderbroke (deur kinders, plaas of telefone) tyd saam gehad om dinge te bepraat. Dit was so lekker, ek dink ons moet weer begin 'couch time' instel! En ek begin ook nou weer so af-en-toe vir die dogtertjies vertel dis nou 'mommy time', en dan moet hulle my vir 'n rukkie alleen laat. Sjoe, hulle kan my ore van my kop af praat so deur die dag.
Heel geslaagde skool en ballet; 'n paar geskenke gekoop, huis toe gejaag om te kyk wat in die melkportaal aangaan. Als darem onder beheer! Curly is baie naby aan kalf - haar uier is hard, haar spene staan in alle rigtings, die melk drup uit.
Ek frons vandag oor arme Jon se verskriklike werklas. Ek wens ek kon hom meer help! En ek glimlag oor hoe geduldig hy steeds met die dogtertjies is, hulle kom nie eers agter hulle geliefde Daddy is nie heeltemal homself nie.
Ek is te honger om oor iets meer te glimlag. Ons eet nie saans voor Jon by die huis is nie, en vanaand is hy 'n bietjie laat.
Nog steeds moet ek wens vir reen. Dis ongelooflik droog hier, die gras kraak as mens daaroor loop.


Tue, 30 Jan 2007 17:33:21 +0200:Work is love made visible

Het hierdie aanhaling van Kalil Gibran gelees in my boek oor balans - wat 'n ongelooflike boek! Ek kan dit regtig sterk aanbeveel.
Ons het twee goeie dae van skool agter die rug. Die dogtertjies konsentreer en luister; ek werp my hart en siel daarin om hulle soveel, op soveel vlakke, te leer as wat ek kan. Ek is baie besig met die plaas se BTW - ons is terugwerkend tot Maart 2003 vir BTW geregistreer so ek het hope agterstallige opgawes wat op 15 Februarie in moet wees - en die dogtertjies het vandag vir Wiskunde 'n Pick 'n Pay strokie geanaliseer - optel en uitwerk van kleingeld, items met en sonder BTW, en afronding. Ongelooflik hoeveel mens uit die werklike lewe kan leer!
Rain lees werklik baie beter as wat sy verlede jaar gedoen het. Dis moeilik vir my om te peil wat haar standaard is, want Firn was altyd so ver bo standaard. Maar ek en Rain is tevrede, en sy vorder, en dis goed genoeg vir ons altwee.
Die dogtertjies is baie besig met naaldwerk op die oomblik - als heeltemal sonder my insette, want dis werklik 'n aktiwiteit wat my glad nie interesseer nie. Hulle doen naaldwerk terwyl ek vir hulle lees, terwyl hulle wag vir hul beurt in balletklas, en sommer so tussen-in ook. Vanmiddag het elkeen vir hul jongste kalfie - Firn vir Beth (3 maande) en Rain vir Summer Swallow (2 weke)- 'n kombersie gemaak wat vasknoop om die nek!
Vandag moet ek glimlag vir ons goeie vriende, Andre & Antoinette. Ons het gisteraand op 'n plaas naby Greylingstad na 'n melkmasjien gaan kyk en toe sommer by hulle ge-eet, en dit was verskriklik lekker. Net sleg om 23:15 in die bed te kom en 05:00 weer op te staan! En natuurlik glimlag ek sonder ophou vir Jon, wat altyd tyd in sy besige dag het om te hoor hoe dit met my gaan.


Sun, 28 Jan 2007 16:58:48 +0200:'n Baie moeilike bevalling

Skool Vrydag is verskriklik kortgeknip deur Blommie se moeilike bevalling. Ek het die oggend 5:15 al die kalfie se voorpootjie sien uitsteek, en teen 7:30 die oggend was daar nog geen vordering nie. Ek't die veearts gebel; hy't gedink ek kan dit self hanteer. Nee wat, nie daarvoor kans gesien nie, my buurvrou, Karin, gebel. Sy't dadelik gekom; ons het Blommie in die drukgang gesit, en toe voel sy die kalfie le onderstebo met haar koppie agtertoe gedraai. Sy kon die koppie net nie reggedraai kry nie, nog versterkings ingeroep en Oom Basie, wat 30 jaar lank gemelk het, het, kan jy dit glo, 'n ketting om die kalfie se nek gesit terwyl sy nog in haar mamma se maag was, die koppie so omgedraai, en die kalfie uitgetrek. Maar ook na 'n lang gesukkel - die kalfie is so rondom 10-uur gebore, en die kinders het haar dadelik 'Basie's Blossom' gedoop. Baie dankie Karin en Oom Basie!
Nou ja, toe ek teen 11 uur se kant Blommie ingespuit het (voorbehoedend teen melkkoors) en klein Basie's Blossom 'n bottel gegee en haar naelstring skoongemaak het, kon ons uiteindelik met skool begin. Het ek genoem dat ek deur die hele prosedure Blommie se stert vasgehou het, dat dit verskriklik warm was, dat ons in die vol son gewerk het, en dat ek gedaan was? Ons het dus maar 'onder-die-boom skool' gedoen - op 'n plek waar ons Blommie en klein Blossom kon dophou.
Saterdagmiddag was ons by 'n kinderpartytjie - ook vriende wat tuisskool - op 'n plaas naby Delmas, en dit was ongelooflik lekker. My vriendin is regtig 'n inspirasie vir my; sy's ongelooflik goed georganiseer en haar huis is verskriklik netjies, en sy doen dit alles sonder 'n huishulp. Daar was nog twee ander tuisskoolgesinne, so ons tuisskoolma's het lekker saamgeklets.
Jon het vandag die nuwe melkstal se put se vloer beton gegooi. Hy gaan more net so styf wees soos ek na Blommie se gedoente was.
Volgende vers om te kalf is Curly. Haar datum is 3 Februarie, en ek sien die melk loop reeds by haar spene uit. Kom ons hoop maar hierdie bevalling is sonder probleme.
Ek glimlag vandag vir die dogtertjies wat vir Whiskey, ons Jack Russell, 'n blou oorpak gemaak het! Flower, Firn se skaaphond, is volgende met 'n jassie (in die middel van die somer ...)
Ek wens al weer vir reen. Die swaeltjies vlieg laag, so ek is hoopvol! En miskien moet ek nie frons nie. Dit was 'n lekker naweek en Blommie en haar kalfie lewe.


Wed, 24 Jan 2007 18:34:34 +0200:Die Ouma

'n Vrou - ek skat haar so in haar laat sestigs - vra vandag vir my by ballet of ek die dogtertjies se ouma is. Ek antwoord toe maar ewe polite dat ek hulle ma is, en redelik oud was toe ek my kinders gehad het. Ek weet die uiterlike is nie belangrik nie, maar my ego is ernstig geskaad! Ek het sowaar vandag al drie keer in die spieel gekyk (in teenstelling met die normale vinnige blik elke oggend).
Jon se Durban-trippie is gelukkig verby, maar daar verrys nog een op die horison. Ons het 03:30 opgestaan, en hier by 9-uur het ek nog gedink dis 'n goeie idee, ek het soveel Admin gedoen gekry! Maar by 10:15 kon ek nie meer my oe oophou nie, het skool summier verdaag en geslaap tot 10:45. 13:15 weer in die bed geklim, en nog 'n halfuur geslaap, heeltyd skuldig gevoel want arme Jon werk 'n hond uit 'n bos in Durban.
Skool, nou ja, Firn wil vreeslik graag 'n werksopdrag doen oor die 'unstriped ground squirrel.' Daar's 'n hele kolonie van hulle op die plaas, en ons het vandag solank navorsing op die Internet gedoen - en altwee heelwat oor geduld geleer, asook 'n klein bietjie oor grondeekhorings. More gaan ons hulle probeer observeer - verversings, verkyker, gekamoefleerde drag, de lot. Dis als goed en wel, maar dis nogal moeilik vir hierdie ma wat in 'n ongelooflike 'performance driven' huis grootgeword het, om sulke goed te doen. Die oefening het vandag 'n uur van normale skooltyd 'gesteel' - so my lees was heelwat korter, ons het nie by die 'body book' uitgekom nie, Rain het nie gelees nie, en Wiskunde was 15 minute.
Ek moet vandag wens vir meer energie. Dis nie my tyd wat min is nie, dis my energie wat op is. Jon vertel my hy gaan elke aand van 20:00 tot 22:00 werk (darem by die huis). Nee wat, ek behoort dit ook te doen, maar ek is te lief vir my bed!
Ek glimlag vandag vir Aletta Maduna, ons beeswagter en die vrou wat my help by die kalfies. Sy't twee hanskuikens (deur ons eend uitgebroei) en sy kloek behoorlik oor hulle soos 'n ou hen!
En ek MOET eenvoudig frons vir die 'tannie' by ballet - sjoe, sy kon darem 'n bietjie meer taktvol gewees het!


Mon, 22 Jan 2007 20:16:37 +0200:Wat 'n voorreg

Dis regtig 'n voorreg om die dogtertjies heeldag by my te he. Natuurlik wonder ek baie gereeld (10 keer per dag?) of ons die regte ding doen deur te tuisskool. Maar ek dink as hulle in 'n skool moes wees, sou ek 1000 maal per dag wonder of ons die regte ding doen. As mens so baie by jou kinders is, kan jy behoorlik in hulle koppe inklim; uitvind wat laat hulle tick, wat maak hulle bly, wat maak hulle hartseer. En dis so spesiaal om so nou betrokke te wees by die leer-, groei- en grootwordproses.
Skool vandag later begin as ek wou, want ek moes eers aandag gee aan Blommie, ons koei wat binnekort moet kalf. Sy't amper niks ge-eet vanoggend nie, toe spuit ek haar maar 'n langwerkende penisillien, en 'n goeie dosis Vitamiene B. Ek was nou net in die stal, en sy't omtrent al haar kos ge-eet, wat 'n yslike verligting! Kyk, ek sal 'n koei se koors meet en haar spuit tot sy pimpel en pers is, maar voel wat binne-in haar aangaan, nee, ek soek dit nie!
Met die Blommie-storie het ons nie by Wetenskap uitgekom vandag nie. Die res darem gedoen, van so 09:30 tot so 12:45 met die gewone onderbrekings. Firn, ek en Rain het gelees. Firn het vandag met 'n nuwe boek begin - Phantom Stallion 2: Dark Sunshine. Ek geniet die Phantom Stallion-boeke verskriklik baie. Die hoofkarakter is so 13 jaar oud en 'n ongelooflike sensible girl. Die dogtertjies kan baie by haar leer.
Rain is baie amper klaar met die 'Flyaway Horse' en die dogtertjies moet ook nog net twee reels van die 'Brabbelwoggel' leer. Ons is nou al so lank besig met die Jabberwocky en daarna die Brabbelwoggel, dit sal heel vreemd wees om nie 'n 'nonsense rhyme' te doen nie. Hulle sien kans vir die Nederlandse vertaling van die Jabberwocky, maar ek is nie so seker nie ...
Het vandag die ellendige tafels gedoen. Firn ken al hare, maar Rain doen dit so s-t-a-d-i-g, dit dryf my teen die mure uit! Ek moet weer gaan kyk na die Bluedorns se 'Ten things to do before age ten', en 'n bietjie ontspan met Rain se wiskunde.
Goed, vir vandag frons ek omdat ek nie 'n koeisonar het nie, en ek wens uit my hart vir een, sodat ek kan kyk wat daardie klein karnallie in Blommie se maag alles aanvang. My glimlag is vir twee stunning klein dogtertjies wat so hard konsentreer in die balletklas.


Sun, 21 Jan 2007 16:19:56 +0200:I got the blues ...

Ek het die Sondagmiddagblues in 'n baie ernstige graad. Ug, ek sien niks uit na die week wat kom nie. Jon moet Durban toe vir 'n dag; dit beteken 03:30 opstaan. En ek moet Donderdag BTW ingee; hoe, weet ek nie. Miskien sal dit help as ek minder daarvan hou om op die bed te le op 'n Sondag.
Ek dink die dogtertjies het 'n goeie naweek gehad. Die hoefsmid het gister hul perde se hoewe kom knip en vyl. Rivr se hoewe was voorheen baie gekraak, ek smeer nou elke dag hoefolie aan en die smid meen sy hoewe het baie verbeter. Gister het ons by vriende gaan tee drink, en die dogtertjies het baie lekker gespeel. Was ook vir my lekker om bietjie met 'n vriendin te gesels wat soos ek oor goed dink. Ek't vir die plaaslike perdryskool se eienaar uit 'retirement' gekom om 'n paar kontrakte en vrywarings op te stel, en in ruil daarvoor kry ons gesin drie uitstappies op haar perde en op haar plaas. Firn & Rain is baie opgewonde oor die vooruitsig, ek bietjie minder. 'n Perd se rug is darem so hoog ...
Vandag frons ek vir Sondagmiddagblues, en my wens is vir iets om my op te cheer, enigiets, bring dit net!!


Fri, 19 Jan 2007 20:25:14 +0200:Die week in 'n neutedop

Dinsdag was 'n DISASTER! My humeur met die kinders verloor in skooltyd, en dit gebeur regtig min genoeg - so min dat dit ons aldrie hoogs ontsteld gelaat het. Gelukkig het die dogtertjies die middag 'n verjaarsdagpartytjie gehad wat hul gedagtes afgelei het. En toe kry ek 'n massiewe hoofpyn, hence geen blog Dinsdag.
Woensdag - die eerste dag van ballet, waarna Raintjie reikhalsend uitgesien het. En skool is 'n droom. Die dogtertjies is ene ore en baie behulpsaam. Ons lees 'Born Free' klaar, en kom by al ons gewone vakke uit. Ook geen blog want dit donnerweer en ek vergeet my rekenaar kan op battery werk!
Donderdag - ek begin lees uit 'Rebecca of Sunnybrook Farm'. Die taal is moeilik, en ek dink die dogtertjies verstaan plek-plek nie mooi wat aangaan nie, maar dit lyk darem of hulle luister, hulle kan my so min-of-meer vertel wat in die boek aangaan, en dis baie goed vir hulle woordeskat om te luister na 'n boek wat so ietwat bo hulle vuurmaakplek is. Geen blog want ek en Jon werk aan my 'time study' - meer daaroor hieronder.
Vrydag - ek het besluit om Vrydae (nog) meer informeel met skool te wees. Rain gaan dorp toe saam met Jon (kwaliteit pa-dogtertyd skool) en ek en Firn speel 'n amazing scrabble game. Ons kry die volgende boeke van my gunsteling-shop (kalahari.net):
Phantom Stallion: Mustang Moon en Phantom Stallion: Dark Sunshine - Firn gaan hierdie twee eers vir haarself lees, en dit dan hardop vir my & Rain lees;
Brug van die esels - vir my om voor te lees. Ek het verlede jaar die volgende Dalene Matthee-boeke vir die dogtertjies gelees: Kringe in 'n bos; Fiela se kind; Moerbeibos; Toorbos. Hulle het dit verskriklik geniet - veral Rain.
The Care & Keeping of You: The body book for girls. Vir my om voor te lees, veral vir Firn wat amper 10 is.
The Crocodile Hunter: The Incredible Life and Adventures of Steve and Terri Irwin - die dogtertjies is vreeslike "Steve" bewonderaars. Nie vir gebruik in skool, dink ek nie.
The Happy Child: Changing the Heart of Education. Dis 'n boek, sover ek verstaan, oor 'unschooling' - ek sien baie uit daarna om dit te lees.
EK ONDERBREEK HIERDIE BLOG OM AAN TE KONDIG DAT ONS KOMEET MCNAUGHT GESIEN HET. Ek hoop Firn sal more hieroor spoegblok - nou sit sy met haar neus in 'n boek, en ek gaan dit nie daar uitkry nie. Maar ek wil nie haar groot nuus oor die komeet bederf nie, so ek vertel niks verder nie ...
Nou, my tydstudie vir die grootste deel van Woensdag (7 vm tot 6 nm) en die grootste deel van Donderdag (5 vm tot 6 nm) wys dat ek my tyd, oor laasgenoemde twee tydperke, en opgesom in kategoriee, soos volg spandeer het:
2 uur 6 min: Admin (Ek doen Jon se maatskappy se boeke, ook die plaas s'n) 24 min: Plaasadmin 4 uur 56 min: Boer 4 uur 32 min: Voorbereiding van kos en eet van 6 etes oor die twee dae (sjoe!) 1 uur 10 min: Huishouding (netjiesmaak, wasgoed, ens) 3 uur 20 min: Kinders, skool uitgesluit 1 uur 33 min: Eie tyd, insluitend rus in die dag en email lees 1 uur 16 min: Troeteldiere - dis nou honde, eende, hoenders en perde (maar nie perdry nie, want perdry is Dinsdae en Vrydae) 5 uur 38 min: Formele skool
Ek het die studie gedoen omdat ek nie by als uitkom nie. Die probleem is ek werk in 'bites' tussen my trippies na die melkstal en onderbrekings deur werkers, kinders, telefoon, ens. Ek sal moet meer tyd aan Admin spandeer; ek is tevrede met die 'boer' en die 'skool'; die kos is eenvoudig verskriklik, maar ons glo daarin om self ons kos voor te berei; bitter min take-aways en klaar bereide etes in hierdie huis!
Sommer 'n vinnige glimlag en frons vir die week: My frons is vir arme Jon wat baie werkspanning het. Ek wens ek kon hom meer help! En my glimlag moet wees vir ons heel kleinste kalfie, Summer Swallow, wat my ongelooflik baie plesier gee. Volgende om te kalf is een van ons ouer koeie, Blommie. Haar kalfdatum is 2 Februarie maar as ek haar so kyk, dink ek sy gaan langer loop.


Mon, 15 Jan 2007 20:22:22 +0200:Maaltye

Ek WENS ons kon net 'n pil drie keer per dag drink, en dit was gelyk aan 'n goed gebalanseerde, lae GI maaltyd wat ons vol energie en versadig maak. Ek spandeer verskriklik baie tyd aan bestanddele koop, maaltye beplan, kos voorberei, skoonmaak agterna. Maar nou is daar nie so 'n pil nie en ek veg voort. Die dogtertjies maak beurte om my te help met aandete (ons hoofmaal). Daarmee, en met oggendete (vrug + eier/bone & brood of pap) vaar ek nie te sleg nie. Middagete is so 'n nothing meal en regtig net 'n pyn. Ek't vandag 'n nuwe eksperiment begin; ek maak middagete terwyl die dogtertjies hul copywork doen. Anders is ons almal dood van die honger as skool klaar is, en munch ons sommer net brood (te hoe GI). Hoop dit werk ...
Skool vandag heel suksesvol, behalwe ek het vergeet dat Rain vir ons moet lees! Ek's amper klaar met 'Born Free'. Terwyl ons wag vir kalahari.net om die volgende boek in die 'Phantom Stallion'-reeks te stuur, lees Firn vir ons uit 'Splodge Pig'. Die dogtertjies is mal daaroor, dit was Firn se keuse, maar ek het 'n goeie idee Charlotte Mason sou dit as 'twaddle' beskryf het. Lekker baie Wiskunde gedoen gekry vandag. Verlede jaar het die dogertjies slegs mondelingse wiskunde gedoen - meestal op die trampolien. Was ek aangenaam verras toe ek die volgende outcome met Rain gedoen het: 'Knows and reads number symbols from 1 to at least 200 and writes number names from 1 to at least 100.' Sy't dit heeltemal foutloos gedoen (dalk al die ge-oefen om neer te skryf hoeveel melk elke koei gee toe ons dit nog op papier gedoen het - nou, soos ons werkers dit noem, 'slaan hulle die computer'). Het sommer Wetenskap en copywork gekombineer - hul moes 'n voel teken met byskrifte.
Verniet dorp toe gery vir ballet - ons het net ons ballettye gekry, vinnig by een winkel ingepop en toe terug huis toe. O ja, en 'n silky haan opgelaai wat ons vir vriende geleen het. Hy't sy werk klaar gedoen en kom nou weer terug plaas toe.
Oepsie Daisy, 'n Jersey x Holstein vers, is siek. Sy't amper niks ge-eet vanoggend nie en ek het galsiek gediagnoseer. Haar Oxytetra, Kyrophos en Tioctan Vet gespuit, en vanaand is sy klaar beter. Shumba se klein Summer Swallow, nou 2 daggies oud, is te oulik. Sy kom al as ons haar roep.
My uitdaging vir die week, terwyl ons oor maaltye praat, is om by die tafel te bly sit tot almal klaar ge-eet het. Ek gobble my kos op en hardloop dan voort - gewoonlik melkstal toe. Moet darem 'brag' - ek & die dogtertjies eet meestal al drie maaltye saam, en Jon manage gewoonlik aandete saam met ons. En dan gesels ons 'n hond uit 'n bos.
My glimlag vir vandag is Rain se entoesiasme oor ballet wat weer begin. Sy sien reikhalsend daarna uit, en ons het vir haar die mooiste balletrompie gekoop. O ja, en die reen verlede nag! Niks het my regtig laat frons vandag nie. Miskien siek diere?


Sun, 14 Jan 2007 19:01:40 +0200:Nuwe lewe

Rain se vers Shumba het gister 'n verskalfie gehad. Na baie bepeinsing het Rain haar 'Summer Swallow' genoem. Sy's pragtig; 'n klein ou Jerseytjie wat begin suig sodra ek naby haar kom. Ek is MAL oor klein kalfies!
Firn se eendjie het twee kuikentjies en twee eendjies uitgebroei.
Ek het 'n bietjie oor tuisskool die naweek gelees, en afgekom op die volgende wonderlike quote deur John Holt: 'Of course, a child may not know what he may need to know in ten years (who does?), but he knows, and much better than anyone else, what he wants and needs to know right now, what his mind is ready and hungry for. If we help him, or just allow him, to learn that, he will remember it, use it, build on it. If we try to make him learn something else that we think is more important, the chances are that he won't learn it, or will learn very little of it, that he will soon forget most of what he learned, and - what is worst of all - will before long lose most of his appetite for learning anything.'
Lekker gekuier Saterdagaand saam met baie goeie vriende en ons mentors in ons melkboerdery, Andre & Antoinette. Net hopeloos te laat gaan slaap vir mense wat die volgende oggend moet vroeg opstaan vir plaaswerk!
Vandag was ongelooflik warm en ons het geen energie gehad nie. Selfs die dogtertjies was lusteloos. Hulle't meeste van die dag in die huis rondgehang, maar Jon het hulle laatmiddag uitgestuur om trampolien te spring. Daardie allerbelangrike balans!
Ek frons vandag vir die hitte en glimlag vir my gesin. Jon en die dogtertjies is loshande my beste vriende (met Amigo 'n close second).
En ek moet vandag weer vir reen wens. Dis droog en dis warm.


Fri, 12 Jan 2007 19:02:38 +0200:Chores

Hier op Hydeaway Farm moet almal help met die daaglikse werkies, ook die dogtertjies. Ons glo dat dit baie goed vir kinders is om te werk en te help. Hulle put baie tevredenheid daaruit om te weet hulle bydrae is belangrik en dis goed vir hulle selfbeeld. En, natuurlik, dit hou hulle besig! Dis ook goeie oefening. Natuurlik hou ons matigheid voor oe, ons laat hulle darem nie werk totdat hulle omval nie. Speel en skool is ook belangrik. Maar die meeste dae doen hulle ten minste die volgende: gee honde kos (maar berei meestal nie die kos nie, dis my vroegoggendwerk), borsel kalfies, help kalfies bottel gee, gee die twee kalfies in die tuin hulle kragvoer (dis ons grassnyers!), help hoenders en eende kos gee, dek tafel vir elke ete, help met ontbyt, dek af na elke ete, gee hulle perde kos, help as diere ingespuit moet word, hul koors gemeet moet word, of hulle andersins behandel moet word, en maak beurte om te help om aandete te kook. Daar word ook van hulle verwag om weg te pak en skoon te maak waar hulle uitgepak of gemors het, maar ek moet hulle nog baie herinner om dit te doen!
Dis Vrydag en vir Wiskunde het ons Rummy gespeel, vir 'n special treat. Lees doen ons altyd. Uit 'born free' het ons geleer wat 'n 'gerenuk' of 'giraffe gazelle' is - hoera vir www.wikipedia.org! Rain het ook gelees, sonder enige gekla. Memory work gedoen - Firn het die baie lang 'The law for the wolves' deur Rudyard Kipling gedoen, wat sy verlede jaar geleer het. Sy't 'n bietjie vasgehak, maar sy sal dit gou weer onder die knie kry. Wetenskap geniet ons altyd, en ons gebruik die dogtertjies se oupagrootjie se Roberts as ons voelboek - baie spesiaal. Hy't daarin die voels gemerk wat hy gesien het, asook heelwat ekstra wetenskaplike name ingeskryf.
Firn het vandag vir haar penvriendin geskryf. Hulle het deur Animal Talk ontmoet, en, small world, eers omtrent 'n jaar na hulle vir mekaar begin skryf het, agtergekom hulle's altwee tuisskolers en nog 'n jaar later ontdek sy woon omtrent 10 minute van Firn se oupa af. Firn het in November, toe ons daar gekuier het, 'n dag by haar gaan kuier.
Frons vir vandag: Ag nee wat, dis Vrydag, vandag frons ek nie. Die melkery gaan natuurlik aan, naweek of te not, maar Jon ry nie kliente toe nie en ons gaan lekker naweek hou.
Glimlag vir vandag: Die dogtertjies se goeie eetlus. En hulle eet, sonder om te kla, al die groente op hulle borde op. Hulle weet dis 'n vaste reel in ons huis!
Wens vir vandag: 'n Tupperware kas waar elke tupperware 'n deksel het, en waar die tupperware nie spontaan uitval nie.


Thu, 11 Jan 2007 20:35:02 +0200:Boeke!

My gunsteling-winkel is kalahari.net. Ek sal al ons geld baie vinnig daar kan uitgee, as ek net die kans het. En more kry ek twee boeke waaroor ek baie opgewonde is: Eating for Sustained Energy 2, en Get the balance right: Coping strategies for working mothers.
Ons het vanoggend vroeg na 'n melkmasjien op 'n plot naby die dorp gaan kyk - verkoper wou nie die prys oor die telefoon gee nie en dit moes ons eintlik al reeds afgeskrik het. Maar, ons het toe gaan kyk, en, nou ja, dis 'n bietjie bo ons vuurmaakplek om die minste te se. Toe munch ons viertjies sommer ontbyt in die Wimpy (restaurant-maniere skool?) en skool begin weer ietwat laat. Gelukkig is dit Donderdag, normaalweg 'n rustige dag op die plaas.
Rain het deurgedruk met die lesery. Ek het vir haar die volgende kort leeslessie geskryf: My heifer Shumba (January 11, 2007) My cow, Shadow, has a heifer called Shumba. Shumba is due to calve on January 17, 2007. I cannot wait for Shumba to calve! I hope she has a heifer calf. I love Shadow and Shumba very much.
Ek het gedink dit sal goed wees om met 'n baie kort stukkie te begin, en dit was ook. Sy't dit heeltemal foutloos gelees! Copywork en memory work is ook gedoen, meetkunde en wetenskap. Vir wetenskap moet ons probeer om voels na ons 'agterplaas' te lok. Ons projek is om tarentale tot naby aan die huis te lok, want, so word beweer, hulle is uitstekend met vliegbeheer. En ons is hoogs suksesvol! Die tarentale wag in die middag vir ons by die perde; dan voer ons die twee spesies sommer saam.
Donderdag se aktiwiteit is honde-opleiding. Dit het goed afgeloop - natuurlik is Amigo ons gehoorsaamste hond. En Maxi, wat 15 jaar oud is, het haar Beeno's gekry sonder dat sy enige trieks moes doen.
My glimlag vir vandag is ons nuwe 640 liter melkkoeltenk wat vandag gearriveer het. Saam met ons ou 850 liter koeltenk het ons nou genoeg spasie dat die melkkoper slegs elke tweede dag melk hoef te trek.
My frons strek oor vyf nagte. Ek het 'n sewejarige kind wat nog nie deurslaap nie. Sy roep my darem net een keer per nag, maar dit laat my nog steeds sleep deprived voel!
Vanaand smag ek na 'n regte Engelse lady-in-waiting. Maar nie vir die hele dag nie, sy moet net wonderbaarlik aan die einde van die dag verskyn en aankondig, "Madam, your bath is drawn." Dan moet daar vir my 'n pragtige badkamer vol kerse en hemelse geure wag - dalk roosblare in die bad?


Wed, 10 Jan 2007 17:30:08 +0200:Back to school - SO NOT!

Vandag is my glimlag vir die dag so belangrik, ek moet sommer daarmee begin. Ek is VERSKRIKLIK bly ek kan tuisonderrig; my kinders het, dankie tog, nie vandag terug skool toe gegaan nie. Baie dankie, Jon, dat ek kan koeie melk (inkomste = zero, eintlik 'n vet verlies) en tuisskool (inkomste = ook zero). Ek is 100% oortuig dis die heel, heel beste opsie - vir hulle, vir my, en vir Jon.
Speaking of which, vandag het ons darem heelwat gedoen gekry. Memory work, ek gelees, Firn gelees, die dreaded copy work, Wiskunde - Firn het gedoen (vanaf www.thutong.org) 'count forwards and backwards in a variety of intervals, including 2s, 3s, 5s, 10s, 25s, 50s and 100s, between 0 and at least 10 000'. Rain het gedoen 'count forwards and backwards in one from any number (all between 0 and 200), tens from any multiples of 10, fives from any multiple of 5, and 2s from any multiple of 2. Ek het ook met Rain op die telraam gewerk - sy sukkel nog met die abstrakte denke (normaal vir haar ouderdom).
Vir Wetenskap doen ons 'Exploring Creation with Zoology 1: Flying Creatures of the Fifth Day' deur Jeannie Fulbright, 'n Amerikaanse tuisskoolma. Dis regtig stunning, maar in typical Hyde fashion raak ons dikwels woes distracted en doen dan sommer 'n bietjie van ons eie ding tussen-in.
'n Groot oorwinning vir my vandag: Ek en Rain het vir 'n groot gedeelte van verlede jaar gesukkel met die lesery. Ek het dus vir haar gese sy moet vir my kom se wanneer sy weer reg is om te begin lees, en vandag het sy my eenkant geroep en gese sy wil more weer begin lees. Hoera!
Ook 'n bietjie Aardrykskunde gedoen vandag; kontinente, en lande in Europe na aanleiding van inkleurpotlode wat se 'made in Germany'.
Frons vir vandag: My huis lyk nie soos 'n varkhok nie, dit lyk soos 'n dubbele varknes. En Flylady (www.flylady.net) doen nie die ding vir my nie!
Wens vir vandag: 'n Fairy Godmother. Een wat tuisskool steun en my kinders sal leer kook, naaldwerk doen, crafts met hulle doen, en hulle rondry terwyl ek boer. Die res wil ek baie graag nog self doen!


Tue, 9 Jan 2007 19:30:52 +0200:Oorweldig

Ek moet bely, ek voel op die oomblik bietjie oorweldig deur al my verantwoordelikhede - teenoor my gesin, ons werknemers, die plaas, die diere, vriende wat ondersteuning nodig het. Vandag het sleg begin - ek het gedink dit was 05:00 toe my wekker afgaan, maar dit was 05:30 en ek kon REGTIG nie daardie ekstra 20 minute wat ek nog in die bed gebly het, bekostig nie. En, dit was afdraande van daar af. 'n Melkwinnigskonsultant het ons kom sien (ek swyg liewer oor die R20 000 tot R30 000 wat 'n nuwe melkmasjien ons gaan kos), en skool het omtrent 2 ure laat begin, met nog 'n onderbreking vir my weeklikse vergadering met die werkers.
Ons het darem meetkunde gedoen, memory work, Firn het vir ons gelees, ek het 'n halfuur gelees uit 'Born free', en ons het 'n impromptu Aardrykskunde-les gedoen nadat Firn baie uitgevra het oor watter tale in Namibie gepraat word. By www.ethnologue.com is daar baie goeie kaarte met inligting oor elke land se bevolking en die tale wat daar gepraat word. Firn het ook verder gewerk aan haar nuutste boek, 'Pinto', en Rain het 'n bietjie geblog. Ons skeep die copy work op die oomblik af; die kinders hou nie daarvan nie en ek is nie baie lus om daarmee te sukkel nie, maar ons sal binnekort 'n verskriklike poging moet aanwend.
Dinsdag is perdrydag. Skye, Firn se perd, was verskriklik lewendig en ons het besluit Rain moet haar liewers nie ry nie. Firn het haar uitstekend beheer. En Rain het 'n troosprys gekry; altwee die dogtertjies het 'n entjie gery op Benjamin, ons 10-jaar-oue hondmak donkie.
Jon is bekommerd omdat die dogtertjies nog nie kan bestuur nie - hy kon, toe hy 8 was, al alleen 'n kar en 'n trekker bestuur. Hy't hulle altwee dus vanaand 'n bestuursles op die plaas gegee, met my as 'n heel benoude passasier.
Vandag se frons is baie maklik: soveel dinge, so min tyd ...
Vandag se glimlag is ook maklik, ons voorman, Job Ngwenya, is terug na 9 dae verlof. Hy is baie bekwaam en ek voel altyd 'n bietjie meer gerus as hy op die plaas is.
Vandag se wens ... ag nee, ek's te grumpy om te wens!


Mon, 8 Jan 2007 21:25:44 +0200:INSPIRASIE

Sommige mense, omtrent alle diere, en sommige dinge inspireer my. Maar niks inspireer my meer as my man Jon nie. (En dis nie omdat ek vandag uit die bloute rose gekry het nie!) Jon is 'n voorbeeld vir my in alles. Hy is die mees gelykmatige mens wat ek nog ooit ontmoet het, hy verloor net eenvoudig nie sy humeur nie. Hy behandel my soos 'n koningin, en sy dogtertjies soos twee prinsessies. (As Rain dit sou lees, sou sy nou violent opgooigeluide gemaak het, en as Jon dit sou lees, sou hy 'n denkbeeldige viool speel). Maar, regtig, Jon is ongelooflik professioneel by sy kliente en actually in als wat hy doen, eerliker en hardwerkender as hy kry mens nie sommer nie, hy behandel alle mense met respek, hy is net so passievol oor diere soos ek, hy's ongelooflik intelligent, kan enige ding wat breek op die plaas regmaak, kook soos 'n chef, 'n franse vlegsel maak, brei, gordyne maak vir die huis, you name it, the man can do it!
My glimlag vir vandag is Pick 'n Pay Home Shopping (www.picknpay.co.za). Ek't nou net (21:10) klaar geshop - ewe rustig voor my rekenaar met 'n koppie koffie. En, as ek in die vakansietyd in die oggend shop, sit Rain gereeld op my skoot en shop saam, en kom nie eers agter sy lees nie!
My frons vir die dag is mense wat in die oggend kom kuier as ek besig is met skool. Skool het vanoggend wonderbaarlik 9-uur begin (onthou, ek supervise 30 koeie se melk en versorg kalfies, not to mention maak ontbyt vir Jon, slaai vir sy middagete, was 'n bondel wasgoed, gee 7 honde kos, borsel die dogtertjies se hare en vleg dit, dan ontbyt vir my en die dogtertjies, als voor 9-uur). Ons het memory work gedoen (Rain leer "The flyaway horse" van Eugene Field, en ons al drie leer "Die Brabbelwoggel" - 'n Afrikaanse vertaling van die Jabberwocky - ons is al drie absoluut versot op "nonsense rhymes"), Firn het vir ons 'n hoofstuk uit Phantom Stallion gelees, ek het 'n uur lank uit "Born Free" gelees, ons het Wiskunde gedoen (vir 'n verandering volgens 'n kurrikulum, afgetrek by www.thutong.org.za, portaal van die SA Education Department) en net toe ek die dogtertjies mooi geleer het om in 25s te tel, daag 'n buurman op en klets 'n hele halfuur lank. Nou ja, toe is my planne vir copy work en Wetenskap na die maan. Ek kon seker na middagete aangegaan het met skool, maar, twee probleme: Ons het al op die harde manier uitgevind die kinders is te moeg na middagete vir formele skool, en ek het hulle in elk geval belowe ek sal hulle na hul gunsteling-winkel in die dorp neem en daarna om te swem by maatjies. Hulle het altwee vreeslik geniet.
My wens vir vandag is 'n vinnige internet konneksie. Ons GPRS, want ons ou plaastoring support nie Edge nie, en ons kan hier in die boendoes maar net droom van goed soos ADSL en HSDPA. Ons hoop is nou gevestig op satelliet. Sien, as ons 'n vinniger internet konneksie het, kan Jon meer van die huis af werk. Saligheid!
My uitdaging van die week is om Firn en Rain te leer om nie so ongeskik met mekaar te wees nie. Ek weet nie WAAR leer hulle dit nie; ek en Jon praat nie so met mekaar, hulle, die werkers, vriende of kliente nie. Al leer hulle hierdie week niks anders as om mekaar met respek te behandel nie, sal ek doodtevrede wees (maar moenie dit vir hulle vertel nie, dan boikot hulle skool vir die res van die week!)


Sun, 7 Jan 2007 19:19:21 +0200:Buitemuurse aktiwiteite

Ek het my brein die hele naweek geokkupeer rondom die kinders se buitemuurse aktiwiteite. Verlede jaar het hulle ballet en, vir 'n deel van die jaar, crafty kids, gedoen. Rain is verveeld in haar balletklas; sy leer die danse ongelooflik vinnig en sy sien natuurlik die hele klas 'n jaar lank, wanneer Firn dit doen, voor sy daar beland. My skoonma (wat 'n professionele ballerina was) het aanbeveel dat Rain 'n ander tipe dans, soos moderne of Spaanse danse, ook doen. Maar ek dink nie ek sal dit ook kan bybring tydsgewys nie. Sien, die plaas is te ver om te ry en te na om te bly. Ek kan hulle nie daar aflaai, terugry huis toe, en hulle weer oplaai nie. En rondhang in die winkels is nie vir my nie. Dus het ek uiteindelik besluit hulle gaan ballet doen, wat beteken dorp toe twee middae 'n week, en dan sal ek probeer om hulle nog drie keer per week te laat perdry. Verder voeg ons 'n nuwe aktiwiteit, honde-opleiding, ook by. Ons gaan probeer om een keer elke week al die honde bietjie onder hande te neem. Dit geld veral vir Rain se ADHD border collie, Lady, en vir die nuwe klein hondjie, Apollo.
Ons het vandag een van die kinders se gunsteling-dinge gedoen en piekniek gaan hou op die plaas. Ons het gelukkig onbeperkte piekniek-plek! En Jon het hulle gewys hoe om ons plaas te kry op http://maps.google.com/.
My 'pet hate' vir vandag is die dogtertjies se vermoe om oor alles te baklei. Firn het 'n mikroskoop vir Kersfees gekry, en ons het geduldig gewag vir een van ons om te bloei, sodat ons na die bloed onder die mikroskoop kan kyk. Jon het selfs probeer bloed genereer deur 'n rofie af te krap. Toe bloei Rain vandag, maar hulle baklei so om na die bloed te kyk, hulle laat die glasie val en breek. Nou's die mikroskoop weggepak as straf. Hulle het ook al in die verlede oor die water in die bad baklei.
Vandag wens ek ek was so georganiseerd dat geen groente of vrugte, selfs nie spinasie of blaarslaai, ooit weer vrot word in my yskas nie.


Sun, 7 Jan 2007 07:31:49 +0200:A real man

Jon het vandag (en hou in gedagte hy moet doodmoeg wees - hy was Durban toe vir die dag Donderdag): vir my koffie in die bed gebring; my gehelp om kalfies te ent; met eindelose liefde en geduld die dogtertjies gehelp om die inenting vir elke dier in die rekenaar in te sleutel; 'crumpets' gemaak vir ontbyt, quiche gemaak vir middagete (en toe hy aansit vir die quiche gemompel, 'Real men don't eat quiche - unless they've made it themselves'), ons melkkoeltenk gewas (dis 'n horribaal aaklige werk wat omtrent 45 min neem) ... O ja, en saam met die dogtertjies in die reservoir geswem, en nou staan en braai hy! Sorry girls, he's taken!
My pet hate vir vandag is mense wat dink ek werk nie, omdat ek van die huis af werk. Ek moet gereeld luister na opmerkings oor hoeveel tyd ek het ... O ja, en my ander pet hate is groot melkmaatskappye soos Clover wat boere vir 'n absolute ride vat ... O ja, en skuldenaars wat nie hul skuld betaal nie, en mense wat nie terugbel nie (VERAL as dit melkkopers is wat jou geld skuld!)
Vandag wens ek vir reen. Ons het goeie reen gehad in Desember, maar nog nie in Januarie nie, en dis droog hier.


Fri, 5 Jan 2007 17:45:32 +0200:Balans

Ons wil graag vir die dogtertjies leer dat balans in die lewe belangrik is. Dis een van die redes hoekom Jon nie die televisiestel wil uitgooi nie; hy meen dat mens dit gebalanseerd kan gebruik as 'n opvoedkundige- en ontspanningsbron. Dis ook hoekom die dogtertjies wel gaskoeldrank mag drink, maar slegs oor naweke. Ons werk hard aan 'n gesonde, gebalanseerde dieet. Ons sukkel nog net met die balans tussen werk, rus en speel. Hier by ons WERK ons, of ons RUS: plat op ons rug op die bed en gedaan! Ons speel beslis nie genoeg nie.
Die dogtertjies was van 6 tot 11 vanoggend by vriende wat 37 honde van hul eie het, asook 'n hondehotel. Firn se soort plek! Die hotel het 'n 4-maande-oue husky as gas gehad, en hulle het vanoggend vroeg met die husky gaan stap, toe hom gebad, die hotel uitgevee, en daarna nog 'n hele horde honde gebad. Elke kind het 'n klein, mooi oorgetrekte boekie wat sy net mag gebruik as sy daar gaan kuier, 'n geskenk van die vriende (as dit nie omkopery is nie, weet ek nie) en hulle het 'n bietjie Afrikaans en Wiskunde in hul boekies gedoen. Hydeaway Farm se bydrae tot skool was slegs lees uit die boeke waarmee ek en Firn tans besig is.
Uiteindelik het ons weer by perdry ook uitgekom. Firn en Rain het op Skye, Firn se perd, gery, en ek het ook tot my groot verligting vir Rivr (Rain se reunperd) behandel vir bosluise. Firn het dieselfde vir Skye gedoen. Ons het verlede week oorgeslaan tot my skande, omdat ons so besig was met die min werkers.
Grieta laat sak uiteindelik haar melk! Sy't vanoggend 12 liter gegee, in vergelyking met haar normale 8 of 9. Maar nou eet sy weer nie al haar kos in die stal nie. Dankie tog, die vers wat volgende moet kalf, Shumba, is ten minste nie blind nie en reeds baie mak - sy's Rain se koei, Shadow, se kind.
My 'pet hate' vir vandag is die verlies aan privaatheid omdat ons verplig is, weens my werklas, om 'n 'huishoudelike assistent' te he. Sy werk relatief kort ure - 7 tot 5 met 'n 2 1/2 uur breek, maar ek wens dit was nie nodig nie!
Ek sien ek het nie gister 'n wenslysie gehad nie. Ek dink dis omdat dit so 'n great dag was. Maar vandag wens ek vir 'n bad waarin mens so gemaklik kan wees soos in 'n bed, en warm water wat nooit opraak nie.


Thu, 4 Jan 2007 20:53:40 +0200:Man's best friend

My groot, aggressiewe Duitse Herdershond, Amigo, het die mees gepaste naam denkbaar. Hy's my skaduwee net waar ek gaan, en wat 'n reassuring skaduwee is dit nie! Ek kan hom net nie dorp toe neem nie, want hy blaf vir al wat leef en beef dat die spoeg letterlik spat! Ons het hom op 2006 se Wiggle Waggle Walk geneem, en hy't later geskuim om die mond van al die blaf. 'n Dogtertjie wou by Jon weet 'Is hy 'n polisiehond, Oom?' Jon moes hom vashou, want ek kon sy 40+ kg glad nie beheer nie.
As dit van my afgehang het, het ons lankal ons televisiestel uitgesmyt. Ek is baie streng oor wat die dogtertjies kyk. Cartoon Network is 100% verbode, op K-TV mag hul slegs Barney en Hi-5 kyk, en verder kyk hulle Animal Planet en die odd movie. Maar Die Pa is tog so lief vir sy Discovery en National Geographic-kanale. Ek probeer hulle beperk tot 30 minute per dag - gewoonlik Animal Planet vroeg in die oggend, voor hulle opstaan om kalfies te borsel (sien Firn se blog vir 'n verduideliking). Vanoggend het Jon 4-uur gery, want hy moes 5-uur op die lughawe wees, so ek het Rain tot bedaring gebring, toe sy 5-uur wakker geword het en moes hoor haar pappa het klaar gery, met die belofte dat hul Spirit die oggend voor skool kon kyk.
My pet hate vir vandag is tweeledig: 03:30 opstaan in die oggend, en, siende dat ek vandag oor honde praat (WAARSKUWING: Moenie verder lees as jy 'n sensitiewe maag het nie), my honde - al sewe van hulle - se nimmereindigende aptyt vir koeimis. Nou ja, met amper 100 beeste op ons plaas het hulle 'n onuitputlike bron. En dan wil hulle my met daardie selfde tonge lek! Quadruple gross!
Skool was heel suksesvol vandag, ons het selfs by die Wetenskap uitgekom. En weer lekker onder die boom gele en lees! Hoera vir unschooling!


Wed, 3 Jan 2007 17:20:31 +0200:Back to School

Vandag was die eerste skooldag van 2007. Ek wens ek kon vertel hoe goed ek voorberei was, maar, ek is bevrees, dit was nie die geval nie. Ons het bloot onder 'n boom gaan sit met 'n baie woelige Duitse Herdershondjie (ongeveer 10 weke oud en amper my hart se punt) en 'n baie rustige yslike Duitse Herdershond (ongeveer 9 jaar oud en baie beslis my hart se punt). Firn het vir ons gelees, en daarna het ek voorgelees uit 'Born Free' - met onderbrekings soos 'n bakleiery oor huisies vir Princess Ponies, menige 'trips' na die melkstal om te gaan kyk hoe gaan dit met Grieta, ons blinde vers wat 5 dae terug gekalf het, en Afgri se afleweringstrok. Firn het 'geblog' (sien http://www.hydeawayfarm.co.za/blogfirn.html) en Rain het met haar geliefde 'Dad' gekommunikeer via Instant Messenger. Firn het darem ook copywork gedoen, en tafels het ons hersien terwyl ons vir Grieta haar middagete gevoer het. So, darem nie te 'n slegte eerste dag van skool nie. En ek moet byvoeg dat die dogertjies vir omtrent 'n uur lank vanmiddag 'nursery rhymes' gesing het - so hard soos hulle kan. My arme ore!
My blaps van die dag is dat ek vergeet het om vir Gift, Grieta se klein versie, haar middagete-bottel te voer. Daarom veroorloof ek my nie 'n 'pet hate' van die dag nie.
My wens vir vandag? Ek kan nie kies tussen 'n voorman wat 'n gekwalifiseerde veearts/mechanic/skoolmeester is, of 'n regte Engelse butler nie.
Nou ja, die kospotte roep ...


Tue, 2 Jan 2007 17:18:50 +0200:Die Feesgety & Melkery

Ek het al met 'n paar melkboere gepraat wat die Feesgety net ondervind as 'n tyd om verby te kry, en ek het vanjaar ook so gevoel. Ons het gewerk dat ons hop, want ons moes ons werkers verlof gee - 2 oor Kersfees en die ander 3 oor Nuwejaar. Alhoewel ons net een probleem gehad het met 'n werker wat 3 ure laat opgedaag het, het ons ons vrek gesukkel om al die werk gedoen te kry. So, 'spare a thought' as jy weer 'n glas melk drink of melk in jou koffie of tee gooi; om te melk is nie vir sissies nie.
My 'pet hate' vir vandag is wanneer ek my kinders vra om iets te doen, en hulle doen dit halfpad. Hondekos gemaak, maar kos nie weggepak. Biesmelk in bottels gegooi, maar emmer nie toegemaak, oop laat staan met beker wat daarin dryf. Overall uitgetrek, maar op die vloer gegooi (twee maal in een dag!). Brood ge-eet, botter oopgelos op tafel, bord en mes ook, en krummels oral. Lee glas op my bed. AARGH!
Op my wenslys vir vandag is 'n dag by 'n spa. Iemand om my seer spiere te masseer, 'n yslike bord kraakvars slaai, 'n mooi uitsig, strelende musiek ... Anyway, dis hoe ek my verbeel dit by 'n spa moet wees. Ek's te veel affie plaas om so-iets te doen, en Rain masseer in elk geval soos 'n droom.
Terug na reality en 12 kalfiebottels wat gewas moet word!


Mon, 1 Jan 2007 17:43:57 +0200:Nuwejaarsvoornemens

Vir omtrent 15 jaar was een van my nuwejaarsvoornemens om meer water te drink. In 2006 het ek dit reggekry (dalk omdat dit so warm is hierdie jaar en omdat ek so baie buite met die diere werk), en nou is ek skoon verlore met nuwejaarsvoornemens. Maar Jon het 'n stunning een: ons moet mekaar elke oggend as ons wakker word, en elke aand voor ons gaan slaap, met 'n soen groet. Is dit nie 'n nice nuwejaarvoorneme na omtrent 12 jaar saam nie?
Ek is baie bekommerd oor ons blinde vers, Grieta, wat op 30 Desember gekalf het. Haar melk sak nie en sy eet nie goed nie. Sy't nie koors nie; ek is oortuig daarvan dis stres. Ons gaan haar vanaand al haar kos voer voor ons haar melk, en 6 rescues op haar kos gooi. Ek hoop dit werk!
Ons het vandag na al die oggendwerkies op die plaas klaar was (dus nadat ons van 05:00 tot 10:30 gewerk het) by vriende gaan kuier langs die dam op hulle plaas. Dit was heerlik; ek en Rain het baie tyd saam deurgebring. Jon het 'n baie lekker paella gekook. Ek was so besig op die plaas omdat ons min werkers oor die feesgety het, dat ek my kinders gruwelik afgeskeep het. Ek is gedaan van die moegheid en ek mis my kinders ...
Natuurlik moes ons weer terugkom om betyds te wees 15:00 vir die melkery, maar ek was bly. Ek hou niks van 'n hele dag se kuiery nie. Dis net te veel! En Jon kon darem 'n middagslapie inkry.